NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"...my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees. Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense." – Prediker 12:12-13

DIE VERAGTING VIR EIE RAS...

...ETNOMASOCHISME

Ds. A.E van den Berg

Inleiding

Etnomasochisme is ʼn betreklik nuwe begrip wat in die 20ste eeu ideologiese vorm verkry het toe sekere vrysinnige blankes hul eie ras begin verag en nie-blanke rasse begin ophemel het. Dit wat as ʼn klein stroompie op die politieke akker begin het, is tans ʼn sterk stroom wat blankes toenemend met skuldgevoelens besoedel. Omstrede kerklui, akademici en opvoedkundiges verdrink in die proses om vir swartes ʼn anker te wees.

Etnomasochisme is egter nie tot Suid-Afrika beperk nie maar neem ook ernstig in die VSA toe. Sekere blanke komediante maak gereeld haatlike grappe oor rasgenote en musikante skryf haatlirieke teen hulle. Dis alles aan ʼn vrees vir moontlike swart vergelding te wyte. Hulle wil die beeld skep dat hulle baie anders as die gemiddelde blanke is en pleeg in der waarheid selfbeeldmoord.

1.   Selfverwyt

Etnomasochiste wil blankes laat glo dat hulle ʼn onverdiende bevoorregte posisie beklee en baie skuldig moet voel. Hierdie skuldgevoelens moet hulle gewillig maak om met swartes te versoen, swart politici se bedenklike optredes oor die hoof te sien en roofwetgewing as boetedoening aanvaar.

Hulle glo dat blankes verdien om slagoffers van swart onreg te wees en moet hul dus van enige kritiek teen onbevoegde swart regering weerhou. Hulle het dit kwansuis oor hulself gebring en moet eerder die oorblyfsels van onregte van die verlede (apartheid) opspoor en uitroei.

2.   Denkfoute

Etnomasochiste maak kritieke denkfoute en weet niks van dit wat die sielkunde oor skuldgevoelens leer nie. Laasgenoemde verlam ʼn mens se psigiese energie en knou sy selfrespek wat tot swakker werksvermoë lei. Daarbenewens lei skuldgevoelens tot selfhaat en belemmer die normale verhoudingsverkeer met ander rasse. Dit vergroot ook die kans om foute te herhaal.

Skuldgevoelens laat mense gedurig in die verlede vasval. Sulke mense probeer tevergeef om in trurat vorentoe te beur. Dit veroorsaak neerslagtigheid, angs, waardeloosheid, magteloosheid, mislukking en minderwaardigheid. Sulke dinge maak mense passief omdat hulle altyd bang is om ʼn fout te maak.

Etnomasochiste hou nie met die gevolge van hul ideologie rekening nie. Hulle volstaan met die dwaasheid dat indien daar nie apartheid was nie, blankes en swartes op gelyke voet met mekaar sou wees. Sportspanne sou oorwegend swart wees en puik presteer. Swartes sou ook suksesvolle landbouers wees en landboukorporasies uitmuntend bestuur. Daar sou weinig ongelykhede wees en ʼn byna volmaakte onderlinge broederskap aan die suidpunt van Afrika heers.

Dis alles wensdenkery. Etnomasochiste se gebrek aan kennis van vergelykende internasionale geskiedkundige studies is betreurenswaardig. Hulle kyk slegs na Suid-Afrika en nie verder nie. Van al die ander Afrikalande wat nie apartheid gehad het nie en waar ongelykhede baie groter is, word geen kennis geneem nie.   Om so selektief te werk te gaan en alternatiewe te minag is naïef en baie dwaas!

Indien Suid-Afrika nie apartheid gehad het nie, sou klasverskille tussen blankes en swartes vandag nie veel anders daar uitgesien het nie. Hierdie verskille het reeds lank voor 1652 bestaan. As apartheid boos was, waarom is Suid-Afrika vandag die mees ontwikkelde land in Afrika? Is dit weens of ten spyte van apartheid?

Om blankes se prestasies aan bevoorregting toe te skryf is kwaadwillig. Hul voortreflikheid is oral ter wêreld aan die vlak en vrug van hul beskawing, verstandelike vaardighede en skeppingsvermoë toe te skryf. Om swart ellende voor die deur van blankes te lê, is belaglik!

Die kernfout wat etnomasochiste maak, is dat hulle oneerlik teenoor hul eie hart is en die faktore wat vir swart ellende verantwoordelik is, bewustelik minag. Oorbevolking, ʼn verknogtheid aan die heidendom en sedelose lewenswyses is enkeles daarvan. Swartes pootjie hulself. Om blankes die skuld vir swartes se ellende te gee, is ʼn verbreking van die negende gebod!

