NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Want ons het niks in die wêreld in gebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang." – 1 Tim 6

WATTER TIPE GROND IS JY?

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg

"Kosbare landbougrond wat in die verkeerde hande beland, raak onproduktief.  Kyk maar wat met ons eie land sedert 1994 gebeur het! ...   “Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!" - Mt.13:9.

Jesus was ’n leermeester duisend en het die vermoë gehad om tonele uit die daaglikse lewe te gebruik om mense diepsinnige geestelike lesse te leer.  Sy gelykenisse was aardse verhale met hemelse betekenisse.   Die Gelykenis van die Saaier is ’n treffende voorbeeld hiervan.

Toe Jesus by geleentheid by die See van Galilea kom, het so ‘n groot skare om Hom saamgedrom, dat Hy in ’n skuit moes klim en ’n entjie wegvaar voordat Hy met hulle kon praat.   Dink u in: Jesus op ’n skuitkansel en die gemeente op die strand.  Wat ’n prentjie; wat ’n preek!

Jesus gebruik ’n beeld wat aan almal bekend was – ’n saaier en saad.  Al die saad lyk aan die begin dieselfde maar almal eindig nie eenders nie.  ’n Groot deel daarvan bring geen oes in nie.

 

Jesus het dié gelykenis vertel om die toehoorders iets van die menslike hart te vertel.   Die Saaier is die Heilige Gees, die saad is die Evangelie en die grond is verskillende harte.

Daar is twee moontlikhede - mense hoor die Evangelie, kom tot bekering en lewer ’n geestelike oes op; of hulle hoor dit, maar hoor dit ook nie, kom nooit tot bekering en lewer niks van waarde vir God se koninkryk op nie.   Hulle is horende doof vir die Evangelie.

Jesus se preek gaan oor ’n Saaier, die saad en grond.   Kom ons staan kortliks by elkeen hiervan stil en vra dat elkeen sy hart sal ondersoek en vra watter soort grond hy is.  Miskien het die Here’n spesiale woord vir jou. “Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!”

Die saaier:

Die saaier het met groot verwagting gesaai en uiteraard wins vir sy moeite verwag.  So is dit ook met God.  Hy het sy Seun in die wêreld gestuur om vir sondaars te sterf (saad in die grond).  Daarna het Hy sy Gees gestuur om mense van sonde te oortuig en godsvrugtig te wandel ten einde ’n goeie oes ter ere van sy Naam in te samel.  ’n Goeie oes bring rykdom vir ’n boer.  So ook ’n oes van geredde siele eer aan God.   Dis waarom God siele red – dit strek tot sy eer.

Die saad:

Elke saad wat die saaier gesaai het, het die moontlikheid gehad om meer op te lewer.  “En ’n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig” (:8).   So is die saad van die Evangelie.   As dit in die regte hart val, ontkiem en vermeerder dit.  “Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra…Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra…” (Joh.152,16).

Saad verander altyd die grond waarin dit gesaai word.   Wat kaal grond was, lewer ’n oes op en die saaier is baie bly daaroor.   As die saad van die Evangelie ’n plek vind in ’n hart wat deur die Woord van God omgeploeg en deur die Heilige Gees voorberei is, ontkiem dit in so ’n hart en verander daardie hart om ’n oes tot eer van God op te lewer.

Die gelykenis vertel egter van ’n probleem wat ontstaan het; nie by die saaier of die saad nie.  Die saaier was bekwaam en die saad van goeie gehalte.   Die probleem het by die grond gekom waarop dit gesaai is.  Dit het op die oog af goed gelyk.    Die verskil het egter aan die lig gekom toe 75% daarvan geen oes opgelewer het nie.

Die grond:

Dis belangrik dat ons op die vier soorte grond let waarop gesaai is omdat een daarvan ’n prentjie van jou eie hart skilder.  Kyk of jy dit herken.

