NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Politiek is nie ʼn vuil ding soos mense beweer nie, maar ʼn heilige saak.  Dis die sinvolle ordening van ʼn gemeenskap ten einde mense in vrede en geregtigheid te laat woon en werk. “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).

DIE LAASTE POUS (1)

Andrè van den Berg

Lees reeks by Die Laaste Pous

INLEIDING

" Naas die sondeval (Gen.3) is die ideologiese samesmelting van Rome en Babel die grootste ramp wat die mensdom ooit getref het.  Dit het tot die ontstaan van die Roomse Kerk gelei.   Die Christendom is mislei om heidengebruike in haar midde op te neem waarna dit so ingebed geraak het, dat mense die waarheid nie meer van die leuen kon onderskei nie. "

“Laat niemand julle op op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is (2 Thess.2:3,4).

Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die grootstes.  Die gemeente in Rome het dit as ‘n gawe van God ontvang om sy Koninkryk uit te brei en die plaaslike kudde mee te bedien (Joh.21:15).   Satan het dit egter teengestaan en die gemeente probeer verwoes.

In sy poging om die kerk te vernietig, het hy meer as een strategie gevolg.  Aan die begin van die Christelike era het hy die kerk eers van buite en daarna van binne aangeval.   Eersgenoemde is met die steniging van Stefanus (Hand.6) ingelei waarna die Romeins-Joodse vervolging baie Christenlewens geeïs het.

Toe dit nie aan sy verwagting voldoen nie, het hy van strategie verander en met dwaalleringe in die boesem van die kerk opgeduik waarna die kerk met vyande uit haar eie geledere geteister is.“Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh.2:19).  Lukas maak so vroeg as Hand.15 melding van ‘n raadsbyeenkoms wat in Jerusalem gehou is om kettery in die kerk te ondersoek.

Satan se onophoudelike aanslae op die vroeë kerk het ‘n bres in die muur veroorsaak waardeur heidenelemente die kerk ingesypel het.   Die verval in die suiwere Bybelse leer wat aanvanklik as ‘n ligte bries in die kerk begin gewaai het, het later so in omvang toegeneem, dat dit orkaansterkte bereik het.  In plaas daarvan dat die kerk die heidendom binnegedring en lig in duisternis gebring het, het die heidendom die kerk binnegedring en die lig van die Evangelie verdof.

Naas die sondeval (Gen.3) is die ideologiese samesmelting van Rome en Babel die grootste ramp wat die mensdom ooit getref het.  Dit het tot die ontstaan van die Roomse Kerk gelei.   Die Christendom is mislei om heidengebruike in haar midde op te neem waarna dit so ingebed geraak het, dat mense die waarheid nie meer van die leuen kon onderskei nie.  Christus het sy Kerk egter bewaar en op sy tyd gelowiges soos Luther, Calvyn en Zwingli gebruik om hierdie booshede aan die lig te bring en ‘n volskaalse hervorming te loods.

Daar word verkeerdelik na die Roomse Kerk as die Roomse Katolieke Kerk verwys.  Dis begrippe wat mekaar weerspreek.  Katoliek beteken algemeen of universeel.   As Rooms bygevoeg word, is dit nie meer algemeen nie, maar eerder besonder.  Almal wat Christus as Verlosser en saligmaker ken, behoort aan die onsigbare Katolieke Kerk.  Gevolglik is Protestante eerder Katoliek omdat hulle hul geloof, soos die eerste Christene, slegs op die Bybel grond.  Die Roomse Kerk wat in die Vatikaan gesetel is se lidmaatskap word egter beperk tot mense wat die oppergesag van die pous erken.

Die Roomse Kerk is egter ‘n gedempte vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery.  Dit het soveel heidendom in haar boesem, dat dit werklik inspanning kos om iets eg Christeliks daarin te vind.   Die Roomse Kerk is soos ‘n lugspieëling in die woestyn wat geen lewenswater nie omdat sy in werklikheid geen Christelike kerk is nie, maar eerder ‘n neo-Babiloniese sekte uit wie se geledere die Antichris as laaste pous na vore gaan tree.

BABILON

1.1     Ligging

Babilon het in die Bybel altyd ‘n ongunstige betekenis.  Vanaf die bou van die berugte toring (Gen.11) tot in Openbaring 18 staan Babilon in die teken van opstand teen God. Dit was ‘n land aan die benede-lope van die Eufraat-en Tigrisriviere (in die huidige Irak) en in die Ou Testament ook Sinear genoem (Jos.7:21; Jes.11:11; Dan 1:2).  Die Grieke het dit vanweë die hoofstad Babel,  Babilon genoem.

