NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra God in ons gebede soos Hy ons geleer het dat ons vergeef sal word, soos diegene vergewe wat teen ons oortree – nie omdat ons in staat is om die skuld van 'n vergryp of belediging te vergewe nie – maar net dat ons toorn, haat en wraaksug vrywilliglik uit ons hart verband kan word.

JY LEEF NET EEN MAAL OP DIE AARDE

Ds A.E. van den Berg

“Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!” (Ps.90:12).

Hoe oud is jy? Wat het jy tot dusver met jou lewe gedoen? Onthou die lewe is nie 'n besitting nie maar 'n gawe van God. Hy gee dit spesiaal vir jou om iets mooi daarvan te maak. In die OT word lewe ook die hart genoem. Dis die setel van menswees.   Daarom sê mens dat iemand tot bekering gekom het omdat hy sy hart aan Jesus gegee het – sy lewe.

Jou hart behoort of aan Jesus of aan Satan. Jy kies. Daar is geen middelpaadjie nie. Jou keuse bepaal of jy wys of dwaas leef. Dawid skryf “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.” (Ps.14:1).

Miljoene mense kies om dwaas te leef met geen God bo of langs hulle nie. Die Bybel sê dat God ons Herder wil wees en die lewenspad saam met ons wil loop. Ons moet kies of ons Hom wil toelaat of nie. 'n Dwaas het nie net geen God bo of langs hom nie, maar ook nie 'n God onder hom nie. God is 'n vader wat sy kinders in hul nood wil dra. Dit ontbreek by 'n dwaas.

Sommige mense wil God net in hul nood ken. As die lig in hul lewe skyn, het hulle God nie nodig nie. As die lewensdonker hul oorval, dan soek hulle ewe skielik na Hom. En as Hy nie reageer nie, sê hulle so maklik: Daar is geen God nie! Nee, God is 'n stuurwiel en nie 'n spaarwiel nie!

Ps.90 is die oudste Psalm. Dis die enigste een wat deur Moses ongeveer 500 jaar vroeër as die ander geskryf het. Benewens die ouderdom daarvan is dit ook een van die aangrypendste psalms. Dis 'n klaag- en bid psalm. “Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God “ (:1.2).

Moses stel die verganklikheid van die mens teenoor die onverganklikheid van God. Hy is onbeperk, maar nie die mens nie. God het geen begin of einde nie; die mens wel. U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!” (:3). Moses bid en kla in hierdie psalm. Hy verheerlik God aan die een kant maar kla ook oor die kortstondigheid van die lewe. Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte: (:9).

Ps.90 is waarskynlik tydens Israel se uittog uit Egipte geskryf.   Dit was 'n moeilike tyd vol ontberings en onsekerhede met 'n volk wat gereeld hul onvergenoegdheid met hul omstandighede in die woestyn te kenne gegee het. Hulle het geweet dat hulle op pad na die Beloofde Land was, maar nie gedink dat die pad nie een van maneskyn en rose sou wees nie. Hulle sou nie op 'n verebed Kanaan ingedra word nie!

Moses skryf hierdie Psalm in verhewe eenvoud asook in aangrypende erns. Hy bekla die kortstondigheid van die lewe en noem getalle: “Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen” (10).

Dink aan die lewensjare voor die vloed – sommige mense was meer as 900 jaar oud en na die sondvloed 'n skamele 120 jaar. Wat 'n ophef word daar nie vandag van mense wat 100 oud word gemaak nie!

Ps.90 leer ons dat ongeag hoe oud jy word, die lewe altoos te vinnig verbysnel. Dit voel asof elke jaar vinniger as die vorige een verbyskiet. In God se oë loop tyd net so vinnig. “Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak” (:4). Petrus skryf: Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag” (2 Pet.3:8).

Die hoofsaak is dat mens met tyd wat vinnig verloop te doen het. Ons moet egter net daarvan kennis neem en weet dat ons iets sinvol van hierdie vinnige lewe moet maak. Waarom? Omdat ons eendag rekenskap van dit wat God ons geleen het, moet gee.

Moses besef dat hy nie aan die spoed van die rondomtalie van die lewe kan verander nie. Hy besef alreeds 3500 jaar gelede dat hy deel van die sg. “rat race” is. Wat bid hy?

“Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!” Dinamies vertaal:“Here, ek kan nie aan die spoed van die lewe ontkom nie. Help my net om 'n gehalte lewe te lei”.

Ons kan niks aan die spoed van ons lewens verander nie, slegs aan die gehalte. Ons is deel van hierdie “rat race” maar hoef nie daardeur ingesluk en lamgelê te word nie. As dit gebeur, verloor jy 'n gehalte lewe. Al wat dan oor bly, is 'n dolle voortspoed na jou dood. Dis nie hoe God wil hê jy moet leef nie. En om 'n gehalte lewe te leef, moet ons geleer word. Moses bid God om ons te leer: Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom! Daarvoor gee Hy ons die geloof en sy Woord.

Ons dink nie altyd aan die lewe soos wat ons behoort te dink nie. Ons gaan maar net aan en aan – die rat race. Dan trek God ons soms met die dood van 'n geliefde van die snelweg van die lewe af met die vraag: Waarheen is jy op pad? Waarmee is jy besig? Maak jy vir jou skatte in die hemel bymekaar?

Elke mens se lewe eindig met die dood. Of ons oud of jonk is, ons is almal op ons laaste vaart. Alles is met sterflikheid deurweek. Om nie betyds vir die dood gereed te maak nie, is soos om tydens 'n beleg op jou pos te slaap.

Maak baie seker van jou redding in Jesus Christus want daar gaan vir ons almal ’n nuwe jaar aanbreek waarvan ons die oujaar nie gaan beleef nie. Leef dus vir dit wat die moeite werd is om voor te sterf. En onthou: Ons is huurders van die lewe en God die Eienaar. Hy kan jou huur enige tyd opskort. Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1795 gaste aanlyn