Die harde grond langs die pad verwys na smal voetpaaie wat destyds langs die saaigrond verbygeloop het.   Dit was maar die paaie van destyds wat van al die voetverkeer hard soos sement geword het.   Toe die saad hierop val, kon dit nie indring nie en het die voëls dit opgepik.  Dis sprekend van die persoon wat die Evangelie hoor, maar nie wil verstaan dat hy hom moet bekeer voordat hy sterf nie.  Hy hoor maar dit sink nie in sy siel in nie.  “…Hoor altyddeur, maar verstaan nie en sien altyddeur, maar bemerk nie” (Jes.6:9).

Wat is die oorsaak?  In die meeste gevalle is sulke mense so diep in sonde versink, dat hulle geen behoefte aan ’n lewensverandering het nie.   Dit maak hulle koud en vereelt teenoor die dinge van God.   Hulle harte is soos die voetpad wat met verloop van jare al hoe harder word.   Die Evangelie dring nie hierdie grond binne nie.  Satan vat die saad wat daarop val onmiddellik weg sodat die persoon nog harder word.   Daar kom geen oes van hierdie saad nie!

’n Ander deel van die saad val op rotsagtige grond.   Oppervlakkig beskou, het die grond goed gelyk om te besaai.   Dit was egter net ’n dun lagie.   Die saad het vinnig ontkiem, maar weens ’n gebrek aan diepte, verdroog sonder om ’n korrel graan op te lewer.   Dis so sprekend van ’n emosionele reaksie op die Evangelie.  Mense kom vuur en vlam tot bekering, maar verlaat na ’n kort tydjie soos ’n Demas van ouds die goeie weg en keer terug na hul ou lewe.  Hulle stap nie die pad van Jesus nie:   “….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Mt.16:24).   Daar kom uiteraard geen oes van sulke saad nie.

Die derde deel van die saad het op’n doringagtige plek beland.  Weereens het die grond bo-op goed gelyk om te besaai, maar onder die oppervlak was daar onsigbare dorings en onkruid besig om op te kom.   Toe die saad daarop val, het dit vinnig ontkiem.  Alle aanduidings was dat dit ’n goeie oes sou oplewer totdat die onkruid die saad verstik en geen oes moontlik was nie.

Dit skets die mens wat voordeel uit die Evangelie probeer trek, maar steeds aan die dorings van die sonde vasklou.    Sonder ’n merkbare breek met die ou lewe van sonde en ongeregtigheid, het die mens geen hoop op redding nie.   Die saad van die Evangelie oorleef nie in ’n hart wat met verkeerde dinge gevul is nie.   In die grond van jou hart staan daar een van twee dinge – vrug of sonde; nie beide nie.   So ’n mens begin goed maar verdwyn baie vinnig van die geloofstoneel omdat sonde die geloof versmoor.   Van sulke saad kom geen oes nie.

Uiteindelik het 25% van die saad in goeie grond geval.   Dit was geploeg en voorberei om te besaai.   Die saad het gegroei en ’n oes opgelewer wat die boer baie bly gemaak het.   Hierdie prentjie skets die hart wat deur die Woord van God diep geploeg is en ’n goeie oes opgelewer het.

Die enigste verskil tussen die vier grondsoorte is die vrug wat dit opgelewer het.  Op die oog af het dit eenders gelyk.  Net die goeie grond het egter ’n oes opgelewer.  

Watter tipe grond is jy?  Het die Evangelie waarlik vrugbare grond in jou hart gekry?   Dis net aan die vrug wat jy dra, duidelik.   Kyk na jou lewensboom.  Dra dit vrug?

Kosbare landbougrond wat in die verkeerde hande beland, raak onproduktief.  Kyk maar wat met ons eie land sedert 1994 gebeur het!   Dieselfde ding is ook waar van die geestelike lewe.   Miskien is hier harte wat jare gelede baie vrug gedra het, maar onproduktief geraak het.  Kom ons kry dit weer aan die gang!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1369 gaste aanlyn