NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jou geluk moet nooit van ‘n ander se optrede afhanklik wees nie.  Soms moet ‘n mens jou trots maar sluk en jouself die vraag afvra: Wat is die belangrikste; om reg te wees of om gelukkig te wees?

DAAR IS NET EEN MIDDELAAR

Ds Andrè vd Berg

Want daar is een God en Middelaar tussen God en die mens, die mens Christus Jesus” (1 Tim.2:5).                              

Die wêreld het talle mense opgelewer wat groot naam gemaak het - sommige beroemd en ander berug. In sekere gevalle beide! Napoleon was so ʼn mens. Hy is in 1821 op 52 jarige ouderdom in krygsgevangenskap op St. Helena oorlede. Ek het in 2001 die eiland en die huis waar hy gebly het, besoek.

Napoleon was oppad om die algehele heerser van Europa te word totdat hy in 1812 ʼn reuse fout begaan het deur nie met die seisoene rekening te hou nie. Hy het in daardie jaar Rusland met ʼn groot troepemag in die laat herfs binnegeval waarna die strawwe winter hulle oorval het. Toe hy sy fout agterkom en terugval, het hy tot sy skok gevind dat die Russe die enigste brug oor die Njeperrivier vernietig en hul roete huiswaarts afgesny het.  

Meer as 100,000 soldate het van koue omgekom alvorens ʼn tydelike brug gebou is. Dit word vertel van soldate wat so koud gekry het, dat hulle perde geslag en binne-in die karkasse vir ʼn bietjie warmte geklim het! Die vernietiging van hierdie lewensnoodsaaklike brug het baie lewens geëis.  

Die Bybel praat ook van ʼn brug wat vernietig is en wat miljoene lewens geëis het – die brug tussen God en mens. Die 1812 gebeure is ʼn treurige verhaal. Gen.3 is treuriger! 1812 se lewensverlies was eenmalig. Gen.3 s’n gaan nog steeds aan - duisende lewens elke dag!    

Die Russe het in 1812 die brug oor die rivier vernietig Sonde het eeue voor dit dié tussen God en mens vernietig. Die Russiese brug is later herstel, maar nie dié tussen God en mens nie. Die mens en ʼn gewisse dood was aan die een kant en God met die lewe aan die ander kant.

Na Gen.3 het God ʼn tydelike brug daar gestel. Dit was egter wankelbaar, min gebruik en is die Tien Gebooie genoem.   Om by God aan die ander kant te kom, moes mense oor die brug van die onderhouding van hierdie Tien Gebooie loop.   Min mense het by God uitgekom.  As dit vandag nog steeds die enigste brug tussen God en mens was, wonder ek hoeveel van ons gered sou wees?  

God het egter in die volheid van die tyd ingegryp en ʼn nuwe brug gebou.   Die opening van hierdie brug is een nag deur ʼn engel aan Joodse skaapwagters aangekondig: ” Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ʼn goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees ....” (Luk.2).   Die woord volk beteken die hele mensdom.  

Jesus Christus is die nuwe brug tussen God en mens. “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).   En soos alle brûe het hierdie brug ook ʼn naam – MIDDELAAR.  

Soos wat die Russiese brug tussen die Franse soldate en die lewe gestaan het, staan hierdie goddelike brug tussen ons en die ewige lewe. As ons nie oor hierdie brug loop nie, sterf ons vir ewig. As ons daaroor gaan, leef ons vir ewig.

Die kerk van Christus bely deur die eeue die middelaarskap van Christus. Hy is die enigste brug. Dis een van die belangrikste leerstukke van die Bybel. Daarsonder is die Christendom soos ʼn rugbywedstryd sonder ʼn bal!

Daar is egter wel ʼn kerk wat die wedstryd sonder ʼn bal speel – die Roomse Kerk (RK). Hulle bely nie die middelaarskap van Jesus nie. Hulle het ʼn mens as middelaar – Maria, Jesus se aardse moeder. Die Heidelbergse Kategismus (HK) leer dat een sondaar nie ʼn ander sondaar kan verlos nie.   Sondag 15 vra die vraag hoe ʼn verlosser moet wees? Die Kategismus antwoord: hy moet waarlik God en waarlik menswees. Net Christus voldoen hieraan.

