NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kennis van die Woord verhoed dat jy dwaal of in sinnelose gesprekke beland.  “As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus …. dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ’n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe is in hul verstand en van die waarheid beroof is…Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim.6:3-5).

IN WIE SE HAND STERF JY?

Ds A.E. van den Berg

“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou” (Openb.1:16).                                  

Jare gelede het argeoloë ʼn merkwaardige fonds in Griekeland gemaak toe hulle op ʼn paar baie ou grafte afgekom het wat uit die sesde eeu v.C. dateer. In een van die grafte het hulle die geraamte gevind wat iets in sy benerige hand styf vasgeklou het. Toe die vingers versigtig oopgemaak is, het ʼn goue muntstuk uit die geraamte se hand geval.

Kundiges het gou agter die kap van die byl gekom.   Hierdie muntstuk in die hand van die 25 eeue oue geraamte was reisgeld; nie vir ʼn aardse reis nie, maar vir sy reis na die ewigheid.   Die ou Grieke het geglo dat as jy sterf, jy op ʼn baie lang en gevaarlike reis na jou eindbestemming vertrek waarvoor jy geld gaan benodig; hoe meer hoe beter.

So ʼn reisiger moes ʼn aantal riviere oorsteek voordat hy by sy eindbestemming kon aankom. Die eerste een was die rivier van vergetelheid en redelik maklik om oor te steek. Jy moes net van die water drink waarna alle lelike gedagtes verdwyn het. Die tweede rivier was moeiliker en is die vuurstroom genoem. Dit was ʼn tipe van vagevuur soos wat die Roomse Kerk aan glo. Hierdie vuur moes die reisiger reinig. 

Die derde rivier was die heel moeilikste en kon slegs per boot oorgesteek word. Charon was die bootsman, ʼn mitologiese doderyk-figuur en het geld vir sy dienste gevra. Hoe meer geld mense gehad het, hoe gouer het hy hulle na die oorkant geneem. Wie nie geld gehad het nie, moes maar saam met miljoene siele op die oewer van die wêreld van doodskemering agter bly.

Ons glimlag hieroor. Tog het ons iets met die geraamte en die goue muntstuk in gemeen. Deur die eeue was daar by baie mense die diepgewortelde gevoel dat jy iets in die hand moet hê as jy sterf. Jy kan nie met leë hande die hiernamaals betree nie. Jy moes iets kon wys; iets wat vir jou ʼn gunstige plek in die ewigheid laat verdien het.   Ek kan nie met leë hande voor God gaan staan nie; al is dit nie met geld nie, dan met dinge soos goeie werke, geestelike prestasies, aansien, geleerdheid ens. Ek moet soos die geraamte iets waardevol in die hand hê; ʼn losprys vir my plek in die ewigheid – reisgeld op die pont na die ewigheid!

En dan ontdek ons dat wanneer ons die laaste asem uitblaas, ons krampagtige hand oopgaan en alles daaruit val al klem ons hoe styf daaraan vas. Niks op die aarde is waardevol genoeg om ons reis na die ewigheid te verseker nie; nie geleerdheid, goeie werke, kerklidmaatskap of wat ook al nie. Met die dood val alles uit ons hand. Geen geld, geen mag, geen aansien, geen besondere gawe, ja, niks kan vir ons plek in die ewige heerlikheid betaal nie.

Die ou Hallelujalied het gelui: “Moet ek gaan met leë hande, moet ek so my Heer ontmoet?” Moet ons? Ja, ek is bevrees, ons moet! Dit laat my dink aan die geldgierige ou man wat baie geld opgegaar het. Op ʼn dag sê iemand vir hom: “Oom, jy kan niks van hierdie geld eendag saam met jou na die ewigheid vat nie” waarna die oom hom vies aankyk en sê: “Wel, dan gaan ek nie!” As dit maar ons keuse was!   Ons almal gaan; met leë hande.

Maar, so van hande gepraat, in Openb.1:16 lees ons ook van hande; ʼn besondere hand; ʼn regterhand.   Terwyl Johannes op die eiland Patmos was waarheen hy t.w.v. sy getuienis van Jesus verban was, het hy in ʼn hemelse gesig o.a. hande gesien.   Hierdie gesig het hom so oorweldig, dat hy soos ʼn dooie aan die voete van Jesus neergeval het. Jesus moes sy regterhand uitsteek om Johannes weer op te rig en tot sy volle bewussyn te bring; so groot was hierdie belewenis.

