NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet jy dat jy jou hele lewe kan verander deur jou houding en gesindheid te verander? Probeer dit gerus in die positiewe sin!

DIE GEWILDSTE GODIN

Ds. A.E. van den Berg

“Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n klip pilaar mag julle vir julle nie oprig nie .....”(Lev.26:1).

“Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie, maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Kor.11:14,15).  

Benewens hul opstandigheid teen God met die bouery van ʼn toring,was die mense van Babel verknog aan die godin Semiramis. Sy was die vrou van Nimrod, die eerste koning op aarde, en wat die berugte toring begin bou het. Nadat hy vermoor is, het ʼn priester ʼn seun by Semiramis verwek wat sy Tammuz genoem het. Sy het haar onderdane laat glo dat Nimrod een nag uit die dood teruggekeer het om haar te bevrug en dat die kind ʼn reïnkarnasie van Nimrod was.

Die Babiloniërs het dit vir soetkoek opgeëet en talle beelde van die moeder-en-kind in die land opgerig. Daarvandaan het dit wêreldwyd versprei wat daartoe gelei het dat al hoe meer mense haar as ʼn hemelkoningin aanbid en behoorlik gek na haar geword het.

Sy is ook in tye van godsdienstige verval in Israel vereer: 

"Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg”... “En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet, is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?” (Jer.7:18; 44:19).

Die Wet van God verbied beeldediens. Desondanks het mense voor beelde van Semiramis neergekniel en haar aanbid. By geleenthede is selfs diere vir haar geoffer. Die gewildste offer was die broodjie-offer wat soos ʼn wafeltjie gelyk het en vandag nog in die Roomse Kerk (RK) tydens hul karikatuur van nagmaal gebruik word. Talle NG Kerke gebruik ook hierdie wafeltjie met nagmaal.

Semiramis word na 1000e jare steeds wêreldwyd aanbid deur bykans 2 miljard mense oor die aarde heen. Hoe het dit gebeur? Sy is bloot vanuit die een afgodsisteem na ʼn ander een oorgeplaas en ʼn nuwe naam gegee – Maria.   Die Babiloniërs het soos die RK geglo dat Semiramis na die hemel opgevaar het om ʼn ereplek as hemelkoningin te gaan beklee.   Daar is geen verskil tussen die RK en Babel nie.

Semiramis word dikwels as ʼn vrou met ʼn goue wynbeker in ʼn uitgestrekte hand uitgebeeld. Johannes sien haar in Openbaring:

En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ʼn goue beker gehad …”(17:4).Purper en skarlaken is die RK se amptelike kleure!

In 1825 het die RK ʼn herdenkingsmedalje uitgegee wat die kerk as ʼn sittende vrou met ʼn beker in ʼn uitgestrekte hand uitbeeld met die onderskrif: Die hele wêreld is haar setel”.   Die RK is die valse profeet wat net voor die wederkoms die Antichris help om die wêreld te beheer. Johannes skryf:

… en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery” (Openb.17:2).

ʼn Oud-Griekse geskiedskrywer skryf dat Semiramis uiters verleidelik was en maghebbers betower het. Daarbenewens het sy haar onderdane in ʼn blinde onderdanigheid aan haar onderwerp en booshede soos bv. die selibaat gevestig: haar priesters en tempelmaagde mag nooit getrou het nie; presies soos in die RK die geval is. Die selibaat is opstand teen God se instelling van die huwelik.

Die vroeë Christene het nooit probleme met Maria die aardse moeder van Jesus gehad nie totdat die RK vir Christus onttroon en ʼn troon vir haar ingerig het om as hemelse koningin aanbid te word. Die RK glo dat sy die Bybelse Maria vereer terwyl sy in werklikheid Semiramis aanbid!

Die Babiloniërs het met hul beeldhouwerk Semiramis as ʼn moeder met ʼn hulpelose baba in haar arms uitgebeeld. Let op die RK se uitbeelding van Jesus; hoofsaaklik as ʼn hulpelose mens of as ʼn baba of dood aan ʼn kruis of dood in Maria se arms.   So ʼn beeld van hulpeloosheid sal niemand in Jesus as ʼn Verlosser laat belangstel nie. Dit wek hoogstens gevoelens van meegevoel en hartseer op, maar nooit van hoop of vertroue nie. Geen wonder dat die RK ʼn lewende Maria bo ʼn dooie Jesus verkies nie!

Daarbenewens is die uitbeelding van die Roomse Maria nie Joods van aard nie maar eerder sterk Babilonies. Die Roomse Maria word as ʼn jong vrou met blou oë en blonde hare uitgebeeld wat met afbeeldings van Semiramis uit argeologiese opgrawings ooreenstem. Die Roomse Maria word net soos Semiramis met ʼn stralekrans om die kop uitgebeeld; simbool van die songod en dus afgodies.

Daar is met verloop van tyd soveel fiksie en fabels aan die Roomse Maria toegedig, dat die ware Maria in die stortvloed van Roomse onsin verdwyn het.   Desondanks bly sy die rolmodel vir Roomse vrouelidmate en word hartstogtelik aanbid. Franz Schubert het in 1825 selfs ʼn gebed aan haar gekomponeer; die Ave Maria; een van die mooiste melodieë maar met die agterlikste woorde!.

Soos wat die Jesus wat deur die Mormone of Jehovasgetuies verkondig word nie die Jesus van die Bybel is nie, is die Maria van die RK nie die Bybelse Maria nie. Sy is in werklikheid niks anders as ʼn oud Babiloniese godin wat dieselfde naam verkry het nie en waarmee miljoene mense mislei word!

Die Bybelse Maria was geseënd, nederig en met ʼn behoefte aan ʼn Verlosser. Luister na die lofsang van Maria kort na die aankondiging dat sy die Messias sou baar:

En Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker...” (Luk.1:46,47).

Sy was ʼn mens en mense het ʼn behoefte aan ʼn Verlosser.

“...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23).

Maria was ʼn sondaar soos ons. Sondaars kan nie redders wees nie. Petrus sê vir die Joodse Raad:

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12).  

Die RK het die kluts veral in 1950 kwytgeraak toe die eertydse pous met ʼn ex cathedra-uitspraak gesê het dat Maria drie dae na haar dood opgewek is en te hemel gevaar het om as koningin van die hemel op ʼn troon aan die regterhand van Christus te gaan sit: ʼn bose parallel met Jesus se opstanding en hemelvaart!

Die RK verkondig dat Maria se geboorte net soos Christus s’n bonatuurlik en sonder sonde was.   Daarom het sy haar bonatuurlike koms met ʼn bonatuurlike verlaat afgesluit.   Dieselfde het eeue tevore in Babel gebeur. Die Babiloniërs het ook geglo dat Semiramis uit die dood opgewek is en ten hemel gevaar het om ʼn ereplek as die hemelkoningin te beklee.  

Dank God vir Protestantisme. Protestante sal nooit die RK se afgodiese liefde en toewyding aan Semiramis begryp nie. Daarvoor moet ʼn mens as’t ware met ʼn Roomse gewete gebreinspoel wees. Ja, die donker wêreld van Satan prikkel ongelowiges se belangstelling.   Dis egter baie gevaarlik want wie volgens Satan se kode leef, word aan sy reëls gebind!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 864 gaste aanlyn