NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bejaardheid moet positief benader word – ongelukkig is daar te veel bejaarde mense wat depressief raak en baie ongelukkig is omdat hulle opgehou het om met hoop en verwagting na die toekoms te kyk, en in die verlede begin terugkyk het waar daar net frustrasie en nutteloosheid is. Sorg dat daar altyd iets is om te doen, bly besig en sien daarna uit.

DIE BYBEL WOND SONDAARS

Ds Andrè van den Berg

“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het(Hebr.4:12,13).

Jare gelede het ʼn sendeling Bybels aan almal wat sy pad gekruis het uitgedeel. So het ʼn heiden by geleentheid ook onder sy vrygewigheid deurgeloop. ʼn Tyd daarna is hy een dag met ʼn klagte na die sendeling se huis. Hy het gekla dat die Bybel drama in sy huis veroorsaak nadat sy beste jaghond dit opgeëet het.

Toe die sendeling vir hom nog ʼn Bybel wou gee, het hy botweg geweier. Hy het nie gekla dat die hond die Bybel bederf het nie, maar dat die Bybel die hond bederf het. “Daar staan mos in geskryf dat jy jou vyande moet liefhê; nou weier my hond om op jagtogte saam met my te gaan!”

Die Bybel is ʼn gevaarlike boek; as dit ʼn hond kan verander, hoeveel te meer nie ʼn mens nie! En dis waarvan die Hebreërbriefskrywer skryf: “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg...”

Ongelowiges hou niks van hierdie teks nie omdat dit hard is. Mense lees die Bybel soms baie selektief; net dit wat hulle pas. Hulle hou van die groen weivelde en rustige waters waarvan die Bybel melding maak. Hebr.4:12 maak egter soos ʼn swaardwond seer.

Die beeld van God se Woord as ʼn swaard, is bekend aan die OT. By geleentheid gee God aan Jesaja die opdrag om ʼn baie harde oordeel oor Juda aan te kondig: “En Hy het my mond gemaak soos’n skerp swaard” (Jes.49:2).  Dit klink so vlymskerp dat ʼn mens as’t ware bloed sien loop!

Wat gebeur as die swaard van die Woord ʼn mens tref? Jou lewe val soos ʼn boek oop; maker af! Die teksvers sê dat dit” ... dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart”.

Jy keer tevergeefs. Nog minder kan jy wegkruip - die swaard haal jou in en roep jou tot verantwoording.   Selfs Adam en Eva kon nie vir God wegkruip nie maar moes verantwoording van sonde doen. Die tweede teksvers sê; “En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het”.

Hierdie waarheid behoort elke mens regop te laat sit – die wete dat die God wat elke hoek en draai van sy skepping ken, van die grootste sonnestelsels tot die kleinste sandkorrel, dwarsdeur my sien!

Koning Dawid skryf in Ps.139:1-6: “HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al.U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie”.

Elke mens is voor God so deursigtig soos glas. Hy beoordeel elke gedagte, optrede, dryfveer en lewensstyl. Om dit te begryp, wil sondaars soos ek laat uitroep: “Berge val op my en heuwels bedek my!”

Waar is dit, gedagtig aan God se alwetendheid, die gevaarlikste om te wees? Op straat? In jou motor? In ʼn swart woonbuurt? Nee, in die kerk want hier kom God se swaard op alles wat sondig is neer. Maar as sy swaard ons tref, is dit nie om ons seer te maak nie, maar te genees.

As sy swaard ons ware menswees blootlê, is dit om ons van sonde te bevry. As dit ons oopruk, is dit om ons siele van die hel te red en tot rus te laat kom. Daarom sê Jesus: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).

Die sondaar beur van God af weg. Dis sy aard. Dit maak hom onrustig. Die besetene van Gadara pleit aanvanklik by Jesus om van hom af weg te gaan. En na sy bekering om altyd saam met Jesus te wees.   Dis tog so sprekend van die mens – voordat die swaard van God hom tref, wil hy niks met Jesus te doen hê nie, daarna wil hy alles met Hom te doen hê. Wat ʼn genesende uitwerking het dit nie! Dis amper soos ʼn chirurg wat die kwaad moet uitsny sodat die pasiënt gesond kan word.

Die skrywer van Hebreërs skryf nie ligtelik oor God se swaard nie. Dit het hom ook getref en hy het bebloed daarvan afgekom. Nogtans doen hy ʼn merkwaardige ding – hy sing; en nie sommer ʼn ou liedjie nie, maar ʼn volbloed loflied. Die teksverse was waarskynlik ʼn ou Christenlied wat die vroeë gelowiges oor God se oordeelswaard laat gesing het.

Gelowiges doen dikwels net die teenoorgestelde as wat algemeen verwag word.   Martelaars het dikwels in die aangesig van ʼn gewisse dood gesing. By geleentheid word Paulus en Silas weens hul verkondiging van Jesus in die Griekse stad Filippi in die tronk gegooi. En wat doen hulle? “En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister” (Hand.16:25).

Die skrywer van Hebreërs het waarskynlik ook die swaard van God in sy lewe gevoel – die swaard van loutering. As gelowiges die swaard van God se Woord voel, moet hulle weet dat God hulle wil louter. Paulus en Silas het vir seker geestelik sterker uit die tronk gekom.

God tref ons met sy swaard omdat Hy ons liefhet.   Hy druk hierdie swaard soms baie diep in ons om van verderf te red.   As die snymerke van die kruis van Jesus Christus kruis en dwars oor jou lewe lê, is dit geen aanduiding dat God jou verlaat het nie. Dis juis die teken dat Hy jou in sy liefde aanraak.   As jy die skerpkant van die swaard voel, is dit God se chirurgie waarmee Hy jou siel red!

“... My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem” (Hebr.12:5,6).

Dis ʼn Bybelse waarheid wat ook in die OT opgeteken is: My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ’n vader die seun in wie hy behae het” (Spr.3:11,12).

As ons God se swaard voel, moet ons dankie sê dat Hy ons liefhet. Net ʼn gelowige kan dit doen. Ongelowiges vind dit onsinnig. Wat meer is, is dat as God ons met sy swaard tref, dit Hom ook seermaak. Dis soos ʼn ouer wat seerkry as hy sy kind ʼn pak slae gee.

Wanneer God se swaard ons tref om ons van sonde te bevry, moet ons weet dat ons sonde ook sy Seun getref het. Kyk na Golgota waar Jesus stukkend aan ʼn kruis hang en bloed tot ons redding loop. So, as jy die swaard van God voel en na jou wonde kyk, weet dat dit in werklikheid Jesus se bloed is omdat God jou so liefhet dat Hy sy enigste Seun vir jou sondes laat sterf het!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 830 gaste aanlyn