NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoor hoe praat iemand uit die hel: “Vader Abraham, ontferm u oor my.  Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water kan steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur” (Luk.19:24).  Dit was so onnodig vir hierdie jongman.  Hy kon dit deur sy bekering afgewend en soos die verlore seun uit sy sonde opgestaan en na sy vader omgedraai het.  Hy kon die U-draai gemaak het, maar hy het nie!

REDDING DEUR GENADE ALLEEN

Ds A.E. vd Berg

“En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie” (Rom.11:6).

In 1910 is ʼn merkwaardige vrou in Albanië gebore en in 1997 op rype leeftyd van 87 jaar in Indië oorlede - Moeder Theresa, soos sy alom bekend was. Wat het haar so merkwaardig gemaak? Haar reuse barmhartigheidswerk wat haar selfs die Nobelprys vir Vrede kort voor haar dood laat ontvang het.

Ongelukkig getuig die toejuiging van die wêreld selde van God se goedkeuring. Na ʼn besoek aan die aanbiddingsplek van ʼn ou Babiloniese godin (die Swart Madonna) het sy haar huis op 18 jarige ouderdom by die Susters van Loreto aangesluit en haar ma en suster nooit weer gesien nie. Sy het die grootste deel van haar lewe in Indië gewerk en ook Indiese burgerskap verkry.  

Theresa het in 1950 die organisasie Sendelinge vir Liefdadigheid gestig. Dis ʼn groep Roomse vroue wat hul aan barmhartigheidswerk wei. In 2012 was daar meer as 4,500 nonne in 133 lande by dié organisasie betrokke. Hulle versorg armes, mense met VIGS, tering, melaatsheid en ander siektes. Dit het ook weeshuise, skole, sopkombuise en mobiele klinieke. Alle dienste is gratis. Wonderlik! Ja, goedheid is ʼn taal wat blindes kan sien en dowes kan hoor.

Tot en tot en met haar dood was Teresa in beheer van 517 sendingstasies in meer as 100 lande. Sy is ʼn paar jaar na haar dood deur die RK gekanoniseer en tot ʼn heilige verklaar. Katolieke bid heeltemal teenstrydig met die uitdruklike Bybelverbod tot heiliges; gevolglik ook tot Teresa!

Die vraag is: Waar is haar siel? Indien ʼn wêreldwye meningsopname gemaak sou word, sal meer as 90% van die mense sê dat dit in die hemel is. Waarom? Omdat sy sulke goeie werk gedoen het. Niemand betwyfel haar ongeëwenaarde toewyding nie; maar word ʼn mens op grond van goeie werke gered?

Wat sê die Bybel? Deur genade alleen. Soli gratia; een van die Hervorming se bekendste slagspreuke. Paulus skryf:. “ ... En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie...”(Rom.11:6).Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God” (Efes.2:8).

Niks wat ek uit myself doen, kan vir ʼn plek in die hemel sorg nie. Goeie werke wat nie met geloof vermeng is nie, kan selfs skadelik wees! Jesus waarsku: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk” (Mt.7:21-23).

Goeie werke is nie sonder meer geloofsdade nie. Wie nie tot bekering kom nie, gaan nie hemel toe nie. “ ... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Daar is geen ander brug tussen God en mens nie; selfs nie opsienbarende barmhartigheidswerk nie!

Die RK verkondig nie die noodsaaklikheid van bekering nie. Sy sê dat God die kerk as die voertuig na die hemel beskik het. Dis die middelaar tussen Christus en sondaars en derhalwe God se universele sakrament van genade. Daarom is die aanneming (confirmation) ʼn sakrament in die RK. Gevolglik moet jy net sorg dat jy ʼn lidmaat word en by die voorskrifte van die kerk hou. Die kerk sorg vir jou plek in die hemel. Miljoene mense glo dit. Dis die grootste leuen van alle tye en ʼn set van Satan om mense uit die hemel te hou!

