NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God bring ʼn ewige oordeel oor die gees van Isebel omdat dit families, kerke, en verhoudings vernietig.   Hierdie gees het sedert die ontstaan van die Christelike kerk groot skade aangerig.  “Maar Ek het enkele dinge teen jou, dat jy die vrou Isebel, wat haarself ʼn profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet” (Openb.2:20).

KANSELMANIPULASIE

ʼn Kanker in baie kerke

Ds. A.E van den Berg

Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan” (2 Kor.4:2).

Kwaksalwers word makliker in die Evangeliebediening as in enige ander beroep geduld. Mense spandeer eerder tyd om bevoegde medici te vind om na hul gesondheid om te sien as om leraars te vind wat hul sieleheilversterk. Baie mense glo dat iemand op ʼn kansel ʼn geroepene van God is. Sulke naïwiteit maak van mense maklike prooi van kanselmanipulasie.

Kanselmanipulasie is een van die hoofredes waarom so baie van die hoofstroomkerke in ʼn dilemma verkeer. Groot kerke met swak oordeel, duld leraars op hul kansels wat nie aan die vereistes vir suiwere Evangeliebediening voldoen nie.

As die Woord van God nie suiwer bedien word nie, vier leuens hoogty en verloor kansels hul doel en waardigheid. Kerke moet juis die leuen beveg ten einde getrou aan Jesus se opdrag te wees:

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het”(Mt.28:19).

1.   Die kansel

  1. 1.1Die eerste kansel

Die eerste kansel vir Woordbediening is in die tyd van Esra opgerig:

“En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring ..... En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was.... En Esra, die skrifgeleerde, het op ’n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het...” (Esra 8:3,5).

Nadat die Jode uit die ballingskap na Jerusalem teruggekeer het, is daar by geleentheid vir Esra ʼn kansel gemaak vanwaar hy die Wet voorgelees en die uitleg verduidelik het. Omdat die Woord van God daarvandaan verkondig is, het die Jode dit heilig eerbiedig.

1.2 Prediking

Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie....” (Rom.10:14,15).

God roep deur die prediking van sy Woord ongelowiges tot die bekering en gelowiges tot heiligmaking op. Omdat dit die ewige lewe of ewige dood vir mense kan beteken, moet leraars baie erns daarmee maak. Kansels is nie die plek vir eie menings, teorieë, sekulêre gedagtes of vrysinnige debatte nie. Versuikerde prediking hou mense wel by kerke. Hulle kom egter nooit by Jesus uitnie!

1.3   Bekwaamheid

Prediking vereis ʼn sekere bekwaamheid soos van Esra getuig word:

Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die HERE te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer” (Esra 7:10).

Hy was goed voorberei alvorens hy op die kansel gepreek het; diep bewus dat hy namens God met sy volksgenote gepraat het. En dis die hoofdoel van prediking – leraars praat namens God met mense.

Dit plaas uiteraard ʼn dure verpligting op leraars om die Woord van God na deeglike teksuitleg in eenvoudige verstaanbare taal te verduidelik. Dit bring mense nader aan God. Daarenteen stoot kanselmanipuleerders nie net ongelowiges verder van die redding in Christus af weg nie, maar verwar ook gelowiges.

2.   Die leraar

2.1   Volle vertroue

Gemeentes moet hul kansels kan vertrou. ʼn Leraar moet goed voorberei wees, die waarheid preek, teen sielegevaar waarsku en hom waardig gedra. Hy is ʼn dienskneg van God en nie ʼn nar nie!

 ... In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik ....” (Lev.10:3).

Prediking is ten diepste ʼn aanbidding van God en nie ʼn moreel opbouende praatjie nie.   Deur die prediking laat ʼn leraar die heerskappy van God ingang in mense se siele vind. Dis die geestelike bestuiwing wat siele vir Jesus laat blom.

Die prediker weet dat hy niks in eie krag kan verrig nie al spandeer hy ure aan voorbereiding. Niks is sy eie werk nie. Hy is slegs ʼn saaier. God laat die saad opkom of verdor.

“...so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur” (Jes.55:11).

2.2   Skrifgetrou

Prediking moet Skrifgetrou wees anderste is dit dwaalleer:

“Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Gal.6:7).

Leraars is nie geroepe om nuwe leerstellings bekend te stel nie, maar om die Woord van God onvervals te bedien. Daarom moet hulle ligloop vir dwaalleer. Dwaalleer maak leraars die voorwerp van aanbidding en nie God nie. Mense daag op met die verwagting dat alles wat vanaf die kansel verkondig word die volle waarheid is. Om vrysinnighede soos ʼn valskerm op mense te laat neerdaal, is bewustelike manipulasie en laakbaar!

Leraars moet egter nie skroom om kwelvrae in die prediking aan te spreek nie. Dit moet egter altyd met die Skrif ooreenstem. Leraars preek uiteraard nie net oor Jesus se liefde en genade nie, maar ook oor sy oordeel en straf al maak dit mense baie ongemaklik.

Wie net sekere dele van die Bybel preek en die ander dele verwerp, durf nie ʼn kansel bedien nie. Dan is hy soos ʼn loods wat geen vertroue in sy vliegtuig het nie maar sy passasiers nogtans ʼn aangename vlug toewens!

Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal. Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie. Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het” (Hand.20:26-28).

2.3   Waardig

ʼn Kansel is ʼn heilige plek en nie ʼn vermaaklikheidsverhoog nie. Daarom is eerbiedwaardige kanselgedrag onontbeerlik vir alle prediking. Esra het hom waardig op die kansel gedra omdat hy geweet het dat hy eerstens voor God en tweedens voor sy uitverkore volk gestaan het.

Baie kerke gaan aan waardigheid mank. Leraars se onheilige, soetsappige boodskappe en optrede dra daartoe by. Desondanks is sommige van hulle gewild, maar is die aanhang niks anders as ʼn slaafse navolging van mense wat baie min van die Woord van God weet en derhalwe verstaan. Hulle vertrou die kanselmanipuleerders blindelings en word telkens deur die stormwind van hul eie onkunde weggewaai:

Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword” (2 Pet.2:19).

Kanselmanipuleerders dring dikwels op ruim bydraes aan om ʼn leefstyl te voer wat nie by gelowiges pas nie:

“En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Mensekind, profeteer teen die herders van Israel..... So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie” (Eseg.34:1-3).

2.4   Die volle raad

Prediking wat nie aan die volle raad van God beantwoord nie, mis die doel. Baie leraars vind dit moeilik om die Woord van God in polities verhitte omstandighede te laat hoor en swyg dan eerder oor sonde wat aangespreek moet word.

Jeremia het die Woord van God ongeag die politiek van sy dag duidelik laat hoor. En dis wat leraars ook moet doen en die teks volg waarheen dit ook al mag lei. Hulle is uiteraard geroepe om soos die profete en apostels van ouds leiding aan hul gemeentes gee. Paulus getuig daarvan:

“...hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise” (Hand.20:21).

Slot

Die waarheid moet altyd vanaf kansels seëvier:

” ...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:2,3).

Daarom moet gelowiges vir hul leraars bid om die waarheid vreesloos te spreek want ʼn prediker wat nie na God luister nie, het in werklikheid niks om vir sy mense te sê nie!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1265 gaste aanlyn