NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moenie so hard vir Christus werk dat jy geen krag oor het om te bid nie. Om sterk te kan wees moet jy bid. En om te kan bid moet jy sterk wees.

BEPROEWING IS GOED VIR JOU

Ds A.E. van den berg

“Ag, dit louter vreugde my broeders, wanneer julle in allerhande versoekings val… sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees…” (Jak.1:2,4).                                  

Aan die ooskus van Amerika is daar ’n plek, Cape Cod, waar beroepsvissers ’n geurige tipe van salm vang. Fynproewers bestempel hierdie salm as die beste ter wêreld. Dis dan ook een van die gunsteling geregte op die spyskaart van die Withuis.   Nogtans was daar een probleem – kokke kon die salm nooit dieselfde laat smaak as by die kus nie. Dit was baie lekkerder by die kus.

Iemand kry toe ’n blink dog baie duur plan – in plaas van die salm bevrore Washington toe te vervoer, is die visse lewendig in vragmotors met seewater tenks agterop van Cape Cod na die hoofstad vervoer.   Maar wat ’n teleurstelling – die smaak het nie verbeter nie! Waar kon die fout lê?  

Eers nadat ’n fout gemaak is, het hulle agter die kap van die byl gekom – terwyl die salm na die vragmotors oorgepomp is, het daar per ongeluk ’n paar salm-haaie saam met die salms in die tenk beland. Hierdie haaie is die salm se natuurlike vyand.   Toe hulle in Washington aankom, was daar ’n paar salms minder terwyl ’n paar baie tevrede salm-haaie in die tenk rondgeswem het.  

Toe hierdie salm op die tafel beland, was die smaak onverbeterlik.   Van toe af is die salms nie weer sonder ’n paar salm-haaie binneland toe vervoer nie.   Die haaie het die salms vlugtende aan die swem gehou wat dit geurig laat bly het!

Ons leer hieruit ’n groot les – ons vra so graag waarom daar soveel lelike dinge in die lewe is?   Waarom wissel die lewe tussen lig en donkerheid, vreugde en droefheid, kalmte en onweer? Waarom nie konstante sonskyn en rustigheid nie?

Sonskyn en rustigheid sou ons pap. smaakloos en soos die Bybelse sout laf gemaak het.   Kalm weer maak nie goeie matrose nie!   Daarom beskik God van tyd tot tyd haaie in ons lewenstenk wat ons rondjaag om ons vir God smaaklik te hou.

Is teenspoed en smart dan ’n voorwaarde vir geestelike groei?   Moet ’n mens swaarkry om vir God iets te beteken?   Nee, dis nie ’n absolute voorwaarde nie. Nogtans praat die Here dikwels duideliker met ’n mens in tye van teenspoed.   As dit net goed met jou gaan, kan ’n mens later dink dat jy God nie meer nodig het nie, want jy kan in jou eie behoeftes voorsien.   En dan gebeur daar op ’n dag ’n baie onaangename ding wanneer ’n lewensorkaan skielik in jou lewe woed en verwoesting saai om jou tot jou sinne te bring.  

Jakobus skryf aan gelowiges wat weens hul geloof in Christus vir hul lewens moes vlug en al hulle besittings agtergelaat het.   Hierdie periode word die verstrooiing genoem.   Ná Pinksterdag het dit ontsettend goed met die gemeente in Jerusalem gegaan totdat Stefanus gestenig is en baie Christene uit vrees vir hul eie lewe uit Jerusalem gevlug het.   Dit was ook deel van God se plan om die Evangelie verder as Jerusalem te versprei.  

In hierdie tyd het Christus dit op drie apostels se harte gelê om aan hierdie ontredderde gelowiges te skryf ten einde hulle te bemoedig.   Daarom word dié skrywes Sendbriewe genoem; dis soos ’n omsendbrief van die een groep na die ander versprei.   Hulle was almal in dieselfde omstandighede; wat vir die een gegeld het, het ook vir die ander gegeld.   Al waaraan hulle vasgehou het, was ’n lewende geloof in Christus en dit was ’n gawe van God, iets wat hulle nooit onder sulke omstandighede kon opwek nie, maar van God ontvang het.

