NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Soos wat jy tot jou eie verbasing pêrels mag vind tussen die afgesakte plankton op die seebodem, so vind jy soms kosbare vertroosting deur gebed tussen al die swart slyk van lewensprobleme wat jou dikwels wil versmoor.

KERSFEES – JA OF NEE?

Ds Andrè vd Berg

“En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar” (Luk.2:6).

Is 25 Desember werklik die geboortedag van ons Here Jesus of was dit ʼn heiden-fees wat van ʼn Christen baadjie voorsien is soos wat sommige mense beweer?  Die antwoord op beide vrae is nee;  25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie en dis ook nie van die heidendom verkry nie.

Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu n.C. die Christenkerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word.   Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie.   

Om ʼn koning se geboorte op ʼn ander dag as sy geboortedag te vier is niks vreemd nie. Die Britse koningin se verjaarsdag is 21 April. Haar amptelike verjaarsdag word egter op elke tweede Maandag in Junie seremonieel gevier. Die Britte vier haar verjaarsdag en nie haar geboortedag nie. Met Kersfees is dit pressies dieselfde; dis nie ’n geboortedag-herdenking nie, maar ’n herdenking van ʼn geboorte - Jesus s’n. En dis twee verskillende dinge.

Jesus se geboorte moes baie naby aan 25 Desember gewees het. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel vasgestel. Sagaria was Johannes die Doper se pa en priesters moes jaarliks oorgeskrewe dienste in die tempel in Jerusalem nakom.

Sagaria se diensbeurt was in September van daardie jaar.  En in daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en hom van sy seun se komende geboorte ingelig. Werk dit nou uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het en dus in Maart van daardie jaar.   Die vroeë kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Jesus se geboorte was nege maande later – 25 Desember.

Daar is talle besware teen hierdie datum.   Desember is winter in die Noordelike Halfrond en herders sou kwansuis nie in die koue in die veld oor skape wag gehou het nie. Dis moontlik.  Tog moet daarmee rekening gehou word dat skape dwars deur die jaar by die tempel geslag is en hoofsaaklik van Betlehem (naby Jerusalem) gekom het. Daarom kon dit wel in Desember gewees het.

Ons weet uit ou geskrifte dat Kersfees nie in die vroeë kerk gevier is nie, maar eers vanaf 386 n.C. toe dit ’n vaste datum in die kerk geword het. Daarna het 25 Desember oral byval gevind. Eeue later het kritici verkondig dat Kersfees ’n heidense oorsprong het en die Roomse Kerk daarvan beskuldig dat dit ’n heidense fees verchristelik het. Daar is geen bewyse vir so ’n aantyging nie.   

Kersdag is wel baie naby aan die wintersonstilstand gevier wat deur die ou Romeine op 26 Desember met ’n sonfees ter ere van die onoorwinlike son gevier is. Dit was ʼn weeklange fees van 16-23 Desember wat met brassery gepaard gegaan het.  Uit ou kerkgeskrifte is daar geen aanduiding dat ʼn datum van heidene geleen of dat ʼn heidenfees ʼn Christenbaadjie ontvang het nie!

Die presiese datum van Jesus se geboorte maak regtig nie saak nie.  Christene herdenk nie sy geboortedag nie, maar die wonderlike feit dat Hy gebore is om ons Verlosser te wees.   En dis waarvan die Bybel melding maak: “En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar” (Luk.2:6).   Nie die dag nie, maar die wonder dat die grote Skepper-God sy hemelwoning verlaat om mens onder ons te word.

Gevolglik is die vraag nie of ons Kersfees mag vier nie, maar hoe ons dit moet vier.  Kersfees is ’n tyd van welwillendheid - ’n tyd van gee.  God het gegee; ons moet ook gee.  Daarom gee ons vir mekaar geskenke.  Ongelukkig het dit wat heilig behoort te wees ’n handelsfees geword –nie ter ere van Jesus nie maar ter ere van Mammon! En om te voorkom dat Kersfees vir heidene aanstoot gee, praat die Mammon-dienaars liefs van die Festive Season.