Gevolglik is ʼn Kerk wat leer dat ʼn ander mens jou kan red, uit die bose! “Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees” (Gal.1:8).   Dis presies waarmee die RK haar al eeue lank besig hou. Dis afgodery wat as Christendom verdoesel word. En dis waarteen die groot Hervormers soos Luther en Calvyn in opstand gekom en die kerk begin suiwer het.

Satan het meesterlik daarin geslaag om die vroeë kerk binne te dring en die hart van die Evangelie, dat Jesus as die enigste Verlosser is, uit te ruk en Hom met Maria vervang. Met die Roomse gebedekrale word daar 52 keer tot Maria gebid sonder om die naam van Jesus eenmaal te noem!  

Een van die grootste lasteraars van alle tye was ʼn Roomse kardinaal Alphonso Liguori. Hy bid in een van sy boeke as volg tot Maria:

“ O, vlekkelose maagd, ons wat onder u beskerming staan, het vrymoedigheid om u te versoek om u Seun, Jesus Christus, te verhoed dat Hy, geïrriteerd deur ons sondes, ons verlaat en aan die duiwel oorgee. U, heilige Maria, is ons enigste hoop, Moeder in die hemel, en ons het maar net een voorspraak en dis uself. U alleen is liefdevol en bekommerd oor ons saligheid. U is ons koningin en middelaar tesame met u Seun, tot wie ons nie durf nader nie”

Dis onbeskaamde menseverering en lasterlik!   Nogtans is hy nooit van dwaalleer aangekla nie, maar later selfs gekanoniseer en tot ʼn heilige verklaar!

Die RK trek ʼn streep deur Christus se middelaarskap. Kan ʼn persoon wat die middelaarskap van Christus ontken in die hemel kom? Nee, 1000 maal nee! Hy wil oor ʼn brug wat nie bestaan nie! Wat ʼn oordeel wag daar nie op hom nie!

Die vroeë kerk het geen rol aan Maria toegeken nie. Namate die Satan die kerk egter binnegedring het, het die dwaalleer van die middelaarskap van Maria veld begin wen. In die vierde eeu het die Melekiete-sekte Maria as een van die Drie-eenheid vereer – Vader, Seun en Maria.

Soos wat die leer van die RK gegroei het, was daar altyd van ware gelowiges teenstand. Sommige is uit die kerk geban terwyl ander hul lewens op grusame wyses verloor het.   Geen kerk het meer bloed aan haar hande as die RK nie.

Die teenstand teen die Roomse dwaalleer het op Sondag 31 Okt.1517 ʼn klimaks bereik toe ʼn jong priester, Martin Luther, sy opspraakwekkende 95 stellings teen sy kerkdeur in die Duitse stad Wittenberg vasgespyker het. Dit was die begin van die Hervorming. God het hierdie waarheidsbeweging geseën en in getalle laat toeneem waarna die een Protestantse kerk na die ander tot stand gekom het.   Ons eie kerk deel in hierdie geestelike erfenis; Afrikaanse Protestantse Kerk.

In ons teksvers bemoedig Paulus ʼn jong Timotheüs wat die wind van sterk van voor gekry het. Nie van heidene nie, maar van mense wat onder die vaandel van Christenskap gevaar, maar, net soos die RKgeleer het dat goeie werke jou kan red.   Nee, hoe wil jy ʼn rivier kruis waaroor daar geen brug is nie? Jy gaan met jou lewe boet!

Napoleon se soldate was bly toe die brug oor die rivier herstel is en hulle huis toe kon gaan. So moet elke mens bly wees dat die brug tussen hom en God deur Christus se sterwe herstel is en dat ons ná ons aardse stryd ook eendag huis toe kan gaan. Jesus het alreeds vir ons plek berei.

Brûe word gebou om te gebruik. Het jy die een na God al gebruik? Baie mense stap tot by die oewer en glo dat God hulle sal raaksien en vir hul moeite beloon, maar hulle loop nie oor nie. Of jy een meter of ʼn kilometer van daardie brug staan, is jy nog nie oor nie!

Dis soos die vyf dwase maagde wat aan die deur van die feesmaal klop en soebat om ingelaat te word en die bruidegom wat weier en sê dat hy hulle nie ken nie.Waar staan jy ? Op die oewer of is jy al oor die brug? Dis ʼn geval van lewe of dood, en dis vir ewig!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1318 gaste aanlyn