NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Oorloë en stryd word veroorsaak deur mense wat eie, aardse belange wil dien. Daarom sal dit vermy kan word deur eerder ander belang te dien. Soek na dinge wat vrede bring want ons word in die Woord aangesê om die vrede te soek en dit na te jaag; dit sal lei tot die uitbou van God se koninkryk en die uitvoering van die liefdesopdrag om God en jou naaste lief te hê.

GLO JY AAN, OF IN JESUS?

Ds A.E. van den Berg

“En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels” (Joh.8:31).

In Jesus se tyd was daar drie groepe Jode.   Die grootste een het uit hulle wat Hom gehaat het, bestaan.   In Joh.15:25 haal Jesus Ps.35:19 aan: “… Hulle het My sonder oorsaak gehaat”.   Dis hulle wat uitgeroep het: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”

Die tweede groep was kleiner en het wel aan Jesus, maar nie in Hom geglo nie. By hulle dood was hulle net so verlore as diegene wat Jesus gehaat het. Die derde groep was die kleinste. Hulle het in Jesus geglo en hul siele is gered.

Hierdie drie groepe bestaan steeds, maar nie meer onder die Jode nie, wel onder die ganse mensdom.   Daar is eerstens diegene wat Jesus openlik haat soos die Sataniste, heidense gelowe, kommuniste ens. en meer as ’n biljoen sterk.

Die tweede groep is ook groot en glo slegs aan Jesus, maar nie in Hom nie en gaan selfs kerktoe. Die derde groep is baie klein – hulle wat in Jesus glo. As iemand aan een van die eerste twee groepe behoort, is hul siele verlore. Slegs die derde groep beërwe die ewige geluksaligheid. Wie derhalwe slegs aan Jesus, maar nie in Hom glo nie, is vir ewig verlore!

Baie mense glo wel aan ’n historiese Jesus nl. dat Hy gebore is, gekruisig is, uit die dood uit opgestaan en ten hemel gevaar het, maar dit is al. Hulle glo aanJesus maar nie in Hom nie en het derhalwe geen behoefte aan redding nie.

Joh.8:31 handel oor die derde groep – Jode wat in Hom geglo het. Die Griekse woord vir geloof beteken “om iemand met die hele hart te vertrou”.   Min Jode het Jesus so vertrou. Ongelukkig het niks intussen verander nie.   Mense glo steeds aan Jesus maar nie in Hom nie. Hulle siele is verlore.   “...’n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuilheid nie gewas is nie” (Spr.30:12).  

God roep deur die eeue mense na die hek van verlossing. Hierdie hek staan vir almal oop. Ongeloof laat die meeste ongeërg verbyloop. Daarom sê Jesus: “...want baie is geroep, maar min uitverkies” (Mt.20:16).  

Die Bybel sê dat ons slegs gered word as ons in Jesus glo. Jesus se liefde is egter ’n voorwaardelike liefde en nie vir almal nie. Slegs vir sy uitverkorenes.   “As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels”. Dis ʼn voorwaarde vir redding – jy kan nie bloot aan Hom glo nie, jy moet in Hom glo.

Wie in Jesus glo, het die waarheid lief en haat die leuen. Die waarheid behaag God en maak sondaars vry (Joh.8:32). En dis in sy Woord opgeteken vir elkeen om te glo. Ongelukkig doen mense nie moeite daarmee nie. Jesus waarsku die kerklui dat hulle dwaal omdat hulle die Skrifte nie ken nie (Mt.22:29).  

Jesus is daarop gesteld dat sy Woord eerbiedig word. Wie in Jesus glo, het ’n hekel aan leuens en dwaalleer, maar ’n hartstog vir die waarheid.   Baie mense wat kerktoe gaan, glo elke storie wat, as wat daar van God gepraat word, vanaf kansels opgedis word en besef nie dat Satan ʼn meesterlike verleier is wat die leuen na die waarheid laat klink nie!

Wie in Jesus glo, doen wat Hy vra. As julle My liefhet, bewaar my gebooie”(Joh.14:15). Dis immers wat geloof is – jy doen wat God vra. Abraham word die vader van die gelowiges genoem omdat hy gedoen het wat God gevra het. Hy was selfs bereid om sy enigste seun te offer. God se weg was sy weg.