In sy lelikste vorm is Kersfees vir ongelowiges die geleentheid om te fuif en partytjies te hou sonder om een oomblik aan die ware betekenis van die dag te dink. Honderde mense word jaarliks op Kersdag vir dronkbestuur aangekeer.

Dan is daar ook mense wat die vrede van die Kersverhaal probeer ervaar sonder om die Vredevors in hul lewens in te laat.   Nee, Kersfees is juis ʼn wonderlike geleentheid om mekaar aan die doel van sy koms te herinner: Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk.19:10).

Vergelyk Kersfees met Paasfees.  Die een herdenk Jesus se koms na die aarde en die ander een sy vertrek.  Die een gaan oor ’n geboorte en die ander een oor ’n dood.   Kersfees is ’n tyd van ware feesviering en Paasfees van droefheid oor sonde en verootmoediging voor God.   Ja, daar is ’n tyd vir alles!

Gelowiges moet in die Kerstyd in die goeie sin van die woord ook “gees vang”.  Dit bring ons in ’n ander stemming.  Dit sou wonderlik wees indien ons die Kerstyd-gees in flesse te kon opvang en elke maand een daarvan oopmaak om soos ʼn lekkerruik spuitblikkie ons huise te verfris!

Ek glo dat Kersfees ’n feestelike geleentheid is wat deur God beskik is.   Indien dit ’n heidense ding was, sou God eeue gelede in die kerk ingegryp en dit stop gesit het.   Ons glo mos dat Jesus aan die regterhand van God sit vanwaar Hy sy kerk regeer. Hy weet presies wat Hy met die kerk wil doen.

Gelowiges moet altyd iets mooi van Kersfees maak; hul huise versier en aan kinders verduidelik waarom ons aan mekaar geskenke gee, en baie belangrik dat daar’n God in die hemel is wat gee en nie ʼn Kersvader iewers in die yswêreld nie.   Die hoofsaak is: Vier Kersfees rondom die ware Christus. 

Gelowiges moet aan Kersvieringe soos ʼn Kerssangdiens, Kersspel of Kersdiens deelneem.  Dis goed om tydens die Kersgety opgewonde soos ’n kind te wees. Ons Verlosser het immers as ’n kind aarde toe gekom.  Vier Kersfees in vrede met mekaar. Lê die strydbyle neer want wie Kersfees nie in die hart het nie, soek tevergeefs daarna in geskenkpapiere onder ʼn kersboom.

Kersfees gaan oor God se liefde:“Want so liefhet God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het….” (Joh.3:16).   Dit wat God in Christus kom doen het, is die ewige maatstaf van wat liefde is.  Daarom moet ons Jesus se geboorte vier deur liefde te bewys.   Ons onderlinge liefde spruit immers uit God se liefde vir ons.  Dis lekker om by mekaar te wees en iets spesiaal vir mekaar te doen.

Wat sien mense in hierdie Kerstyd in jou huis?   By geleentheid was koning Hiskia dodelik siek waarna God hom wonderbaarlik genees het.  Kort hierna het hy buitelandse besoekers ontvang wat in ’n bondgenootskap met Israel wou sluit.  Tydens ’n besigtigingstoer het Hiskia hulle alles, van sy wapenrusting tot sy skatkamers, gewys en hom in die son van pronklustigheid gebaai. 

Toe die uitlanders weg is, vra Jesaja hom: “Wat het hulle in u huis gesien?” (2 Kon.20:15).   Hiskia was skielik baie skaam. Hy het die heidene alles behalwe sy siekbed gewys en van God se genesingswonder getuig.  Hiskia het ʼn gulde geleentheid deur sy vingers laat glip. Moenie dat mense hierdie Kerstyd alles behalwe Jesus in jou huis sien nie!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 933 gaste aanlyn