NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het ons volk ons hart wat aan God behoort van Hom gesteel? Seker daarom dat ons Hom nie meer ken nie - afgedwaal het. Die troos is egter dat Hy dit nie so aanvaar nie! In Jeremia 24:7 sê Hy wat Hy ook vandag vir die Boerevolk in Suid-Afrika sê: "En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart".

SATAN DIE VERLOORDER

Ds A.E. van den Berg

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei...” (Openb.12:9).

Hoe lyk Satan? Niemand weet nie. Sommige mense stel hom baie vreemd en selfs komieklik voor – ʼn bokagtige wese met horings, gesplete kloue en ʼn drietandvurk. Sulke voorstellings is nie Bybels nie. Dis hoe talle Middeleeuse kunstenaars hom visueel voorgestel het en die voorstellings byval gevind het.

Satan en sy demone is geeste. Hulle het nie hande, voete of enige ander sigbare menslike kenmerke nie.   Dis een van die redes waarom die Bybel nie Satan se voorkoms beskryf nie. Wanneer Paulus na hom as ʼn engel van die lig verwys, praat hy nie sy voorkoms nie maar van sy gevaarlike, veranderende gedaante en optrede waarmee hy mense deur die eeue mislei.

Al wat ons van die Satan weet, is dat hy voor sy val ʼn leier-engel in die hemel by God was. Hoe hy tans lyk, weet niemand nie. Misleiers dra almal maskers waarmee hulle hul boosheid versteek ten einde mense te mislei. Jesus sê: “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes...” (Joh.10:10).  

Waar Satan vandaan kom?. Al wat ons weet, is dat hy nie van ewigheid af daar is nie. Hy moes wel voor Adam geskape gewees het. Ons lees in Gen.3:1vir die eerste keer van hom: Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat God gemaak het...”. Die eerste keer dat die naam Satan in die Bybel vermeld word, is eers in 1 Kron.21:1: “Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel”.  

Satan verskyn in die eerste boek van die Bybel as ʼn slang. So ook in die laaste boek van die Bybel: En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei...” (Openb.12:9).

Uit Eseg.28 is dit duidelik dat Satan aanvanklik ʼn engel was: Jy was in Eden, die tuin van God.... Jy was ʼn gerub met uitgespreide vlerke...” (:13,14). As hy in Genesis sy opwagting maak, is hy egter die leier van die bose geeste. God het hom en sy makkers na ʼn mislukte opstand in die hemel uitgewerp. Daarom is die eerste omskrywing van sonde: Opstand teen God.

Met die uitstuur van die dissipels op hul eerste sendingtog sê Jesus: “.... Ek het die Satan soos ʼn bliksem uit die hemel sien val” (Luk.10:18). Jesus waarsku hulle dat Satan en sy trawante die wêreld vir die dissipels moeilik gaan maak.

In Hebreeus beteken Satan teenstander.   As Petrus kapsie teen Jesus se woorde oor sy komende lyding maak, sê Hy vir Petrus: Gaan weg agter my, Satan!” Die bedoeling is teenstander. In Jes.14:12 van die King James uitgawe van die Bybel is daar nog ʼn naam vir Satan– Lucifer. In Afrikaans lui dit: Hoe het jy uit die hemel geval, o morester, seun van die dageraad....”

Die naam Lucifer kom nie in die Hebreeuse teks van die OT voor nie. Dis ʼn beïnvloeding van die Latynse vertaling (Vulgaat). In Latyn beteken Lucifer letterlik die bringer van lig. Dis ʼn titel wat Jesus vir homself in Openbaring toeëien: “.... Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink morester”(22:16).   Jesus was die ware Bringer van lig: “Ek is die lig van die wêreld”.

Satan se bose invloed op die mens word van die begin af duidelik as hy hom in die Tuin van Eden as een van die diere, nl. ʼn slang, voordoen net om die eerste mensepaar te mislei. Daarna hits hy vir Kain aan om sy broer Abel dood te maak. In Openb.20:2 word hy ʼn draak en ou slang genoem. Mattheus noem hom die versoeker (4:3) en Beëlsebul (12:27).   Jesus noem hom die vader van leuens (Joh.8:44) en owerste van hierdie wêreld (Joh.12:31).  

Satan is die hooffiguur van sonde. Sy val het by trots begin–hy wou ten alle koste God se almag bekom. Hierdie begeerte was so intens dat hy nie eens Jesus ontsien het nie. Hoor wat sê hy vir Jesus om van sy verlore aansien te probeer herwin: “Weer neem die duiwel Hom saam na ’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid” (Mt.4:8,9).

Satan het selfs by geleentheid sy opwagting by engele in die hemel gemaak. In die eerste hoofstuk van Job lees ons: “En op ʼn dag toe die seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die Satan ook onder hulle gekom” (1:6). God het Satan toegelaat om hom op Job se trou teenoor sy eie ontrou te wys.

Die eerste ding wat ons van Satan moet weet, is dat hy ʼn misleier is. Paulus waarsku sy lesers dat Satan hom as ʼn engel van die lig voordoen terwyl hy in werklikheid mense hel toe lei (2 Kor.11). En hierdie pad is breed. Jesus sê: Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan” (Mt.7:13). Satan laat die breër pad beter as die smal pad na die hemel lyk; wat ʼn misleiding!

Moet nooit enige misleier die skuld gee as jy jouself laat mislei het nie. As jy sondig moet jy nooit sê dat die duiwel jou dit laat doen het nie. Net soos wat die eerste mensepaar die keuse gehad het om vir Satan nee te sê, het elke mens die selfde keuse. Ons is vir elke oortreding self verantwoordelikheid. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikhede weggesleep en verlok word” (Jak.1:14). God waarsku vir Kain: “ ... die sonde lê voor die deur en sy begeerte is na jou, maar jy moet daaroor heers” (Gen.4:7).

Satan weet dat sy tyd uitloop en ʼn verskriklike oordeel op hom wag: “...want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openb.12:12).   Hy is vir die ewige hel bestem. Jesus sê: Dan sal Hy ook vir die aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My.... in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele” (Mt.25:41).  

Satan weet hy dat die ewige oordeel op hom wag en hy sidder want dan word hy eerste in die hel gewerp. En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Openb.20:10).

Niemand vrees die hel meer as Satan self nie. Hy is nie die stoker van die hel wat hom verlustig in mense wat daarin beland nie. Hy is ʼn veroordeelde gevangene op pad daarheen. Jesus het hom reeds oorwin. Gevolglik kom die dag al hoe nader dat sy mag finaal gebreek gaan word: En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei...” (Openb.12:9).

Sataniste glo anders. Hulle glo weer dat daar ʼn finale slag gaan plaasvind en dat die Satan oor Jesus gaan triomfeer. Wat ʼn skok wag daar nie op hulle as hulle op die oordeelsdag met aanvoerder en al in die hel gewerp gaan word nie!  

Omdat Satan weet dat sy tyd uitloop, spits hy hom op kerke toe. Hy mislei hulle om gruwels soos homoseksualisme en ander sondes te ontsondig. En hulle val daarvoor! Die Bybel waarsku: Wees nugter en waaksaam, want julle teenstander, die duiwel loop rond soos ʼn brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Pet.5:8).   Kerke smaak vir hom die heel lekkerste!

Gee aan die duiwel geen vatkans in jou lewe nie. Jesus het vir jou aan ʼn kruis gesterf om ʼn ewige heerlikheid saam met Hom deur te bring en nie ʼn ewige hel saam met die vader van die leuen nie!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 597 gaste aanlyn