NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Lyding maak gelowiges sterk. Dit brei, vorm en verdiep.  Dit gee ons krag en weerstand.  Kortom: Dit gee ons geestelike staal.

DIE GRUWEL VAN GESLAGSONTDANING

Ds. A.E van den Berg

Die Bybel is ʼn gesaghebbende bron van inligting en raad wat God beskik het om gelowiges te leer om tot sy eer te leef. Om tot sy eer te leef, is die gelowige mens se hoogste strewe. Niks is belangriker as dit nie: “Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” (Ps.150:6). Om so te kan leef, moet die mens God se wil leer ken en sy verordeninge gehoorsaam.

Jesus sê vir sy dissipels: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15). Om God se gebooie te bewaar, moet ons die Bybel ken. Dis die enigste normatiewe maatstaf vir die lewe en leer mense om tussen reg en verkeerd te onderskei; ook op seksuele gebied. En dis belangrik.

God het op die sesde skeppingsdag die mens as man en vrou gemaak om sy beelddraers te wees (Gen.1-2).   Die mens is die enigste van sy skeppings wat God se beeld dra; ʼn beeld wat in sy hele lewenssamestelling sigbaar is. Nie eens ʼn liggaamsgebrek kan dit verander nie. ʼn Ontmande het bv. destyds nie vroulik geword nie, maar steeds man gebly.

Dawid sê in Ps.139:13-16 dat die mens se hele bestaan deur God beskik is. Hy het lank voor ʼn geboorte besluit of ʼn mens manlik of vroulik sou wees. Dis sy geskape natuur en sal tot die dood toe so bly. Dit wat onnatuurlikheid is, is nie God se wil nie maar aangeleer. Wie seksueel tot sy eie geslag aangetrokke voel se onnatuurlike drange plaas hom dus buite die wil van God.

Paulus skryf: “ ... want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe...” (Rom.1:26,27).

’n Mens word as man of vrou met ʼn chromosoom-patroon gebore wat reeds met bevrugting vasgelê is. Niks kan daaraan verander nie. Daarom kan ’n man bv. nooit kinders baar of ’n vrou prostaatkanker opdoen nie.  

Geslagsontdaning is ʼn geestesversteuring wat die mens in stryd met sy geboortegeslag bring. Hy laat sy innerlike eenselwigheid oor sy uiterlike een heers. God het die mens geskep om voort te plant en dit selfs ten spyte van die sondeval laat voortduur:

“En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE” (GEN.4:1).

Omgekeerde geslagsgedrag is in werklikheid niks nuut nie. Dit was betreklik algemeen in die Ou Ooste afgodskulture. Vandaar God se opdrag in Deutr.5:22

“ ʼn Vroumag geen mansklere dra nie, en 'n man mag geen vroueklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God 'n gruwel”.

Soos met baie van die ander Deuteronomium-wette was hierdie betrokke wet ook in die lig van die gruwel wat Israel se omliggende heiden-nasies bedryf het, geskryf. Israel moes vir God heilig leef en sy skeppingswil in hul voorkoms en geslagtelike optrede vertoon. Mans en vrouens moes duidelik onderskei word.

Paulus benadruk hier die liggaamlike heiligheid:

“Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat 'n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik” (1 Kor.6:18-20).

Die afgelope paar dekades word gekenmerk aan ʼn jammerlike tendens om Bybelse sedelike norme te verweer. Kerke ontsondig bv. homoseksualisme en swyg gevolglik oor geslagsontdaning omdat die een nie goedgepraat en die ander een veroordeel kan word nie!

Wie geslagsontdaning beoefen, maak soms van hormoonbehandeling en kosmetiese snykunde gebruik om hul geslagseienskappe te verander en hul liggaam in lyn met hul sonde te bring. Dis ʼn bewustelike ontheiliging van’n liggaam wat deur God gemaak is en sonde.

Mense wat glo dat hulle in ’n verkeerde liggaam gebore is, sê daarmee vir God dat Hy ’n fout gemaak het.   Nee, God is volmaak en sonder foute. Mense word nie verkeerd gebore nie, maar wel verkeerd opgevoed. Homoseksualisme is by mans verkeerde moederbindinge en by vroue verkeerde vaderbindinge.

Geslagsontdaning en homoseksualisme gaan hand aan hand. Indien ʼn persoon biologies manlik is maar hom met die vroulike psige vereenselwig, sal hy tot mans aangetrokke voel en seksueel met hulle wil verkeer.

Die verwering van Bybelse sedelike norme is die herlewing van ʼn baie ou dwaling - Gnostisisme. Gnostici het die mens se liggaam as onbelangrik beskou en die rede was al wat vir hulle belangrik was. Hulle het bv. geglo dat die rede die geslag bepaal het en nie die liggaam nie. Gevolglik het homoseksualisme hoogty onder hulle gevier.

Verloopte teoloë gee voor dat hul aandrang op die hervorming van sekere Bybelse leerstellings geen poging is om menslike ervaring bo die Bybelse leer te stel nie. Dit dien slegs om oor argaïese Bybelse sienings te herbesin en met meer liefdevolleoptredes te vervang. Nuwe teologiese inligting kan selfs geloofsoortuigings ingrypend verander!

Sulke kerklui wantrou nie noodwendig God se Woord nie maar worstel wel in die lig van sulke nuwe inligting en hul eie ervarings daarmee. Hulle gebruik die gelykenisse in Luk.15 om te glo dat God wel geslagsontdanemense aanvaar. Dit moet glo vir kerke ʼn voorbeeld van ʼn liefdevolle toelating van sulke mense wees. Nodeloos om te sê, word die ware betekenis van hierdie Skrifgedeeltes ernstig omseil!

Die opstandige mens wil volstrekte seggenskap oor sy eie liggaam hê. In plaas van baas oor sy eie lewe te wees, word hy, ironies genoeg, ’n slaaf van Satan en verwar hy slawerny met vryheid. Geslagsveranderingoperasies los nie die geestesontwrigting wat daarmee gepaard gaan op nie. So ʼn geskende liggaam laat die persoon lewenslank met ʼn innerlike konflik worstel wat nooit met ʼn uiterlike skending sal verdwyn nie.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 875 gaste aanlyn