Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Christene is nie volmaak nie, hulle is in die proses van ontwikkeling
VERSKILLENDE STALLE
Eenheid en vrede in verskillende stalle
Ds A.E. van den Berg
“Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder” (Joh.10:16).
Die AP Kerk het in Junie 1987 weens teologiese ontsporing van die NG Kerk weggebreek, veral oor hul bollemakiesie-slanery oor rassevermenging. Talle leraars is as agente vir verandering ingespan om gemeentelede te oorreed dat rassevermenging werklike liefde vir die naaste is. Rassevermenging is nie ʼn Bybelse opdrag nie. Dis onprakties en bring nêrens ter wêreld vrede en harmonie nie. Die teenoorgestelde gebeur soos misdaadstatistiek aandui.
Waar kom rasseskeiding vandaan? Van God. “Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel.....” (Deut.32:8). Paulus herhaal hierdie waarheid tydens sy besoek aan in Athene: “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (Hand.17:26).
God het grense t.w.v. vreedsame naasbestaan beskik. Mense met uiteenlopende maatstawwe kan hoogstens naasbestaan maar nie saambestaan nie. Satan wil mense saambondel. Let op die geskiedenis – sameflansings van volke, nasies misluk. Ja, God straf mense wat met sy skeppingsordening peuter!
Benewens die AP Kerk se standpunt teen rassevermenging, is daar nog ʼn rede vir haar ontstaan; ʼn teologiese waarheid rondom twee begrippe nl. Christelike eenheid en Christelike verskeidenheid. Calvinisme leer dat die kerk eenheid sowel as verskeidenheid vertoon. Die een is egter nie belangriker as die ander een nie. Die kerk bestaan uit verskeidenhede van nasies, volke en tale wat iets in gemeen het – hulle is skape van God se weide.
In Joh.10 sê Jesus dat Hy ʼn herder is en sê dan iets ontsettend belangrik; Hy lei nie net een kudde nie, maar ʼn verskeidenheid. En omdat Hy hulle lei, is hulle een. Hierdie waarheid is net in ʼn geestelike sin moontlik en nie fisies nie. Wie leer dat die eenheid groter as die verskeidenheid is, beywer hul vir strukturele eenheid en ontspoor soos wat met die NG Kerk gebeur het.
Yweraars vir strukturele eenheid glo nie aan verskillende stalle vir verskillende skape nie. Alle skape moet onder een dak ingejaag word. Vandaar die Babelse verwarring op kerklike gebied waarvan die Belhar-belydenis ʼn sprekende voorbeeld is.
In Joh.10 noem Jesus dat Israel nie die enigste stal is nie. Hy moet ook talle ander skape in hul onderskeie stalle lei. “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37).
In die Ou Testament se tyd was al die nasies behalwe die Jode grootliks in die mag van Satan. Lukas skryf: “Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel” (Hand.14:16). Met Jesus se koms het die deure van verlossing oopgegaan en het heidene ook tot bekering gekom. Paulus sê vir die Jode: “Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister” (Hand.28:28).
Dié waarheid is deur Jesaja voorspel: “Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie!” (Jes.54:2). So ook deur Miga: “Daar kom 'n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, ʼn blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Die volke sal daarheen stroom, baie nasies sal daarnatoe gaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer en ons daarvolgens kan lewe...” (Miga 4:1-3).
Wat sien die twee profete? Die koms van Christendom met baie stalle. Kuddes uit die heidendom gaan nie geestelik gesproke by dié van Israel ingeboender word nie. Hulle bestaan afsonderlik onder een Herder se leiding - ʼn eenheid te midde van ʼn verskeidenheid. En dis God se wil.
Jesus sou gelowiges nooit almal onder een dak (stal)indwing nie omdat Hy as God alwetend geweet het dat mense van mekaar in herkoms, taal, kultuur ens. verskil. Wie tot bekering kom, word nie tot die engelestand verhef nie. Hulle bly mense met swakhede, gebreke en verskille. Daarom sal geestelike stalle onderling van mekaar verskil.
ʼn Geestelike eenheid lyk anderste as dié van die wêreld. Gelowiges sal wel onderling verskil, maar hul eenheid in die bekering tot Jesus Christus vind. Let daarop dat hierdie eenheid nie van die skapenie, maar van die Herder afhang!
En dis die kernprobleem in ontspoorde kerkkringe - mense glo dat hierdie eenheid van die mens en nie van die Herder afhang nie. Daarom word daar met rampspoedige gevolge tevergeefs na strukturele eenheid gestreef Babel bouery!Nee, Christen eenheid het geen sigbare struktuur nie. Dis geestelik en word aan ʼn gehoorsaamheid aan die stem van die Herderduidelik; onsigbaar maar eg!
Dieselfde gedagte kom in Jesus se hoëpriesterlike gebed voor: “En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is” (Joh.17:22). Hy bid nie dat kerke een groot kerk sal vorm nie. Gelowiges hoef nie dit wat hulle uniek maak te laat vaar nie. Jesus verwag van gelowiges om teen ʼn godvyandige wêreld Bybelse standpunte in te neem.
Jesus sê in die Bergpredikasie: “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mt.5:14-16).
Hierdie lig skyn deur gelowiges met ʼn deeglike kennis van God se Woord en hul getuienis. Hul liefde vir Jesus en weerstand teen sonde bind hul met ʼn onsigbare band in samehorigheid saam.
“Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder”
Ontspoorde kerke verstaan nie hierdie waarheid nie. Die gevolg is dat die plaaslike kerklike terrein al so verval het dat dit al hoe meer soos die wêreld optree. En agter alles is die Satan wat kerke wysmaak dat hul net soos die eertydse mense van Babel hul vir strukturele eenheid moet beywer en besef nie waarmee hul eintlik besig is nie - die kerk waaroor die Antichris gaan regeer. Almal onder een dak! Dank God vir ʼn kerk soos die AP Kerk met ʼn gesonde leer en bid dat ons enduit by die Woord van God sal bly staan al val alles op kerklike terrein om ons plat!
Bid dat ontspoorde volksgenote die erns van die situasie sal besef. Dietrich Bonhoeffer, die Duitse teoloog het gesê dat as jy op ʼn trein is en dit beweeg in die teenoorgestelde rigting as wat jy wil gaan, dit jou nie gaan help om in die gangetjie in die teenoorgestelde rigting te hardloop nie. Jy sal moet afklim en die regte trein haal. En dis ons bede vir ons volksgenote wat op hul op verkeerde treine bevind.