Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Volksleier wat misdadigers beskerm, is soos ‘n predikant wat die nagmaalbrood vergiftig. Onregmatig genade aan misdadigers het al tot die dood van etlike wetsgehoorsame burgers gelei. Daarom durf genade nooit bo geregtigheid verhef word nie!
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (3)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
Twee vryheidsoorloë
Die Groot Trek het weliswaar twee onafhanklike republieke aan die Afrikaner besorg, maar dit het ook verwydering tussen die Afrikaners in Suid-Afrika gebring. Slegs familiebande het hulle gebind, want daar was geen sprake van politieke eenheid of van ’n saambindende nasionalisme nie. Prikkels van buite sou nasionalisme egter aanwakker.
PRIKKELS VAN NASIONALISME
In die Vrystaat was dit die bedreiging van die Basoeto’s en die oorloë wat teen hulle gevoer is, wat ’n mate van saamhorigheid onder die Vrystaters bewerkstellig het. In Transvaal was daar nie so ’n prikkel nie. In Natal en die Kaapkolonie het die Afrikaners gevaar geloop om te verengels. Britse optrede sou die prikkel verskaf vir die ontwikkeling van Afrikanernasionalisme dwarsdeur Suid-Afrika.
Brittanje het in die laaste helfte van die negentiende eeu ’n hernieude belangstelling in die binneland van Suid-Afrika verkry. Die Britse anneksasie van Basoetoland in 1868 en die Diamantvelde in 1871 is bewys hiervan. In 1877 het die anneksasie van Transvaal gevolg. Vir meer as drie jaar sou die Transvaalse Afrikaners met die woord en die pen teen die Britse oorname van hulle land protesteer - drie jaar waarin hulle saamhorigheid sou aanleer en tot eenheid van optrede gelei sou word. Alle pogings, selfs die sending van twee vryheidsdeputasies na Brittanje om hulle onafhanklikheid deur onderhandeling te herwin, het egter misluk. Die gevolg was dat ’n klein volkie die magtige Brittanje die stryd aangesê het. Die Eerste Vryheidsoorlog is in 1880- 1881 gevoer en by Amajuba het die Afrikaners met ’n klinkende oorwinning getoon dat hulle hul vryheid nie sondermeer sou prysgee nie.
AFRIKANER-NASIONALISME . .. STRYD
Die Eerste Vryheidsoorlog het die Afrikaners dwarsdeur Suid-Afrika aangegryp, hulle tot politieke ontwaking gebring en hulle tot ’n geestelike eenheid saamgebind. Die sluimerende nasionale gevoel het ontwaak en tot ’n kragtige Afrikanernasionalisme gegroei. In elke Afrikanerhart was daar ’n gevoel van trots en die verge sig van ’n volk wat hom oor die lengte en breedte van Suid-Afrika van alle vreemde bande gaan bevry. Teenoor hierdie Afrikanernasionalis met sy ideaal van ’n vrye Suid-Afrika het te staan gekom die Britse imperialis met sy ideaal om die Britse vlag oral in te plant. Die draers van die Britse imperialisme het kort na 1881 tot die aanval oorgegaan en telkens die draers van Afrikanernasionalisme op die verdediging gehad. Die aanval het onder meer gepaard gegaan met verskeie anneksasies en selfs ’n laakbare strooptog op Transvaal (die Jameson- inval). Van alle kante en op alle maniere is die Afrikaners bedreig totdat ’n Tweede Vryheidsoorlog in 1899 - 1902 geveg is. Hierdie keer is die stryd verloor. Die Afrikaner was soos Job op die ashoop en die toekoms was duister. Al flikkering van hoop was dat die Afrikaners die toekoms as ’n gelouterde verenigde volk kon binnegaan.
Op weg na ’n republiek
Hoewel die Afrikanernasionalis die Tweede Vryheidsoorlog verloor het, het die Britse imperialis nie daarin geslaag om, soos hy graag wou, die Afrikaner se republikeinse vryheid en sy nasionalisme heeltemal te vernietig nie. Die Afrikaner het spoedig uit sak en as opgestaan om hom aan te gord vir die stryd om voort te bestaan. Hy het ook die politieke terrein betree, vir die Transvaalse en Vrystaatse kolonies selfbestuur bekom en tot die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 bygedra.
Teen 1910 moes dit vir die Britse imperialis duidelik gewees het dat hy nie die Afrikanernasionalis sou onderkry nie. Nietemin het hy volhard in sy poging om Suid-Afrika net so Engels as Brittanje te maak en die belange van Suid-Afrika ondergeskik aan dié van Brittanje te stel. Sommige Afrikaners het hulle hiermee vereenselwig omdat hulle onder die bekoring van die Britse imperialisme gekom het. Ander Afrikaners het nasionaliste in murg en been gebly. Die Afrikanervolk met sy eie taal en kultuur en die belange van sy land het vir hulle eerste gekom. So word die leuse Suid-Afrika Eerste gebore en die Nasionale Party in 1914 gestig as teenvoeter vir die Suid-Afrikaanse Party wat in 1911 tot stand gekom en met die Britse imperialiste geheul het. In die Nasionale Party se program van beginsels is die vryheidsgedagte gehandhaaf. Die nuwe party was die politieke wapen van die Afrikaner om sy godsdiens, identiteit, tradisies, taal en kultuur te handhaaf.
