NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bid sonder ophou, bid weer en weer - Hy sal op sy tyd aandui dat sy ore nie vir ons gebede doof was nie, hoewel dit in die oë van mense lyk asof Hy dit in die wind slaan.

DAAR IS OORLOG IN DIE LUG

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg 

"Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie.  Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê.   Vriendskap gaan goud werd wees...   Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug.   Daar is twee groepe:  enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie..."

Aan die einde van die tyd sal nog ’n vorm van oorlogvoering uitbreek: die lelikste  burgeroorlog, wanneer volksgenote die wapen teen mekaar opneem!

  “En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak” (Mark.13:12).

Die Suid-Afrikaanse geskiedenis ken burgeroorlog (1914 Rebellie).  Wat ’n burgeroorlog bemoeilik is die feit dat die vyand nie maklik uitgeken word nie.   Dis volksgenote; mense wat stelling in die linie van die volksvyand inneem.

“Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan.  En hy het hom bemoedig in God…” 1 Sam.23:16                                 

Oorlog, opstand en stakings het huishoudelike woorde geword.   Let op die plaaslike en internasionale nuusberigte – toenemende anargie; een van die kenmerkende eindtekens van die naderende wederkoms van Jesus Christus.  “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.  Pas op, moenie verskrik word nie….Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel…” (Mt.24:6,7 en 12).

1 Sam.23 vertel van ’n oorlog, nee, eintlik twee.    Israel was in stryd met die Filistyne asook met mekaar; die eerste en laaste keer dat dit in die geskiedenis gebeur het.  Hulle beveg ’n gemeenskaplike vyand, maar hulle takel terselfdertyd ook van hul eie mense!

Dawid kry twee maal van God die versekering dat God die Filistyne in hulle hand sou gee.   Die eerste neerlaag is by Kehila waar Dawid aansien verwerf.  Toe Saul dit hoor, was hy baie jaloers en het uitgetrek om oorlog teen Dawid en sy troepe te maak.  Dit het Israel verdeel en in ’n semi-staat van burgeroorlog gedompel – die Saul-voorstanders teen die Dawid-voorstanders.

Dawid en sy manne was vêr in die minderheid en het noodgedwonge in die berge van die woestyn Sif gaan skuiling soek.   Hy was baie benoud en het besef dat as Saul hom in die hande sou kry, hy hom nie vir koffie sou nooi nie!

In die tyd van benoudheid het Dawid ’n besoeker ontvang – Jonathan, sy boesemvriend en troonopvolger van Saul.   Baie mense het in en uit Dawid se lewe beweeg sonder om geestelike voetspore na te laat.   Jonathan het wel diep spore getrap; ’n ware vriend wat vir Dawid daar was toe hy eintlik op ʼn ander plek moes wees. ’n Goeie omskrywing van ’n ware vriend – iemand wat in jou nood by jou is terwyl hy eintlik op ’n ander plek moes wees.

Die pad na ‘n vriend se huis is nooit te lank nie, al lei dit ook deur ’n woestyn.  Wat het Jonathan by Dawid gaan doen?   Inligting oor hul bewegings probeer verkry sodat hy hulle soos ’n Judas kon verraai?    Nee, Jonathan het iets spesifiek kom doen – sy vriend kom bemoedig.

Jonathan se hart het soos ’n klok gelui toe hy hoor dat sy vriend in nood verkeer.  Vriende is soos onsigbare engele wat ons op ons voete help wanneer ons vlerke ophou werk.   ʼn Ware vriend is een wat in tye van onsekerheid saam met jou kan stil raak, in beproewing saam met jou kan huil en verdraagsaam met jou swakhede is.

Die beste ding wat Jonathan vir Dawid kon doen, was om doodeenvoudig net sy vriend te wees.  Dawid het geweet dat Jonathan vir hom omgee en dit was voldoende beloning.   Hy wou geen verdere beloning hê nie.  Dis mos wat ’n  vriendskap goddelik maak.

Dit was geen ydele bemoediging van “Vasbyt my vriend, môre lyk dinge beter” nie.   Let op die teksvers:   “En hy het hom bemoedig in God…” Jonathan kom in doodsgevaar in die Naam van die Here na sy vriend.   Wie jou in jou nood nader aan God bring, moet ʼn vriend wees!