3.   Verwronge geregtigheid

Desondanks bly etnomasochiste glo dat blankes swartes bewustelik te na gekom het en dat swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en grondonteiening sonder vergoeding al manier is om hierdie onreg reg te stel – boetedoening.

Oral waar wetteloses se regte hoog aangeskryf word, heers daar onreg soos in Suid-Afrika waar swart bemagtiging ʼn rookskerm vir rassehaat is. Booswigte skuil graag agter die masker van gewaande onreg terwyl dwase geregtigheid by onregsdienaars soek.

Om van blankes te verwag om hul hardverdiende welvaart aan swartes af te staan, is ʼn resep vir rassehaat.  Dit kelder alle versoeningsmoontlikhede aan die suidpunt van Afrika waar rasseversoening net eenrigtingverkeer is. Blankes moet glo met swartes versoen en nie anders om nie. Swartes het glo niks verkeerd gedoen nie. Etnomasochiste kyk met ʼn arendsoog na blankes se foute, maar met dié van ʼn mol wanneer dit by swartes kom!

Swartes word altyd as die slagoffers van rassehaat, onderdrukking en uitbuiting gesien sonder om ʼn woord te rep oor diegene wat miljarde rand sonder enige noemenswaardige bydrae van hul kant af op ʼn skinkbord ontvang het. En as blankes die voorregte waarvoor hard gewerk is nie met luiaards wil deel nie, word hulle maklik in die modderpoel van onregskepping versmoor.

Roof slaan die groot tamboer in Suid-Afrika. Dit word selfs gewettig. Want wat is regstellende aksie anders as gewettigde roof? Dis saam met swart ekonomiese bemagtiging twee van die mees blatante voorbeelde van gewettigde roof in ons ganse geskiedenis, iets waarvoor blankes self te blameer is. Die Boerevolk is die enigste volk ter wêreld wat sy politieke mag onder die voorwendsel van geregtigheid vir almal prysgegee het!

4.   Kerke

Etnomasochisme verdien die veragting wat dit toekom. Veral in hoofstroomkerke. Sommige leraars laat lidmate glo dat hulle nie op die voorregte wat hulle in die verlede geniet het geregtig is nie. Hulle word vanaf kansels aangespoor om hul verlede te versmaai en skuldige gewetens as boetedoening te kweek. Daar is genoeg leraars om hulle daarmee te help – mense met die stem van Jakob, maar die hande van Esau.

Wie sy kudde in die drukgang van misplaaste berou druk, is nie met die saak van die Here besig nie. Sulke berou is nie uit die Gees van God nie, maar van die bose. Gevolglik is daar min mense gevaarliker as diegene met teologiese kennis maar 'n misplaaste hart!  

5.   Wat sê die Bybel?

Die Bybel praat anders as etnomasochiste oor skuldgevoelens. Gelowiges neem nooit wraak op hulself nie.   Jesus het juis gekom om mense van valse skuldgevoelens en negatiewe emosies te bevry en wil hê dat hulle hul verlede moet los. Paulus skryf dat gelowiges hul moet losmaak van dinge wat agter hul is en na dinge wat voorlê moet streef.

Die Woord van God is gelowiges se gids deur die mynveld van onreg. Wie deur die Heilige Gees gelei word om berou oor onreg te bely, moet dit in sy binnekamer doen:

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde” (Mt.6:6).

Slot

Etnomasochisme hou nêrens vir altyd stand nie. Dit werk vir ’n wyle waarna dit weens ’n gebrek aan ʼn fondament onder sy eie gewig meegee. Dit kan selfs gevaarlik wees.   Wie monsters beveg, moet waak om nie self een te word nie.

Etnomasochiste het in die kokon waarin hul hulself toegespin het verstrengel geraak. Die gevolg is dat hulle gedurig windmeulens bestorm en al wat spook is opjaag. Hulle maak hulself deur hul eie testament van kant. Net ʼn dom bees geniet die rit op pad slagpale toe!

Gelowiges voel dikwels magteloos teen die onreg van die plaaslike heidendom. Dit mag hulle nooit laat ophou om daarteen te stry nie. Mense durf nie op die ashoop van valse skuldgevoelens gaan sit nie. Die lewe sal kwyn as gelowiges oor onreg swyg.   Die Boerevolk moet hul summier aan die suigkrag van etnomasochisme onttrek. Verloopte kerke behoort bo-aan die lys te wees.

Die onreg wat baie van ons volksgenote weens swart onreg ly, gryp ʼn mens aan die hart. Dit behoort ons sterker teen die heersende onregswette te laat optree. Baie volksgenote benodig ʼn helpende hand. Al die ander rasse geniet meer as genoeg onregverdige voordele!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1063 gaste aanlyn