NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe duidelik waarsku Petrus nie oor die spotters wat ons vandag in ons geledere sien nie! In II Petrus 3 sê hy "Dit moet julle weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel." Ons sien daagliks hoe mense die Bybelse waarhede misbruik om hul eie ongeloof te regverdig en twyfel by ander te saai. Maar God het ons ook 'n skild gegee waarmee ons onsself kan beveilig hierteen naamlik om te bly leef in alle godsvrug en heiligheid om so gereed te wees vir die Wederkoms van die Here.

BEKENDSTELLING VAN DIE HEILIGE GEES

Ds A.E. van den Berg

Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het ..... en hulle was almal verbaas en .... sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?” (Hand 2:4,7,8).

Gelowiges verskil dikwels van mening. Een ding waaroor almal wel saamstem, is dat daar ʼn God in die hemel is. Maar hoe weet ons dit?   Het iemand Hom toevallig ontdek? Nee, Hy het Hom aan die mens bekend gestel. Was dit nie daarvoor nie, het ons God nooit geken nie.

Ongelukkig is daar baie afgodery in die wêreld en dit neem toe. Met dwaalleer soek die mens na ʼn god. In egte godsdiens gebeur die teenoorgestelde; God soek die mens. As Hy nie na ons soek nie, sal ons Hom nooit vind nie.

God het Hom egter as ʼn Drie-eenheid bekend gemaak; drie persone in een wese; Vader, Seun en Heilige Gees. Dis nie ʼn drie godedom soos wat die Jehova Getuies leer nie, maar ʼn Drie-eenheid wat aan die hand van ʼn baie eenvoudige voorbeeld verduidelik kan word nl. dié van water. As water baie warm gemaak word, verander dit in stoom. As dit baie koud gemaak word, verander dit in ys. Dit bly water. So is die Drie-eenheid – drie Openbaringspersone maar een wese.

Ons herdenk vandag die uitstorting van die Heilige Gees. Hy het nie eers na Jesus se hemelvaart ontstaan nie, maar was reeds voor die skepping al daar. In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters” (Gen.1:1,2). Hy was reg van die begin af by die skepping betrokke.

Alhoewel die Heilige Gees nie baie in die OT op die voorgrond tree nie, was Hy wel aanwesig. Toe Moses op pad na Kanaän so erg met die opstandige Jode te doen gekry het dat hy handdoek wou ingooi, het God hom aangesê om 70 van die oudstes in die laer af te sonder waarna Hy sy Gees oor hulle vaardig laat raak het waarna hulle Moses bygestaan het om die volk te lei. Sedertdien het die Sanhedrin (Joodse Raad) altyd uit 71 lede bestaan.

Ná Jesus se aardse bediening was dit tyd dat die Heilige Gees sterker op die voorgrond moes tree en aan die gelowiges bekend gestel moes word. Lukas skryf in Hand.2 van die uitstorting van die Heilige Gees – sy bekendstelling.

In die OT ontmoet ons hoofsaaklik net die eerste Persoon van die Drie-eenheid nl. God die Vader.   Aan die begin van die NT ontmoet ons die tweede Persoon nl. Jesus, die Seun van God. Tien dae na sy hemelvaart ontmoet ons die derde Persoon van die Drie-eenheid – die Heilige Gees.

Dit beteken egter nie dat die eerste twee die Persone van die Drie-eenheid hul daarna aan die toneel onttrek het nie. Hulle was nog steeds daar en intens met die mensdom gemoeid. In die laaste gedeelte van die NT val die klem egter hoofsaaklik op die werk van die Heilige Gees omdat die Christen-kerk met sy uitstorting gestig is en die Christendom daarna uitgebrei het.  

Hoe weet ons dat die Heilige Gees nie ʼn derde godheid was soos wat die Jehova Getuies met hul dwaalleer verkondig nie?  Hand.5 vertel van ʼn sekere Ananias wat ʼn deel van die geld wat vir die versorging van die gemeente in Jerusalem na die apostels moes kom, vir homself gehou het. Toe dit aan die lig kom, het Petrus hom sterk aangespreek: “Waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg .... Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God” (:3,4).  

