NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Op die lughawe van Bangkok staan daar in groot letters geskryf: “Welkom in Thailand, die land waar elke mens ‘n glimlag dra!” Dis wat ‘n gelukkige mens moet doen – ‘n glimlag dra.  Sonder ‘n glimlag is jy nooit volledig geklee nie.

WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (5)

Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?

VRYHEID - en nasionalisme

"Afsonderlike nasionale vryheid en selfbeskikking vir elke volk in Suid-Afrika het glo die toekoms in ’n verkeerde rigting gestuur, maar die vraag of die nuwe formule van integrasie die toekoms in ’n regte rigting sou stuur, is nooit gevra of beantwoord nie. Dit is oorgelaat aan ’n verwarde en onsekere, oningeligte Blanke kieserskorps om te beslis of dit ’n formule vir vreedsame naasbestaan in die plurale samelewing, die bloudruk vir bestendigheid, ordentlike verandering en ontwikkeling is en of dit ’n resep vir rewolusie, ’n konsep vir chaos sou wees."

Mensegemeenskappe verander voortdurend en om baie redes. Maar al is ’n gemeenskap voortdurend genoodsaak om allerlei invloede te verwerk en allerlei aanpassings te maak, hoef sy identiteit nog nie in gedrang te kom nie.

MENS IS HOOFOORSAAK

Die belangrikste rede vir verandering in sy gemeenskap is die mens self. Sy nuwe denkbeelde, sy keuses, sy beslissings, ja sy hele lewens- en wêreldbeskouing en sy handelinge bring keerpunte in die geskiedenis; bring bakengebeurtenisse soos ’n Franse Rewolusie, soos ’n Groot Trek, ’n Eerste Vryheidsoorlog en so meer.

EUROPA VERANDER

Groot gebeurtenisse soos die Industriële rewolusie, die Franse rewolusie en die Napoleontiese oorloë het by Europese samelewings gedaanteverwisselinge veroorsaak. Hierdie gebeure het veral twee kragte ontketen wat elk op sy beurt omwentelinge gebring het: liberalisme en nasionalisme.

Die liberalisme soos dit veral tussen 1830 en 1870 in Wes-Europa en Sentraal-Europa na vore kom, was ’n sterk intellektuele beweging. Dit het hom veral sterk uitgespreek ten gunste van die vryheid van die mens op vele terreine waar die mens bedrywig is: vryheid van denke, van godsdiens, van beroep; vryheid op die ekonomiese veld, vryheid op politieke gebied waar die staat nie meer as die rol van “passiewe polisieman” moet speel nie, en die vryheid en welsyn van die indiwidu moet beskerm. Tot die vryheid van die mens hoort ook, volgens die liberalisme, onbeperkte en gelyke geleenthede vir die indiwidu om hom ten voile uit te leef op alle lewensterreine, ongeag ideologie, stand, geloof (later sou ras en kleur bygevoeg word).

NASIONALISME

Terwyl die liberalisme ’n geesteskind was van die intellektuele beweging bekend as die Verligting, was nasionalisme ’n geestekind van die Romantiek wat uit reaksie teen die Verligting ontstaan het. Die groot vertroue wat die Verligting (en sy geesteskind, die liberalisme) in die mens se verstand of rede gestel het, is wreed ontnugter. Die menslike verstand as leidster na ’n lewe van vrede, veiligheid, reg en geregtigheid, het hopeloos gefaal. Die gruwelikhede van die Franse Rewolusie en die Napoleontiese oorloë het dit bewys. Die Romantiek (’n kulturele reaksie teen die liberalisme en sy gedweep met die menslike verstand) was ’n protes van sentiment en verbeelding teen koue en suiwer verstandelikheid (intellektualisme); ’n protes van gevoel teen vorm; ’n protes van die eiesoortigheid van elke volk (sy aangebore karakter, sy band met die verlede, sy besondere volksgees) teen volksvreemde sisteme, ’n protes ook teen die verbreking van volkstradisies en die toepassing van uitheemse formules op ’n volk.

