VERWOERDMAAND

DIE HEL

Ds Andrè vd Berg

Wat moet ons van die hel weet?

“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuurgewerp” (Openb.20:15).

Baie mense se godsdiens is slegs tot Sondae se kerktoe kom beperk en weet hulle gevolglik min van die geloofslewe.   As gelowiges vir hulle sê dat diegene wat nie tot bekering kom en Jesus as Verlosser aanvaar nie, hel toe gaan, glo hulle dit nie.   Hulle kom dan met die argument dat hulle soveel goeie Jode, Moslems, Indiërs en wie ook al ken.  Hoe kan goeie mense hel toe gaan net omdat hulle nie in Jesus as hul Verlosser glo nie?

Geestelik onverskillige mense verstaan God se liefde nie. Hulle kry nie die hel met ʼn liefdevolle God gerym nie.

   Dis egter nie net ongelowiges wat ʼn probleem met die hel het nie, maar ook sekere ontspoorde kerke. ʼn Paar jaar gelede is die bestaan van die hel bv. op ʼn NG Sinode bevraagteken.   Jehova Getuies glo ook nie aan ʼn hel nie.

Die meeste hoofstroomkerkleraars preek nie meer oor die hel nie. Mense hou nie daarvan nieomdat dit hulle aan hul sonde en siele-verlorenheid laat dink. Dit het die predikant-korps in twee verdeel – profete en pleasers. Profete sê: “So spreek die Here” en die pleasers: “Wat wil julle graag hoor?”

Paulus het dit voorsien: ...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4).

ʼn Leraar wat nalaat om oor God se oordeel en die hel te preek, is ontrou aan sy profetiese roeping.  Om die goeie nuus te preek, moet die slegte nuus ook gehoor word.   Ongelukkig gebeur dit nie meer vandag nie. Leraars het te verdraagsaam teenoor die leuen en kerke teenoor gruwels geword!  

Hoofstroomkerke bestaan vandag uit twee groepe lidmate.   Behoudende en vrysinnige mense. En elkeen hoor die boodskap van die hel anders. Die behoudendes besef die erns van sonde, hou aan die waarheid van die Bybel vas; hulle leef sedelik reg en hou rekening met God se komende oordeel.

Daarenteen glo vrysinnige lidmate elke woord wat dwaalleraars preek. En as hulle sê dat daar nie ʼn hel gaan wees nie, des te beter want dan kan hulle met hul sonde en gruwels voortgaan. Die kerk sal hulle wel in die hemel indra! Pasop! Dis ʼn Roomse dwaling wat toenemend vir soetkoek opgeëet word!

Wat moet behoudendes van die hel weet?   Eerstens dat dit die eindbestemming van sonde is. Sonde is ‘n slawerny.   Dis nie maar net die verbreking van sekere Bybelse reëls nie. Sonde is om iets van groter waarde as God in jou lewe te maak. Sulke dinge word ons gode wat ons soos marionette aan ʼn lyntjie, beheer, verslaaf ons en hel toe lei. Alvorens mense sonde nie as slawerny beskou word nie, verstaan hulle nie die hel nie!

Sonde bring verwydering tussen God en mens:

...maar julle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie” (Jes.59:2).  

Wie aan God gehoorsaam is, leef gelukkig:

“U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig” (Ps.16:11).

Alle mense is godsdienstig. As hulle God nie aanbid nie, dien hulle afgode of mense wat voorgee om verlossers te wees. Dink hier aan die horde van kultusleiers in die wêreld. Om iemand anders as Jesus te aanbid, is sonde.   En die loon van die sonde is die ewige dood – die hel.   Verslawing aan sonde is niemand anders se skuld as jou eie nie.   Jy kan niemand anders die skuld gee as jy in die hel beland nie. Jy het daardie bestemming self gekies!

Waarom gee mense nie hul lewe aan Jesus oor nie? Omdat hulle dink dat hulle daardeur hul menslike grootheid en derhalwe gewildheid sal verloor.

Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken” (Gen.3:4,5).

Die hel is die grootste monument van mense se grootheidswaan. Luster wat sê God vir die koning van Babel wat homself so groot geag het dat hy selfs met God in die hemel wou wedywer:

“Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil! Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het” (Jes.14:12-16).

ʼn Leuen wat die leer van die hel ernstig bedreig, is die vrysinnige siening dat elke mens op grond van sy eie geloof die hemel sal beërwe.   Gevolglik sal God niemand wat ʼn goeie lewe lei hel toe stuur net omdat hy ‘n ander siening as Christene het nie.   Dis ʼn leuen! Wat sê die Bybel? “ ... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).

Om te glo dat alle goeie mense die hemel sal beërwe, is om ʼn godsdiens sonder Jesus te skep. Dit skreeu ten hemel want die gevolg daarvan is dat God tevergeefs in Jesus aarde toe gekom het en dat Jesus tevergeefs aan ʼn kruis vir sonde gesterf het. Want dan beteken sy opstanding uit die dood en Hemelvaart net mooi niks nie!

Nee, die kruks van die geloofslewe is om deur Jesus as Verlosser te leer:

En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het” (Joh.17:3).

Die Evangelie roep sondaars tot ʼn innige, liefdevolle verhouding wat met Jesus open. Dis al wat ons van die hel gaan red!   Luister wat vra die tronkbewaarder van Filippi:

... Menere, wat moet ek doen om gered te word?   Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word...” (Hand.16:30,31).

Desondanks is daar baie mense wat nie glo dat ʼn liefdevolle God mense vir ʼn ewigheid van pyniging heltoe stuur nie. Daarom is dit leraars se plig om in die prediking te verduidelik dat ʼn God wat nie straf nie, nooit liefdevol kan wees nie. ʼn Pa wat sy kind nie tug nie, is nie lief vir hom nie!

Moet jou egter nie bekeer net omdat jy bang is om heltoe te gaan nie.   Dís ʼn godsdiens van vrees. Nee, ons bekeer ons omdat ons die vrede van Jesus in ons lewens wil ervaar:

Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (Joh.14:27).

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1622 gaste aanlyn