Hulle geloof het onder hierdie moeilike omstandighede opgebloei en soos ’n boom wortel geskiet en die stormwinde van vervolging trotseer. Hoe moeiliker dit geword het om die geloof te behou, hoe dieper het hul geestelike wortels op soek na die vog van God se genade afgesak.   Hulle geloof het onder die grootste druk gegroei!

Daarom skryf Jakobus: “Ag, dis louter vreugde my broeders, wanneer julle in allerhande versoekings val…” Hy simpatiseer nie met hulle nie, maar groet hulle op ’n vrolike noot en verheug hom daarin dat dit onder omstandighede goed met hulle geloof gaan want agter hulle lyding was God se leiding.

God gebruik dikwels beproewing om afgedwaalde mense tot inkeer te bring. Dink aan die Verlore Seun wat eers tussen die varke moes beland voordat hy tot inkeer gekom en na sy vader teruggekeer het.   Ja, die mens se verleentheid is so dikwels die Here se geleentheid!

Peter Marshall was baie jare gelede die kapelaan van die Amerikaanse Senaat. By geleentheid het hy as volg voor die Senaat gebid: “Here, as ons te vinnig beweeg, druk maar’n gaatjie in ons wiele sodat dit kan pap raak en ons moet stilhou!” En dis wat die Here dikwels met teenspoed doen; Hy bring ons tot stilstand sodat ons die oë net op Hom moet vestig.

Beproewing is nie altyd sleg nie. Dis dikwels die sout wat ons nodig het om die lewe teen smaakloosheid te beskerm. God laat gelowiges selfs struikel om te verhoed dat hulle ernstig val.   Soos wat ’n skerpmaker ’n potlood wat stomp is, skerp maak, gebruik God selfs beproewinge om ons wat in die geestelike lewe afgestomp het weer vir Hom skerp te maak.  

Hoe dikwels het dit nie gebeur dat gelowiges in die vallei van beproewing sterk vlerke gekry het nie.   Jou geloof word aan die beproewing wat jy verduur, gemeet.   Jy bereik dikwels niks groots sonder beproewing en behou niks groots sonder oorwinning oor beproewing nie.  

In Dan.3 lees ons van Daniël se drie vriende wat in die vuuroond beland en koning Nebukadneser wat vier manne in die oond gesien het.   Baie gelowiges wat al in die vuur van beproewing beland het, het daarna getuig dat God met hulle in hul beproewing was.  

Dank God dat gelowiges geen beproewing het waarvan Jesus nie weet nie.   Niks gebeur met ons waarvoor God ons nie die nodige krag tot aanvaarding en selfs oorwinning gee nie.

Beproewing maak mense geestelik ryp. Hoe meer die priëel gesnoei word, hoe groter druiwe dra dit.   Ja, hoe moeiliker die lewe, hoe beter die mens. Jakobus sê vir sy lesers dat die gehalte van ’n Christen se geloof in tye van beproewing op die proef gestel word.   God hang dikwels swaar gewigte aan dun draadjies, altans so voel dit baie keer vir ons, maar daardie draadjies breek nie.

Jesus sê in die Bergpredikasie dat gelowiges lig van die wêreld moet wees. Ons moet lig verskaf en skyn! Om lig te verskaf, moet ons hitte kan hanteer. Dink hieraan: As daar geen hitte was nie, was daar ook nie diamante nie. Ook nie in geestelike sin nie!

As dinge vir jou verkeerd loop, het God miskien ’n doel met jou. Moenie oor die salm-haaie kla nie. Hulle dien ’n goeie doel.   Ons is in die pylvak van Jesus se wederkoms.   Die laaste hoofstuk in die kerkgeskiedenis word soos die eerste een afgesluit – vol beproewing vir gelowiges. Ons weet egter dat ons pad van beproewing na ʼn paleis van heerlikheid lei.   Laat ons eerder saam met God in ons teenspoed as sonder Hom in ons voorspoed leef.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 564 gaste aanlyn