NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Met Jesus se oorwinning aan die kruis is Satan en sy magte as verloorders gemerk. Jesus is die Oorwinnaar ook in jou lewe, en jy kan in sy krag oor die mag van die Bose triomfeer.

DIE NOOD AAN GODVRESENDE LEIERS

‘N BOODSKAP AAN ALLE BLANKE AFRIKANERS

Ds A.E. van den Berg

“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle...” (Ex.18:21)                                        

Het die kerk 'n sê oor politiek of moet dit daar uitbly? Baie mense dink dat die kerk uit die politiek moet bly. Dis die verkeerdste ding om te doen – die kerk is dan God se spreekbuis. Is daar ooit iewers 'n lewensterrein waar God niks te sê het nie? Swyg die Bybel miskien oor politieke sake? Allermins! Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee duidelike aanwysings oor hoe dit bedryf moet word. God se Woord slaan geen lewensterrein oor nie; ook nie die politiek nie.

Politiek is nie 'n vuil ding soos wat baie mense beweer nie. Dis eerder 'n heilige saak omdat dit die sinvolle ordening van menslike gemeenskappe is sodat mense in vrede en geregtigheid kan woon en werk. Paulus skryf: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40). Dit geld ook vir die politiek.

God is 'n God van orde en die Satan die bewerker van chaos. Waar daar chaos heers, heers die Satan.   Volksleiers wat God eer, leef ordelik, Wie Hom verag, leef wetteloos soos wat in ons eie land gebeur het toe die Christelike grondwet in 1996 afgeskaf en met 'n wêreldse een vervang is – daar is nou meer as 80 moorde per dag!

In die gelese gedeelte is Israel op pad na Kanaän, 'n heidenland maar ook 'n beloofde land. Israel was vir 400 jaar slawe sonder 'n eie politieke sisteem. Na die uittog was hulle wel vry, maar moes daadwerklik staatkundig beheer word.   Behalwe Moses wat die regspraak beoefen het, was daar geen ander politieke strukture in plek nie.

Omdat die Israeliete moeilik was en Moses opdraande gegee het, was hy dikwels op moedverloor se vlakte met die spul. By geleentheid het dit vir hom te veel geword: “Toe het Moses die Here aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my” (Ex.17:4). Die situasie het om vaste politieke ordening geroep. 'n Geordende wetsbepaling moes ingestel word.

Tydens Moses se besoek aan sy skoonvader, het die wyse oubaas hom goeie raad gegee: “Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle...” (Ex.18:21). Hy gaan verder: “Maak dit so ligter vir jou , en laat hulle saam met jou dra.... As jy dit doen en God jou dit beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan” (:22,23).

Jetro sê vir Moses om die volk polities te orden. Indien hy nie daarin gaan slaag nie, sal hy nooit sinvol lei nie. Politieke ordening is egter 'n moeilike taak en nie vir elke Jan rap en sy maat bedoel nie - ook nie vir een man alleen bedoel nie.

Paulus skryf: “In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid” (1 Tim.2:1,2).

Die Bybel gee duidelike riglyne hoe 'n volk polities gerig moet word. Die eerste vereiste is dat slegs gelowiges as leiers gekies moet word. 'n Hart wat in die bloed van Jesus gewas is, is vir 'n volk meer werd as ongelowige akademici. Ongelowiges is nooit goeie politici uit nie, veral nie in Afrika met sy aptyt vir heidense rituele nie. Dit maak 'n land agterlik en laat leiers dikwels slegs in grade van boosheid van mekaar verskil. Politici wat egter voor die Koning van alle konings buig en sy Woord liefhet, is 'n volk se juwele.

Verder moet godvresende politici die stryd teen booshede voer en 'n volk tot skuldbelydenis en verootmoediging ter genesing van hul land oproep: “...en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, (as) hulle (hul) verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde wee, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees” (2 Kron.7:14).

Verder sê die Bybel dat gelowiges nie by verkeerde dinge betrokke mag raak nie: “...en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Efes.5:11). Dit geld ook vir alle leiers. Booshede moenie verdra word nie maar bestraf word.   In die Grieks is bestraf 'n baie sterk werkwoord wat beteken om in die kiem te smoor – dit mag nie ontkiem nie!   Kyk maar net hoe ontkiem homoseksualisme nie in talle kerke!

Verder sê God se Woord dat leiers hul vir 'n gesonde gemeenskap moet beywer. Nehemia is 'n goeie voorbeeld van so 'n persoon: “Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê ....

kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer 'n voorwerp van smaad kan wees nie ( Neh.2:17). Soos 'n goeie herder vir sy kudde na goeie weiding lei, sal gelowige leiers hul volk na goeie dinge lei. Dit gaan vir hul nie oor eie belang nie maar oor volksbelang en kan geen korrupsie groei nie.

Agas was in die tyd van Jesaja die koning van Juda en baie sleg.   Hy het selfs van sy kinders aan die afgod Molog geoffer. Ja, soos die koning, so ook die volk. Onreg en korrupsie was aan die orde van die dag. Daarom praat God ernstig met die volk: “Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee” (Jes.1:16,17).

Alles in Suid-Afrika roep om dringende herstel. Alles het in die spoelsloot van die lewe beland – politiek, kerk, kultuur, handel, ja, alles!   Nêrens gaan dit beter as in die goeie ou verlede nie. Dit gebeur as daar geen Christengrondwet meer is nie en die Tien Gebooie met 'n handves van Mense-regte vervang is. “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps2:2,3).

Suid-Afrika het sedert 1994 met iets anders as die nag donker geword. Kan die lig weer oor ons land skyn?   Ja, deur leiers wat deur God stuur is; manne en vroue wat die wedergeboorte gesmaak het. Hulle trek nie in dieselfde juk met heidene nie en kan derhalwe nie omgekoop word nie. Sulke leiers is nie skaam is vir die waarheid nie en sê Satan die stryd aan,  

Is daar in ons land sulke mense? Ja, daar is.   Die tyd het aangebreek dat hulle na vore kom. Baie van hulle weet nog nie dat God hulle in die toekoms gaan gebruik nie. Dink maar aan Dawid wat 'n skaapwagter was toe hy tot koning gesalf is: “Verder het Samuel aan Isai gevra: Is dit al die seuns? En hy se: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op.... En die Here sê: Staan op, salf hom, want dit is hy” (1 Sam. 16:11,12).

Wat staan ons te doen? Bid dat God ons genadig sal wees en gelowige leiers stuur om ons volk deur die heersende politieke woestyn na 'n Kanaän van Godsaanbidding en Godsverheerliking op eie bodem sal lei.

“Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het. Die Here kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders. Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde, Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke. Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou. Ons siel wag op die Here; Hy is ons hulp en ons skild omdat ons op sy heilige Naam vertrou. Laat u goedertierenheid, Here, oor ons wees net soos ons op U wag!” (Ps.33).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4973 gaste aanlyn