Waar die Verligting blind was vir die verskille tussen volkere, het die Romantiek juis die fundamentele verskille tussen volkere erken en die bestudering en beskrywing van die nasionale geskiedenis beklemtoon. Hierdie beklemtoning van die nasionale en nasionalisme het aangesluit by die oplewing in nasionalisme tydens die Napoleontiese oorloë. Sentiment, patriotisme en die soeke na glorieryke dade in die verlede, het geprikkel tot nasionale trots en tot nuwe belangstelling in volk en volkstaal. Terselfdertyd was daar ook ’n kennelike godsdienstige oplewing.

AFRIKANER-NASIONALISME

Merkwaardig genoeg het die koloniale moondhede van Europa op Europese bodem erkenning verleen aan sekere lesse van die Romantiek (bv. die fundamentele kultuurverskille tussen volkere) maar nie op koloniale bodem nie. So, byvoorbeeld, het Brittanje bevrydings- en nasionaliserings-bewegings in Europa gesteun, maar in Suid-Afrika is die veelvolkige aard en die kulturele pluraliteit van die Kaapse samelewing verontagsaam. En juis die verontagsaming het die opkoms van ’n dinamiese nasionalisme tot gevolg gehad. Dit was Afrikaner-nasionalisme.

Dit was Afrikaner-nasionalisme wat met die Groot Trek ontspring en deur die lydingsgeskiedenis van ’n Groot Uitvlug, ’n Eerste en Tweede Vryheidsoorlog en die stigting van verskeie kultuurbewegings tot volle ontplooing en daadkrag gegroei het. Afrikaner-nasionalisme het gegroei en gedy as reaksie teen Britse kolonialisme en imperialisme.

AFRIKANERVOLK ONMISKENBAAR

Die Afrikanervolk het beslag gekry tydens die uitbreiding van die Kaapkolonie deur die veeboerpioniers in die 18de eeu toe die stroom van die Suid-Afrikaanse geskiedenis volgens S.F.N. Gie “stil en breed gevloei het”. Toe die Kaapkolonie in 1815 ’n permanente Britse kolonie geword het, was die Afrikaner se volkskarakter en volksgees stewig gevorm. Die Afrikanervolk was ’n onmiskenbare sosiale verskynsel, ’n afsonderlike sosio-ekonomies-godsdienstig-homogene volksgroep met ’n eie identiteit, geestelike grondslag, emosionele ingesteldheid, lewenspatroon, Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing. Hulle streng en onkreukbare godsdienssin, Bybelsentriese lewenswyse en patriargale struktuur het die grondslag vir beskouings betreffende volkeverhoudings gevorm. Trouens, hulle afgeslotenheid van die inheemse volksgroepe het veral berus op hulle Blank-Westerse afkoms, godsdiens, beskawingspeil, kultuur en nie op velkleur as sodanig nie. Hulle vereenselwiging met die Ou Testament (verbod aan Israel om met die omringende vreemde, heidense volke te vermeng of om te gaan) het een van die wesenskenmerke van hierdie jongste loot van die Dietse volksgroepe geword. Dit is hierdie lewenshouding wat kenmerke soos geroepenheid, uitverkorenheid, afsonderlikheid, behoudendheid, isolasie en groepsbewustheid gekweek het.

VREEMDE FORMULE ONTNUGTER

Hoewel die Afrikanerpioniers al bestempel is as ideale materiaal vir omvorming tot Britse onderdane en hoewel die Grensboere hulle blymoedig gewy het aan die temmerstaak op die voorposte van die beskawing en die beproewinge van pioniersomstandighede met berusting verdra het, het die toepassing van ’n vreemde formule met die oog op die verandering en die herskikking van die Kaapse samelewing tydens die eerste drie dekades van Britse administrasie hulle veral in die grensdistrikte wreed ontnugter.

REBELLIE OP WIELE

Hierdie ontgogeling het gelei tot 'n geestestoestand wat ultgeloop het op 'n “groot uitvlug”. In die krisisswangere situasie het hulle besluit om die geknelde land (waar hulle geen vrede, voorspoed en veiligheid gehad of voorsien het nie) te verlaat en te trek na ’n nuwe land waar ’n samelewing volgens eie denkbeelde en die tradisionele lewenspatroon opgebou kon word. Die Grensboere se reaksie teen ’n owerheid se herhaalde en heillose ingryping in hulle samelewingsorde het die vorm aangeneem van 'n opstand sonder gewere, ’n rebellie op wiele. Deur hierdie (lotsbeslissende en toekomsbepalende) keuse het die Afrikanerpioniers ’n groot keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis bewerkstellig. “The Great Trek indissolubly linked the future of all South Africa with the Boer race”, het C.W. de Kiewiet met reg beweer.

