NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Volksleier wat misdadigers beskerm, is soos ‘n predikant wat die nagmaalbrood vergiftig.   Onregmatig genade aan misdadigers het al tot die dood van etlike wetsgehoorsame burgers gelei.  Daarom durf genade nooit bo geregtigheid verhef word nie!

WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (3)

Dr Willie Lubbe

Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?

Twee vryheidsoorloë

Die Groot Trek het weliswaar twee onafhanklike republieke aan die Afrikaner besorg, maar dit het ook verwydering tussen die Afrikaners in Suid-Afrika gebring. Slegs familiebande het hulle gebind, want daar was geen sprake van politieke eenheid of van ’n saambindende nasionalisme nie. Prikkels van buite sou nasionalisme egter aanwakker.

PRIKKELS VAN NASIONALISME

In die Vrystaat was dit die bedreiging van die Basoeto’s en die oorloë wat teen hulle gevoer is, wat ’n mate van saamhorigheid onder die Vrystaters bewerkstellig het. In Transvaal was daar nie so ’n prikkel nie. In Natal en die Kaapkolonie het die Afrikaners gevaar geloop om te verengels. Britse optrede sou die prikkel verskaf vir die ontwikkeling van Afrikanernasionalisme dwarsdeur Suid-Afrika.

Brittanje het in die laaste helfte van die negentiende eeu ’n hernieude belangstelling in die binneland van Suid-Afrika verkry. Die Britse anneksasie van Basoetoland in 1868 en die Diamantvelde in 1871 is bewys hiervan.  In 1877 het die anneksasie van Transvaal gevolg. Vir meer as drie jaar sou die Transvaalse Afrikaners met die woord en die pen teen die Britse oorname van hulle land protesteer - drie jaar waarin hulle saamhorigheid sou aanleer en tot eenheid van optrede gelei sou word. Alle pogings, selfs die sending van twee vryheidsdeputasies na Brittanje om hulle onafhanklikheid deur onderhandeling te herwin, het egter misluk. Die gevolg was dat ’n klein volkie die magtige Brittanje die stryd aangesê het. Die Eerste Vryheidsoorlog is in 1880- 1881 gevoer en by Amajuba het die Afrikaners met ’n klinkende oorwinning getoon dat hulle hul vryheid nie sondermeer sou prysgee nie.

AFRIKANER-NASIONALISME . .. STRYD

Die Eerste Vryheidsoorlog het die Afrikaners dwarsdeur Suid-Afrika aangegryp, hulle tot politieke ontwaking gebring en hulle tot ’n geestelike eenheid saamgebind. Die sluimerende nasionale gevoel het ontwaak en tot ’n kragtige Afrikanernasionalisme gegroei. In elke Afrikanerhart was daar ’n gevoel van trots en die verge sig van ’n volk wat hom oor die lengte en breedte van Suid-Afrika van alle vreemde bande gaan bevry. Teenoor hierdie Afrikanernasionalis met sy ideaal van ’n vrye Suid-Afrika het te staan gekom die Britse imperialis met sy ideaal om die Britse vlag oral in te plant. Die draers van die Britse imperialisme het kort na 1881 tot die aanval oorgegaan en telkens die draers van Afrikanernasionalisme op die verdediging gehad. Die aanval het onder meer gepaard gegaan met verskeie anneksasies en selfs ’n laakbare strooptog op Transvaal (die Jameson- inval). Van alle kante en op alle maniere is die Afrikaners bedreig totdat ’n Tweede Vryheidsoorlog in 1899 - 1902 geveg is. Hierdie keer is die stryd verloor. Die Afrikaner was soos Job op die ashoop en die toekoms was duister. Al flikkering van hoop was dat die Afrikaners die toekoms as ’n gelouterde verenigde volk kon binnegaan.

Op weg na ’n republiek

Hoewel die Afrikanernasionalis die Tweede Vryheidsoorlog verloor het, het die Britse imperialis nie daarin geslaag om, soos hy graag wou, die Afrikaner se republikeinse vryheid en sy nasionalisme heeltemal te vernietig nie. Die Afrikaner het spoedig uit sak en as opgestaan om hom aan te gord vir die stryd om voort te bestaan. Hy het ook die politieke terrein betree, vir die Transvaalse en Vrystaatse kolonies selfbestuur bekom en tot die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 bygedra.

Teen 1910 moes dit vir die Britse imperialis duidelik gewees het dat hy nie die Afrikanernasionalis sou onderkry nie. Nietemin het hy volhard in sy poging om Suid-Afrika net so Engels as Brittanje te maak en die belange van Suid-Afrika ondergeskik aan dié van Brittanje te stel. Sommige Afrikaners het hulle hiermee vereenselwig omdat hulle onder die bekoring van die Britse imperialisme gekom het. Ander Afrikaners het nasionaliste in murg en been gebly. Die Afrikanervolk met sy eie taal en kultuur en die belange van sy land het vir hulle eerste gekom. So word die leuse Suid-Afrika Eerste gebore en die Nasionale Party in 1914 gestig as teenvoeter vir die Suid-Afrikaanse Party wat in 1911 tot stand gekom en met die Britse imperialiste geheul het. In die Nasionale Party se program van beginsels is die vryheidsgedagte gehandhaaf. Die nuwe party was die politieke wapen van die Afrikaner om sy godsdiens, identiteit, tradisies, taal en kultuur te handhaaf.

