NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Suksesvolle leier is aanpasbaar.  As hy nie meer brandhout bymekaar kan maak nie, maak hy sy vuur kleiner.   Met God by hom, is geen  terugslag te groot nie.    Dis mos nie hóe ‘n matroos die hawe uitvaar wat van hom ‘n gesoute seeman maak nie, maar hóe hy na ‘n storm daarheen terugkeer.  Kalm water maak geen matroos vaardig nie.

AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (5)

Ds A.E. vd Berg

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp”(2 Kor.10:3,4).

Petrus waarsku dat Satan soos ʼn brullende leeu rondloop op soek na prooi om te verslind. Gelowiges wat in ʼn godvyandige wêreld aan die waarheid getrou bly, is sy hoofteiken. Jesus sê:“As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy (Satan) My vóór julle gehaat het. As julle ván die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle” (Joh.15:18,19).

Hierdie haat plaas die kerk in ʼn voortdurende stryd met die leuen. Daarom is elke groot era in die kerkgeskiedenis aan ʼn stryd om die waarheid gekenmerk.  Feitlik elke NT brief praat daarvan en roep gelowiges tot hierdie stryd op.

Die kerk is egter nooit ongemaklik daarmee nie. Stryd is lewe.

En daarmee gee gelowiges gehoor aan Jesus se opdrag in Luk.9: “... As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit ’n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen? Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele”

Die kerk word van meet af aan deur leuens geteister en al wat die Satan wil hê, is dat mense niks daaraan moet doen nie. Die wêreld is nie so ʼn sleg plek weens boosheid nie, maar omdat mense leuens hoor en niks daaraan doen nie.

Dis alles behalwe wat Christus wil hê. Gelowiges het ʼn oproepinstruksie:“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:10-12).





Hierdie wapens is egter nie aardse wapens nie. Jesus sê vir Petrus in Getsemane: “... Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan” (Mt.26:52).   God sê vir Sagaria: “ ... Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare” (Sag.4:6).En tydens sy verhoor sê Jesus vir Pilatus: “... My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie” (Joh.18:36).

Gelowiges gebruik geestelike wapens. Almal daarvan kom uit die arsenaal van die waarheid. Paulus skryf:“...in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en linkerhand” (2 Kor.6:7).Die teksvers lui: Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp”(2 Kor.10:3,4).

Al voel gelowiges soms magteloos teen die leuens in kerke, mag die stryd vir die waarheid nooit hul spoed breek nie. Dis ons godgegewe taak om leuenaars te ontbloot.   Die waarheid moet seëvier want dis ʼn krag wat mense van leuens bevry: “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ʼn krag van God tot redding vir elkeen wat glo...” (Rom.1:16).

Hierdie krag is ʼn ontsluitingskrag; dit sluit die boeie van die gevangenes van die Satan oop.   Wie die leuen glo, is ʼn gevangene van Satan en wil nie losgemaak word nie. “Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God” (1 Kor.1:18).

Wie die waarheid liefhet, sal oor mense wat mislei word, besorg wees. Dis immers deel van die liefdesgebod – “...en jou naaste soos jouself”. Geen gelowige durf ʼn houding inneem van: Jy in jou klein hoekie en ek in myne nie!

Soos wat ons uit die duisternis na die lig gebring is, moet ons mense help om van leuens bevry te word en die lig van die waarheid te geniet. Dis immers een van die doelwitte van prediking: “Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red” (1 Kor.1:21).

Ons gaan tans onder die ergste dwaalleer in die plaaslike kerkgeskiedenis gebuk met nouliks ʼn kerk wat die volle waarheid verkondig. Dwaalleraars teer op mense se blinde lojaliteit. Die vroeë kerk het dit ook geken en Judas, die broer van Jesus, baie ontstel. Hy skryf in sy Sendbrief dat gelowiges na die slagoffers van dwaalleraars moet uitreik om hulle van die verderf te red. “...maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk... (:23). Om iemand van die leuen te red, is soos om ʼn mens uit ʼn vuur waarin hy beland het, te red.   Daar is vir mense wat mislei is ʼn omdraaikans!

Judas skryf dat geen salf aan dwaalleraars te smeer is nie en gelos moet word: “... en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is: (:23). Johannes skryf in dieselfde trant: “As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie” (2 Joh.:10).

Judas waarsku gelowiges egter dat dit baie riskant is om dwaalleraars uit die vuur te probeer ruk omdat daar baie naby aan hul gekom moet word en ʼn besmetting met die leuen nie uitgesluit is nie. Paulus het goeie raad: “En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle” (Rom.16:17).

Christus se aardse bediening was ʼn profetiese bediening.   Wat doen ʼn profeet?   Hy waarsku!   Elke gelowige het ook ʼn profetiese taak. As iemand iets doen of sê wat nie met die Bybel ooreenstem nie, moet hy hom teen die leuen waarsku.

By Sinai doen Israel verkeerde dinge waarna God vir Moses ʼn opdrag gee: Klim af, waarsku die volk....” (Ex.19:31). Die OT wemel van soortgelyke opdragte. Vir Amos sê Hy: “Hoor en waarsku die huis van Jakob” (3:13).

As ons nie as profete van God mense wat leuens glo waarsku nie, sal ons die bewerkers van ʼn rampsalige lot word en gaan dit al hoe donkerder in ons land word. Wie ophou om ʼn profeet van sy volk te wees, word die argitek van daardie selfde volk se lot!

Weerstand teen die leuen is ʼn goddelike deug. “Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly” (Efes.6:13).

Miskien voel jy te klein en onwaardig om profeties op te tree en mense te waarsku. Moenie ʼn gerieflike bos daarvan maak om agter te skuil nie. As kind van God het jy geen goeie rede nie. Dis nie die grootte van die skip wat tel nie maar die weerstand wat dit teen storms bied!

Die uurglas loop uit. Jesus kom. Waarom waarsku jy nie?!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1789 gaste aanlyn