NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is geen hopelose situasies nie; dit is slegs die mens wat hooploos raak . Behou jou hoop want dit red jou in die middel van alle teëspoed – Christelike hoop is nie om maar net te glo in die moontlike nie maar om sekerheid te hê; God sal ongetwyfeld gee wat Hy belowe het.

 

SATAN BOOTS DIE KERK NA!

Ds A.E. vd Berg

“En hy het my in die gees weggevoer na ’n woestyn, en ek het ’n vrou sien sit op ’n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name.... En die vrou was bekleed met purper en skarlaken .... en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon .... En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van ...... die getuies van Jesus....” (Openb.17:3-6).

Tydens die Babiloniese ballingskap is duisende inwoners van Juda weens hul volhardende sonde en minagting van waarskuwings na Babilon weggevoer. Dit was in die OT 'n geografies bekende stad. In die NT het dit 'n ander betekenis nl. die simbool van 'n bose geestelike ryk. Die naam kom vir die eerste keer in die OT met die bou van 'n toring ter sprake waarmee die inwoners die hemel wou bestorm om vir hulle 'n naam te maak en God hulle met ʼn spraakverwarring uitmekaar laat spat het (Gen.11). Daarna kom Babilon weer met hul verwoesting van Jerusalem en die Judese ballingskap ter sprake.

Die Babiloniërs was hooghartig en het geglo dat hulle ryk vir ewig sou bestaan. God het hulle egter tot 'n val gebring. Die geskiedenis leer dat dié ryk deur die Perse verslaan is om eers 600 jaar later weer op die toneel te verskyn; hierdie keer as 'n geestelike mag in opstand teen God.

Petrus skryf: Die mede uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle” (1 Pet.5:13). Petrus was nie naby die stad Babilon toe hy dit geskryf het nie. Hy was in Rome, die simboliese Babilon. Met hierdie Babilon word 'n nuwe wêreldgees bedoel wat met gelowiges oorlog voer. Net soos wat die geografiese Babilon in opstand teen God was, is die simboliese een ook in opstand. Dit verkry weereens wêreldmag maar sal nog in die toekoms op God se tyd vernietig word. Voordat dit gebeur, gebruik Satan hierdie Babilon haar om kerke binne te sypel en hulle met 'n afgod-kultuur te besmet.

Die eerste Babiloniese ballingskap was geskiedkundig. Die laaste een is geestelik nl. 'n wegvoering deur 'n wêreldwye onderworpenheid aan die valse profeet wat die weg vir die koms van die Antichris voorberei. Kerke trap toenemend in 'n strik wat vir hulle gestel is nl. strukturele kerk-eenheid wat ekumene genoem word. Dis 'n wurg-ketting wat in Rome gesmee is om Protestante mee te verwurg.

Die toenemende skakeling tussen Protestantse kerke en die Roomse Kerk (RK) is uiers verontrustend soos wat kern geloofswaarhede ter wille van samewerking en aanvaarding opsy geskuif word. Die ekumeniese beweging streef nie godsdienstige ideale na nie. Dit gaan alles oor die verkryging van mag. Godsdiens is slegs ʼn werktuig om daarin te slaag. Gevolglik is ekumene ʼn herlewing van die ou Babiloniese heerser-model; heers deur mense in die hok van onderworpe en gedienstige gesamentlikheid in te jaag.

Ekumene snoer geensins kerke tot eer van Christus saam nie. Dis ʼn kragtige werktuig in die hand van die valse profeet wat as handlanger van Satan werk om die ryk van die Antichris te help vestig. Johannes sien iets van hierdie eindtyd-regering in Openbaring: “En ek het ’n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ’n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ’n luiperd, en sy pote soos dié van ’n beer, en sy bek soos die bek van ’n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag” (13:1,2).

Hierdie dier ontvang sy mag van Satan; hy laster teen God. Dis 'n ongeëwenaarde magsbestel met 'n magtige wêreldwye militêre ondersteuningsbasis: “En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer”(Openb.13:4). Daarna volg ʼn waarskuwing: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Openb.13:7).

Wie die een-wêreld godsdiens voor ons deur, teenstaan, sal doodgemaak word. Dis 'n herhaling van die Middeleeuse Roomse kerkvervolging (Inkwisisie). Hierdie dier met die staatkundige mag word deur ʼn godsdiens-vennoot ondersteun: “En uit die aarde het ek ’n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ’n lam en het gepraat soos ’n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is” (Openb.13:11,12).

Hierdie vennoot het die opdrag om almal in 'n wêreldwye kerklike staatkundige ryk in te dwing. Johannes noem dié kerk die valse profeet wat mense selfs met wondertekens betower: “Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ’n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het” (Openb.13:13,14).

Protestante se ywer vir sigbare eenheid, getuig van ʼn ontstellende onderhorigheid aan die RK via die ekumene. Dit sluit toegewings in wat vreemd aan die Skrif is. Die “ontsondiging” van homoseksualisme is een van die duidelikste!

Wolfgang Borowski van die Evangelisch-Lutherische Kirche in Duitsland noem ekumene die voorportaal van die hel. Tragies genoeg beskou ontspoorde teoloë ekumene nie as 'n wurg-ketting nie maar eerder as 'n sierlike halsband van liefde en 'n heilige strewe na sigbare kerk-eenheid terwyl die Bybel nêrens van 'n sigbare geestelike eenheid voor die wederkoms van Jesus melding maak nie.

Ekumene wil 'n breë broederskap op die dunste moontlike geloofsbelydenis verkry. Dit rig 'n kweekhuis vir ongeloof op wat Protestantse kerke in 'n stroom van roekelose godsdiens laat beland. So 'n gebrek aan profetiese visie laat die teologiese en morele inbors van sulke kerke in skerwe spat!

Sulke teologiese onverskilligheid laat talle Protestantse kerke op die drumpel van ʼn algehele ineenstorting van die evangeliese Christendom beland. Al hoe meer kerke draai hul rug op hul geestelike erfenis en beoefen ʼn patroon van nuwe kerk-wees wat nie tot God se eer strek nie. Dis oppervlakkig, misleidend en veroorsaak dat Protestantisme die laagste punt van leer-suiwerheid in hul geskiedenisvorming bereik het.

Die skadelike invloed van ekumeniese samewerking word al te duidelik in die NG Kerk se inkleding van haar eredienste gesien. Haar Roomsgeorkestreerde Bybelvertaling, goedkeuring van nagmaalsgebruik vir kinders, die gebruik van die Roomse wafel tydens nagmaal en die brand van kerse by verskillende geleenthede verraai haar gedienstigheid aan hierdie bose Nieu-Babiloniese mag.

Naas die sondeval is die ideologiese samewerking van Protestantse kerke met die RK die grootste ramp wat die mensdom ooit getref het. Ek is bevrees dat Protestantse kerke nie uit hierdie droom van ekumeniese samewerking gaan wakker word nie. Hulle staan alreeds op die vooraand van die verskyning van die een wêreld-kerk en sing ekumeniese liedere terwyl die Antichris soos 'n reuse stoomroller op hulle afkom. Bid tot God dat al die Protestantse kerke in ons land se oë sal oopgaan voordat dit te laat is en hulle platgetrap word!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1517 gaste aanlyn