Die eerste bewoners was alreeds teen 3500vC in diè landstreek gevestig.  Babilon was deel van Nimrod, die eerste koning op aarde, se ryk (Gen.10:10).  Babel beteken godspoort. Babel was, ironies genoeg, nie die poort na God nie, maar eerder die poort na die Satan!

1.2     Verborgenheid

Die Babiloniërs was afgodsdienaars wie se godsdiens om die as van geheimsinnigheid (verborgenheid) gedraai het.   Priesters wat mense hierin onderrig het, is slaafs nagevolg.  Kandidate wat kennis van die verborgenheid wou bekom, moes eers ‘n geheime drank drink wat hulle in die mag van die priesters geplaas het waarna hulle stap vir stap in die geheimenisse ingelei is.

Die profeet Jeremia verwys hierna as hy sê dat Babel ‘n goue beker is wat die aarde dronk en nasies rasend maak (Jer.51:7).   Johannes praat ook in simboliese taal hiervan: “…en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol van guwels” (Openb.17:4).  “omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery…” (18:3).

Die heidene se begeerte na kennis van die verborgenhede het aan die Babiloniese priesters ongekende mag oor hulle besorg.  Hulle is as die enigste vertolkers en uitlêers van die geheimenisse geag en ook die enigstes wat toegelaat is om diegene wat by die verborgenhede ingelyf was, te onderrig.  Sonder hulle hulp het die mense van Babilon nêrens in die lewe gekom nie.

Alvorens iemand by die verborgenhede ingelyf is, moes hy eers deur reinigende waters gaan.  Dit was ‘n heidense doopsbediening wat deur onderdompeling geskied het.  Sommige priesters het egter so hardhandig te werk gegaan dat sommige van die dopelinge in die proses verdrink het!   As ‘n dopeling egter diè rowwe ritueel oorleef het, is hy geskik geag om tot die kennis van die verborgenhede toegelaat te word.

Om by die verborgenhede ingelyf te kon bly, moes ingelyfdes gereeld na ‘n priester gaan en alles wat op hulle gemoed was aan hom bekend maak.  Dis waar die Roomse bieg vandaan kom.  Hierdie gedwonge bieg het mense geheel en al in die mag van die priesters geplaas omdat hulle alles van almal geweet het.  Priesters het egter nie nodig gehad om teenoor mekaar te bieg nie.  Dit het tot ‘n godsdiensdespotisme gelei.

Babiloniese priesters is òf aan hulle kaal koppe òf ‘n kaalte bo-op die kop (kroonskeer) gekenmerk.  Die priesters van Osiris (Egipte) het ook hulle koppe kaal geskeer, ‘n gebruik wat later ook in Rome, Indië en China beoefen is.  Joodse priesters daarenteen is verbied om dit te doen: “Hulle mag op hulle hoof geen kaalte maak…” (Lev.21:5).

1.3               Semiramis

Niemand het afgodery meer bevorder as Semiramis, die vrou van Nimrod, nie.  Sy was ‘n heks wat deur die Satan gebruik is om allerhande bose gebruike te vestig.  Sy het bv.die selibaat as ‘n verskansing vir egbreuk, homoseksualisme en sodomie gevestig en daarmee die priesters afgesonder.  Die selibaat is in werklikheid opstand teen God se instelling van die huwelik (Gen.2).

Die enigste volledige dokument oor Semiramis is deur Diodorus Siculus ‘n Griekse geskiedskrywer in die tyd van Julius Caesar geskryf.   Volgens hom was sy so verleidelik, dat sy al wat magshebber is betower het.  Sy het onder andere tempelprostitusie in Babel gevestig en is as ‘n verhewe vrou met ‘n goue beker in haar uitgestrekte hand uitgebeeld.

Sy het haar onderdane deur middel van godsdiens in blinde onderdanigheid aan Babel onderwerp.  Nadat Nimrod vermoor is, het ‘n priester ‘n seun by haar verwek wat sy Tammuz genoem het.  Sy het haar onderdane egter laat glo dat Nimrod een nag uit die dood teruggekeer en haar op bonatuurlike wyse bevrug het.  Hulle het haar leuen geglo en Tammuz as ‘n wonderseun en ‘n reïnkarnasie van Nimrod beskou.   Daarna is baie beelde van die moeder met die wonderseun in haar arms in die ryk opgerig.   Sy het Nimrod na sy dood onder die naam Baäl laat aanbid.  Sommige het hom Molog genoem.

