NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? Prediker 5:5

OM DIE GELOOF TE VERLOOR

Ds A.E. van den Berg

“Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie” (Hebr.2:1).

Die Hebreërskrywer begin hoofstuk 2 met ʼn opdrag aan gelowiges om aan die waarheid geanker te bly. Dit gebeur soms dat gelowiges wegdryf sonder om dit agter te kom. Dit het met Simson gebeur: En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die Here van hom gewyk het nie” (Rigt.16:20). Tragiese woorde!

Ware gelowiges vind dit nie moeilik om hul geloofsboot aan die waarheid te anker nie. God het immers sy Woord gegee sodat mense die waarheid van die leuen kan onderskei en verdedig. Paulus skryf: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).

Jesus sê vir gelowiges: As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15).Bewaar beteken hier om die waarheid te verdedig en te beskerm.Wie die waarheid verlaat, verloor lewensrigting en ontspoor in die lewe.

Die Hebreërskrywer sê dat God baie moeite gedoen het om mense die waarheid te laat leer ken en dit selfs met wonders en magtige dade bevestig: “...hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedeling van die Heilige Gees volgens sy wil?” (Hebr.2:3,4).

Wie die leuen bo die waarheid glo, spot in der waarheid met God: Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie (Gal.6:7). God het sy waarheid in sy Woord openbaar. Waarom wil mense daarvan wegdryf? Tog gebeur dit gereeld, selfs met predikante.

Soms raak predikante ontnugter met hul loopbaankeuse en verander dit. Ander ervaar as’t ware ʼn omgekeerde Damaskus-ervaring en verloor hul geloof.  Hulle dryf weg.

Leraars wat baie ernstige probleme in die bediening ervaar, neem toe. Sommige staan Sondae op die kansel en hou die Bybel as die onfeilbare Woord van God voor, maar glo nie in die hart wat hulle verkondig nie. In baie van die gevalle lê die probleem by hul kerkverband waarvan die leer van die Bybelse waarheid vervreemd geraak het.

Dis vir enige leraar onhoudbaar om een ding te glo, maar ’n ander ding van die kansel af te moet verkondig. So ʼn leraar waag dit nie om die waarheid te praat nie. Hy is bang om sy werk, salaris en pensioen te verloor. Daar is egter ook leraars wat bewustelik dwaalleer verkondig, mense laat ontspoor en aan die einde van die maand ʼn goeie salaris ontvang.

Geen wonder dat die moderne mens ʼn twyfelaar geword het nie. Eeu oue Skrifwaarhede soos Jesus se maagdelike geboorte, sy opstanding uit die dood en die lewe hiernamaals word bevraagteken. Dwaalleraars giet sulke vertwyfeling in preekvorm en mislei lidmate. Dis niks nuut nie en het al in die tyd van Moses voorgekom: Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen” (Deutr.27:26).

Die Bybel waarsku kerke wat bewustelik van die waarheid wegdryf dat indien hulle nie na die waarheid terugkeer nie, God hulle gaan verlaat soos met Efese gebeur het:“Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie” (Openb.2:5).

Efese het nie geluister nie, hul geloofsanker losgemaak en weggedryf. Dis vandag ʼn ruïne-stad, ʼn harde waarskuwing van wat met ʼn kerk gebeur wat die waarheid geken en bewustelik daarvan weggedryf het. Dit gaan tot niet!

Dit gebeur vandag al hoe meer. Kerke dryf weg en laat nie meer helder klanke van die Skrif op gruwels hoor nie. Hulle ontsondig dit selfs soos wat met homoseksualisme gebeur het. Daar is selfs gemeentes vir homoseksualiste. In een van Kaapstad se noordelike voorstede is daar ʼn gemeente met ʼn selfde geslag leraarspaar. God word bespot!

Is die Bybel dan nie duidelik oor die gruwel van homoseksualisme nie? Lees hulle nie Rom.1 nie? Is kerke nie veronderstel om geloofleiding te gee en gelowiges in hul geloof te versterk nie? Dit gebeur nie. Al hoe meer beweeg weg van Bybelse waarhede en hou hulle eerder met “polities-korrekte” sake besig.

Geen wonder dat lidmaattalle in hoofstroomkerke skerp afneem nie. Daar is bv. meer as 300 proponente in die NG Kerk wat op beroepe wag. Dis die vloek van ontsporing. Eertydse behoudende kerke dryf van die Bybelse waarhede af weg, daarna raak hul teologiese opleiding besoedel en word mense vanaf kansels verwar. ʼn Amerikaanse gelowige betreur onlangs die kerklike misleiding in sy land en gebruik ʼn woordspeling – theological seminaries became cemeteries. Vandag se kateder-teologie is more se kansel-taal!

Dit verg moed om aan God gehoorsaam te bly wees. Geen eerbare leraar durf ’n salaris van ʼn kerk ontvang as hy nie meer met hul leer saamstem nie. ʼn Kerk wat die waarheid nie meer beskerm nie, het ook geen bestaansreg nie. Daarom kan so ʼn leraar sy kerklike bande sonder enige gewetensverwyte verbreek. Ek het dit in 1987 gedoen!

Paulus se raad aan Timoteus is ook God se raad aan ons: “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus” (2 Tim.3:14,15).

Afvalligheid is besig om orkaansterkte in kerke te bereik en ʼn teken dat die wederkoms van Jesus naby is. Kort voor sy kruisiging vra sy dissipels vir Jesus oor wat aan die einde gaan gebeur:

“En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie” (Mt.24:3,4).

Daar was deur die eeue altyd misleiding gewees.Teen die einde gaan dit egter oorhand toeneem. Om nie weg te dryf nie moet ons aan die Woord van God vasgemaak bly. Ware geloof word deur gehoorsaamheid aan die Woord van God gekenmerk. Sorg dat jy jou Bybel goed ken, want dan kan jy nie wegdryf nie!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 826 gaste aanlyn