WOU VRY WEES

Die “groot emigrasie” was ’n unieke vryheidsbeweging. Die Afrikanerpioniers wou vry wees van wetteloosheid en chaos, van administratiewe verwaarlosing, van die voortdurende onsekerheid van lewe en eiendom; hulle wou vry wees van materiële verliese, aanhoudende ruïnasie en bedreigings; hulle wou vry wees van valsbeskuldigings en verkleinering, van weerloosheid en magteloosheid teen hulle fisiese en geestelike vyande; hulle wou vry wees van die herhaalde, heillose ingryping in en ontwrigting van hulle gevestigde lewenspatroon; hulle wou vry wees van die verwoestende gevolge van ’n koloniale beleid wat oorsee geformuleer en gekenmerk is deur pragmatisme, opportunisme, filantropisme en kommersialisme. Hulle wou vry wees van die beperkings op hulle selfbeskikkingsreg... (Vgl. G.D J. Duvenhage: Van die Tarka na die Transgariep, pp. 15 - 20)

‘N EIESOORTIGE NASIONALISME

Deur die ontplooiing van die Groot Trek, die ontworsteling van bestaansmoontlikhede in die binneland en die wordingsgeskiedenis van die republikeinse samelewings het die Afrikanerpioniers ’n sterk historiese ingesteldheid, onafhanklikheidstrewe, identiteitsbewussyn, selfbeskikkingsreg en volksoewereiniteit (verbreding en verdieping van nasionalisme) ontwikkel. Maar dit was ’n eiesoortige nasionalisme, skerp te onderskei van die Europese begrip. Dit was geen ideologie of ’n kunsmatige politieke instrument nie, dit was ’n lewenswyse. Dit het ten nouste saamgehang met hulle taal en godsdiens, hulle geskiedenis, maatskaplike orde, alledaagse behoeftes en ervarings. Die grond waarop hulle gewoon het, was die eiendom van die burgers van die Republiek. Hulle het hulle beskou as die seuns van die land, erfgename van die Groot Trek, ’n geroepe, uitverkore volk met ‘n opdrag en roeping en onvervreembare eiendomsreg op die beloofde land waarvoor 'n duurprys betaal is en steeds offers geëis word.

“Their patriotism had nothing in common with the abstract nationalism with which governments intoxicate the masses in order to make them forget (that their country really belongs to the privileged few and that they are only tenants there ... His patriotism was concrete; his own soil was his fatherland. When he was called upon to defend his country, he took his own rifle, mounted his own horse and fought for the sanctity of his own house, the safety of his own family, the protection of his own property.” (F. Gross: Rhodes of Africa, pp. 99 - 100)

VRYHEID EN BURGERREG ONDEELBAAR

Die staat was nie ’n abstrakte begrip nie, maar ’n praktiese samelewing tot almal se gebruik en voordeel. Hulle nasionalisme was nie gemik teen ’n ander volk of staat nie; dit was die uitdrukking van hulle trots en hoë premie op die vryheid, die land, die persoonlike oorwinnings en bereikings. Die Boerevolkstaat met sy unieke, direkte demokratiese karakter, wat na soveel swerftogte, stryd en lyding verkry is, moes bewaar bly vir die nageslag. Die vryheid en burgerregte in die vaderland, duur gekoop deur die offers en ontberings van die voorvaders - en geskenk deur die Vader - kan nie gedeel word nie, nog minder aan vreemdes oorhandig word. (G.D.J. Duvenhage: Imperialisme en Nasionalisme, pp. 21 -23)

VERNUWE, AL KOS DIT VRYHEID ...

