NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet jy wat ware geloofsvertroue beteken? Om God alreeds vir verlossing te dank voordat die noodsituasie in jou lewe verby is, is ware geloofsvertroue!

ONS STAAN VOOR ‘N MOEILIKE TYD

Ds Andrè van den Berg

Jesus waarsku in Mt.24 dat daar baie valse profete gaan kom en soveel mense mislei, dat as God die dae wat oploop na die wederkoms nie verkort het nie, niemand gered sou word nie.  

En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.  Want daar sal baie valse christusse en valse profete wees en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Mt.24:24).

“En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” - Mt.24:11

Sekere tekens moet egter eers in vervulling gaan voordat Jesus op die wolke terugkeer.   Een daarvan is ’n wêreldwye godsdiensherlewing waarvan Jesus in die teksvers melding maak; ’n gebeure wat miljoene mense gaan begeester.

In die verlede was godsdiensherlewing altyd goed, maar nie die laaste een nie.  Hierdie een sal mense nie na Jesus lei nie, maar van Hom vervreem.   Dis Satan se laaste misleiding voor die oordeelsdag.   Gevolglik staan hierdie herlewing nie in die teken van die waarheid nie, maar van die leuen.

Miljoene mense sal valse profete met valse evangelies aanhang en glo dat hulle die saak van God dien.    Dit wat in die tuin van Eden gebeur het, gaan herhaal word - mense gaan die leuen vir die waarheid aansien.   Dis immers een en dieselfde misleier - Satan.   Soos hy begin het, sal hy afsluit.   Die gevolg hiervan is die grootste kerklike verval in menseheugenis; erger as die Middeleeue!

En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” (Mt.24:3).  

Ons vra dieselfde vraag: Wanneer sal hierdie afval wat Jesus se wederkoms voorafgaan, gebeur?   Dit gebeur alreeds!

Kerke versink toenemend in die afval waarvan Jesus en die apostels melding maak.   Oppervlakkigheid het die vloek van ons tyd geword en die drang na onmiddellike bevrediging ‘n onversadigbare versugting in die meeste kerke.

Ons staan voor die deur van ’n moeilike tyd.  Mense sien die leuen vir die waarheid aan en verlaat die suiwer leer van God se Woord vir leuens.  Jesus waarsku en sê dat valse voorstellings van die Christendom aan die orde van die dag sal wees.  Vir oningeligtes sal dit soos geestelike oplewing lyk en baie mense opgewonde maak.  Maar dit is nie; dis alles sataniese oëverblindery!

Miljoene mense, ook volksgenote, is met Satan’s dinge besig - duiwelskuns, sterrewiggelary, heksery, spiritisme, Satanisme ens.   Hoe gewild is die Harry Potter-reeks nie!   Meer as 325 miljoen kopieë van die Harry Potter boeke is al in 64 tale verkoop!    Dit bevorder heksery en kinders is die teikengroep.   Die skryfster is ’n selferkende Satanis wat ook die Play Station-speletjie Cast a Spell die lewe laat sien het.  Dit leer kinders om te toor!

Kerklike verval is egter die hartseerste van alles omdat ’n mens dit nie daar verwag nie.  Dit begin altyd met ’n weersin in die waarheid:

 “Maar die Gees sê uitdruklik dat daar in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang” (1 Tim.4:1).   

Wie ’n weersin in die waarheid het, gaan onverskillig met die Bybel om.  Dit lei tot afvalligheid.

”...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in die gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4).

As valse profete hul verskyning maak, moet gelowiges weet dat die koms van die Antichris baie naby is.   Mense gaan  glo dat hy God is: 

“...die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:4).    

Soos Christus voorgangers gehad het, het die Antichris ook syne – valse profete.

Wat laat mense wat die reguit pad gestap het afvallig word?   Vier dinge:  Ongeloof, onverskilligheid, vrees en vleeslikheid.

  1. Ongeloof

Afvalligheid is eerstens aan ongeloof te wyte.   Baie kerke aanvaar nie die absolute gesag van die Bybel nie en praat gruwels soos homoseksualisme en saamblyery goed.   Die Bybel is egter baie duidelik hieroor – OT en NT.

Hoeveel leraars preek nog oor sonde, berou en bekering?   Die meeste preek eerder oor verdraagsaamheid jeens sonde!   Daar is niks wat die Christendom so van krag ontneem soos verdraagsaamheid jeens sonde nie!   Dit maak die geloof kragteloos, aanbidding sinloos en evangelisasie onmoontlik.

In sy omstrede boek The Da Vinci Code skryf Dan Brown dat omtrent alles wat ons voorgeslagte ons van Christus geleer het verkeerd is.   Hy beskryf Christus as die man van Maria Magdalena en gevolglik Iemand wat ook sonde gehad het.   En mense verslind sy boek; 60 miljoen kopieë is al verkoop.  Ongeloof is die voorportaal van afvalligheid.