Die Bybel skets God se regterhand dikwels as beeld van sy krag en reddende teenwoordigheid. Dis met so ʼn hand dat Hy vir Israel uit Egipte gelei en vir 40 jaar lank in die woestyn versorg het. Met dieselfde hand het Hy ook die Bondsvolk uit hul onderskeie ballingskappe verlos. God het menige vyand met sy regterhand in hul spore gestuit en booswigte se planne verydel. God se hand bepaal die gang van die ganse wêreldgeskiedenis.

Met hierdie hand hou Hy die sewe sterre tot aan die einde van die Wêreld vas. Ook die kerk. Ons bely dat Jesus ten hemel gevaar het waar Hy aan die regterhand van God sy kerk regeer en bewaar.   Al ontspoor kerke ook hoe, sal God altyd ʼn oorblyfsel bewaar wat die waarheid verkondig. Hy laat nooit die werke van sy hande vaar nie.   Daarvan kan Protestantisme getuig.

Toe die kerklike wêreld donker geword het, het Christus gelowiges bewaar wat die waarheid verkondig en die suiwere leer voortgesit het.   Ges.265: “Hou Christus self sy kerk in stand – vergeefs die hel se woede. As Here aan Gods regterhand regeer Hy ons ten goede...” Die ware kerk is in sy hand. Al lyk dit asof die Christendom sterf, herleef dit telkens. Christene glo immers in ʼn Verlosser wat die pad uit die graf ken.

In Openb.1:18 lees ons van sleutels in sy regterhand: “En Ek het die sleutels van die doderyk en die dood”. Dit wat Jesus oopsluit, kan niemand toemaak nie. En dit wat hy toesluit, kan niemand oopmaak nie. Luister wat sê Hy vir gelowiges in Filadelfia in Openb.3:8: “Dit sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie. Ek ken jou werke. Kyk Ek het voor jou ʼn geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie”.

Christus is die sleuteldraer en sluit enige deur oop, selfs wanneer dit vir altyd toe blyk te wees.   Die engel wat vir Abraham sê dat Sara ʼn seun sou baar vra vir Abraham: “Sou iets vir die Here te wonderbaar wees? ...” (Gen.18:14).

Jesus kan enige deur oopsluit omdat alle mag in die hemel sowel as op die aarde aan Hom gegee is. Met sy dood het Jesus selfs die deure van die doderyk gaan oopsluit en die Satan in sy eie domein gaan troef.   Met sy regterhand het Jesus ook die poort na die paradys vir gelowiges oopgesluit.   Die toegangskaartjie is gratis. Jesus het met sy offerdood die onkoste vir elkeen van ons betaal. Tereg sing ons: “Leeg, net met my sondelas, hou ek U verdienste vas” (Ges.69:3).

Let op die woord leeg. Ons kan niks aanbied nie. “En ekself – wat kan ek doen om my sonde te versoen? Sou my hart met ywer gloei, sou my trane ewig vloei; nog gebede, nog geween kan my red, Heer, U alleen.” (Ges.69:2).

Die ewige heerlik woning kos gelowiges niks nie. Vir Jesus het dit alles gekos. Hy het met sy lewe vir ons die nodige reisgeld na die ewigheid betaal. Sy hande is met spykers aan ʼn houtkruis vasgeslaan om die deur na die ewige lewe vir sondaars oop te gooi; ʼn daad wat so ingrypend was dat die heilige gordyn in die tempel geskeur het!

Kyk na jou hande. Wat doen jy vir Jesus daarmee?   Is daar iets vir Jesus in jou hande?   Daar is niks nie! Kyk na die regterhand van God. Is daar iets in? Ja, daar is iets kosbaar in – jy wat deur die bekering jou hart aan Jesus gegee het!   Wie in Christus gevind is, kan nooit weer verlore raak nie. “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37).

Nou maak dit nie meer saak waarmee ek eendag in my hand sterf nie al is dit ook goud. Alles val met die dood uit.   Al wat werklik saak maak, is in Wie se hand ek sterf.   En met hierdie wete dat ek in hierdie bose wêreld in Jesus se hand is, val ek ook in ʼn verbysterde dankbaarheid soos ʼn dooie aan die voete van Jesus neer!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 781 gaste aanlyn