NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons land het baie donker geword.  Daar is bykans geen terrein wat nie aangetas is nie.   Die kerklike terrein is die hartseerste!    Dis asof die hel se magte oor ons eens sonnige land ontketen is.  Wat ’n behoefte het ons volk nie aan die lig van Jesus as die blink Môrester nie!

GOD, GRENSE EN SATAN

Ds A. E. Van den Berg

“So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee” (Rom.14:12)

In Junie 2002 het Israel begin om ʼn 700 km betonmuur met hoë grensdrade tussen hulle en die alom vyandige Palestynse gebied op te rig en het van toe af baie internasionale kritiek ontvang. Israel het haar egter nie van stryk laat bring nie en is die onderneming al feitlik 70% voltooi.

Die nodigheid van grense het al in talle akademiese kringe ʼn vraagstuk geword. Dis vir sekeres amper ‘n vloekwoord omdat dit kwansuis klanke van gedwonge skeiding, skending van menseregte en onregpleging eggo.

Ongeag wat mense ook al daaroor sê, is grense onontbeerlik vir enige ordelike samelewing. Dit verseker en bevorder sinvolle gemeenskapontwikkeling. Die Groot Muur van China is sprekende ʼn voorbeeld hiervan. Dit het ʼn gevorderde beskawing effektief teen eertydse barbaarse Mongoolse invalle beskerm.

Alle grense is egter nie ewe goed nie. Daar is sekeres wat ʼn negatiewe invloed gehad het omdat dit mense wat bymekaar behoort het van mekaar af weggehou, Die ystergordyn tussen Oos- en Wes-Europa, veral die een tussen die eertydse Oos- en Wes-Duitsland is so ʼn voorbeeld. So ook die grens tussen Noord-en Suid-Korea wat die gevolg van kommunisme en die sg. koue oorlog is.

Desondanks is die wenslikheid van grense beter as geen grense nie. Mense kan nie sonder grense sinvol bestaan nie en Satan haat dit. Die Antichris poog om grense uit te wis en die mensdom onder die mag van Satan te bring. Dit het alreeds met die totstandkoming van die Europese Unie begin wie se uiteindelike doel is om nasionale grense tussen lidlande op te skort en almal in een superstaat saam te vat.

Dit het met die totstandkoming van die Schengen-ooreenkoms begin waarbinne nasionale grense feitlik betekenisloos geword het. Mense kan nie net as toeriste vrylik in hierdie lande beweeg nie, maar ook vir werk- en verblyf-doeleindes. Die negatiewe gevolge daarvan word duidelik in die vlugteling-krisis in Europa gesien waar dinge weens die afskaffing van grense gereeld handuitruk en goeie rasseverhoudings feitlik onmoontlik maak!

Die geskiednis leer dat goeie grense goeie bure maak. Na die skepping het ʼn verskeidenheid van mensegroeperings ontstaan wat later in volke ontwikkel envan mekaar afgeskei het. Dit het goeie orde tussen mense met uiteenlopende gedragspatrone gebring. Ons eie land kan van die jare getuig toe ons ʼn hoë produksie- en lae misdaadsyfer gehad het omdat politieke grense rassebotsings voorkom en vrede en voorspoed bewerk het.

Volke met vae of geen grense is slegter daaraan toe as volke met afgebakende grense nie. Die donker Middeleeue wat na die val van die Romeinse beskawing gevolg het, was juis chaoties omdat daar geen duidelike grense was nie. Daar was bv. niks om swakker volke teen sterk invallers te beskerm nie wat miljoene mense se dood beteken het.

Omdat God ʼn God van orde is, het Hy van meet af grense tussen verskillende volke ingestel: “Toe die Allerhoogste aan die nasies ʼn erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.” (Deut. 32:8).

“En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en dié volgens bepaalde grense verdeel....” (Neh.9:22).

En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;” (Hand.17:26,27).

God het egter nie net grense ingestel om volke van mekaar te skei nie, maar ook om sy wil op aarde uit te voer. Die eerste mensepaar was bv. van sulke grense bewus:  “En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie.” (Gen.2:16,17). God het ʼn grens gestel!

Ongelukkig leef ons in ʼn tyd waar daar gepoog word om Godgegewe grense op te hef. Ontspoorde teoloë probeer hard om Bybelse waarhede met allerhande teologiese bedrog uit te skakel. Ontspoorde kerke het bv. reeds die grens van een man en een vrou in die huwelik uitgewis en werk soos die NG Kerk tans aan ʼn huweliksformulier vir mense van die selfde geslag!

Mense verheidens teen ʼn skrikwekkende tempo. Hulle word bv. aangepor om hul liggame met tatoeëermerke en metaalvoorwerpe te mismaak. Sommige lyk soos oorlogskilderye! Om nie eens van die inboorlingskywe in die oorbelle te praat nie! Dis duidelik demoniesbegeesterd. Satan is los!

Ons moet ons lewens oppas. Ons behoort nie aan onsself nie maar aan God. Dawid skryf: “Want Ú het my .. in my moeder se skoot geweef. My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was....” (Ps.139)

Jou lewe is ʼn gawe van God. Daar kom ʼn dag dat jy dit moet teruggee. Daarom moet ons die grense wat God gestel het, eerbiedig. Satan haat sulke grense. Volgens hom moet mense daarvan afsien, selfs van die grens van die lewe. Hulle het in ons land selfs die reg om met aborsies moord te pleeg. Dis glo menseregte!

As die grense wat God vir ʼn ordelike samelewing gestel het, uitgewis word, moet mense nie wonder waarom ons land so verval nie. Dis baie duidelik God se straf! En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie” (Rom.1:28).

Dit wat God ongelyk geskape het, word vandag bewustelik gelyk geskaaf om die mensdom vir die koms van die Antichris voor te berei. Hy sal alleenlik oor ʼn mensdom sonder grense sy wêreldmag kan uitoefen. En hy gaan!

Dit bring gelowiges by nog ʼn grens- tussen hulle wat die wil van God doen omdat hulle Hom liefhet en Sy Woord eerbiedig en,hulle wat God se grense bewustelik probeer uitwis.

Die opstand teen God sal einde kry: Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).

Op die dag van afrekening kry God se laaste grens vorm. Elke mens wat op die aarde geleef het, kan net aan een kant van hierdie grens staan - of aan die regte of aan die verkeerd kant van God. Wie aan die verkeerde kant staan, is vir ewig verlore. Wie aan die regte kant staan, is vir ewig geluksalig.  Paulus skryf aan die Romeine: “So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee”.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 794 gaste aanlyn