REPUBLIKEINSE IDEAAL HERLEEF
Vir ’n groot aantal Afrikaners was onafhanklikheid los van Brittanje so belangrik dat hulle tydens die Eerste Wereldoorlog teen die Unieregering gerebelleer het. Die Rebellie van 1914 het slegs ’n paar weke geduur en het misluk, maar dit het die republikeinse ideaal sterk laat herleef en die Afrikaners van die SAP weggedryf. Die NP het dan ook in 1924 daarin geslaag om die regering oor te neem.
Die NP-regering het heelwat gedoen om die Afrikaner se seggenskap op vryheid te beklemtoon. So het Afrikaans Nederlands as amptelike taal naas Engels vervang, ’n eie vlag en volkslied is goedgekeur en die soewereine status van Suid-Afrika is erken. Laasgenoemde het genl. J.B.M. Hertzog egter ’n teenstander van die republikeinse beweging binne die NP gemaak. Dit het Hertzog ook in staat gestel om nader aan genl. J.C. Smuts te beweeg en in 1934 die Verenigde Party te stig. Dr. D.F. Malan en andere wou nie meedoen nie en het die NP aan die lewe gehou. Sodoende kon die NP ’n tuiste bied aan diegene wat in die VP ontnugter sou word, veral toe die VP in 1939 oor deelname aan die Tweede Wêreldoorlog geskeur het.
Vir baie Afrikaners sou die konstitusionele ontwikkeling van Suid-Afrika eers voltooi wees wanneer die republikeinse ideaal verwesenlik word. Toe die NP in 1948 aan bewind kom, is stelselmatig in hierdie rigting gewerk. Ten aanvang is alle oorblyfsels van Britse imperialisme in Suid-Afrika verwyder. Britse onderdaanskap is vervang met Suid-Afrikaanse burgerskap; die reg van appèl na die Britse Geheime Raad is afgeskaf; met die Union Jack en die Britse volkslied is weggedoen - voortaan was daar net een vlag en een volkslied; en die Britse geldstelsel is afgeskaf. Eindelik kon in 1961 die laaste stap gedoen word om die Republiek van Suid-Afrika tot stand te bring. Dit was die finale oorwinning van Afrikanernasionalisme oor Britse imperialisme. Uiteindelik kon die Afrikaner die Britse juk wat hom sedert 1806 geknel het, afgooi en volkome vryheid geniet.
Die vryheid is duur gekoop
Op die weg na vryheid is menige offers gebring. Dit was geen maklike weg nie. Daar was diegene wat dit te uitputtend gevind het en die vryheidstrewe òf verwater òf versaak het. Dan het die bittereinders maar weer van voor af die stryd aangepak en volhard om van ’n minderheid na ’n meerderheid te werk. Dink maar aan die NP wat in 1915 die geledere van die SAP verlaat het en van ’n minderheidsparty na ’n meerderheidsparty gegroei het; of die klein minderheid wat in 1934 nie met die VP wou saamsmelt nie, maar tog gegroei het om in 1948 die bewind oor te neem. Daar was dikwels bittere verdeling in Afrikanergeledere en met die Rebellie het broer teen broer geveg.
Daar was baie leiers wat offers gebring het. ’n Mens huiwer om name te gebruik omdat dit onregverdig is teenoor die talle wat nie vermeld word nie, maar enkele voorbeelde is tog gewens. Daar was leiers wat hulle vaderland moes opoffer: Petrus Delport, vryheidsleier van Swellendam, is sonder verhoor verban omdat hy nie aan die Engelse trou wou sweer nie; Ben Viljoen wou nie in 1902 die eed van trou aan die Britse koning aflê nie en het as banneling in Amerika gesterf; Manie Maritz moes ná die Tweede Vryheidsoorlog en weer ná die Rebellie verskeie jare in die buiteland skuilhou om vervolging vry te spring. Ander leiers, soos Gideon Scheepers en Jopie Fourie, moes voor die vuurpeleton die hoogste tol betaal. Piet Retief en Hendrik Verwoerd was die slagoffers van moordaanslae. Vanselfsprekend het talle leiers op die slagveld van eer gesterf.
Maar ook die gewone man, vrou en kind het offers vir die vryheid betaal. Ons kan maar dink aan die lewensverliese tydens die Groot Trek, veral weens die Zoeloe-aanvalle. Die vryheidsoorloë het ’n verdere tol geëis. In die Tweede Vryheidsoorlog het 20 000 burgers gesneuwel, terwyl 26 000 vrouens en kinders in die konsentrasiekampe omgekom het.
Die vryheid waarvoor so duur betaal is, is so kosbaar dat ons dit nie mag prysgee nie. En tog is ons in die jongste tyd besig om onder die vaandel van magsdeling ons duurbetaalde vryheid sonder meer weg te gee. Weer eens is daar Afrikaners wat nie die ingeslane vryheidsweg verder wil bewandel nie; weer eens is daar ’n skeuring; weer eens moet ’n minderheid die geveg voortsit; weer eens is daar ’n prikkel wat die vryheidsliewende Afrikaners se kragte moet saamsnoer om die vryheidstryd te veg.
WITMAN MAG NIE NEE SÊ
Die Witman het in sy geskiedenis veel vermag en hy mag sy verlede nie verloën nie. Daar is op die oomblik in ons geskiedenis weer ’n laagtepunt wat ons nie mag verontagsaam nie. Ons moet teruggryp na ons verlede, wat nie alleen ’n voortsetting van die vryheidstryd vereis nie, maar ook die nodige inspirasie verleen vir dit wat voorlê. Vir die Witman wag daar nie net ’n oorlewingstryd nie, maar ook ’n stryd om die vryheid wat hy besig is om te verloor, te herwin. Vir hierdie stryd mag hy nie NEE sê nie - sy geskiedenis leer dit vir hom.
Vervolg...