NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Spreuke 29:21: "As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar" – en het ons dit nie in die Nuwe Suid-Afrika gesien nie!

HOU VAS WAT JY HET

HOU VAS WAT JY HET

Ds AE vd Berg

“Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom” (Openb.2:25)                              

Vyf eeue voor die geboorte van Christus het die Perse die Babiloniërs verslaan en die nuwe wêreldheersers geword.   Baie van die Babiloniese priesters het na Pergamus gevlug om hul afgodery daar voort te sit. Soos wat Jerusalem God se setel op die aarde was, het Pergamus dié van Satan geword. Hierdie priesters het ongekende mag oor hul onderdane verkry. Pergamus was ʼn Satans-hool met die stank van afgodsoffers in elke afgodstempel en op straat: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is...”(Openb.2:13).

Toe die Romeinse ryk begin kwyn en hul reënboognasie-onderdane opstandig raak, het die keiser die afgodspriesters in Pergamus gaan besoek om by hulle te leer hoe om mense te beheer.   Hierdie priesters het iets met mense reggekry wat die keiser nie kon nie. Pergamus was ʼn provinsie van die Romeinse ryk.  

Die keiser het geglo dat dit wat in godsdiens werk, ook in die politiek kon werk. Politiek kan met godsdiens beheer word. Dis hoe die Roomse Kerk ontstaan het; ʼn karikatuur van die ware kerk wat vir meer as 1,200 jaar mag oor die mensdom gevoer en miljoene andersdenkendes laat folter en vermoor het.

Thiatire wat naby aan Pergamus was, het ook in die spervuur van Satan beland.   Dit was ’n sterk gemeente wat ongelukkig meer op getalle as op gehalte ingestel was.   Desondanks begin God met ’n aanprysing: “Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof….” (:19). Hy kla hulle egter aan dat hulle dwaalleer geduld het: “Maar Ek het enkele dinge teen jou, dat jy die vrou Isebel, wat haarself ’n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei…” (:20).

Dié Isebel was nie ’n werklike vrou nie, maar die simbool van die bose invloed wat dwaalleer op die gemeente gehad het.   Dit herinner aan die bose Isebel wat haar man, koning Agab, die Baal-godsdiens in Israel laat wettig het, ’n tempel vir Baal in Jerusalem opgerig en priesters uit die staatskas besoldig het.  

Agab se huwelik met hierdie heiden was doodsake vir Israel. Die Hollanders sê: “Twee geloven op een kussing, daar slaap de duiwel tussen!”   En hoe was Satan nie tuis op die koning se bed nie! Baie Israeliete was gegrief maar te bang om te praat. Isebel kon hulle laat doodmaak het – godsdiens tirannie!

Isebel het geweet dat Israel se godsdiens nie sonder meer met afgode bestorm kon word nie. Sy het ’n ander taktiek gebruik om hul geesteswaardes af te breek – sy het die kerk met heiden-elemente begin besoedel. En dit het gewerk.

Dit wat destyds in Israel gebeur het, het later ook in Thiatire kop uitgesteek; die kerk is met heidendom besoedel. Mense het met die “dieptes van die Satan” (:24) kennis gemaak. Met dwaalleer spot die Satan met God en die waarheid.   “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie…” (Gal.6:7).

Dwaalleer het in Thiatire vastrapplek gevind toe die kerkleiers van destyds die kerk vir heidene meer aanvaarbaar probeer maak het. Kerk en wêreld moes mekaar op eie terrein ontmoet om mekaar beter te verstaan. En so het die gemeente uit haar nate gebars en die kerk byderwets en gewild geword het.  

Hierdie blink muntstuk het egter ʼn dowwe keersy gehad. Toe die heining opgelig is, het klein jakkalse binnegestroom, die wingerd verniel en God se heilige akker onteer.   Thiatire was nie soos haar beginselvaste buurgemeente Smirna wat nie van haar beproefde geestelike waardes afgewyk het nie.    

Christus praat baie hard met die gemeente en noem enige gemeenskap tussen kerk en wêreld hoerery: “En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer en sy het haar nie bekeer nie” (:21).   Die kerk is die bruid van Christus en moet haar derhalwe van alle onheilige gemeenskap onthou!

Thiatire het as kerk misluk. Die kerk het nie die wêreld geheilig nie, maar die wêreld toegelaat om haar te besoedel.   Die kerk is geroep om vir Christus afgesonder te wees. Sodra sy haar beginsels vir nouer samewerking met die wêreld laat vaar, beland sy in die spoelsloot van die lewe. Dan voer die god-vyandige wêreld haar net waarheen dit wil. Dit wat destyds in Thiatire gebeur het, het ook aan die suidpunt van Afrika met talle hoofstroomkerke gebeur!

Christus laat vaar egter nie die werk van sy hande nie. As dit lyk asof die kerk tot niet gaan, voorsien Hy gelowiges wat vasstaan: “Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom”.   Waaraan moes hulle vashou?   Aan die waarheid. Dis per slot van rekening waaroor alles gaan. Gelowiges is in ’n stryd met die leuen gewikkel.   Baie mense weet wat die waarheid is, maar is nie lief daarvoor nie; die leuen is baie lekkerder!  

Wie die waarheid praat, is nooit gewild nie en ervaar sterk teenstand want in tye van misleiding is die verkondiging van die waarheid ʼn rewolusionêre daad: “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.   Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly” (Efes.6:10-13).

Om die waarheid te praat, kan lewensgevaarlik wees, maar mag nie nagelaat word nie. Vir gelowiges durf die stryd om die waarheid nooit te veel word nie want niks onderskei gelowiges soos ’n liefde vir die waarheid nie.  

Gelowiges het die opdrag om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees.   Geen kerk mag haar in ’n tipe van kloosterlewe van die wêreld onttrek nie. Sy moet egter voortdurend waak dat sy nie in die wêreld verdwyn nie!   Die kerk van Christus beteken die meeste vir die wêreld as dit die minste daarna lyk. Ongelukkig het kerke die wêreld omhels i.p.v. die dwaasheid daarvan aan die lig te bring.   Daarom woed afvalligheid orkaansterkte in baie kerke.

Dis hartseer om te sien hoe oppervlakkig die kerklike lewe geword het.   Ja, die kerklike wêreld het hol geword van al die oppervlakkige vermaak. Kerke wat ʼn denkwyse in pas met die wêreldmening huldig, bars vandag uit hul nate. En dit gaan alles oor leuens wat verkondig en geglo word!    

Gelowiges sal baie sterker vir die waarheid moet stry en die Bybel beter moet leer ken. As ons nie by mekaar gaan staan en die waarheid verdedig nie, kan God sy guns van ons onttrek en ons lig afskakel. Hoor wat sê Hy vir Efese: “Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie” (Openb.2:5).

Baie kerke sit vandag sonder krag. Hulle ligte werk nie meer nie. En dis nie die weens beurtkrag nie maar teologiese onverskilligheid – hulle het die hoofskakelaar self afgesit – baie lekkerder in die donker!  

Ons kerk se leuse is: LIG IN DUISTERNIS. Hierdie lig kan net brand as ons die duisternis uit ons kerk hou.   En dis net moontlik as ons liefde vir God en die waarheid nommer een is en bly totdat Jesus weer kom. Jesus se raad aan Thiatire is ook vir ons: “Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 982 gaste aanlyn