Daarom het die ou Hervormers die RK se slagspreuk dat daar geen saligheid buite Rome is nie, met veragting verwerp. Rome sê dat as jy nie lidmaat van die RK is nie, jy hel toe gaan. Niks kan verder van die waarheid wees as dit nie! Dis bedrog want die waarheid is net anders om!

Die pad na die hemel is smal. Dis nie vir wiele nie maar vir voete gemaak. Geen kerk kan jou daarheen vervoer nie. Moenie deur ʼn maatskaplike evangelie van “goed doen aan ander” verblind word nie. Werke sonder die bekering lyk goed veral onder die dekmantel van ʼn kerk. Dis ʼn slegte oorkleed!

Ware godsdiens anker in genade. Godsdiensnamaaksels is bitter skadelik. Dit laat mense van godsdiens hul God maak i.p.v. om van God hul godsdiens te maak. En dis juis hier waar Protestantisme radikaal van Katolisisme verskil.

Die groot verskil is in die siening van genade. Die RK leer dat genade iets is wat God d.m.v. die kerk en haar sakramente as’t ware in sondaars inspuit. Dit stel hulle in staat om goeie dade te verrig. Goeie dade kan jou red.   Die Bybel leer anders; sondaars word deur geloof alleen gered.  

Rome leer dat sondaars God se genade slegs deur lidmaatskap en deelname aan sakramente verkry.   Daarom is daar volgens Rome geen redding buite haar nie.   Wie nie aan haar behoort nie, gaan hel toe.

Die RK dwaal met haar leer oor hoe ʼn mens in die hemel kom. Sy sien dit as iets wat sondaars kan verwerf.   Dis as’t ware vergoeding vir goeie werke wat op aarde gedoen is.   Die Bybel praat baie anders oor hoe ʼn mens in die hemel kom.   Let op die misdadiger aan die kruis wat redding ontvang het. Hy het nie aan ʼn kerk behoort, sakramente gebruik of goeie werke gedoen nie, inteendeel hang hy daar as gevolg van verkeerde werke, maar word slegs op grond van sy bekering gered. Hy het niks van sy saligheid verdien nie!

Benewens sondaars se bewustelike omdraai na Jesus kan goeie werke, al is dit hoe groot, ons red nie: “En hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is” (Rom.3:23). Die RK dwaal as sy goeie werke as een van die pilare van redding verkondig.   As jy jou kind laat doop, is dit ʼn goeie werk. As jy die misoffer bywoon, is dit ʼn goeie werk, As jy bieg, is dit ʼn goeie werk.   Alles draai om die as van goeie werke.   Vir Jesus se genade is daar geen plek nie.  

Rome is op die verkeerde pad.   Hierdie pad voer sondaars ver verby die hemel. Daar is ʼn gesegde wat lui dat alle paaie na Rome lei. Beslis nie die pad na die hemel nie!   Dank God vir sy kragtige ingryping met Protestantisme wat mense op die regte pad na die hemel gelei het.

Christus het sy kerk deur klein groepies Skrifgetroue gelowiges bewaar wat later tot ʼn reuse kerkhervorming in die 16de eeu gelei het. Protestantisme was soos ʼn vars bries in ʼn bedompige kamer en ʼn welkome terugkeer na die ware kerk met haar vaste geloof en geseënde eenvoud. Christus het verhoed dat die Skrifwaarheid in die stortvloed van Roomse afgodery wegspoel. Daarom deel ons met groot vreugde in hierdie terug-na-die-Bybel-ommekeer wat jaarliks in Oktober herdenk word.  

Ten slotte weer die vraag: Waar is moeder Teresa se siel?   Ek oordeel nie, maar weet op grond van God se Woord dat niemand op grond van sy goeie werke alleen, hemel toe gaan nie. Ek vertrou dat God vir Moeder Teresa genadig was en dat sy t.s.v. haar kerk se dwaling wel die persoonlike bekering tot Jesus gesmaak het. Sal dit nie tragies wees indien sy wat sulke wonderlike werk gedoen het, se siel nie in die hemel is nie!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2252 gaste aanlyn