NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As die son agter die wolke wegraak, beteken dit mos nie dat die son nie meer bestaan nie.  Ons kan dit tydelik net nie meer sien nie. As pyn God se aangesig vir ons versluier, beteken dit nie dat Hy ophou bestaan nie.

GEVOELSGODSDIENS

Ds A.E. van den Berg

“...want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in die gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede , en hul oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4)

Dwaalleer trek tans soos ʼn plaag deur ons land en laat duisende volksgenote geestelik ontspoor. Gevoelsgodsdienste staan hier kop en skouers uit. Wat hulle so gevaarlik maak, is hul nadruk op geestelike ervarings, iets wat vir hulle belangriker as Bybelse waarhede is. Baie mense verlaat die gesonde leer vir hierdie leuen. Hierdie kerke bars uit hul nate van die geld wat hulle dikwels op bedenklike wyse van lidmate afpers. Daarmee word groot kerksentrums gebou en leef baie van die leraars uitspatting.

Gevoelsgodsdienste verskil wesenlik niks van kultusse nie. Die manier waarop die predikers mense met emosionele prediking betower, stem met dié van kultusleiers ooreen.   Hulle word as gesante van God beskou wat gelowiges na iets nuuts moet lei - die sg.volheid van die koninkryk van God op aarde.

Ongelukkig verwar mense die vurige betoë van hierdie ekstroverte met prediking onder leiding van die Heilige Gees.   Hulle betower mense met hul dun godsdiens-vernislagie, praat soos engele maar dien die vader van die leuen!

Vir oningeligtes lyk dit asof die predikers oor besondere geestelike insig beskik; iets wat glo in tradisionele kerke ontbreek. Mense soek gedurig na iets nuuts en opwindends en klim graag op ʼn nuwe wa wat hulle na nuwe geestelike hoogtes kan lei. Lukas skryf:

Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie” (Hand.17:21).

Met gevoelsgodsdienste dieselfde – iets nuuts, iets anders!

In hul soeke na iets nuuts, maak hulle tragiese foute soos om die Bybel opsy te skuif en te glo dat God ook op ander maniere met mense praat. Dit maak hul kwesbaar vir bose elemente. Desondanks ag lidmate van gevoelsgodsdienste hulself as deel van God se binnekring en moet gereeld bymekaar kom om na dit wat God vir hul deur die predikers sê te luister. Hulle is altyd die ene ore vir nuwe boodskappe.

Van ware Bybelkennis is daar feitlik geen sprake nie. Hul gebede is dikwels niks anders as ʼn grootdoenerige aandrang op God se beloftes nie. Hulle matig hulself die reg toe om God by genesingsdienste te hiet en te gebied. Van “laat U wil geskied” is daar geen sprake nie!

Hulle smag gedurig na geheimsinnige insigte in God se weë - waarhede wat God direk deur die prediker na hulle kanaliseer. Dit wat hy sê, word as direkte woorde van God geag en verskil gevolglik niks van die Roomse Kerk se ex cathedra uitsprake nie.

Gevoelsgodsdienste moet skerp tereggewys word. Ongelukkig word kritici as mense met gebrekkige geestelike insig, foutvinders en skeurmakers veroordeel. Daar kan nouliks op grond van Bybelse waarhede met hulle geredeneer word.   Hulle beskou hulself as mense wat as’t ware onder die Bybel uitgegroei het en in ʼn nuwe fase van direkte kennis van God verkeer. Hy gaan deur hulle iets nuutsvorm - ʼn geestelike leër wat sy koninkryk sigbaar op aarde sal laat verwerklik.

Gevoelsgodsdienste is nie met die eenvoudige Evangelieboodskap tevrede nie; slegs met nuwe waarhede. Hulle wag soos branderplankryers met afwagting vir die volgende golf.   So versuim hulle hul taak om dissipels van mense te maak en hulle aan die hand van die Bybel te leer hoe om Jesus in waarheid te volg.

Gevoelsgodsdiensbyeenkomste word aan ʼn gemaklike atmosfeer, slenterdrag en nuwerwetse musiek gekenmerk. Van stemmigheid, God se heiligheid en orde is weinig te sien.  Dit ontaard eerder in ʼn familiêre omgang en oneerbiedigheid met God. Daar word wel oor God se liefde, geestelike doelwitte en groot drome gepraat, maar dis omtrent al. Daar is geen diepte nie. Hul geestelike lewe is hol van al die oppervlakheid. Daarom bars gevoelsgodsdienste uit hul nate. Mense vind aanklank by emosionele prediking en die koffieklub atmosfere.  

