NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mens kan gawes van God voluit gebruik of verkwis – tyd is een van die kosbaarste gawes waaroor ons beskik. Gebruik dit reg, benut elke oomblik voluit, dit loop soos sand in 'n uurglas uit.

SATAN EN SY AGENTE

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg

2 Thess.2:9,10 Mt.7:13-23; 24:24-26;

Waarom stroom mense na towenaars en opwekkingspredikers?  Omdat hulle honger is.   Ongelukkig soek die meeste mense op die verkeerde plekke na geestelike voedsel!   Geestelike honger word net gestil as jy met die brood van die lewe in aanraking kom – Jesus Christus.   As Jesus in jou leef, is jou honger iets van die verlede. 

Johannes waarsku gelowiges in Openb.20:8 dat die Satan net voor die wederkoms van Christus losgelaat gaan word “…om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is…” Hierdie misleiding sal wêreldwyd wees.  Sodra dit gebeur, moet ons weet dat Jesus op pad is.  Hierdie naderende wederkomsteken gaan tans in vervulling!

Mense word deur agente van die Satan oorreed om die leuen vir die waarheid aan te sien.  Dieselfde het in die tuin van Eden gebeur - Satan het Eva oorreed om die verbode vrug vir iets goed aan te sien.   Luister wat sê Jesus van die Satan: “…. Hy was ’n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie…omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan” (Joh.8:44).  Satan is die bron van leuens en misleiding die gevolg van leuens.

Satan werk egter nie alleen nie, maar het miljoene handlangers; ook in kerke en op kansels.   Weens die gebrek aan grondige Skrif-kennis besef die meeste van hulle nie waarmee hulle besig is nie.  Jesus sê vir die kerklui: “….Julle dwaal omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29).  En dis ’n groot probleem – ’n tekort aan Skrif-kennis.  Dis wat mense laat dwaal en prooi van die Satan word!

Soos wat Jesus nader kom, word die misleiers al hoe meer.  Nie net in Amerika of Europa nie, maar ook in Afrika waar towenaars agter ’n kruis skuil en mense met tekens en wonders van Jesus weglei.   Die Nigeriese profeet TB Josua is ’n sprekende voorbeeld hiervan, ’n wêreldbekende towenaar met derduisende aanhangers wat die geeste nie kan onderskei nie.

Ek gebruik hom as voorbeeld omdat sy werksaamhede in hoofsaak met alle misleiers ooreenstem.   Wat ’n mens by die een vind, vind jy ook by die ander omdat hulle ’n gemeenskaplike vader het – die Satan!

TB Joshua se kerk staan as die Sinagoge Kerk van Alle Nasies bekend en het ’n lidmaat tal van vêr oor 100 000 lidmate.   Die woord sinagoge is uitsluitlik ’n Joodse woord wat die heilige samekoms van Israel aangedui het.    Dis vandag eie aan Judaïsme en derhalwe ongeloof.   TB Joshua word deur sy volgelinge die man in die sinagoge genoem. Hoe dit met die Christendom verbind word, bly ’n raaisel!

TB Joshua beroem hom daarop dat hy wonderwerke doen en water kan heilig waarna dit in die bloed van Christus verander.   Hy het dan ook ’n groot watertenk met verskeie krane op sy kerkterrein waar mense hulle kan was nadat hy sy toorkuns uitgevoer het.   Dis weersinswekkend om daaraan te dink hoe die oorwinnaarsdood van Jesus in ’n belaglike, bygelowige ritueel omgekeer word!   Geen priester of profeet kan water of wyn, soos die Roomse glo, in die bloed van Christus verander nie.   Dis toordery!

Mense wat van TB Joshua se dienste bygewoon het, het al gesien hoe mense, nadat hulle van die water gebruik het, stuiptrekkend op die grond neerval en braak; alles binne-in die kerk!   Hierdie water het sataniese pyn en veroorsaak; allermins nie geestelike vryheid nie!

Satan en sy agente haat die waarheid en bevorder die leuen.  In TB Joshua se kerk is daar verskeie muurskilderye.   Een daarvan is ’n voorstelling van Jesus wat aan ’n paal vasgemaak en deur kinders met swepe geslaan word.   Die onderskrif lui:  ”Deur Jesus se wonde daar vir ons genesing gekom”. Hierdie voorstelling is on-Bybels!   Dis nie sy geseling wat vir ons geestelike genesing gebring het nie, maar sy dood aan die kruis.   Daarbenewens is Hy nie deur kinders gegesel nie, maar deur wrede Romeinse soldate!

In Nigerië is miljoene Moslems, en moord daar op Christene is aan die orde van die dag.   Desondanks is daar in TB Joshua se kerk ’n groot opskrif in Engels sowel as Arabies:  “Daar is geen ander god as Allah nie” en met aanhaling uit die Koran toegelig.   Wie iets van Islam weet, weet wat dit beteken - Moslems ontken dat God ’n Seun het!   Stem TB Joshua dan met hulle saam?   Dis ’n flagrante ontkenning van die Christelike boodskap dat God sy Seun gestuur het om vir ons sonde te sterf.   Let op wat hier gebeur - Satan se agente probeer vrede tussen ware en valse godsdiens maak.  Hulle middel-van-die-pad strategie loop altyd op ’n aftakeling en verwatering van die Evangelie uit.

“Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is?   Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.  Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie” (1 Joh.2:22,23).

“As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.   Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke” (2 Joh.10,11).

In Hand.8:9 sê Lukas van Simon die towenaar dat hy die Samaritane verbyster het en in vers 10:  “En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God”.   TB Josua verskil geensins van hom nie!

Towenaars is meesters in hipnose.  Hulle hipnotiseer hul volgelinge en bring siekes onder valse indrukke dat hulle genees is, sonder dat genesing plaasgevind het.   Dis bedrog!   By geleentheid spreek Paulus ’n sekere towenaar Elimas, wat die werk van die Here teengestaan het, baie sterk aan: “Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?” (Hand.13:10).

In TB Joshua se kerk is daar nie Bybels nie, maar wel baie video’s oor sy  genesings wat deurlopend op ’n horde van skerms vertoon word.   Baie daarvan is bedrieglik; video’s waarmee duidelik gepeuter is; mense wat vir genesing kom, maar ooglopend van diegene wat genesing ontvang, verskil!

Towenaars in kerklike gewaad glo dat mense tot bekering sal kom nadat hulle wonders aanskou het.   Dis on-Skriftuurlik!   Die meeste gelowiges het tot bekering gekom sonder om enige wonderwerk te aanskou.   Towenaars genees sonder ’n Evangelieboodskap en vertel dan vir mense dat hul siele terselfdertyd gered is.  Jesus het nooit geleer dat siele deur wonderwerke gered word nie.

Towenaars se manier van genesing strook nie met die Bybelse manier nie.  Dit laat ’n mens eerder aan voodoo dink!    Becky Kiser, ’n Amerikaanse berader wat met mense wat met die okkulte deurmekaar geraak het, werk, het ’n paar jaar gelede die opset in Nigerië gaan bekyk en daarna gesê:  “Ek wens geen mens dieselfde ervaring toe as wat ek gehad het nie, veral nie om so bedrieg te word nie!” Sy skryf dat sy in TB Joshua se kerk ’n baie sterk krag soos nog nooit tevore aangevoel het nie en dat dit beslis nie van die Heilige Gees was nie.  Die gemeentelede was almal in ’n beswyming (zombies).   Dis massa-hipnose!

Baie van die moderne towenaars kom uit Charismatiese kerke, misleiers wat op mense se goedgelowigheid teer en sê dat hulle in die naam van Jesus genees.   Jesus waarsku baie duidelik:  “Baie sal in daardie dag vir My sê Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie.  Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk” (Mt.7:22, 23).

Towenaars flous baie mense met wondertekens, veral as hulle dit met Bybelverse versier.  Sommige, soos TB Joshua,  glo dat hulle met hierdie genesings- en wondergawes gebore is.   Die Bybel leer ons nie dat enige geestesgawes ooit by geboorte gegee is nie.   Die apostels het dit eers later ontvang.

Mense wat reken dat hulle bonatuurlike kragte ontvang het, verkeer op bitter dun ys.   Dit kom baie in Spiritisme voor en was beslis nie die manier waarop Jesus en die apostels siekes genees het nie.   Geen mens het verborge geesteskragte nie.   Dis towery!

Towenaars haat enige vorm van teenstand.   Diegene wat hulle teenstaan, word summier veroordeel.  Geen leraar mag mense manipuleer om sy optrede nie te bevraagteken nie.    Gelowiges mag nie swyg as leuens verkondig word nie.   Dwaalleraars moet aan die kaak gestel word.

Towenaars is altyd hoogmoedig en spog graag met dinge wat hulle kan doen en ander nie.   Hoe verskil hulle nie van gelowiges nie!   Is die vrug van die Gees dan nie juis nederigheid nie?   Nie een van die apostels het ooit gespog oor die wonders wat hulle gedoen het nie.  Toe Elia die Baäl-profete op die berg Karmel uitgedaag het, het dit nie om sy eer gegaan nie, maar God s’n.

Desondanks die getygolf van misleiding wat die mensdom tref, stroom miljoene mense oor die wêreld heen na towenaars in kerklike wat met hul tekens en wonders jaarliks biljoene verdien.  Wat trek sulke mense na hierdie misleiers?  Beslis nie God nie!

In 2 Kor.11:14 waarsku Paulus die gelowiges dat die Satan homself in ’n engel van die lig verander.  Hulle kan misleiding verwag.  Baie van die towenaars is ekstroverte en welsprekend.  Daarbenewens haal hulle tekste van Genesis tot Openbaring aan om mense te beïndruk.  Hulle maak maar net soos wat die Satan gemaak het toe hy Eva mislei het - hy het ook God aangehaal!

Dwaalleraars verkondig verkeerdelik dat alle siekte uit die Satan is.  As hulle dus genesings doen, werk hulle hom teen.   Dis waar dat Satan baie siektes kan veroorsaak.  God gebruik egter ook siekte as ’n tugmiddel en beproewing om gelowiges se geloof mee te versterk.   Daarbenewens sê die Woord van God dat die loon van die sonde die dood is.   Siekte lei dan ook daartoe.

Wie op verkeerde plekke na geestelike kos soek, word maklik mislei om te glo dat dit lig in sy lewe is, terwyl dit in werklikheid pikdonker is!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1087 gaste aanlyn