2.       Onverskilligheid

Afvalligheid is tweedens ook aan onverskilligheid te wyte.  Teologie is die verantwoordelikste wetenskap omdat dit mense se siele raak.   Wie onverskillig daarmee te werk gaan, kweek afvalligheid; presies wat in ons eie land gebeur!   Die New Age-filosofie het die kerklike geledere so bedwelm dat teologiese opleidingskole al hoe minder Bybelse standpunte huldig.   Afvallige dosente kweek afvallige leraars en afvallige leraars verwarde gemeentelede:   

So sê die Here HERE:  Kyk, Ek het dit teen die herders!  En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie” (Eseg.34:10).

Kerke lyk te veel na die wêreld omdat dit op vermaak ingestel is.   Let op die aansprake op wonders en tekens waarmee miljoene mense in charismatiese kerke geflous word.    Nee, kerke is nie daar om mense te vermaak nie, maar vir hul ewige reis te help voorberei.   Daarom beteken die kerk die meeste vir die wêreld as dit die minste daarna lyk.

Nie Christus of ’n apostel het die kerk ooit beveel om almal onder een dak saam te bondel om die Satan se reënboognasie-konsep ook in kerklike geledere neerslag te laat vind nie.   Jesus Self praat van kerklike verskeidenheid:

 “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie.  Ek moet hulle ook lei….en dit sal wees een kudde, een herder” (Joh.10:16).     

Verskillende skape, verskillende stalle, geestelik een in Jesus.   Dit is die Bybelse weg!   Onverskilligheid lei tot afvalligheid.

3.       Vrees

Afvalligheid is derdens ook aan vrees te wyte.  Mense is bang vir die toekoms.   Hulle het geen saligmakende geloof in die Here Jesus of grondige kennis van die Bybel nie.  Hulle glo wat mense vir hulle sê – alles tweedehandse inligting.   Daarom is selfhelp-boeke so gewild.   Boekwinkels is vol boeke met alle denkbare wysheid onder die son!   Vrees laat mense antwoorde op plekke soek waar die leuen seëvier.   Ja, vrees lei tot afvalligheid.

4.       Vleeslikheid

Afvalligheid is laastens ook aan vleeslikheid te wyte.  Mense is so op stoflike dinge ingestel, dat hulle nie oor hul sieleheil of die wederkoms van Christus dink nie.  Dit versteur hul plesier en vrede.   Hulle word deur welsprekende leraars, pastore, evangeliste, projekte, tekens, wonders en genesings betower,  Dis alles vermaak.   Baie van hulle is poppespel-karakters in kerklike gewaad en niks anders as duiwels met maskers nie!   Daarom is baie van ons volksgenote na aan die kerk, maar ver van die Here!

Die Christendom het verbruikersvriendelik en die kerk te wêrelds geword.   Alhoewel die kerk haar nie van die wêreld mag onttrek nie, mag sy nie daarin verdwyn nie.  Ongelukkig het baie kerke die wêreld omhels en van al die oppervlakkige vermaak wat daarmee saamgaan, hol geword.  Kerke lyk soos die wêreld, maak soos die wêreld, praat soos die wêreld en verval soos die wêreld!

Satan het baie handlangers wat voorgee om werkers van geregtigheid te wees en lig en lewe te bring.   In werklikheid is hulle dissipels van die duisternis wat die dood in kerklike murg plant.   En waar die dood eers in die kerklike murg beland het, bly daar spoedig net ʼn leë dop oor.

Kerke spits hulle te veel op menslike behoeftes en te min op geestelike behoeftes toe.  Solank as wat hulle mense goed laat voel en die nodige fondse vind om die kerk se finansiële verpligtinge na te kom.   Nee, die kerk is nie ʼn klub waar mense goed oor hulself kan voel nie, maar ʼn gemeenskap van sondaars wat vergifnis van Jesus Christus ontvang het.

Ons Boerevolk het geen behoefte aan oppervlakkige, kerklike vermaak nie, maar aan grondige geestelike leiding en diepgaande Woordstudie.   Ongelukkig is daar min kerke wat dit bied.   Die meeste het in ’n verbruikersgeoriënteerde kultuur vasgeval.  Die gevolg is dat hulle die skulp behou, maar die pêrel verloor!  

Bewapen jou hierdie jaar met die waarheid van God se Woord.  Dis al hoe jy die vurige pyle van die Satan kan afweer.   Die groot verdrukking is op ons drumpel.   Gelowiges word gesif.   Die stroom van misleiding is bitter sterk.  Staan vas!

“Vrees vir niks wat jy sal ly nie….Wees getrou tot die dood toe en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 979 gaste aanlyn