REPUBLIKEINSE IDEAAL HERLEEF

Vir ’n groot aantal Afrikaners was onafhanklikheid los van Brittanje so belangrik dat hulle tydens die Eerste Wereldoorlog teen die Unieregering gerebelleer het. Die Rebellie van 1914 het slegs ’n paar weke geduur en het misluk, maar dit het die republikeinse ideaal sterk laat herleef en die Afrikaners van die SAP weggedryf. Die NP het dan ook in 1924 daarin geslaag om die regering oor te neem.

Die NP-regering het heelwat gedoen om die Afrikaner se seggenskap op vryheid te beklemtoon. So het Afrikaans Nederlands as amptelike taal naas Engels vervang, ’n eie vlag en volkslied is goedgekeur en die soewereine status van Suid-Afrika is erken. Laasgenoemde het genl. J.B.M. Hertzog egter ’n teenstander van die republikeinse beweging binne die NP gemaak. Dit het Hertzog ook in staat gestel om nader aan genl. J.C. Smuts te beweeg en in 1934 die Verenigde Party te stig. Dr. D.F. Malan en andere wou nie meedoen nie en het die NP aan die lewe gehou. Sodoende kon die NP ’n tuiste bied aan diegene wat in die VP ontnugter sou word, veral toe die VP in 1939 oor deelname aan die Tweede Wêreldoorlog geskeur het.

Vir baie Afrikaners sou die konstitusionele ontwikkeling van Suid-Afrika eers voltooi wees wanneer die republikeinse ideaal verwesenlik word. Toe die NP in 1948 aan bewind kom, is stelselmatig in hierdie rigting gewerk. Ten aanvang is alle oorblyfsels van Britse imperialisme in Suid-Afrika verwyder. Britse onderdaanskap is vervang met Suid-Afrikaanse burgerskap; die reg van appèl na die Britse Geheime Raad is afgeskaf; met die Union Jack en die Britse volkslied is weggedoen - voortaan was daar net een vlag en een volkslied; en die Britse geldstelsel is afgeskaf. Eindelik kon in 1961 die laaste stap gedoen word om die Republiek van Suid-Afrika tot stand te bring. Dit was die finale oorwinning van Afrikanernasionalisme oor Britse imperialisme. Uiteindelik kon die Afrikaner die Britse juk wat hom sedert 1806 geknel het, afgooi en volkome vryheid geniet.

Die vryheid is duur gekoop

Op die weg na vryheid is menige offers gebring. Dit was geen maklike weg nie. Daar was diegene wat dit te uitputtend gevind het en die vryheidstrewe òf verwater òf versaak het. Dan het die bittereinders maar weer van voor af die stryd aangepak en volhard om van ’n minderheid na ’n meerderheid te werk. Dink maar aan die NP wat in 1915 die geledere van die SAP verlaat het en van ’n minderheidsparty na ’n meerderheidsparty gegroei het; of die klein minderheid wat in 1934 nie met die VP wou saamsmelt nie, maar tog gegroei het om in 1948 die bewind oor te neem. Daar was dikwels bittere verdeling in Afrikanergeledere en met die Rebellie het broer teen broer geveg.

Daar was baie leiers wat offers gebring het. ’n Mens huiwer om name te gebruik omdat dit onregverdig is teenoor die talle wat nie vermeld word nie, maar enkele voorbeelde is tog gewens. Daar was leiers wat hulle vaderland moes opoffer: Petrus Delport, vryheidsleier van Swellendam, is sonder verhoor verban omdat hy nie aan die Engelse trou wou sweer nie; Ben Viljoen wou nie in 1902 die eed van trou aan die Britse koning aflê nie en het as banneling in Amerika gesterf; Manie Maritz moes ná die Tweede Vryheidsoorlog en weer ná die Rebellie verskeie jare in die buiteland skuilhou om vervolging vry te spring. Ander leiers, soos Gideon Scheepers en Jopie Fourie, moes voor die vuurpeleton die hoogste tol betaal. Piet Retief en Hendrik Verwoerd was die slagoffers van moordaanslae. Vanselfsprekend het talle leiers op die slagveld van eer gesterf.

Maar ook die gewone man, vrou en kind het offers vir die vryheid betaal. Ons kan maar dink aan die lewensverliese tydens die Groot Trek, veral weens die Zoeloe-aanvalle. Die vryheidsoorloë het ’n verdere tol geëis. In die Tweede Vryheidsoorlog het 20 000 burgers gesneuwel, terwyl 26 000 vrouens en kinders in die konsentrasiekampe omgekom het.

Die vryheid waarvoor so duur betaal is, is so kosbaar dat ons dit nie mag prysgee nie. En tog is ons in die jongste tyd besig om onder die vaandel van magsdeling ons duurbetaalde vryheid sonder meer weg te gee. Weer eens is daar Afrikaners wat nie die ingeslane vryheidsweg verder wil bewandel nie; weer eens is daar ’n skeuring; weer eens moet ’n minderheid die geveg voortsit; weer eens is daar ’n prikkel wat die vryheidsliewende Afrikaners se  kragte moet saamsnoer om die vryheidstryd te veg.

WITMAN MAG NIE NEE SÊ

Die Witman het in sy geskiedenis veel vermag en hy mag sy verlede nie verloën nie. Daar is op die oomblik in ons geskiedenis weer ’n laagtepunt wat ons nie mag verontagsaam nie. Ons moet teruggryp na ons verlede, wat nie alleen ’n voortsetting van die vryheidstryd vereis nie, maar ook die nodige inspirasie verleen vir dit wat voorlê. Vir die Witman wag daar nie net ’n oorlewingstryd nie, maar ook ’n stryd om die vryheid wat hy besig is om te verloor, te herwin. Vir hierdie stryd mag hy nie NEE sê nie - sy geskiedenis leer dit vir hom.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4203 gaste aanlyn