Sonde laat mense net hul eie weg inslaan.   Jesus was in Getsemane menslik benoud en het God gebid om Hom die komende lyding te spaar. Dan hoor ons Hom sê: Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied” (Luk.22:42).   Wie in Jesus glo, se eiewilligheid verdwyn.

Abraham is die grootste geloofsheld van die Ou Testament. Toe hy sy seun wou offer, het God hom gekeer en gesê: … nou weet ek dat jy God vrees….” (Gen.2212).   Ja, geloof is om jou nette in die onbekende te laat sak sonder om te weet wat die vangs gaan oplewer.   God het geweet dat Abraham die toets sou slaag.   Hy het ’n behae in onvoorwaardelike liefde.  God gee aan sommige meer geloof as aan ander as hulle bereid is om meer van Hom te ontvang.

Daarvoor moet ons die Bybel goed ken. Dis die enigste vasstaande maatstaf om te weet wat reg of verkeerd is. Slegs hulle wat in Jesus glo, aanvaar dit so. Wie slegs aan Hom glo, volg hul eie kop en praat selfs sonde goed. Hulle glo dat as jy gered is, jy met sonde kan voortgaan. Dis nie wat die Bybel sê nie!   Let op die teksvers: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels”. As ons nie in Jesus glo nie, behoort ons nie aan Hom nie. In Joh.15 vergelyk Jesus gelowiges met ’n loot wat in ’n wingerdstok geplant is. Solank dit daar bly, leef dit. As dit uitgeruk word, is dit net goed vir brandhout.

’n Evangelie wat mense se sondige idees bo die Woord van God plaas, is nie van Jesus nie, maar van Satan.   Ek wonder hoeveel prediking is vandag nog suiwer Evangelies? Ons hoor toenemend van gruwels soos homoseksualisme en saamblyery wat deur kerke goedgepraat word.   Luister hulle dan nie na wat God in sy Woord sê nie? Geen wonder dat die land so verval nie – kerklui glo hoogstens aan Jesus maar nie meer in Hom nie!

Die tyd het aangebreek dat die volle raad van God vanaf kansels verkondig word. Satan mislei miljoene mense met halwe waarhede. Dit gebeur as die Bybel uit verband aangehaal word.   As dit nie reg gebruik word nie, lei dit tot menseverheerliking. Paulus waarsku in sy brief aan die Romeine dat die mens aan die einde van die tyd verheerlik gaan word.  

Daar is geen waarheid buite die Bybel nie. Die Bybel laat jou in Jesus glo en nie aan Hom nie. Moenie jou geloof in dinge buite die Bybel plaas nie. Onderskei baie duidelik tussen ’n valse geloof en reddende geloof. Buite die Bybel om is alle geloof ongeloof.   En ongeloof is meer as blote oordeelsfoute of mislukte pogings om die waarheid te bekom – dis bewustelike opstand teen God: jy weet wat reg is, maar doen dit nie!  

Ongeloof en ongehoorsaamheid is sinonieme. Jy bedrieg jouself deur kerktoe te gaan maar in ongeloof te leef: Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk” (Tit.1:16).

Ongeloof maak jou dood. Toe die Israeliete deur die Rooisee getrek en die wonderversorging van God aanskou en beleef het, het hulle steeds nie geglo nie. Daarom het God ’n hele geslag in die woestyn laat omkom.   Geloof is om in die teenwoordigheid van die versorgende God te verkeer en Hom te bewonder.

Dis tyd dat ons as volk met volle oorgawe na Jesus terugkeer want ons is, soos Jes.53 sê, skape wat elkeen sy eie kop volg en verdwaal het. Die Boerevolk moet soos die verlore seun na hul hemelse Vader terugkeer en Hom met hul hele lewe begin dien. Om die lewe in ongeloof deur te bring, is erger as die dood. Laat ons nie in twee groepe wees nie, maar as een; ‘n geestelike familie wat nie aan Jesus glo nie maar in Hom.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1460 gaste aanlyn