God en die Heilige Gees word op een voet geplaas. Die Heilige Gees is werklik en vir ewig God. Paulus skryf: “Weet julle nie dat julle ʼn tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?” (1 Kor.3:16).

Die Heilige Gees doen groot dinge in mense waarvan die wedergeboorte die belangrikste is omdat, as dit gebeur, die mens hom dan tot Jesus bekeer. Dis die belangrikste wat met ʼn sondaar kan gebeur – die verskil tussen ʼn ewige lewe en ʼn ewige dood! As die Heilige Gees ʼn mens nie tot bekering roep nie, sal hy nooit die ewige gesluksaligheid beërwe nie, selfs nie sy beste werke nie. Dis die pad van saligheid by die Heilige Gees wat mense tot bekering roep.

Daarna lei die Heilige Gees gelowiges in die waarheid omdat die waarheid ons gees vry maak: Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor.3:17). Jesus maak ʼn belofte: “...maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Joh.14:26). “Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van my getuig” (15:26). In ons wêreld van leuens is die waarheid soos ʼn vars bries in ʼn baie bedompige kamer!

Die waarheid lei ons altyd na die ware kerk en laat ons die gemeenskap van heiliges beleef. Heiliges is nie sondeloos nie, maar mense wat tot bekering gekom het: Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom” (1 Kor.6:17).

Ná Pinksterdag het iets spontaan posgevat – gelowiges het hulle van die Joodse kerk afgeskei en by mekaar ingeskakel: “En almal wat gelowige geword het, was bymekaar....” (Hand.2:44). Wat het die gelowiges bymekaar laat inhaak? Die bekering tot Jesus Christus. Een van die Gees se grootste werke is om mense van sonde te oortuig want sonder ʼn sondebesef is bekering onmoontlik.

In Hand.2 het die Heilige Gees mense van sonde oortuig en in ʼn gemeenskap van gelowiges saamgebind en almal se oog opgeval: “...terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk” (:47).   Dis wat God wil hê – dat gelowiges saam verkeer. Daarom bely ons in die 12 Artikels dat ons in die gemeenskap van die gelowiges glo. “Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is” (Rom.8:16).

Daarna lei die Heilige Gees gelowiges verder as bloot die bekering. Hy lei hul in die heiligmaking. Heiligmaking is basies daaglikse bekerings. Onthou, geen bekeerde mens is die bloudruk van geestelike volmaaktheid nie. Daar moet nog baie geestelike skaafwerk aan hom gedoen word. En dis waar die Heilige Gees ons te hulp kom. Deur ons van sonde bewus te maak, help Hy ons om ons al hoe meer vir Jesus af te sonder.

Daarom moet elke gelowige na meer vervulling met die Heilige Gees smag. Gelowiges word die dag van hul bekering met die Heilige Gees vervul. Pasop vir die dwaling van die sg. tweede seën (secondblessing) wat die Charismate verkondig. Hulle glo dat die vervulling (doop) met die Heilige Gees eers na die bekering plaasvind. Dis onskriftuurlik. Nee, elke gelowige is met sy bekering met die Heilige Gees in sy Drie-enige volheid vervul.

Die Heilige Gees verrig wonderlike dinge in ons lewe, maar moet nooit as iets afsonderlik van die Vader en die Seun beskou nie want dan verval ons in die selfde dwaalleer waarin miljoene Charismate wêreldwyd verstrengel geraak het en wat die persoon van die Heilige Gees onreg aandoen.

Die uitstorting van die Heilige Gees is die nakoming van Jesus se belofte: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen” (Mt. 28:20). Kom ons dank God saam met miljoene gelowiges oor die wêreld heen vir die uitstorting van sy Gees wat ons help gereed kry vir ʼn ewige, heerlike lewe saam met Hom!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 777 gaste aanlyn