Dit was vir Dawid ’n wonderlike bemoediging asof God self voor hom gestaan het!    Jonathan was soos die son wat sy donker lewe opgehelder het.  Vriende is ook een van God se maniere om na ons om te sien.

Jonathan kom met ’n goddelike versekering: “Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie”. Hy kon dit net sê omdat God dit aan hom openbaar het.   Jonathan se bemoediging was wondersalf teen Dawid se pyne van die lewe.  Dan spreek hy ook ’n profetiese woord: “...maar jy sal koning word oor Israel en ek sal die tweede onder jou wees”. ʼn Ware vriend stap in jou lewe in as die res van die wêreld uitstap.

Eintlik moes Jonathan vir Dawid as ’n vyand en ’n bedreiging vir sy toekoms beskou het.   Koningskap is die hoogste menslike eer denkbaar.   As dit jou toekom, sal jy dit nie van jou ontneem wil hê nie.  Jonathan het egter God se wil  verstaan – hy sou nie koning word nie, maar Dawid.  Daarom kom bemoedig hy die man wat sy vyand behoort te wees.

Jonathan het ’n tragiese einde gehad toe hy in ’n oorlog met die Filistyne op die berg Gilboa gesterf het.  Sy lyk is saam met dié van sy vader verneder toe die Filistyne dit teen die stadsmuur van Bet-San vasgespyker het.

Toe Dawid van sy vriend se dood verwittig is, het hy ’n klaaglied geskryf: “Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jonathan!  Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.  Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!” (2 Sam.1:26,27).

Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug.   Daar is twee groepe:  enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie.  Hulle is vêr in die minderheid soos Dawid en sy manne.    Andersyds weeg die grootste groep se sentimente baie swaarder as hul beginsels.   Hulle verlustig hul in die sonlig van vrysinnigheid.   Sulke mense is nooit ware vriende nie.

’n Goeie vriend is iemand wat Jesus ken, die waarheid liefhet en homself gee.  Dis goed om hier op aarde vriende te maak wat jy weet ook saam met jou in die hemel sal wees.   Handelinge vertel van die vervolging wat teen die Christene uitgebreek het waarna hulle bymekaar gekom en eendragtig in die geloof by mekaar gestaan het.  Hulle het soos Jonathan mekaar bemoedig en verstrek.

Het jy goeie vriende?   Van alles wat God ons gee om die lewe sinvol te maak, is vriendskap een van die grootstes.   Daar is min mooier dinge in die lewe as goeie vriendskap.   God het jou oë gegee om die mooi in ander mense raak te sien, lippe om mooi woorde te uiter en goeie vriende sodat jy die lewenspad nie alleen hoef te stap nie.

Wie met omsigtigheid goeie vriende bymekaarmaak, voed sy eie gees.  Jou vriende is maar net ’n keersy van jouself.   Daarom sê die Duitse spreekwoord:  “Sê my met wie jy omgaan en ek sê jou wie jy is!” As jy eerbaar wil wees, moet jy met eerbare mense omgaan.

’n Paar jaar gelede kom vra ’n jongman wat ’n hele paar jaar in die gevangenis was vir my raad.    Hy wou so graag ’n vaste vriendin hê, maar het nie daarin geslaag om ’n verhouding aan die gang te kry nie.   Toe ek hom vra wat hy middae ná werk doen, was een van sy antwoorde dat hy maar na ’n sportmankroeg gaan en met die vrouens daar gesels.  Dis waar sy probleem gelê het.  ’n Mens kry nie goeie goed in slegte plekke nie!  Vriende is net goed indien hulle reg gekies word.

Bid God vir goeie vriende as jy nie goeies het nie; vertroetel die vriende wat jy wel het.  En wees versigtig: Vriende maak of  breek jou.   Hulle is soos die knoppies in ʼn hysbak – sommige knoppies neem jou op en ander knoppies neem jou af.   Maak jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur.

Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie.  Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê.   Vriendskap gaan goud werd wees.   Bid God dat Hy in hierdie stryd vir ons Jonathan’s in ons lewe sal beskik om ons te bemoedig.   Laat ons Hom egter ook bid om van ons Jonathan’s te maak wat ons mede-volksgenote bemoedig.

