NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God regeer nie op ʼn vuil troon nie, daarvoor is Hy te heilig!   Hy is egter gewillig om die gebede van sondaars wat met die verdorwenheid van hul harte worstel en alles wat vuil is op te ruim, te verhoor en volke te herstel.

WAT IS DIE NUT VAN DIE BYBEL?

Ds A.E. van den Berg

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”(2 Tim.3:16,17).

As jy by ʼn groot boekwinkel instap, vind jy altyd boeke wat jou vertel hoe om baie geld te maak of om geld voordelig te belê. ʼn Mens wonder of die skrywers nie eerder uit hul boekverkope ryk word nie? Twee vrae wat oor sulke boeke gevra moet word, is eerstens hoe betroubaar is dit en kan ek alles glo wat daarin geskryf staan? Is dit tweedens op my spesifieke situasie van toepassing?

Die probleem met sulke boeke is dat dit veronderstel dat baie geld op jou wag as jy net wil waag. Nee dankie, ek vertrou nie sulke boeke nie. Wys my eerder ʼn boek wat onomwonde as eg en betroubaar bewys is en ek koop dit!

Ons besit almal so ʼn boek, een wat ons vertel hoe om maksimum voordeel in die lewe en veral na die dood te geniet. Dis so betroubaar dat niemand wat die beleggingstrategie wat daarin verduidelik word, ooit teleurgesteld was as hulle dit te volg nie. Desondanks lê hierdie boek dikwels verwaarloos terwyl mense wat dit besit eerder TV kyk of nuusblaaie lees. Ek praat van die Bybel; die enigste boek wat wêreldaandag verdien.

Die Bybel vind sy oorsprong by God. Hy het deur die begeestering van die Heilige Gees die woorde van die Bybel oor die verloop van 1500 jaar in skrywers se harte laat opkom. Alhoewel God enkele gedeeltes soos die Tien Gebooie gedikteer het, het Hy skrywers met hul eie persoonlikheid gebruik. Die finale produk het egter altyd van Hom as hemelse Redakteur gekom.

Toe Paulus die gelese gedeelte aan Timoteus geskryf het, was daar nog geen NT boeke geskryf nie. Die OT was die enigste Skrif-bron. Dit beteken egter nie dat die NT nie deur God begeester is nie. 2 Tim.3:16,17 herinner gelowiges bloot daaraan dat die OT nie eenkant toe geskuif mag word nie. Die Bybel is meer as NT. Gelowiges moet na die verhale, geskiedenis en stem van God deur die OT profete luister om te verhoed dat foute herhaal word.

Paulus leer dat God die hele Skrif so beplan het. Die Bybel is, letterlik vertaal, deur God ingeblaas. Omdat Hy die bron daarvan is, is dit net so betroubaar soos wat Hy self is. En omdat die Bybel van God kom, verskil dit geheel van enige ander boek op aarde. Petrus skryf:

“...terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2 Pet.1:20,21).

2 Tim.3:16,17 sê dat die Bybel nuttig is vir lering en tot weerlegging. Lering gaan oor die bewaring van die suiwere Bybelse leer. Teregwysing en onderrig in die geregtigheid gaan oor menslike gedrag. Gelowiges moet genoegsame kennis van die leer oor God, die skepping, sondeval, die persoon en werk van Christus, die regverdigmaking deur sy dood en die verkryging van die ewige lewe hê om mistastings te voorkom en dwalings te weerlê.

Die Bybel is die swaard wat alle boosheid afsny. Geen dwaalleer is daarteen bestand nie. Jesus en die apostels het dikwels hierdie swaard gebruik om mense tereg te wys. Die woord teregwys kom van die Griekse woord vir reguit maak. Kennis van die Bybel maak menselewens wat krom is, reguit.

God het die Bybel gegee om die ganse lewe te rig –die mens se leer en lewe.

“...sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”(:17).

Nadat Moses die Wet voltooi en vir die Leviete gegee het, sê hy vir sy volk:

“Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou. Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe....” (Deutr.32:46,47).

Die Wet was die standaardwaardering van die OT. Het u al gewonder waarom Ps.119 so lank is nl. 176 verse?   Omdat die skrywer die mens se waardering vir God se Woord wou uitspreek. Hy gebruik die 22 letters van die Hebreeuse alfabet as struktuur daarvoor. Wat leer dit ons? Dat die Woord van God as asem die lewe van A tot Z is.

Daar is geen situasie waarvoor God nie in die Bybel ʼn oplossing voorsien nie.   Al is dit nie direk nie, dan minstens deur beginsels wat gelê is.   Die Bybel beantwoord vrae in die gemoed soos: Is daar ʼn God? Hoe kan ons Hom leer ken? Wie is ons? Waarom is daar dood en lyding? Wat lê anderkant die graf? Wat hou die toekoms vir ons in? Hoe weet ons wat reg of verkeerd is ens.

Die Bybel gee al die antwoorde. Dis God se handleiding wat ons leer om reg te leef. Daar is egter een groot voorwaarde: Dit moet bestudeer en nie bloot gelees word nie. Om Bybel te lees sonder om daaroor na te dink, is soos om kos te eet sonder om dit te verteer.

Wanneer ken iemand die Bybel? Deur teksverse op te sê? Nee, so ʼn persoon beïndruk dikwels net mense daarmee. Hulle moet dink dat hy die Bybel ken terwyl hy dit nie ken nie. Dit was die geval met die Fariseërs. By geleentheid berispe Jesus hulle ernstig:

“Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29).

Wanneer ken iemand sy Bybel? As hy dit wat 2 Tim.3:16 sê, kan doen: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid”. Vier dinge. Hy moet kan leer, weerlê, teregwys en onderrig.

Wie sy Bybel ken, verstaan die waarhede van die Skrif en kan dit oordra. Wie sy Bybel ken, kan dwaling weerlê. Wie sy Bybel ken, kan mense wat ontspoor het help om op weer op die spoor te kom. Wie sy Bybel ken, kan mense in geestelike sake onderrig.

Ongelukkig sê mense wat geen belang by die Bybel het nie so maklik dat die Bybel niks vir hulle te sê het nie. Die Bybel is soos ʼn spieël; as ʼn dwaas daarin kyk, kan ʼn wyse nie terugstaar nie. In baie gevalle trap die Bybel op seer tone omdat mense se voete in die verkeerde rigting loop!

Ken jou Bybel. ʼn Deeglike kennis daarvan is meer werd as ’n universiteit vol geleerdheid omdat die Bybel ons nie net leer om reg te leef nie, maar ook om reg te sterf!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1481 gaste aanlyn