NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Doen goed – hoe jy ook al kan, waar jy ook al kan, wanneer jy ook al kan, aan soveel mense as wat jy kan, so lank as wat jy kan – John Wesley

VERKEERDE BEDMAATS

Die NG Kerk en die Wêreldraad van Kerke

Ds. A.E van den Berg

Inleiding

Die NG Kerk word al vir baie jare deur magte groter as sy self beheer.  Haar heropname in die Wêreldraad van Kerke (WRK) in 2016 is ʼn sprekende bewys hiervan.   Desondanks glo sy dat sy daarmee ʼn geskiedkundige fout wat meer as 50 jaar gelede begaan is, herstel het.  Dis allermins die geval.  Die NG Kerk het die stem van die internasionale ekumeniese kerkgemeenskap met die stem van God verwar!

1.    Bedenklike verlede

Die WRK is in 1948 in Amsterdam gestig.  Dis van meet af aan besig om die grondslae vir ʼn superkerk wat wêreldwyd aanklank gaan vind, te lê.  Die WRK is die kerklike weergawe van die wêreldwye sosialistiese ideaal en ʼn invalspoort van die Antichris.  Dit vervreem mense van die waarheid van God se Woord en hul volksliefde. Verskeidenhede moet ontbind en almal een word.

Suid-Afrika het die vervreemding in 1960 begin voel toe die NG Kerk se paaie met dié van die WRK na die Cottesloekerkeberaad in Desember van daardie jaar uiteen begin loop het.  Die aanvoorwerk is egterlank voor dié tyd gedoen.   Behoudende gelowiges het toenemend met kerklui wat deur die leiersfigure van die WRK beïnvloed is, gebots. 

Die Cottesloe-beraad was ʼn poging van die WRK om met behulp van plaaslike Engelse kerke die hoofstroom Afrikaanse kerke te oorreed om die beleid van eiesoortige ontwikkeling te verwerp.  Die Sharpeville-gebeure van Maart 1960 het die verlangde reaksie gehad.  Hierdie gebeure was sorgvuldig beplan. ʼn Klomp betogers moes doodgeskiet word om kerke se aandag op die lot van swartes in Suid-Afrika te vestig.

Die WRK se poging om hoofstroom Afrikaanse kerke te beweeg om die beleid van eiesoortige ontwikkeling te veroordeel, het slegs by die NG Kerk van die Kaap en Transvaal byval gevind.   Die versiendheid en optrede van ʼn aantal behoudende leraars van die NH Kerk het egter hul aanvaarding van die Cottesloe-besluite laat terugtrek.

Dit was nie die einde van die WRK se sosialistiese droom aan die suidpunt van Afrika nie.  Ontspoorde NG teoloë het voortgegaan en die Christelike Instituut van Suid-Afrika gestig om die WRK se denke te bevorder.  Groot bedrae buitelandse geld is na Suid-Afrika gekanaliseer om die SA Kommunistiese Party (SAKP) en ander ondermyningsorganisasies te help om struikelblokke vir ʼn sosialistiese bewindsoorname in Suid-Afrika uit die weg te ruim. 

Talle kerklui wat met hul optrede en uitsprake die volksvyand se saak bevorder het, is as van die voorste teologiese denkers ter wêreld vereer en die kalklig terdeë geniet.  Die Afrikaner Broederbond was die invalspoort waar hulle feitlik sonder verdenking kon saamsweer. Hoofstroom kerke moes ʼn sosialistiese magsoorname aan die suidpunt van Afrika help verkry!

Toe die NG Kerk ná die Cottesloe-beraad weier om die beleid van afsonderlike ontwikkeling te veroordeel, het die WRK haar lidmaatskap as strafmaatreël in 1962 opgeskort. Die NG Kerk sou later daarna as die “donkerste tye in die kerk se ekumeniese verhoudings” verwys.

Na die volksverraad wat die ANC in 1994 aan bewind sien kom het, wou die NG Kerk graag weer lid van die WRK word.  Haar ideaal om volle lidmaatskap te verkry, is in 2007 met ʼn besluit van die NG Kerk se Algemene Sinode in Boksburg in alle erns hervat.  Dis in 2016 bewaarheid. 

ʼn Amptelike berig het gelui dat die NG Kerk weer met trots haar plek tussen afgevaardigdes van kerke oor die wêreld heen ingeneem het om saam na die waarheid te soek. Biskop Desmond Tutu, een van die hooffigure van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), het oorstelp van blydskap gedans.

2.   Bedenklike toekoms

Die WRK is tans met die inwerkingstelling van ʼn tussengeloofsgemeenskap besig en poog selfs om jong Moslems en Jode te leer om met hulle eie geloof vertroud te wees ten einde mense ten goede te beïnvloed. Daarmee word Jesus se laaste opdrag geminag:

Gaan dan heen, maak dissipels van die nasies, doop hulle in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle geleer het” (Mt.28:19).

Gevolglik ontken die WRK dat Jesus die enigste brug tussen God en mens is (Joh.14:6) en maak hul aan godsdiens-sinkretisme skuldig.

Die Bybel waarsku dat die kerk van Jesus Christus aan die einde van die tyd baie ernstig deur die valse kerk vervolg gaan word. Jesus het alreeds in sy tyd op aarde daarmee te doen gehad!

Kerke is veronderstel om rigting in ʼn verwarde wêreld te gee, teen dwaalleer te waarsku en by mense ʼn weersin in die leuen en ʼn liefde vir die waarheid te kweek.

En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het:  As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”(Joh.8:31,32).

Slot

Dis tragies dat die NG Kerk wat vir eeue lank die geestelike bastion van haar volk, haar vir ʼn lêplek in die kring van die spotters beywer en dit verkry het. Gemeet aan die chaos wat die sosialistiese bewind aan die suidpunt van Afrika veroorsaak, ontbreek woorde om die onnadenkendheid van haar optrede te omskryf. So ʼn tragiese verlies aan profetiese visie regverdig geen verdere bestaansreg nie. Die vuurtoring se lig is uitgedoof en siele gaan op die rotse van ewige verdoemenis loop.

Opsoek na inligting?

  •  

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Is die boom wat die beste vrugte lewer.

Diskriminasie is onderskeiding tot beswil van alle volke.

Rassisme beteken rassekennis en kennis is wysheid.

Bewerk groei van 'n volk uit eie wortels, uit eie instellings, uit eie krag.

Strewe na 'n vreedsame verhouding met wedersydse respek vir mekaar se kultuurgoedere, tradisies, ideale.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1733 gaste aanlyn