Amen!

DAAR IS OORLOG IN DIE LUG

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg 

"Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie.  Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê.   Vriendskap gaan goud werd wees...   Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug.   Daar is twee groepe:  enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie..."

Aan die einde van die tyd sal nog ’n vorm van oorlogvoering uitbreek: die lelikste  burgeroorlog, wanneer volksgenote die wapen teen mekaar opneem!

  “En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak” (Mark.13:12).

Die Suid-Afrikaanse geskiedenis ken burgeroorlog (1914 Rebellie).  Wat ’n burgeroorlog bemoeilik is die feit dat die vyand nie maklik uitgeken word nie.   Dis volksgenote; mense wat stelling in die linie van die volksvyand inneem

“Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan.  En hy het hom bemoedig in God…” 1 Sam.23:16                                 

Oorlog, opstand en stakings het huishoudelike woorde geword.   Let op die plaaslike en internasionale nuusberigte – toenemende anargie; een van die kenmerkende eindtekens van die naderende wederkoms van Jesus Christus.  “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.  Pas op, moenie verskrik word nie….Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel…” (Mt.24:6,7 en 12).

1 Sam.23 vertel van ’n oorlog, nee, eintlik twee.    Israel was in stryd met die Filistyne asook met mekaar; die eerste en laaste keer dat dit in die geskiedenis gebeur het.  Hulle beveg ’n gemeenskaplike vyand, maar hulle takel terselfdertyd ook van hul eie mense!

Dawid kry twee maal van God die versekering dat God die Filistyne in hulle hand sou gee.   Die eerste neerlaag is by Kehila waar Dawid aansien verwerf.  Toe Saul dit hoor, was hy baie jaloers en het uitgetrek om oorlog teen Dawid en sy troepe te maak.  Dit het Israel verdeel en in ’n semi-staat van burgeroorlog gedompel – die Saul-voorstanders teen die Dawid-voorstanders.

Dawid en sy manne was vêr in die minderheid en het noodgedwonge in die berge van die woestyn Sif gaan skuiling soek.   Hy was baie benoud en het besef dat as Saul hom in die hande sou kry, hy hom nie vir koffie sou nooi nie!

In die tyd van benoudheid het Dawid ’n besoeker ontvang – Jonathan, sy boesemvriend en troonopvolger van Saul.   Baie mense het in en uit Dawid se lewe beweeg sonder om geestelike voetspore na te laat.   Jonathan het wel diep spore getrap; ’n ware vriend wat vir Dawid daar was toe hy eintlik op ʼn ander plek moes wees. ’n Goeie omskrywing van ’n ware vriend – iemand wat in jou nood by jou is terwyl hy eintlik op ’n ander plek moes wees.

Die pad na ‘n vriend se huis is nooit te lank nie, al lei dit ook deur ’n woestyn.  Wat het Jonathan by Dawid gaan doen?   Inligting oor hul bewegings probeer verkry sodat hy hulle soos ’n Judas kon verraai?    Nee, Jonathan het iets spesifiek kom doen – sy vriend kom bemoedig.

Jonathan se hart het soos ’n klok gelui toe hy hoor dat sy vriend in nood verkeer.  Vriende is soos onsigbare engele wat ons op ons voete help wanneer ons vlerke ophou werk.   ʼn Ware vriend is een wat in tye van onsekerheid saam met jou kan stil raak, in beproewing saam met jou kan huil en verdraagsaam met jou swakhede is.

Die beste ding wat Jonathan vir Dawid kon doen, was om doodeenvoudig net sy vriend te wees.  Dawid het geweet dat Jonathan vir hom omgee en dit was voldoende beloning.   Hy wou geen verdere beloning hê nie.  Dis mos wat ’n  vriendskap goddelik maak.

Dit was geen ydele bemoediging van “Vasbyt my vriend, môre lyk dinge beter” nie.   Let op die teksvers:   “En hy het hom bemoedig in God…” Jonathan kom in doodsgevaar in die Naam van die Here na sy vriend.   Wie jou in jou nood nader aan God bring, moet ʼn vriend wees!

