NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wonder dikwels waarom sommige mense situasies met soveel wysheid en insig benader terwyl ander weer dwarsweg in moeilike omstandighede handel en onnadenkend groot skade veroorsaak. Die Psalmdigter gee die antwoord hiervoor wanneer hy sê dat God se Woord as lig die eenvoudiges verstandig maak. Ons hoef dus nie eers baie slim te wees om verstandig te wees nie, die Here se woorde leer ons wysheid wanneer ons bereid is om daarmee opgevoed te word. En diegene wat weier om God's Woord met oop gemoed te bestudeer sal dwars en onwys bly.

WOESTYNGEDAGTES

Ds Andrè van den Berg

“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie” (Kol.3:2)

Wat is die slegste ding wat ʼn volk kan tref? Bannelingskap of slawerny; veral as hulle aan gunstige omstandighede gewoond was en toe deur vyandige magte onderwerp en tot slawerny gedwing is. Dit was die lot van die Israeliete in Egipte ná Josef se dood. Hulle was eers begunstigdes en het in ʼn vrugbare landstreek gewoon. Toe die Egiptiese koningshuis later omver gewerp is, was dit die einde van hul guns en het 400 jaar van slawerny aangebreek; langer as ons eie volksgeskiedenis tot op hede!

God het die Israeliete op sy bestemde tyd vrygemaak en na Kanaän, wat Hy met ʼn eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, laat trek.   Dit was nie baie ver van Egipte af nie; ongeveer drie maande te voet. Tog het dit hulle 40 jaar geneem - langer as om reg-om die wêreld te loop!

Waarom so lank?   Daar was drie redes hiervoor. God wou hulle leer om 100% van Hom afhanklik te wees en Hom met hul toekoms te vertrou. Hulle was vir lank in Egipte en is met die heidendom besoedel.   Dit kon slegs deur ervaring en beproewing skoongewas word. Let op die invloed van die heidendom aan die voet van Horeb toe die goue kalf gemaak is. Waarom ʼn kalf? Dit was een van Egipte se afgode en getuig van die heidense invloed op die Israeliete.

Die tweede rede waarom hulle so lank moes rondswerf, was omdat hulle God se toorn ontketen het. Toe Hy hulle aansê om Kanaän binne te trek, het 10 van die 12 verspieders met ʼn negatiewe verslag die volk in hul spore laat vassteek en daarmee ʼn mosie van wantroue in God se leiding gehuldig. God het hulle gestraf deur hulle langer in die woestyn te laat rondtrek!

Ons staan egter by die derde rede vir hul lang swerftog stil – hul verkeerde lewensingesteldheid – ʼn woestyndenkwyse.   Almal was opgewonde oor die uittog uit Egipte en die vooruitsig van Kanaän.   Toe dit te lank neem, het hul gesindheid verander en het hulle begin dink soos wat hul omstandighede gelyk het –dof en vaal soos die woestynsand.

Dis ʼn probleem in baie mense se lewens, veral as dit met hulle sleg gaan. Dan neem hul gedagtegang die kleur van hul omstandighede aan. Dan sien jy net negatiewe dinge raak en bly dit deur jou gedagtes maal. Jy kan later aan niks anders dink nie!    Dit neem sulke mense soms lank om oorwinning oor slegte sake te kry terwyl dit in ʼn kort tyd opgelos kon word.   Woestyndenkwyses laat mense in hul eie klein wêreld vasval en in ʼn groef beland.

Kol.3:2 leer ons wat om met hul gedagtewêreld te doen – anker dit aan die dinge van God. Bedink dit wat ewigheidwaarde het en God behaag. Ons het ʼn goddelike belofte:

Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?... want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6).

Dink reg; leef reg! In Ps.73:25 sê Asaf:

Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie”.

In Spr,15:24 sê Salomo:

Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk”.

Die beste raad kom uit die mond van Christus self:

“...maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel...” (Mt.6:20).

Drie verse later waarsku Hy teen dit wat die Israeliete in die woestyn gepootjie het – woestyndenke:

”Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees” (:23)

Paulus brei hierop uit:

“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie”(Kol.3:2)

ʼn Verkeerde gedagtegang belemmer die gees en maak mense sielkundig siek. Jesaja het dieselfde probleem met sy volk gehad – hulle was so negatief dat hulle God se seëninge nie meer raakgesien het nie:

“Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie” (Jes.44:18).

Paulus skryf aan die Efesiërs:

Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here – wandel soos kinders van die lig” (Efes.5:8).

ʼn Woestyndenkwyse is nie uitsluitlik aan negatiewe lewensomstandighede te wyte nie. Daar is mense met wie dit op stoflike gebied goed gaan - hulle het ʼn gerieflike huis, goeie werk, luukshede, geen skuld ens. maar hulle geniet nie die lewe nie omdat hul kop vol woestynsand is – hulle het ʼn negatiewe gees.