Van geestelike diepte is daar min sprake. Gevoelsgodsdiensprediking bestaan hoofsaaklik uit dinge wat pastore op hul eie geestelike horison sien; versinsels wat in godsdienstige taal vir die waarheid opgedis en soos kelners met die regte disse opgedien word. Paulus het dit wat tans gebeur alreeds in sy tyd voorspel:

“...want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in die gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede , en hul oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4)

Gevoelsgodsdienste se grootste swakpunt is die gebrek aan Skrifondersoek. Die toewyding van die gelowiges in Berea (Hand.17), behoort elke gelowige se erns te wees. Hierdie gelowiges het die Skrif daagliks ondersoek om vas te stel of dit wat Paulus geleer het, daarmee ooreen gestem het. Vers 11 noem hulle edelmoediger weens hul liefde vir en toewyding aan die Woord van God; iets wat by gevoelsgodsdienste geheel ontbreek.

Die gevoelsgodsdienste leer dat God sekere dinge laat gebeur wat nie noodwendig met die Bybel ooreenstem nie.   Dit was die geval met die Skrifgeleerdes in Jesus se tyd. Hy sê by geleentheid vir hulle:

“.... Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29).

Die krag van God is met kennis van die waarheid van die Skrif verweef.

Mense wat die gevoelsgodsdienste verlaat, getuig dikwels van ʼn nuutgevonde liefde vir God se Woord en kennis van die waarheid. Die Bybel word lewendig omdat kennis daarvan die enigste manier is om God te leer ken en te verheerlik.

Dwaalleer moet aan die kaak gestel word.

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan” (1 Joh.4:1).

Wie nalaat om te waarsku, is daarvoor aanspreeklik. Jesus prys die gelowiges in Efese:

“Ek ken jou werke .... en dat jy die op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het” (Openb.2:2).  

Alle leer moet aan die Skrif getoets en valse leer veroordeel word:

Elkeen wat ʼn oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie .... As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie” (2 Joh.9,10).

Paulus praat in 1 Kor.12:10 van die onderskeiding van die geeste. Dis ʼn gawe van die Heilige Gees en die gebrek hieraan een van die hoofredes vir die onrusbarende toename in dwaalleer en valse kerke wat ʼn etenstafel het waar bose geeste na hartelus kan aansit!

Mense wat by dwaalkerke betrokke raak, dink nie. Hulle volg net. Predikers lieg en kom met ʼn breë glimlag daarmee weg. Niemand sal ooit glo dat die glimlaggende, welsprekende man op die kansel ʼn dwaalleraar is nie!  

Gevoelsgodsdienste bied gedurig konferensies aan. Konferensiejagters teer op die geheimsinnige stemmings wat hulle by sulke geleenthede vind. Dis ʼn baie gerieflike toevlugsoord vir mense wat nie juis bid of Bybel lees nie, maar slegs na nuwe geestelike ervarings soek.

Om die Woord van God vir geestelike ervarings opsy te skuif, is gevaarlik.   Gevoelsgodsdienste sê: “Bêre jou Bybel. God is besig om nuwe dinge te doen. Spaar jou verstand en moenie verder dink nie. Spring, God sal jou nie laat val nie” Nee, moenie! Dwaalleer is juis die gevolg van mense se dwase soeke na waarhede buite die Bybel.

Wees versigtig vir mense met ʼn ongesonde belangstelling in sake wat nie sentraal in die Bybel staan nie, maar op die omtrek lê. Valse kennis is gevaarliker as dwaasheid!   Gevoelsgodsdienste trek dikwels die aandag van die sentrale temas van die Bybel af weg.   Dwaalgeeste gee voor om met die Bybel saam te stem, maar aan hul leer, skrywes en profetiese boodskappe is rand-temas eerder aan die orde van die dag.

Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal” (Spr.12:26).

Wie leuens verkondig, is geen dienskneg van God nie, maar wel ʼn werktuig van die Satan.   Satan gebruik dwaalleer om met God die spot te dryf! Paulus skryf:

“ Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Gal.6:7).  

Geen dwaalleraar sal die hemel beërwe nie:

“ ..... Altyd dwaal hulle met die hart. Maar hulle het My weë nie leer ken nie, sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie” (Heb.3:10,11).

Staan derhalwe vas in die gesonde leer en volg Paulus se raad aan die Galasiërs:

Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!” (Gal.1:8).

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1761 gaste aanlyn