NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wat sê ons is kinders van die Here en leef in goeie verhouding met Hom, kan ons werklik sê ons leef met volkome vertroue in Hom – of leef ons eerder met wantroue in Hom? Hierdie is 'n fyn skeidslyn maar as ons onthou dat Hy die getroue Een is, sal ons minder sukkel om onsself volkome aan Hom oor te gee.

GESIN EN LEWENSVREUGDE

Ds Andrè vd Berg

“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld.... En God het die mens geskape.... man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen.1:26,27).

Die krag van ’n volk hang van sy geloof in God en gehalte van sy gesinslewe af. Die gesin is die kern van ʼn beskawing en as’t ware die smidswinkel waar lewenswaardes op die aambeeld van die lewe gevorm word. ʼn Gelukkige gesin is ‘n voorsmaak van ʼn vervroegde hemel.  

Dit gaan op talle lewensgebiede sleg met ons volk. Een van die ergste is die verbrokkeling van ons gesinslewe; ʼn euwel met ʼn rimpeleffek. Dit raak nie net die gesinslewe nie, maar kring ook na die kerk en die breë gemeenskap uit.

Waarom verbrokkel ons gesinslewe? Omdat daar aan die rolverdeling van man en vrou gepeuter word!  Die Bybel is duidelik oor die rol wat man en vrou in die gesin moet speel. Ongelukkig slaag Satan daarin om dié rolle om te keer.  

God was nie verward toe Hy man en vrou geskape het soos wat homoseksuele mense indirek probeer voorgee nie. In die teksverse skep God ʼn onsterflike gees in die mens en verdeel hulle in twee duidelik onderskeie kategorieë; man en vrou. Daarna het Hy hulle geseën en beveel om te vermeerder.  

Gen.2:15 is die verslag van die skepping van die mense se liggame. Dit vertel ook van God se opdragte aan Adam.   Hy word in die tuin van Eden aangestel om dit te versorg, maar word gewaarsku om nie van ʼn sekere boom te eet nie.   Adam ontvang hierdie opdragte voor die skepping van Eva. Vers 18 maak vir die eerste keer van haar skepping melding. Sy word geskep sodat Adam nie langer alleen moes wees nie. Sy is sy hulp en voltooi hom deur hom aan te vul; nie om met sy rol te wedywer nie.   Huisgesinne waar die hen die kraai-werk doen en die haan vredesonthalwe maar stilbly, strek God nie tot eer nie!

God het aan die man die verantwoordelikheid gegee om hoof van sy gesin te wees. Eva se vergryp aan die verbode vrug was die gevolg van Adam se gebrek om verantwoordelikheid in die huwelik te neem. Wie sy verantwoordelikheid ontduik, soek iemand om vir die gevolge te blameer:“ Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee en ek het geëet” (Gen.3:12).

Adam het nie sy Godgegewe gesag gestand gedoen nie. Toe hy ook van die verbode vrug eet, het hy as’t ware sy opdrag as Godgegewe leier van sy huis opgesê. “.... Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou.... vervloek is die aarde om jou ontwil...” (Gen.3:17).

God het man en vrou as gelykes geskape, maar met duidelik onderskeie rolle en verantwoordelikhede in die gesin, gemeenskap en kerk.   Die NT herbevestig God se doel met die gesinslewe in Efes.5. Christus is die geestelike voorbeeld van die man se rol in die gesin. Soos wat die kerk aan Hom onderdanig is, moet getroude vrouens aan hul mans onderdanig wees. Getroude mans moet op hulle beurt hul vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad het. Die opdrag is ondubbelsinnig: Vroue moet aan hul eie mans onderdanig wees en mans hul vrouens op dieselfde manier liefhê as wat Christus sy kerk lief het.

