NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is nooit ’n regte of verkeerde tyd om die waarheid te spreek nie; dis altyd nou!

LAAT STAAN EN WEET DAT EK GOD IS...

OUJAARSBOODSKAP

Ds Andrè van den Berg

"Wat die nuwe jaar vir ons inhou, weet ons nie.  Al sal ons God se weë in hierdie jaar nie verstaan nie, moet ons aanhou glo..."

Baie mense weet nie dat Moses ook ʼn Psalm geskryf het nie - Ps.90.  In hierdie oudste van al die Psalms betreur Moses die kortstondigheid van die lewe.   In vers 9 skryf hy: “ ... ons bring ons jare deur soos ʼn gedagte”. Hoe waar is dit nie!    Die grootste probleem met die lewe is dat daar soveel mooi dinge is om te doen, maar so min tyd.

Elke jaar loop vinniger as die vorige, veral as jy ouer word.  In hierdie opsig laat die lewe ʼn mens baie aan ʼn rolletjie papier dink – hoe nader aan die einde, hoe vinniger loop dit.   God gee die lewe eenmalig aan ons.   Ons glo nie soos die Hindoes aan reïnkarnasie nie.  Nee, ons leef net een maal.  Gevolglik is die lewe  soos ʼn valskermsprong, jy moet dit die eerste keer regkry.   Daar is nie ʼn tweede kans nie.

Vir sommige was 2018 ʼn goeie jaar; vir ander alles behalwe goed.

 Sommige wou soos die profeet Elia onder ʼn besembos gaan lê en sterf.   Tog het ons met God se genade deur hierdie jaar gekom omdat God sy kinders help.  Luister wat sê Jesus vir Petrus: “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie” (Luk.22:31,32).   Jesus tree vir gelowiges by God in.

Ons sal nie anders as deur die geloof in Christus in krisisse staande bly nie.   Sonder geloof kan niemand God behaag nie en hierdie geloof is ʼn gawe van God waarvoor ons Hom moet bid.   Dit bepaal uiteraard waar ons die ewigheid gaan deurbring – hemel of hel.   Anders gestel: Die lewe gee jou die kans om jou siel vir die ewigheid voor te berei.

Dit maak nie saak hoe lank ons op die aarde gaan leef nie, ons moet ons vir iets baie groter as ʼn aardse bestaan voorberei.   Die lewe is slegs ʼn proeflopie.  Hoe ons dit leef, bepaal ons ewige verblyfplek.   Gevolglik is die aardse nie iets waaraan jy soos ʼn drenkeling aan ʼn reddingsboei moet vaskleef nie.   Daar wag vir hom wat Christus as Verlosser leer ken het iets wonderliker!

God leer sy kinders om in hul krisisuur aan Hom vas te hou.  As dit met hul aardse lewe goed gaan, dank hulle God daarvoor en as dit met hul sleg gaan, bid hulle Hom vir uitkoms of deursettingsvermoë.

God ken ons soos ons is.  Luister wat skryf koning Dawid:
Here, U deurgrond en ken.  U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagtes.... en U is met al my weë goed bekend” (Ps.139).  God weet wat die beste vir sy kinders is.  Ons toekoms lê oop en bloot voor Hom omdat Hy hoog sit en alles van bo af besigtig en bestuur.   Ons kyk plat en grondlangs; net dit wat voor ons is.  God sien baie beter omdat Hy verder sien.  Paulus skryf:
“Want nou sien ons soos ʼn spieël in ʼn raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig....” ( 1 Kor.13:12).

As die lewe ons lewensbootjie skud, het ons slegs geloof as anker.  En dis nie blinde vertroue nie, maar die saligmakende geloof in Jesus Christus.  Hierdie geloofsanker sorg dat ons lewensbootjie nie in die storms van die lewe vergaan nie en gee ons terselfdertyd geloofspiere.  Koning Dawid skryf:
“Want met U loop ek ʼn bende storm en met my God spring ek oor ʼn muur” (Ps.18:30).

Ons geloofspiere het gereelde oefening nodig.  Soos wat ʼn gespierde liggaam  bewondering afdwing, so ook geloofspiere.   Ek het al dikwels gelowiges ontmoet wat in 'n groot krisis staande gebly vir geen ander rede dat hulle geloof gehou het nie.

