NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wil almal tog so graag 'n goeie selfbeeld hê sodat ons goeie verhoudinge kan handhaaf en sommer oor die algemeen meer selfvertroue kan hê om meer produktief te wees. Maar min mense weet egter hoe om by daardie punt in sy lewe te kom. Die enigste antwoord is om realistiese selfkennis op Godskennis te bou.   En dít kan ons wel regkry wanneer ons ons oë op Christus gevestig hou. Daar is geen ander standhoudende fondament nie.

PASOP VIR ROME!

Ds A.E. vd Berg

“.... En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan” (Openb.13:3).                          

In 1948 het George Orwill ʼn boek geskryf wat baie reaksie uitgelok het – 1984. Dit handel oor die stryd en nederlaag teen ʼn karakter wat hy BigBrother noem. Die karakter tree self nooit na vore nie; nogtans weet almal dat hy daar is. Hy sien alles, hoor alles en weet van alle doen en late. Wie nie na sy pype dans nie, kry die wind sterk van voor en word selfs doodgemaak.   Dit maak mense bang vir hom. Mense wat hul teen hom verset, maar vir hom iets kan beteken, laat hy in rehabilitasiesentrums breinspoel totdat hulle aan hom onderdanig word en doen wat hy hulle aansê om te doen.

Kritici het destyds gesê dat die boek te vergesog is. Maar dit is nie. Die Bybel praat ook van ʼn Big Brother en noem hom die dier - die Antichris. Orwill het Openb.13 as basis vir sy boek gebruik om vir mense ʼn voorsmaak van die heerskappy van hierdie man in byderwetse kleure te skilder.

 

Min mense het nog nooit van die Antichris gehoor nie. Die Ou en Nuwe Testament praat baie duidelik daaroor en dat dit ʼn spesifieke mens is. Lees gerus Dan.7. Christus praat in sy Profetiese Rede ook van hom.

Sy naam wek by gelowiges vrees sowel as blydskap op; ʼn ambivalensie; twee gelyktydige, uiteenlopende stemmings. Die Antichris wek vrees op omdat hy wreed is. Hy doen asemrowende wonders om die ganse mensdom te mislei “...En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan” (Openb.13:3).                          

Hierdie booswig is egter ook ʼn verskrikking soos wat die wêreld nog nooit beleef het nie!   Sy naam wek egter ook blydskap op omdat sy verskyning gelowiges herinner dat die wederkoms naby is en Christus hom gaan oorwin!

Maar hoe lyk die Antichris? Hy aap God na, maar alles omgedraai. Christus het as Gestuurde van God na die aarde gekom. Die Antichris kom as gestuurde van die Satan na die aarde. Ons bely dat Christus die Seun van God is en deur die wil van die Heilige Gees uit ʼn vrou gebore is.   Iets soortgelyks gebeur ook met die Antichris, die na-aper van God, wat deur die wil van Satan as sy seun uit ʼn aardse vrou gebore gaan word. Sataniste het ʼn ritueel waartydens ʼn maagd op die altaar neergelê word en deur die hoëpriester misbruik word met die bede dat die Antichris uit haar gebore sal word - na-apery!

Maar wat ʼn teenstelling is daar nie tussen die Seun van God en dié van Satan nie!   Christus kom mense verlos en lewe gee. Die seun van Satan kom mense bind om ʼn ewige dood te sterf.   Christus kom as die Vredevors. Die Antichris kom as die bewerker van chaos. Johannes die Doper was Christus se voorloper met die boodskap: “Maak die paaie van die Here reguit”. Die Antichris spoor mense aan om die paaie van die Here te verwoes!

In Openb.13 kom die Antichris uit die see op - simbolies vir die volkerewêreld.   Hy kom uit die mensdom. Johannes sien dat hy die liggaam van ʼn luiperd en kloue van ʼn beer het. ʼn Luiperd is slu en bespring sy prooi wanneer hulle dit die minste verwag. So ook die Antichris. Wanneer hy iemand bespring is sy kloue swaar soos dié van ʼn beer en hy vernietig menselewens. Daarom sê Jesus in Joh.8 dat die Satan ʼn mense-moordenaar van die begin af is.

