NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die meeste mense dink liefde is om besitlik te wees en iemand anders as joune te bestempel, maar liefde beteken juis dat 'n mens iets prysgee; jou voorkeure, gemak, doelwitte, sekuriteit, geld, energie en tyd, tot voordeel van daardie ander persoon. Ware liefde beteken nie 'n ekstatiese euforie nie maar die opoffering van baie dinge tot voordeel van die ander persoon.

KERK EN BLINDE LOJALITEIT

ʼn Doodsakker

Ds. A.E van den Berg


Inleiding

Omdat leraars deur God geroep is en met sy gesag optree, ontvang hulle van mense agting:

“Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na(Hebr.13:7).

Desondanks bly hulle sondaars wat ook mislei kan word om, net soos Eva, die kwaad vir goed aan te sien. Daarom kan leraars/kerke wat nie waaksaam genoeg is nie, van die waarheid afdwaal en blind-lojale mense soos ʼn geestelik vuurvaste muur om hul bou. Met hul voortgesette lidmaatskap betuig hulle hul instemming met die dwalings en maak die deur vir verdere dwaling wawyd oop.

  

1. Boodskap en boodskapper

Lojaliteit maak egter nie altyd van mense beter mense nie.  Dit het ook ʼn donker sy en laat mense slegte besluite neem. Sulke mense weet bv. voor hul siel dat hul kerk dwaal, maar beëindig nie hul lidmaatskap nie. En so seëvier die leuen bo die waarheid.

Blinde lojaliste hanteer kerke soos wat baie mense mediese praktyke hanteer. Hulle aanvaar dokters se kundigheid sondermeer en bevraagteken nie hul werk nie. So ook met leraars – hulle skei nie die boodskapper van die boodskap nie, met die gevolg dat dit tot ontsporing en dwaalleer kan lei.

Gelowiges moet, soos die gelowiges in Berea, altyd die boodskap aan die waarheid van die Skrif toets:

“En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was”(Hand.17:11).

Paulus skryf ook aan die Romeine:

Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig? Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig....” (Rom.3:2,3).

Jakobus waarsku ook:

“Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ’n groter oordeel sal ondergaan” (Jak.3:1).

Daarom moet kerke noukeurig toesien dat hulle leraars die volle waarheid van God se Woord verkondig en oor die nodige geestelike spierkrag beskik. Hulle hoef nie noodwendig die dwarslat te lig nie, maar wel toesien dat leraars telkens daaroor kan spring.

Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word: Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewillig; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang” (1 Pet.5:1-4).

Paulus skryf dat ʼn leraar se amp aan sy persoon verbind is en dat die beeld van God in hom kan skitter:

Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo” (1 Thess.2:10).

“...hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier” (Tit.2:10).

2.   Valse vreugde

Al kom die woord lojaal nêrens in die Bybel voor nie, is dit ʼn Christen-deug wat in ander woorde in die Bybel uitdrukking vind.   Dit kan egter ʼn deug of ʼn ondeug wees.   Dis alleenlik ʼn deug as ʼn lojalis sy vertroue in iemand wat die waarheid liefhet en voorstaan, plaas. Dit laat mense nie alleen in ʼn onseker wêreld voel nie.  

Blinde lojaliteit kan mense egter slegte besluite laat neem. Baie daarvan kom van lidmate van kerke wat aanvanklik die waarheid verkondig en toe deur die wêreldstroom van vrysinnigheid verspoel en van die waarheid afgedwaal het.   Hulle maak verkeerde keuses, draai net soos hul kerk ʼn blinde oog vir sondes en verdedig hulself met swak verskonings. Dis die vloek van misplaaste lojaliteit!

3.   Gevaarlik

Niks laat dwaalleer soos blinde lojaliteit gedy nie. Dit hou kerke wat tot niet moes gaan, aan die lewe. Hierdie kerke trek voordeel uit blinde lojaliteit want dit verseker getalle en fondse al kom lidmate se geestesgesondheid in die gedrang. En as dinge handuit ruk, veroorsaak dit selfs die dood soos met die selfmoord van meer as 900 mense in 1978 onder die kultusleier Jim Jones.

Dit bewys dat blinde lojaliteit onafhanklike meningsvorming belemmer. Hoe groter die omvang, hoe gevaarliker kan dit word. Diktators en dwaalleraars teer daarop.

4.   Verraad

Blinde lojaliteit huisves ʼn element van verraad. Wanneer ʼn volk homself teen die aanslae van ʼn volksvyand moetverweer en ʼn beduidende deel van sy eie mense is blind-lojaal teenoor kerke of instansies wat die vyand gedienstig is, kom dit op verraad neer. Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan!

Lojaliteit moet beperkings hê. Gelowiges durf nie lojaal teenoor kerke en/of leraars wees wat dwaal nie. Paulus was by geen saak wat nié die Evangelie bevorder het, betrokke nie.

“Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is” (1 Kor.11:1).

Paulus het baie lojale aanhangers gehad. Hy skryf aan hulle en sê dat hulle lojaliteit aan hom uitsluitlik van die lojaliteit aan Christus moet afhang.   As hy dwaal, durf hulle hom nie langer volg nie. Dis ʼn baie groot waarheid. Lojaliteit moet Skriftuurlik begrond wees en nie uit ʼn misleide pligsgevoel ontwikkel nie omdat dit tot skadelike opdragte kan lei!

5.   ʼn Fyn lyn

Die lyn tussen reg of verkeerd is dikwels baie fyn. Daarom moet gelowiges alleenlik leraars wat die waarheid liefhet en in God se weë wandel, vertrou.    Alle lering wat nie met die gesonde leer van die Skrif ooreenstem nie, moet summier verwerp word ongeag wie dit verkondig

“En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle” (Rom.16:17).

Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar” (1 Thes.5:12.13).

6.Groepsdruk

Blinde lojaliste maak dikwels groot foute omdat hulle nie nugter oor ernstige sake dink nie en alles wat gesê word vir soetkoek opeet. Dis die vloek van groepsdruk met blinde lojaliteit as onderbou. Mense kies soms doelbewus verkeerd net om nie deur hul groep verwerp te word nie al beteken dit dat hulle ontrou aan hul eie hart is.

Mense reageer in sulke gevalle baie soos diere. Hulle doen wat die res van die groep doen en voel geborge tussen mense wat eenders is. Hulle is, soos in Jesus se tyd, bang vir die gevolge van anders te wees:

”Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode” (Joh.7:13).

6.   Die laaste lojaliteit

Blinde lojaliteit lei maklik tot breinspoeling. Dis waarmee die Roomse Kerk haar lidmate al eeue lank breinspoel. Die selfde ding steek sy kop by talle plaaslike Protestantse uit– buig of word uitgeskop!   Dis die begin van die openbaring van die kerk van die Antichris aan die suidpunt van Afrika.  

“Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier” (Openb.17:13).

Slot

Waar staan jy?   Maak jy jou eie besluite of volhard jy met jou lidmaatskap aan dwaalkerke?   Tou jy maar blindelings in die ry? Watter soort wêreld skep ons vir ons geliefdes as die waarheid nie meer vir ons saak maak nie?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3750 gaste aanlyn