Dit was vir Dawid ’n wonderlike bemoediging asof God self voor hom gestaan het!    Jonathan was soos die son wat sy donker lewe opgehelder het.  Vriende is ook een van God se maniere om na ons om te sien.

Jonathan kom met ’n goddelike versekering: “Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie”. Hy kon dit net sê omdat God dit aan hom openbaar het.   Jonathan se bemoediging was wondersalf teen Dawid se pyne van die lewe.  Dan spreek hy ook ’n profetiese woord: “...maar jy sal koning word oor Israel en ek sal die tweede onder jou wees”. ʼn Ware vriend stap in jou lewe in as die res van die wêreld uitstap.

Eintlik moes Jonathan vir Dawid as ’n vyand en ’n bedreiging vir sy toekoms beskou het.   Koningskap is die hoogste menslike eer denkbaar.   As dit jou toekom, sal jy dit nie van jou ontneem wil hê nie.  Jonathan het egter God se wil  verstaan – hy sou nie koning word nie, maar Dawid.  Daarom kom bemoedig hy die man wat sy vyand behoort te wees.

Jonathan het ’n tragiese einde gehad toe hy in ’n oorlog met die Filistyne op die berg Gilboa gesterf het.  Sy lyk is saam met dié van sy vader verneder toe die Filistyne dit teen die stadsmuur van Bet-San vasgespyker het.

Toe Dawid van sy vriend se dood verwittig is, het hy ’n klaaglied geskryf: “Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jonathan!  Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.  Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!” (2 Sam.1:26,27).

Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug.   Daar is twee groepe:  enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie.  Hulle is vêr in die minderheid soos Dawid en sy manne.    Andersyds weeg die grootste groep se sentimente baie swaarder as hul beginsels.   Hulle verlustig hul in die sonlig van vrysinnigheid.   Sulke mense is nooit ware vriende nie.

’n Goeie vriend is iemand wat Jesus ken, die waarheid liefhet en homself gee.  Dis goed om hier op aarde vriende te maak wat jy weet ook saam met jou in die hemel sal wees.   Handelinge vertel van die vervolging wat teen die Christene uitgebreek het waarna hulle bymekaar gekom en eendragtig in die geloof by mekaar gestaan het.  Hulle het soos Jonathan mekaar bemoedig en verstrek.

Het jy goeie vriende?   Van alles wat God ons gee om die lewe sinvol te maak, is vriendskap een van die grootstes.   Daar is min mooier dinge in die lewe as goeie vriendskap.   God het jou oë gegee om die mooi in ander mense raak te sien, lippe om mooi woorde te uiter en goeie vriende sodat jy die lewenspad nie alleen hoef te stap nie.

Wie met omsigtigheid goeie vriende bymekaarmaak, voed sy eie gees.  Jou vriende is maar net ’n keersy van jouself.   Daarom sê die Duitse spreekwoord:  “Sê my met wie jy omgaan en ek sê jou wie jy is!” As jy eerbaar wil wees, moet jy met eerbare mense omgaan.

’n Paar jaar gelede kom vra ’n jongman wat ’n hele paar jaar in die gevangenis was vir my raad.    Hy wou so graag ’n vaste vriendin hê, maar het nie daarin geslaag om ’n verhouding aan die gang te kry nie.   Toe ek hom vra wat hy middae ná werk doen, was een van sy antwoorde dat hy maar na ’n sportmankroeg gaan en met die vrouens daar gesels.  Dis waar sy probleem gelê het.  ’n Mens kry nie goeie goed in slegte plekke nie!  Vriende is net goed indien hulle reg gekies word.

Bid God vir goeie vriende as jy nie goeies het nie; vertroetel die vriende wat jy wel het.  En wees versigtig: Vriende maak of  breek jou.   Hulle is soos die knoppies in ʼn hysbak – sommige knoppies neem jou op en ander knoppies neem jou af.   Maak jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur.

Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie.  Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê.   Vriendskap gaan goud werd wees.   Bid God dat Hy in hierdie stryd vir ons Jonathan’s in ons lewe sal beskik om ons te bemoedig.   Laat ons Hom egter ook bid om van ons Jonathan’s te maak wat ons mede-volksgenote bemoedig.

Amen!

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1485 gaste aanlyn