Die Antichris se visier is op gelowiges gerig: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin” (:7). God laat dit as ʼn sifting toe om die kaf van die geestelike koring te skei. Die laer van die heiliges sal omsingel word. Gelowiges sal die grootste verleiding van alle tye sien as die Antichris beheer oor die kerk kry:“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van die sonde geopenbaar word, die seun van die verderf ... sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:3,4).

Die Antichris dring die kerk binne. Christus is Hoof van die onsigbare kerk. Satan is deur die Antichris die hoof van die laaste sigbare een!   Maar alvorens hy hoof daarvan word, moet sekere dinge eers plaasvind.   Die belangrikste is dat alle kerke onder een noemer geplaas moet word. Kerkeverskeidenheid moet verdwyn. Hoe afsonderliker kerke is, hoe moeiliker vir die Antichris om beheer te verkry.   Hoe gesamentliker, hoe makliker!

Om almal onder een dak in te jaag, benodig die Antichris ʼn baie groot kerk om ander te beïnvloed. Hierdie kerk bestaan al eeue lank en word in Openbaring Babilon genoem. Uit Gen.11 weet ons wat in Babel met die bou van die toring gebeur het. God het aan die mens opdrag gegee om te vermeerder en te versprei; om afsonderlik te wees. In Babel sê Nimrod as’t ware vir God: “Ons sal nie; ons wil saam wees!” Van toe af staan Babel in die teken van opstand teen God.

Soos wat Babel aan die begin in Genesis te voorskyn gekom het, maak sy aan die einde van die tyd weer haar opwagting in Openbaring. Hierdie keer het sy kerkklere aan:   “En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud.... en sy het in haar hand ʼn goue beker gehad...” (Openb.17:4).

Haar bose invloed en misleiding word met hoerery vergelyk en sy kry maghebbers in haar mag: “...omdat al die nasies gedrink het van die wyn ... van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid” (Openb.18:3).

Wie is dié kerk? Die een wat Luther 502 jaar gelede verlaat het; die Roomse Kerk (RK). Nie lank na die Hervorming nie het die Antichris sy kop met die menseslagting tydens die St. Bartolomeus-nag uitgesteek. Die Roomse Inkwisisie het daardie nag duisende Protestante in Frankryk vermoor!

Let op ons eie volksgeskiednis; oral waar afsonderlike ontwikkeling toegepas is, het die RK dit teengestaan. Die RK het terrorisme gesteun en geld vir terreur-organisasies gegee. In Suid-Amerika het die sosialistiese Sandanistein Nicaragua erken dat as die RK hulle nie gehelp het nie, hulle nie aan bewind sou gekom het nie.

Die mag en invloed van die RK word deur die eeue gruwelik onderskat. Rome sypel alles wat mag het binne want dit gaan vir haar om die verkryging van wêreldse mag! Daarvoor is sy baie ernstig besig om Protestantse kerke subtiel aan haar te onderwerp. Sy sypel kerke en teologiese opleidingsentrums met dwaalleer binne.   Waar kom die kindernagmaal in die NG Kerk bv. vandaan? Deur nuwe insigte in die Woord van God? Allermins; dis alles Rooms!

Protestantse kerke ver-Rooms. Big Brother wil alle mense onder een reuse kerklike dak inbondel en aan hom onderwerp. God het vir gelowiges in hierdie dae net een uitweg: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê nie....” (Openb.18:4).   Gelowiges moet hul van alle kerke wat met die RK gemene sake het, afskei.  

Gelowiges glo nie aan ʼn kunsmatige kerkeenheid nie, maar ʼn onsigbare verskeidenheid soos wat Christus wil hê: “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder” (Joh.10:16).

Die ware kerk is ʼn onsigbare eenheid onder een Herder. Mag ons nooit van God se wil afwyk nie en met die krag en genade van ons hemelse Vader daadwerklik teen die Antichris en sy wegbereiders wal gooi – Jesus is op pad!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 982 gaste aanlyn