Daar is vandag ʼn duidelike opstandigheid hierteen te bespeur; vrouens sukkel om aan hul mans onderdanig te wees. Is dit miskien daaraan te wyte dat mans hulle vroue nie meer liefhet soos God eis nie?   Let daarop dat die Bybel mans beveel om hul vroue lief te hê, maar vroue word nie aangesê om hul mans lief te hê nie! Waarom nie? Omdat vrouens geskep is om lief te hê. Dis vir hulle natuurlik om op die liefde van hul man te reageer. Daarom het God aan vroue nie so ʼn opdrag gegee nie. Dis natuurlik vir hulle. Na die mate wat die man liefde aan sy vrou betoon, betoon sy eerbied aan hom. Let daarop dat oral waar liefde in ʼn huwelik ontbreek, eerbied in dieselfde verhouding ontbreek!

In Efes.6:4 word vaders beveel om hulle kinders in die weë van God op te voed. Daarom berus die verantwoordelikheid vir die geestelike, psigiese en fisiese welsyn van die gesin by die man. God het aan hom drie duidelik onderskeie rolle toegeken – profeet, priester en koning.

As profeet moet hy die Woord van God in sy gesin spreek. Hy is die godsdienshoof van sy gesin.   As priester moet hy vir sy gesin bid. As koning moet hy regverdig teenoor optree. Hy is nie ʼn diktator nie, maar ʼn dienaar-leier wat nooit eie behoeftes en begeertes bo dié van sy gesinslede stel nie.

Die man moet weet dat hy aan God verantwoording doen. Hy moet geestelike  gesag en orde in sy huis wees; nie onderwerping nie!   Soos wat Christus die hoof van sy kerk onder gesag van die Vader is, so is die man hoof van sy huis onder die gesag van Christus. Dis die bloudruk waarmee God gesinne beskerm.   As dit nagelaat word, verloop geen gesinslewe reg nie!

Dis tragies om te sien hoe mans hul Godgegewe rolle neerlê. Gevolglik moet die vrou haar belangrike rol in die huisgesin noodgedwonge prysgee om die man se verantwoordelikhede ook op haar te neem.   Vrouens moet teen wil en dank beide rolle van ma en pa speel. Geen wonder dat gesinne verbrokkel nie!  

Vaderlose huishoudings is ʼn bydraende faktor tot maatskaplike euwels. Nee, elke kind behoort die lewe deur die goue hek van ouerliefde in te gaan.   Geen mens kan ʼn wonderliker ervaring as gelukkige kinderjare te hê nie. Goeie ouers is padwysers na die hemel.   Ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar - van slegte saad verkry niemand ʼn goeie oes nie!

In ʼn poging om God se wil van die man as hoof van die huis te probeer uitwis, verkondig feministe al hoe meer geslagsgelykheid.   Die unisex beweging kom van die Satan wat vrouens met die rol van die man laat wedywer. Sogenaamde bevryde vroue leef al hoe onsedeliker, aborteer ongewenste bevrugtings en vermoor hul eie kinders. Dis alles opstand teen God!

Ten spyte van enkelmoeders wat uitmuntende werk doen, vergoed dit nie vir afwesige vaders nie.   God se opdrag aan die man laat geen ruimte vir onderhandeling nie.   Elke gesinshoof kies of hy aan God se skeppingsorde en beginsels vir die gesinslewe gehoorsaam wil wees. Ongehoorsaamheid het vernietigende gevolge.

Daar is net een wenresep vir gesinsvreugde – terug na die Bybelse beginsels.   Dink daaraan dat kinders die enigste ding is wat jy saam met jou hemel-toe kan vat.   Daarom is die grootste diens wat ouers hierdie volk kan lewer, om hul kinders in die wee van die Here op te voed. Wie kinders sonder Jesus groot maak, maak slim duiwels groot!

Kinders is die lewende boodskappe wat ons die toekoms instuur vir ʼn tyd wat ons self nie gaan beleef nie. Ons as ouers is soos ʼn Moses wat nooit die beloofde land binnegegaan het nie. Hy het egter sy mense vir ʼn lewe voorberei wat hy self nie sou sien nie.

Hoe lyk jou gesinslewe? Sien en hoor jou kinders Jesus in jou lewe? Kinders sal God makliker as hul hemelse Vader aanvaar indien hulle iets van Hom in hul eie vader raaksien.   Kinders kyk na ons.   Laat ons met nuwe ywer aan God se bloudrukplan vir ons gesinslewe werk.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3646 gaste aanlyn