NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie kan na sy jeugjare terugkyk en sê dat hy nié voortvarend en onwys gehandel het nie? Soos Dawid moet ons bid: "Dink nie aan my sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!" (Ps 25). So lief as wat die HERE vir die jong voortvarende Dawid was en hom weer op die regte pad gelei het, so lief het die HERE vir jou wat as jongmens onverantwoordelik was, en sal Hy jou weer na Hom toe terugbring. Bid dan verder saam met Dawid: "Om u Naam ontwil HERE, vergeef my ongeregtigheid want dit is groot."

GENADEDOOD

Ds A.E. van den Berg

“Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie ...” (Pred.8:8).

Genadedood is 'n misleidende benaming vir eiewillige lewe beëindiging en verskil in beginsel niks van moord nie want 'n lewe word wederregtelik geneem.     Ongelukkig is mense al so gewoond aan lelike dinge wat in glanspapier toegedraai is, dat dit maar aanvaar word. Dink aan onreg soos regstellende aksie en swart bemagtiging wat niks anders as gewettigde onreg pleging is nie.

Genadedood is die bewustelike optrede om 'n persoon so pynloos as moontlik te laat sterf – dus 'n verkorting van die sterwensproses. Dit word hoofsaaklik in gevalle uitgevoer waar iemand aan 'n ongeneeslike siekte ly en erge pyn verduur. Die behoefte om so 'n mens se pyn te verlig, is dan by medici so sterk dat dit die natuurlike drang om die lewe te behou, geheel oorskadu en verskil dus niks van veeartse nie.

Genadedood kom ter sprake as daar menslik gesproke 'n duidelike aanduiding van 'n spoedige dood is.   Maar kan 'n mens dit werklik bepaal? Onthou: Sekerheid is relatief. Die dood het sy eie tyd al is die liggaam dikwels die aambeeld van pyn en beproewing.

Talle lande het al genadedood gewettig. België is die eerste een waar kinders wat terminaal siek is dit mag aanvra. Sedert 2002 kan enigeen ouer as 12 jaar dit in Nederland aanvra. In 2012 was daar alreeds 1,432 gevalle van genadedood in hierdie land aangeteken.

Die vraag of die genadedood in Suid-Afrika gewettig moet word, was 'n paar jaar gelede sterk in die nuus toe die omstrede Desmond Tutu sy ondersteuning daarvoor bekend gemaak en nog 'n gruwel in ons land ontsondig het.   Hy was ook ten gunste van aborsie, homoseksuele verhoudings en huwelike van dieselfde geslag – en dit 'n sogenaamde kerkleier!

Tutu het die genadedood as 'n menseregte kwessie en nie as 'n Bybelse saak geag nie. Hy was destyds ook in die nuus toe hy gesê het dat net omdat iets in die Bybel staan, dit nie noodwendig waar is nie. Hy het na Paulus se briewe verwys waarin homoseksualisme veroordeel word. Tutu se eie dogter is lesbies.

Genadedood is nie net in God se oog verkeerd nie maar ook in die mediese wetenskap. Medici durf nie genees sowel as doodmaak nie. Hierdie stryd is niks nuut nie maar een van die oudste verhale in die Bybel - Job se wens om eerder te sterf as om verder te ly. “En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!” (Job 6:9).

Die Bybel erken sulke gevoelens, maar onderskryf nie die genadedood nie. Die profeet Elia wat vir Agab gevlug, onder 'n besembos gaan lê en gewens het om te sterf, is 'n sprekende voorbeeld (1 Kon.19:4). Toe 'n Filistynse oorwinning 'n uitgemaakte saak was, het Saul sy wapendraer om die genadedood gevra: “Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee...” (1 Kron10:4).

Alhoewel die lewe die somtotaal van ons besluite is, gee God ons geen reg om oor die lengte van ons lewe te besluit nie; slegs oor die gehalte. Ons weet dat ons almal gaan sterf.   Dis 'n skuld wat vereffen moet word.   Die Bybel laat egter vir die mens geen ruimte om die dood te verhaas nie. Dit moet ons egter nie moedeloos maak nie. Niks gebeur met gelowiges waarvoor God hulle nie die nodige krag daarvoor gee nie.

