NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie almal skuld het is nie belangrik nie – voor God is ons immers almal skuldig. En versoening tussen mense is nie afhanklik van skuldbelydenis of vergifnis nie. Ons moet in die eerste plek met Christus versoen word, dan sal die vrede met ons naaste vanself herstel.

ONS NUWE LEIERS SAL WEES...

...manne en vrou wie se harte in die bloed van Jesus gewas is

Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans.   Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom!  Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer:  Moet op prinse nie vertrou nie!   Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red.   Toe gebeur die teenoorgestelde.  En dit het ons vryheid gekos.

“En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat… Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers”  - Rig. 2:10,15,16

God gebruik soms onwaardige mense as kragtige instrumente in sy diens.  Ja, Hy slaan reguit houe met krom stokke, soos in die tyd van die Rigters gebeur het.    Ná die dood van Josua het Israel onverskillig teenoor hul verlede geword en geestelik verval.   Op daardie stadium was al die mense wat saam met Moses uit Egipte getrek het, feitlik almal dood.  Die wonder van God se ingryping, die volksbevryding en die gedagtes aan die grootse belewenis met God in die woestyn, het so goed as verdwyn!

Nadat die Israeliete in Kanaän gevestig geraak en voorspoed leer ken het, het hulle die Here vergeet.   En ʼn volk wat die Here vergeet, het min erg aan sy verlede.   Dit het met Israel gebeur en daarna ook met baie ander volke, soos ons eie een!    ʼn Liefde vir God en liefde vir die volk loop hand aan hand.  ʼn Volk wat God eers dien en daarna vergeet, skep ʼn lugleegte wat deur bose dinge gevul word soos met Israel gebeur het:  “...en hulle het agter ander gode aangeloop ... en die Here geterg” (:12).

Een ding moet die mens weet – God is heilig en laat Hom nie bespot nie; veral nie met afgode nie!    Daarom sê God in Ex.20:5 dat Hy ʼn jaloerse God is.  Dit beteken dat Hy sy liefde met niemand deel nie.  Soos wat daar in ʼn huwelik geen plek vir ʼn derde persoon is nie, was daar vir Israel geen ander liefde as vir God nie.  En as hulle oortree en ontrou geword het, het Hy hulle gestraf deur hulle vir ʼn tyd lank in die hand ʼn vyand oor te gee.  Desondanks het Hy hulle nooit afgeskryf en die werk van sy hande laat vaar nie.

Vers 15 begin met  maar :  “Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers”. Die volksvyand word as rowers beskryf; mense wat deur roofsug gedryf is. Plundery is een van die kenmerke van heidene.  Wat ʼn omvang neem dit nie in ons eie land aan nie!

Ten spyte van straf, het God altyd in Israel se uur van nood ingegryp en nuwe leiers na vore laat tree.  Gevolglik getuig hierdie maar aan die begin van vers 15 van God se ingryping teen ʼn skynbaar hopelose verloop van sake.  Ten spyte van Israel se afvalligheid het God haar nie afgeskryf en verlaat nie, maar uit haar midde mense na vore laat kom om sy volk van die heidene te bevry.

Midde-in die somber verhaal van Israel se afvalligheid en verdiende loon, staan die maar van God se genadige bemoeienis met dit wat syne is.  Hy kon Israel afgeskryf en tot niet laat gaan het, maar Hy doen dit nie.  In sy groot liefde vir sondaars steek Hy sy hand na Israel uit en help sy kind wat geval het.  Wat ʼn ongelooflike liefde het God nie vir sondaars nie!  Ons sal dit nooit verstaan nie!

God gryp in die lotgevalle van almal wat Hom liefhet in.  Ook in dié van volke wat soos die verlore seun tot besinning kom en na sy vader terugkeer.  Geen leier is die bloudruk van menslike volmaaktheid nie.  Baie van hulle is krom en onvolmaakte sondaars met wie Hy reguit houe slaan.

Kyk maar net hoe krom was baie van sy stokke nie in die tyd van die Rigters nie.  Barak het aan die rokpante van ʼn vrou vasgehou.   Gideon het in ʼn parskuip weggekruip.  Simson kon los vrouens nie weerstaan nie.   Jefta se ma was ʼn prostituut - almal krom mense wat na swak mensemateriaal gelyk het.

Die wonder is dat God dit wat skeef en krom is reguit en diensbaar maak.  In sy hande word enige uitskotproduk ʼn meesterstuk.  God beskik dit dat krom en verdraaide mense bo hulle omstandighede uitstyg en roemryke oorwinnings vir Hom en hul volk behaal.

Niks is vir God onmoontlik nie.  Met die staf in Moses se hand het God selfs die see oopgekloof.  Later laat Hy selfs water uit ʼn rots vloei en manna in die woestyn val.   God het Aaron se dorre kierie laat bot en amandels laat dra.   Hy laat selfs die kurkdroë hout van ons dor lewens bot en bloei deur in Christus ons tekortkominge op Hom te neem: “Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte – dié het Hy gedra...” (Jes.53:4).

Die maar van vers 15 is ʼn baken van hoop; ook vir ons Boerevolk wat swaar onder ʼn heidenregering gebuk gaan.  Soos wat God die maar as ʼn ligbaken op Israel se donker pad geplant en verhoed het dat helse magte die oorhand oor sy volk kry, doen Hy dit vandag nog met almal wat Hom eer.

God laat sy kinders nooit in die steek nie.  Ten spyte van hul afvalligheid staan Hy by hulle.  Wanneer die nag op sy donkerste is, gryp Hy in en maak dit lig. “Maar julle is ʼn uitverkore geslag, ʼn koninklike priesterdom, ʼn heilige volk, ʼn volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet.2:9).

Ons volk se toekoms lyk donker. Heidenpolitiek oorstroom al hoe meer ons eens rustige samelewingsterrein.  Afgodsdienaars wedywer met mekaar in die afwaartse spiraal van ellende.   Daar is onweer in die lug.   Doemprofete voorspel lelike dinge vir die toekoms.   Soms voel ons soos skape wat deur wolwe op ʼn hoop gejaag word, diere wie se bekke vir die groot slagting kwyl.

Een van die grootste bekommernisse onder volksgenote is dat ons nie leiers het nie.   Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans.   Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom!  Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer:  Moet op prinse nie vertrou nie!   Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red.   Toe gebeur die teenoorgestelde.  En dit het ons vryheid gekos.

Is dit klaar met Kees?  Gaan die heidene die laaste lag?  Nee, om die eer van God nooit!   God sal op sy tyd die werk van sy hande herbevestig en uit hierdie verloopte volk weer volksleiers na vore laat kom wat, soos die rigters van ouds, hierdie volk na God sal teruglei!

Wat kan ons die Here intussen aanbied?  Hét ons iets om Hom aan te bied?  Niks nie; slegs die dor hout van ons krom en afvallige lewens.  Maar in sy hand word sulke uitskotprodukte meesterstukke en met die dor kierie van ons volkslewe kan Hy vir ons ʼn pad in die see van wanhoop oopkloof en ons na vryheid lei.

As die nood op sy hoogste is, gaan God vir ons die nodige leiers stuur - manne en vrou wie se harte in die bloed van Jesus gewas is.  God sal hulle met ʼn heilige roeping begeester om hierdie volk aan die suidpunt van Afrika na Hom toe te laat terugkeer en hulle van die heidendom te verlos.   En geen mag ter wêreld gaan Hom keer nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3703 gaste aanlyn