Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense besit nie regte net omdat hulle mense is nie, maar omdat dit ’n geskenk van God is wat verantwoordelik voor God gebruik moet word. Gelowiges het geen regte van hul eie nie. Hulle behoort immers aan Jesus. “Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees…..en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop….” (1 Kor.6:19,20).
DIE CHAOS VAN MAGTE IS OP ONS !
STRYD IS LEWE!
AAN ONS KINDERS, KLEINKINDERS, HULLE KINDERS EN LATERE NAKOMELINGE
Ons wou so graag aan julle ‘n Christelike Blanke Suid-Afrika nalaat. Miskien gebeur dit nog deur die Here se genade. Maar ons volk het op 2 November 1983 ‘n besluit geneem wat menslik gesproke op iets anders afstuur. En nou wil ons aan julle die wete nalaat dat ons ter wille van julle probeer keer het. Ons het NEE gestem!
NEE vir magsdeling tussen Christendom en nie-Christendom.
NEE vir die verloëning van Christus op staatkundige terrein.
NEE vir ‘n regering wat nie meer spesifiek Christelik sal kan regeer nie.
NEE vir medewerking aan die ondergang van die Christendom.
NEE vir rassevermenging op politieke gebied wat sal deurwerk na al die aspekte van ons lewe.
NEE vir ‘n daad wat probeer om ‘n streep te trek deur ons geskiedenis.
NEE vir ‘n daad wat die gees van die Gelofte van 16 Desember 1838 weerspreek.
NEE vir ‘n pad wat ons eie ras en nasie na ondergang moet voer.
As God in sy genade sal verhoed dat wat hierbo staan werklikheid word, moet julle dankbaar voortveg om ons Christelik-Nasionale erfenis te bewaar.
Maar as die magte van chaos wel kom, moet julle gelowig voortveg om die verlore erfenis te herwin.
As julle in die felheid van die stryd besieling soek, mag julle dan ook iets daarvan put uit die wete wat ons aan julle nalaat, nl, dat ons op 2 November 1983 NEE gesê het!
Geteken te Pretoria op hierdie 24e dag van November 1983.
My oproep tot selfverwesenliking van ons volk is:
Prinsipiële helderheid, nie redenasies vanuit omstandighede nie.
Versterking tot stryd en voortbestaan, nie hervorming na elke wind van verandering nie.
Verinniging en verdieping, nie uitwaartse- en wegbeweging nie.
Klem op onderskeiding en voortreflikheid, nie op die soek na uitweë in gerieflike formules en valse fronte nie.
Suiwer waardes, streng standaarde, hoë ideale, vaste geloof.
Dit moet die oproep tot selfverwesenliking wees.
Get: J A Marais
Mnr Jaap Marais is op 2 November 1922 gebore en sterf op 8 Augustus 2000.
Op jeugdige ouderdom het hy gedien as bestuurslid van verskeie kiesafdelings en vir 11 jaar was hy die Nasionale Pary se Lid van die Volksraad vir Innesdal, Pretoria. Ná die moord op dr Verwoerd het Vorster die pad byster geraak en was daar geen ander keuse as om die Herstigte Nasionale Party te stig nie. Mnr Marais was in 1969 een van die stigterslede van die HNP en vir sewe jaar onderleier van die HNP. Op 28 Mei 1977 word hy leier van die HNP en beklee die leierskap vir 23 jaar tot met sy dood in 2000. Dit maak hom die persoon met die langste ampstermyn as leier van al die politieke partye in Suid-Afrika.
Prof HG van der Westhuizen se huldeblyk aan die grootste politieke leier wat ons nooit in Parlement gehad het nie maar onder wie se leiding ons vandag nié nodig sou hê om ons eie snelweë te versper om ons weerstand bekend te maak nie lui soos volg:
“Jaap Marais se belangstellingsveld in die eie van Suid-Afrika, in die bome en die veld, die voëls en die genetika, die wyn en die letterkunde, het van hom ‘n kundige soos min en ‘n aantreklike persoonlikheid sonder weerga gemaak. Wie naby aan die vuur van sy politieke warmte geleef het, het in die vlamme daarvan die rots van Gibraltar sien staan”.
Mnr Willie Marais, wat mnr Jaap Marais as leier van die HNP opgevolg het se huldeblyk:
“Jaap Marais was ‘n vurige patriot wat met liefde en beginselvastheid sy land en volk gedien het. Hy het ‘n buitengewone werkvermoë gehad. Hy was ‘n produktiewe skrywer, gewilde spreker en uitstaande politieke leier. Sy kennis van die geskiedenis en van politieke gebeure het dit vir hom moontlik gemaak om toekomstige gebeure jare vooruit korrek te projekteer.
“Hy het die natuurlike impuls gehad om nee te sê: nee vir toegewings, nee vir onderhandeling met die vyand, nee vir samewerking met volksversakers, nee vir verslapping van beginsels. Daarmee het hy homself geoffer, want posisie en eie belang het hy nooit vooropgestel nie.
“In elkeen van sy honderde toesprake was die sentrale tema deurgaans: stryd is lewe. Dit het sy hele lewe gekenmerk ― sy voortdurende stryd: vir beginsels, vir ideale, vir geregtigheid, vir Afrikanernasionalisme”.
Hy het die volk van Suid-Afrika deurentyd en betyds gewaarsku waarheen die NP op pad was. Hy het gewaarsku hoe dit sal lyk as die politieke mag in die verkeerde hande val.
Nou weet ons hoe reg hy was!