NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy kan geen verdriet van jou afskuif asof dit jou nie aangaan nie. Jy kan leed en bekommernisse nie vermy nie, jy moet moet daardeur gaan na nuwe rus en vreugde.

GOD VRA BETROUBARE LEIERS

“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat.  En stel diè aan oor hulle...” - Ex.18:21                                         

Het die kerk 'n sê oor politiek of moet sy haar liefs daar uithou?   Die algemene gevoel by die meeste mense is dat sy haar uit die politiek moet hou.   Dis die verkeerde ding om te doen; die kerk is dan God se spreekbuis!   Is daar dan iewers ʼn lewensterrein waar God niks te sê het nie?  Swyg die Bybel miskien oor politieke sake?  Allermins!  Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee ook baie duidelike aanwysings oor hoe dit gedoen moet word.    Die Bybel slaan geen lewensterrein oor nie, ook nie die politiek nie!

Politiek is nie ʼn vuil ding soos mense beweer nie, maar ʼn heilige saak.  Dis die sinvolle ordening van ʼn gemeenskap ten einde mense in vrede en geregtigheid te laat woon en werk. “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).

God is 'n God van orde, en Satan verlustig hom weer in chaos.   Oral waar daar chaos heers, regeer Satan.   Mense en volke wat God liefhet, leef ordelik, maar hulle wat Hom haat ervaar geen orde nie.  Kyk maar net wat met ons eie land gebeur het nadat die Christelike grondwet afgeskaf is – gemiddeld 60 moorde per dag!

In die gelese gedeelte is Israel op pad na Kanaän, ʼn heidenland dog die beloofde land.  Hulle was vir 400 jaar slawe en aan Egipte onderhorig en het geen eie politieke orde geken nie.  Ná die uittog was hulle vry, maar moes staatkundig beheer word.   Met die uitsondering van Moses wat die regspraak beoefen het, was daar geen politieke strukture in plek nie.

Die Israeliete was nie maklike mense nie.  Gevolglik was Moses dikwels op moedverloor se vlakte met hulle.  By geleentheid het dit vir hom te veel geword: “Toe het Moses die Here aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my” (Ex.17:4).  Die hele situasie het om 'n permanente politieke ordening of struktuur geroep.   Daar moes 'n gereguleerde wetsordening kom.

Toe Moses sy skoonvader besoek, gee die wyse oubaas hom goeie raad: “Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat.  En stel dié aan oor hulle...” (Ex.18:21).  Hy gaan verder:: “Maak dit so ligter vir jou , en laat hulle saam met jou dra.... As jy dit doen en God jou dit beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan” (:22,23).   Jetro sê vir Moses om die volk polities te orden.  Indien hy nie daarin slaag nie, sal hy dit nie maak nie.   Om 'n volk polities reg te rig, is ʼn moeilike taak.   Dis nie vir elke Jan rap en sy maat nie! Dis ook nie vir een man alleen bedoel nie.

“In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ʼn rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid” (1 Tim.2:1,2).

Die Bybel gee baie duidelike riglyne hoe ʼn volk polities gerig moet word.  Die eerste vereiste is dat slegs gelowiges gekies moet word om ʼn volk te rig.  ‘n Hart gewas in die bloed van Jesus Christus is vir ʼn volk baie meer werd as ʼn ongelowige kop vol akademiese kennis!  Ongelowiges is nie goeie politici nie, veral nie as hulle belang by heidense rituele het nie.   Daarom is Afrika agterlik.   Sy leiers verskil slegs in grade van boosheid van mekaar!  Politici wat egter voor die Koning van alle konings buig en sy Woord liefhet, is 'n volk se juwele.

Tweedens moet politici oorlog teen booshede verklaar.  Dit moet duidelik aangespreek word en die volk tot verootmoediging opgeroep word:  “...en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, (as) hulle (hul) verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees” (2 Kron.7:14).

Derdens moet politici nie by verkeerde dinge betrokke raak nie. “en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Efes.5:11).   Die Bybel waarsku gelowiges wat booshede ooglopend of stilswyend kondoneer.  Dit moet bestraf word.  In die Grieks is dit ʼn baie sterk werkwoord en beteken om in die kiem te smoor.  Dit mag nie ontkiem nie!

Vierdens sal ʼn politikus hom vir ʼn gesonde gemeenskap beywer.  Nehemia is ʼn goeie voorbeeld: “Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê ....kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer ʼn voorwerp van smaad kan wees nie ( Neh.2:17).  Soos ʼn goeie herder vir sy kudde en na goeie weiding lei, so ook die politikus wat Jesus en sy volk liefhet.   Dit gaan vir so ʼn mens oor volksbelang en nie eiebelang nie!   Waar dit aan die orde van die dag is, groei geen korrupsie nie.

Agas was in die tyd van Jesaja koning van Juda en baie sleg.   Hy het selfs van sy kinders aan die afgod Molog geoffer!  Soos die koning, so die volk.  Onreg en korrupsie was aan die orde van die dag.  Daarom praat God ernstig met die volk: “Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee” (Jes.1:16,17).

Alles in Suid-Afrika roep ten hemel om 'n dringende herstel.   Alles is bedorwe; politiek, kerk, kultuur, handel, ja, alles!   Nêrens gaan dit beter as in die verlede nie.     Dis die gevolg van booswigte wat die Christengrondwet met ʼn sekulêre een vervang het en die Tien Gebooie met ʼn Handves van menseregte!  Dit laat ʼn mens aan die woorde van Ps.2 dink:  “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (:2,3).  Suid-Afrika het met iets anders as die nag donker geword!

Hoe gaan ons uit hierdie dilemma kom?  Deur God-gestuurde leiers wat die wonder van die wedergeboorte gesmaak het – waaragtige kinders van die Here.  Sulke mense trek nie in dieselfde juk met heidene nie.  Hulle kan ook nie gekoop word nie omdat hulle word hulle eer en hulle karakter bo verdenking is. Dis mense wat nie skaam is vir die waarheid nie en die leuen die stryd aansê.   Al is hulle ongewild deur nee te se terwyl die wêreld gereed staan om ja te se.

Is daar in Suid-Afrika sulke mense?  Ja, daar is!  Die tyd het net nog nie aangebreek dat hulle na vore kom nie.  Baie van hulle weet nog nie dat God hulle in die toekoms gaan gebruik nie.   Dink maar aan Dawid wat ʼn skaapwagter was toe hy tot koning gesalf is: “Verder het Samuel aan Isai gevra: Is dit al die seuns?  En hy se: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op....En die Here se: Staan op, salf hom, want dit is hy” (1 Sam. 16:11,12).

Die partypolitieke verkiesingskoors loop alreeds hoog in die land.  Booswigte span saam om die suidpunt van Afrika in te palm en verder te ontwrig.   Wat moet ons doen?  Bid dat God in sy genade ons sal aansien en ʼn nuwe leier sal stuur om hierdie Boerevolk deur die politieke woestyn na die Kanaän van Godsaanbidding en Godsverheerliking te lei

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1436 gaste aanlyn