God verstaan dat ons soms so moedeloos kan word dat ons soos Elia wens om te sterf.   Ons leef egter nie op gevoel nie, maar deur die geloof. Gelowiges word lewenslank deur geestelike oortuigings gelei; ook as dit by pyn, lyding en die dood kom.

God se weë is nie ons weë nie. Hy stap soms moeilike paaie met ons. Hy bly egter die Gewer en Onderhouer van die lewe: “U is alleen Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare gemaak .... en U hou alles in die lewe....” (Neh 9:6). Ons het derhalwe geen reg om ons eie lewe te beëindig nie.

Job het so moedeloos in sy beproewing geword, dat hy aan selfmoord gedink het. Elihu waarsku: “Moet ook nie jou toevlug neem tot sonde nie, jy verkies dit immers bo swaarkry” (Job 36:21). So ook genadedood. Mense weet dis verkeerd, maar gaan nogtans daarmee voort net om van pyn verlos te word. God verstaan sulke gevalle, maar verskoon geen menslike optrede daarteen nie. Die besluit oor wanneer en hoe ons sterf, berus by God alleen. “... en niemand het mag oor die dag van die dood nie....” (Pred 8:8).

Genadedood is 'n vergryp teen God se doel met die lewe. Hy gee die lewe. Dis ʼn gawe. Wie dit beëindig, gooi hierdie geskenk as te ware in sy gesig terug. 'n Nee, die reg om 'n lewe te beëindig, berus by God alleen.  

Genadedood is 'n tameletjie vir medici.   Enersyds wil geen dokter iemand se lewe in eie hande neem nie. Andersyds wil hulle die sterwensproses nie lank laat duur nie.   Gevolglik doen sommige hulle die nodige voorbereiding waarna die persoon self die proses aan die gang sit. Dit verander niks aan die feit dat dit selfmoord en sonde is nie – 'n ydele poging om God se wil uit te daag!

Die moderne mensdom het in ʼn doodskultuur verstrengel geraak; aborsies neem oorhand toe en wetgewing ten gunste van die genadedood word aangemoedig.   Dis 'n klemverskuiwing van die lewe na die dood. God se wil op lewe word omgekeer. Genadedood smaad die lewe en omhels die vloek!

Die dood is 'n natuurlike vyand: “Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood” (1 Kor 15:26).   Die lewe daarenteen is 'n gawe van God: “En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas....” (Gen.2:7).   Selfs toe daar 'n keuse tussen lewe en dood ontstaan het, is Israel aangesê om die lewe te kies: “... Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag” (Deut.30:19).

Alle sondaars is bestem om te sterf. Dawid sê: “Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!” (Ps.89:48). God gee die lewe. Ons is huurders daarvan. Hy kan die huur enige tyd opskort!

Dit gebeur soms dat God sy doel met mense deur lyding bereik. Lyding maak mense nederig en laat hulle hul afhanklikheid van God besef. Daarom het Hy meegevoel met elkeen wat tot Hom bid om hul lyding te beëindig. Hy weet egter die beste. Sy tydsberekening is volmaak. Koning Salomo skryf: “Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie ...” (Pred.8:8).

Die lewe is nie ’n besitting is waaraan ons moet vasklou nie. Dis 'n huiswaarts reis waarna gelowiges moet uitsien: “Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam te woon en by die Here in te woon” (2 Kor.5:8). Hoe ons sterf is onbelangrik. Hoe ons leef, is baie belangriker.

Die argument word aangevoer dat die genadedood 'n genadige uitweg is vir iemand wat weens pyn en lyding sy menswaardigheid verloor het.   Was Jesus dan nie ook lydend op aarde nie? Moet Hy nie vir ons ʼn voorbeeld wees nie?  

Die Bybel is baie duidelik. Wie sy lewe voortydig beëindig, pleeg selfmoord en oortree die sesde gebod.   Laat ons wat Jesus ken elke dag voluit lewe al eindig dit ook met erge pyn en lyding. Laat dit 'n blywende getuienis wees vir almal wat ons geken het. Kom ons hardloop op die lewensbaan totdat die doodsklok vir elkeen van ons lui!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1421 gaste aanlyn