NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, HERE. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.

DIE HUWELIK IN GEDRANG

Ds A.E. van den Berg

“En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie” (Mt.19:4).

Die huwelik is ʼn instelling van God tussen een man en een vrou en dus heilig. Satan probeer hierdie heilige instelling met onheilige verdraaiings te kelder en ontvang, tragies genoeg, met toenemende steun van ontspoorde kerke.

In 2000 is die Pienk Loerie-fees vir homoseksuele persone vir die eerste keer in Knysna, Suid-Afrika gehou en deur 20,000 mense bygewoon. Dit word sedertdien jaarliks aangebied. Onlangse internasionale opnames het skokkende statistieke aan die lig gebring. In Spanje was 91% van die ondervraagdes ten gunste van homoseksualisme en huwelike van die selfde geslag. In Duitsland was dit 87%, in Frankryk 86%, in Brittanje 81% en in die VSA 60%!  

Homoseksuele huwelike neem wêreldwyd toe soos wat ongelowiges God se heilige instelling uitdaag en die heidendom bevoordeel. Ongelukkig is huwelike van dieselfde geslag in November 2006 ook in Suid-Afrika goedgekeur. 

Wat sê die Bybel van die huwelik?   Dat dit van die begin af deur God ingestel is. …Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?” (Mt.19:4). In vers vyf sê Jesus dat man en vrou deur die huwelik een vlees word. In vers 6 sê Hy iets belangrik – die huwelik is ’n verbintenis waarin God mense verbind.   Dis ’n goddelike instelling en nie ’n burgerlike aangeleentheid nie.  

Omdat God parameters vir ’n huwelik bepaal en nie mense nie, lê huweliksluiting nie op die terrein van die staat nie, maar op die van die kerk alleen. Om voor ʼn landdros te trou, het geen Skrifgronde nie. Dis soos iemand wat slaghuis toe gaan om mediese sorg te verkry!    

God ag die huwelik belangrik. Dis trouens die toonbeeld van sy verhouding met die kerk.   Daarom moet dit rein wees. Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel” (Heb.13:4).

Die Bybel noem die huwelik ’n verbintenis tussen ’n man en ’n vrou. Dit praat nêrens van ’n verbintenis tussen mense van die selfde geslag nie. Sulke gruwels het net onder heidene voorgekom. Daarom veroordeel God homoseksualisme in geen onduidelike taalnie. Dis ʼn gruwel in sy oë: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (Lev.18:22). Die Bybel bepaal ʼn straf daarvoor: “En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het…het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word…” (Lev.20:13).  

God het by geleentheid so kwaad vir die beoefening van homoseksualisme geword dat Hy vir Sodom en Gomorra met vuur en swael verwoes het. Homoseksualiste moenie God probeer korrigeer nie!

Paulus beskryf homoseksualisme as ’n vergryp teen die menslike natuur: Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte , want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand….en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang” (Rom.1:26,27).    

1 Kor.6:9,10 sê Paulus dat mense wat hierdie gruwel bedryf die ewige verderf tegemoet gaan. 1 Tim.1:10 sê hy dat homoseksualisme in stryd met die gesonde leer is en in Judas vers 7 praat die apostel van mense wat agter vreemde vlees aanloop. Dis homoseksualisme en ’n vergryp teen God se wil!

In Ps.2 lees ons: “Die konings van die aarde staan gereed en die vorste hou saam raad teen die Here en sy Gesalfde sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (:2,3).   Hierdie bande en toue, is goddelike instellings wat bewustelik verbreek word.   Ook die huwelik. As ʼn land teen God se opdrag in opstand kom,volg sy straf: “U sal hulle verpletter met ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot” (vers 9).

Ontspoorde kerklui probeer al lank om homoseksualisme Bybels te regverdig. Hulle verwys bv. na die besondere vriendskap tussen Dawid met Jonathan.  So ook dié tussen Rut en Naomi. Dis alles ongegronde afleidings en verdien die veragting wat dit toekom! Daarbenewens beweer hulle dat Jesus nooit iets oor homoseksualisme gesê het nie. Hy het wel oor egskeiding en egbreuk gepraat maar nie oor homoseksualisme nie. Die afleiding wat gemaak word, is dat dit dan nie sonde is nie.

Jesus waarsku die Skrifgeleerdes van sy tyd dat hulle dwaal omdat hulle die Skrif nie ken nie.   Die Skrif is baie duidelik – homoseksualisme is ’n gruwel en ’n vergryp teen God se instelling van die huwelik. Net omdat Jesus niks daaroor sê nie, beteken nie dat Hy dit sito-sito aanvaar het nie. Hy was eerder eens met die Joodse wet se veroordeling daarvan!

Voorstanders van homoseksualisme sê dat jy homoseksueel gebore word. Dis die grootste onsin denkbaar! Jy word nie so gebore nie, maar wel so gemaak. Dis ʼn opvoedingsgebrek. By mans is dit te sterk moeder-bindinge en by vrouens te sterk vader-bindinge. Dis nie ’n geval van chromosoom-afwykings soos bv. by Down-sindroom nie. Indien dit ʼn chromosoomafwyking was, sou God dit nie veroordeel en twee stede met vuur en swawel verbrand het nie.  

Die Bybel het niks teen selfde-geslag platoniese verhoudings nie. Dié tussen Dawid en Jonathan dui ongetwyfeld op gelowige vriendskap. Die Septuagint (Griekse vertaling OT) gebruik die woord phileo om hierdie vriendskap te beskryf wat broederliefde beteken.   Vir dié tussen Rut en Naomi word storge gebruik wat familie-liefde beskryf.   Nêrens is erotiese liefde eros ter sprake nie.  

God stel die huwelik as ’n heilige verbintenis tussen een man en een vrou in. Die Satan ontwrig dit met ’n gruwel wat van wellus spreek en kan nie anders as om gestraf te word nie!

Die liefde is ’n wonderlike ding en belangrik in ʼn huwelik. Dis egter nie al waaroor die huwelik gaan nie. Dis ’n unieke instelling wat oor die verbintenis van ’n man en vrou handel waarbinne kinders verwek en gesinne gevoed word. Selfde geslag huwelike maak dit onmoontlik en belaglik.

Twee mans mag goeie vaders wees, maar nie een van hulle kan ’n moeder wees nie. God het dit nie so beskik nie. Twee vrouens mag beide goeie moeders wees. Nie een van hulle kan egter ’n goeie vader wees nie. God het dit nie so beskik nie. ’n Kind kan net deur een vader en een moeder opgevoed word.

Gelowiges moet God se instelling van die huwelik eerbiedig – ’n instelling tussen een man en een vrou. Alle ander huwelik-verbintenisse is van Satan. Die Bybel swyg nie oor hierdie gruwel nie. Gelowiges moet ook nie!    

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 838 gaste aanlyn