Dit word vertel van ʼn man met ʼn baie negatiewe buurman. Toe hy eendag ʼn ou motor by die huis bring om te restoureer, sê sy buurman: “Jy gaan hierdie ding nooit aan die gang kry nie!” ʼn Tyd later roep hy die buurman om na die pragtig gerestoureerde motor te kom kyk en skakel die masjien aan. “Jy sal dit nooit afgeskakel kry nie!” sê die buurman.

Niks verlam die menslike gees soos ʼn negatiewe lewensingesteldheid nie. So ʼn mens word ʼn gevangene van homself; sy eie tronkbewaarder. En dit gebeur as mense toelaat dat omstandighede die tamboer in hul lewe slaan. Hulle bereik nooit hul geestelike potensiaal nie en kom geestelik nooit by Kanaän uit nie.

Die Israeliete het gedurig oor hul lewensomstandighede gekla. Hul gemoedere het dieselfde kleur as hul omgewing aangeneem; woestynvaal. Dit het hul gedagtewêreld so dood soos die wêreld waarin hulle hul bevind het, gemaak.

En dis waarteen ons moet wal gooi. Moenie dat negatiewe omstandighede jou gedagtewêreld inkleur nie. Jy gaan nie by jou geestelike Kanaän uitkom nie!

God het Israel uit die slawerny verlos om hulle in die beloofde land in te lei. ʼn Land van geen tekorte nie, maar oorvloed. God doen dit vandag nog met sy kinders. Hy verlos jou UIT iets negatiefs en plaas jou IN iets positiefs. Hy roep ons uit die duisternis en plaas ons in die lig. Dis ʼn uit-en-in handeling.

Die meeste wat uit Egipte getrek het, het die beloofde land nooit bereik nie en in die woestyn gesterf omdat hulle God nie met hul toekoms vertrou het nie. Hulle het teen die woestyn bly vaskyk. Dis hartseer om so ʼn wonderlike toesegging te hê en dit deur jou eie toedoen te verongeluk.

Soveel gelowiges is oppad na die Beloofde Land (hemel) maar geniet nie die rit nie. Hulle gedagtewêreld het iewers in die woestyn van die lewe vasgeval. Dit verhoed die blydskap wat God vir sy kinders bestem en waartoe Hy ons oproep: “Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele...” (Mt.5:12).

Ons volk verkeer tans in ʼn baie lelike woestyn. Dit wat gister verkeerd was, is vandag reg. Kerke praat gruwels goed soos daggagebruik wat gewettig is. Waarheen gaan ons dierbare vaderland?!

Nou moet ons versigtig wees en nie dieselfde fout as die ou Israeliete maak deur ons gedagtes dieselfde kleur as die landsomstandighede te laat aanneem nie. Ons lees in Gen.5 van Henog wat onder die moeilikste omstandighede steeds met God gewandel het. En dis wat ons ook moet doen – vasbyt en glo dat God sal red.

Doemprofete voorspel dat al wat van ons volk gaan oorbly, kurkdroë doodbeendere in die woestyn van vernietiging gaan wees. Nee, solank as wat ek aan Jesus Christus glo, sal ek dit nooit glo nie! God het ʼn doel met ons huidige ideologiese woestynswerftog - om sy lig in hierdie heidense duisternis aan die suidpunt van Afrika te laat skyn.  

Let op die gelese gedeelte uit Kolossense waar die gelowiges opgeroep word om anders as die wêreld van hulle tyd te dink. Ongelowiges kyk teen hul omstandighede vas. Gelowiges kyk na Jesus, hul Leidsman.

Die gelowiges in Kolosse het dit moeilik gehad. Hul omstandighede was baie ongunstig. Afgodery was ʼn gevestigde praktyk en die pad van die geloof het deur ʼn ongenaakbare geestelike woestyn gegaan. Daarom die vermaninge:

Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is... waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het” (3:5,7).   Dink en leef anders.

Hoe kry ʼn mens dit reg? Volg die raad van ons teksvers en bedink die dinge wat daarbo is.

Ons volk is wel in die woestyn, maar ons gaan, soos die Israeliete, nie vir ewig hier wees nie. Ons is op pad na die beloofde land.   Ja, God het oom Niklaas van Rensburg getoon dat ons ʼn volmaakte republiek uit sy hand gaan ontvang. Dit gaan wonderlik wees. Maar veel heerliker is die Nuwe Jerusalem waarheen al God se kinders oppad is. Kom ons kry die woestynsand uit ons koppe!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1412 gaste aanlyn