Die verering van Semiramis met die seun in haar arms het oor groot dele van die wêreld versprei.  In Egipte is hulle as Isis en Osiris aanbid; in Rome as Fortuna en Jupiter en in Griekeland as Ceres en Plutus.  Beelde van haar en die kind is baie eeue later selfs in Tibet, China en Japan gevind.  In China is sy as Shing Moo, die heilige moeder met ‘n kind in haar arms en in Efese as Diana, die moeder van die gode, vereer.

Semiramis het Babel met ‘n ysterhand regeer en was volgens die Romeinse digter Publius Ovidius die eerste persoon wat ‘n muur met ‘n toring daarop om ‘n stad laat bou het.  Daarna is sy dikwels as ‘n vrou met ‘n kroon van klein toringkies op die kop uitgebeeld.

Die geskiedskrywer Diodorus Siculus maak van die toring van Babel melding en skryf dat daar in die boonste verdieping drie groot afgodsbeelde was.  Een daarvan was dié van ‘n vrou met ‘n slang in haar hande wat Semiramis voorgestel het.  Diana is in Efese op soortgelyke wyse voorgestel.  Die enigste verskil was dat diè slang sonder kop was.

ulle Hulle Semiramis was skynbaar van onbeduidende afkoms.   Haar verbintenis met Nimrod het haar aansien besorg.  Sy is egter eers na haar dood as godinmoeder vereer en die hemelkoninging genoem waarna heidene geesdriftig aan haar begin offer het. “En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drank uitgiet…” (Jer.44:19).

Die Babiloniërs het graag aan haar geoffer.  By sekere geleenthede selfs bloedoffers (diere) aan haar gebring.  Die onbloedige broodjie-offer was egter die gewildste offer.  Dit was ‘n klein, ronde broodjie wat soos ‘n wafeltjie gelyk het: “..…is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?” (Jer.44:19).   Slegs toegewydes is toegelaat om die broodjie-offer te nuttig.  Die Roomse Kerk het hierdie heidenoffer later onbeskaamd voortgesit.

Semiramis het die Babiloniese priesters en tempelmaagde verbied om in die huwelik te tree.  Die weerhouding van die huwelik (selibaat) is as bevorderlik vir hulle kennis van die verborgenhede geag.   Dit het egter rampspoedige gevolge gehad.   In plaas daarvan om diegene wat daartoe verorden is se lewe te heilig, het dit juis tot vergrype soos sodomie en verkragting gelei.

Semiramis het met verloop van tyd die voorwerp van wêreldaanbidding geword en is die moeder van die gode genoem.  Clericus skryf dat die Perse, Siriërs en al die konings van Asië en Europa haar aanbid en vereer het.  Tacitus skryf dat Semiramis selfs in oud-Duitsland vereer is en dat Julius Ceasar tydens sy inval in Britanje van haar priesters daar aangetref het.

Die aanbidding van Semiramis het oral byval gevind.  Openb.17:2 meld dat nasies “dronk geword het van die wyn van haar hoerery”.  In die tyd van Jeremia is sommige van die Bondsvolk so deur Babiloniese afgodery meegevoer, dat God hom moes stuur om straf oor hulle aan te kondig (Jer.44).  Na die Babiloniese ballingskap het ‘n klomp Jode in selfballingskap na Egipte uitgewyk om Semiramis te gaan aanbid.

1.4      Na Pergamus

Na die dood van Nebukadneser het Babilon se mag begin afneem.  Die ryk is van binne sowel as van buite bedreig.   Van binne deur die ongehoorde mag wat priesters oor mense gehad het asook die feit dat die leër hoofsaaklik uit huursoldate bestaan het.  Van buite deur die opkomende magte van Egipte, die Meders en die Perse.  Die skrif was vir Babilon aan die muur.

Nadat koning Kores van Persië die ryk van die Meders in 550vC vernietig het, was dit Babel se beurt.  Toe dit in 539vC deur die Perse verower is, het die priesters na Pergamus in die suide van Turkye gevlug om hul afgodery daar voort te sit.   Die fondament van die tempel wat die priesters destyds daar gebou het, is vandag nog te sien.  Johannes maak in Openb.2:13 melding hiervan: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is…”

Rome het aanvanklik geen skakeling met Pergamus gehad nie.  Nadat dit in 190 vC deel van die Romeinse ryk geword het, het die keiser vir die eerste keer met die Babiloniese afgodery en hul gesagstruktuur kennis gemaak.   Dit het hom egter so beïndruk, dat die magte van die Babiloniese hoëpriester later net so aan hom oorgedra is.  Dit het aan hom as staatkundige- en godsdiensleier alle aardse mag besorg.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3799 gaste aanlyn