Daar is strenggesproke geen geheim aan ’n goeie lewe nie.  Mense moet net reg kies want as jy nie reg lewe nie, kan jy ook nie reg sterf nie.  Per slot van sake gaan dit nie oor hoe jy doodgaan nie, maar hoe jy leef!   En hierdie lewe is dikwels vol beproewings en struikelblokke.

Petrus skryf in sy eerste Sendbrief dat gelowiges bly moet wees as daar beproewings op hul lewenspad kom.  Soos wat swaar gewigte nie maklik is om in ʼn oefensaal mee te werk nie, maar goed is vir die spierbou, so is beproewinge ook goed vir die siel.   Dit maak ons geestelik sterker.

God het ʼn doel met beproewinge in gelowiges se lewe.  Wanneer ʼn violis die snare van sy instrument styf draai, doen hy dit nie om dit te breek nie, maar om die beste klank daaruit voort te bring.   Dis hoe God ook dikwels met sy kinders tewerkgaan om die beste geloofsnote uit ons te kry!

God is egter ʼn Vader wat vir sy kinders lief is en hulle ook dikwels met die goeie in die lewe pamperlang.  Ps.46:12 sê dat God goed is vir sy kinders en hulle op die lewenspad bewaar.   Soos ʼn goeie instrukteur maak Hy soms verstellings aan ons geloofspatroon deur ons met swaarder gewigte te laat oefen.  Daarom is die beste lewenslesse dié wat op die harde manier geleer word.

God weet egter ook wie swaarder gewigte kan dra en wie nie.  Hy gee sy kinders nooit ʼn kruis wat te swaar is om te dra nie.
“Hy sal sy kudde laat wei soos ʼn herder; Hy sal die lammers in sy arms vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei” (Jes.40:11).

Lewenskrisisse veredel ons geloof.   As God ʼn spesifieke doel met iemand het, slyp Hy hom vir ʼn taak.  Soms gaan so ʼn persoon, soos Job, deur diep water om sy geloof te slyp.  Hy kom egter altyd sterker uit die branding. 
Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien” (Job.42:5).  
Job het geweet dat hy in sy beproewing nooit alleen was nie.   God se belofte aan die ballinge in Babel is ook ʼn belofte aan al sy kinders:
As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nooit oorstroom nie” (Jes.43:2).

Lyding het ook Paulus se geestelike lewe veredel.  Net na sy bekering sê Christus vir Ananias in ʼn gesig:
“... hy is vir My ʼn uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel, want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly” (Hand.9:15).   Volgens oorlewering is Paulus weens sy getuienis van Christus in Rome onthoof.

In hierdie veredeling van die geloof laat God soms die Satan toe om gelowiges te teister, maar net tot op ʼn punt.   Satan wou Job baie graag doodmaak, maar God het dit nie toegelaat nie.  Hy kon hom slegs teister.

Gelowiges besef dikwels nie hoe naby God aan hulle in tye van nood is nie.   In Luk.24 loop twee diep ontroerde gelowiges terug na Emmaus.  Hulle is baie bedruk omdat hulle die kruisiging en Jesus se dood aanskou het.   Dan loop Hy skielik reg langs hulle, ja, so naby dat hulle aan Hom kan vat, maar hulle herken Hom nie.   Dis so sprekend van die mens in nood– Jesus is by hulle, maar hulle bemerk dit nie.

Ons verstaan nie altyd God se weë met ons nie omdat sy weë nie ons weë is nie:  Salomo gebruik twee voorbeelde om dit te verduidelik:
Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van ʼn swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie” (Pred.11:5).

Wat 2019 vir ons inhou, weet ons nie.  Al sal ons God se weë in hierdie jaar nie verstaan nie, moet ons aanhou glo want ons kyk plat - soos ʼn spieël in ʼn raaisel.   Maar daar sal ʼn dag kom wanneer God ons sal optel om alles te sien en te verstaan – dis ʼn belofte.   Wat staan ons intussen te doen?  “Laat staan en weet dat Ek God is ...”

Amen

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1263 gaste aanlyn