NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Onthou jy toe jy klein was het jy gebid: "Liewe Jesus ek is klein; maak my asseblief my hartjie rein."? Vandag moet jy meer as tevore vir 'n rein hart bid want Satan beur met alle mag om ons onrein te maak sodat ons nie God se belofte sal beleef toe Hy gesê het wie rein van hart is sal Hom eendag van aangesig tot aangesig sien.

OM MET GOD TE SPOT

Ds A.E. van den Berg

“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk ...” (Rom.1:18).

ʼn Volk wat God se Woord minag, kan nie staande bly nie, veral soos met Suid-Afrika gebeur het. Mense het hier aan die suidpunt van Afrika teen God se skeppingsorde in opstand gekom, die leuen bo die waarheid verkies en dra vandag die bittere gevolge daarvan. Dit het ʼn lugleegte gelaat wat met allerlei sedelose praktyke gevul is waarvan homoseksualisme sekerlik die heel walglikste is.

Die Bybel veroordeel homoseksualisme in geen onduidelike taal nie en skep nie die geringste ruimte vir enige verdraagsaamheid daarvoor nie.   Dit word nêrens as ʼn eiesoortige erotiek beskou nie. Wat sedelik verkeerd is, kan nooit vir God reg wees nie!

Homoseksualisme is een van die gruwelikste vorms van sedeloosheid van alle tye. Lev.18 bevat ʼn lys van sedelike grense wat nie oorgesteek mag word nie:

“Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (:22).

Wie dit beoefen het, kon met die dood gestraf word:

“En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens met ’n vrou het, het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word....” (Lev.20:13):

Paulus skryf:

“Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas....” (1 Kor.6:9-11).

Dit slaan gelowiges derhalwe plat dat sekere kerke homoseksualisme kan goedpraat, homoseksuele leraars op hul kansels toelaat, homoseksuele leraarspare in die bediening het en selfde geslag huwelike voltrek!   Hoor hulle dan nie wat die Bybel sê nie?

“...mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Rom.1:32).

Wat is duideliker as dit!

Is kerke nie veronderstel om teen sonde te waarsku nie?

“Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodedienaar is, ’n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie” (Efes.5:5).

“Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is” (Kol.3:5).

Die eerste negatiewe ding wat God in die Bybel sê, is dat dit nie goed is dat die mens alleen is nie. Daarom het Hy self die huwelik ontwerp:

“En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees” (Gen.2:22-24).

God het die huwelik ingestel om Hom te verheerlik. Geen gruwel kan dit doen nie!

Gesonde geslagtelike gedrag skep lewe. Homoseksualisme baar die dood. Daarom praat die Bybel nêrens van ʼn heilige verbintenis tussen mense van dieselfde geslag nie. So ʼn huwelik is nie ’n seën nie, maar om God openlik en uitdagend te tart!

Waar kom homoseksualisme vandaan? Van die satan. Hy is ʼn teenstander van God en homoseksualisme is sy teenontwerp van die huwelik. Satan se ontwerp wedywer vandag binne hoofstroom kerke met God se heilige huweliksontwerp!

Wie hierdie gruwel bedryf, bevind hul in ʼn onbeskermde geestesgebied met bose geeste wat hul in wellus teenoor mekaar laat ontbrand.   Hierdie geeste was al in Sodom en Gomorra bedrywig. Dit wat was, sal weer wees. Jesus sê:

“Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel afgereën en almal vernietig. Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word” (Luk.17:29,30).

Dinge verander kort voor die wederkoms; ʼn geweldige opbloei van homoseksualisme met kerke se seën en bevestigings!

God veroordeel homoseksualisme nie anders as in die verlede nie:

“Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebr.13:8).

Gelowiges kan hoogstens medelye met homoseksuele mense hê, maar nie met hul beoefening daarvan nie. Homoseksueles word nie so gebore nie maar verkeerd grootgemaak. By mans is dit aan te sterk moederbindinge en by dogters aan te sterk vaderbindinge te wyte. Die dogter word soos ʼn man en die seun soos ʼn dogter grootgemaak.

God het by geleentheid so toornig op homoseksualisme geword dat Hy twee stede wat daarvan deurtrek was met vuur en swael verwoes het (Gen.19). Om hierdie gruwel as ’n chromosoom-afwyking te regverdig, is ʼn gerieflike bos waaragter sonde verskuil word.   Indien homoseksualisme ʼn chromosoom-afwyking is, sou God dit nie as ʼn gruwel veroordeel en Sodom en Gomorra verwoes het nie.

Homoseksualisme is ’n bewustelike verdraaiing van God se skeppingsorde en ʼn ergerlike vergryp teen die menslike natuur:

“Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang” (Rom.1:26,27).

Die skerp toename deesdae in homoseksualisme dui duidelik op ʼn skerp toename in heidendom. Die twee loop hand aan hand. Homoseksualisme is ’n spottery met God:

“Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Gal.6:7).

Die Bybel is duidelik oor die uiteindelike lot van diegene wat homoseksualisme beoefen:

“Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie” (1 Kor.6:9,10).

Van al die plae wat die mensdom kan tref, is kerklike misleiding die skadelikste. Kyk maar net wat vandag in baie van die groot kerke plaaslik en internasionaal gebeur; hulle laat mense die dood vir die lewe laat aansien! Kerke omhels die wêreld in plaas daarvan om die dwaasheid daarvan aan die lig te bring:

“...want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter.....” (2 Tim.4:3,4).

Wat is die oplossing?

Om God te bid dat Hy ons land sal genees en vir ons nuwe leiers op geestelike en politieke gebied gee wat Hom nie tart nie maar doen wat Hy vra. Sy belofte aan oud Israel is ook ʼn belofte aan ons eie volk:

“...en (as) my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees” (2 Kron.7:14)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1370 gaste aanlyn