Dit was die geestesgesteldheid van die Afrikaners wat in die laaste kwart van die 19de eeu op die noordelike voorposte van die blanke beskawing ingehaal is en voor ’n voldonge feit geplaas is: erken julle swakhede en tekortkomings as ’n onontwikkelde Boerevolkstaat van landboupioniers, gering in getal en omring deur vyandige Swart volke; aanvaar Britse onderdaanskap\ vereenselwig julle met die veranderde omstandighede; pas aan by die “nuwe tye”. Dit is die era van die nuwe imperialisme en die republikeinse Noorde val binne die Britse invloedsfeer en uitbreidingsgebied in Suidelike Afrika. Berus in die onvermydelike. Kom tot vernuwing en pas aan by die werklikhede van veranderde omstandighede - al beteken dit die verlies van julle vryheid, selfbeskikkingsreg, identiteit, taal, tradisies. Word lojale Britse onderdane.

ONBLUSBARE VRYHEIDSVUUR

Die voldonge feit van anneksasie is deur die Transvaalse regering aanvaar, maar die volk het die inisiatief oorgeneem en in 1880 besluit om hulle eerste vryheidsoorlog te veg. Die belewenis en suksesvolle afloop van ’n vryheidstryd het gelei tot ’n nasionale oplewing en ’n lewenskragtige eenheidstrewe is ontketen. Koloniale en republikeinse Afrikaners het mekaar weer ontdek, staatsgrense en selfs groepsverdelings het vervaag. Hulle het met mekaar geïdentifiseer en die samehorigheidsgevoel is gestimuleer. Die bedreiging van buite het konsoliderend ingewerk en patriotisme gevoed. Dit het gelei tot ’n geestelike herrysenis, ’n nasionale ontwaking, ’n volksherlewing wat oor staatsgrense uitgekring het. Hulle was een volk, met een taal, een vaderland, een godsdiens, een geskiedenis, een bestemming: volkome vry, selfbeskikkend, soewerein in die nasionale eenheidstaat. Dit is hierdie dinamiese nasionalisme en onblusbare vryheidsvuur wat die Afrikanervolk deur die daaropvolgende donker dae en krisisure (Tweede Vryheidsoorlog, Milner se aanslag op die Afrikaner- volksgees deur sy verengelsings- en geestelike rekonstruksiebeleid, die bedreiging van Afrikaneridentiteit deur Louis Botha se eenstroombeleid, die eise en aanslae van buite en van binne deur ’n veranderde wêreld na 1945) gedra en begeester het.

STELLINGNAME BRING KEERPUNT

Hierdie volksgees het die Afrikanernasionaliste se keuse na die Tweede Wêreldoorlog onderlê toe ’n grootse herskikkingsplan met die oog op wêreldvrede beplan is (die vrymaking en onafhanklikwording van die voormalige koloniale volke van Wes-Europa, oorheersing en die erkenning van gelyke regte aan alle mense op alle lewensterreine ongeag ras, kleur of godsdiens) en van Suid-Afrika geëis is om aan te pas by die veranderde, nuwe wêreld. Hierdie eis van buite op verandering, hervorming en vernuwing loop soos ’n refrein deur ons geskiedenis die afgelope anderhalf eeu. En dit is die stellingname (keuses en beslissings) in die bedreigde, krisisswangere staanplek in die hede wat tot keerpunt in ons geskiedenis aanleiding gegee het - in die verlede en ook nou.

SKEIDING OF VEELRASSIG

Die na-oorlogse wêreld is gekenmerk deur ’n sosio-politieke omwenteling van ongekende intensiteit en die Blankes moes besluit of hulle aan die wêreldmening en plaaslike Swart eise gaan toegee, en veral die Afrikanervolk moes besluit of die tradisionele samelewingsordening, gebaseer op die histories geworde maatskaplike en politieke skeiding, vervang moes word deur ’n oop of veelrassige samelewing, integrasie, een mens een stem, meerderheidsregering - swartmeerderheid. Veral moes besin word oor die gevolge van laasgenoemde keuse vir die plurale aard van die Suid-Afrikaanse samelewing waar groep- en kultuurverskille onder die Swart volke net so skerp teen mekaar afgeteken staan as tussen Blank en Swart. Daarom moes rekening gehou word met die potensiële magstryd, die beskerming en selfbehoud van minderheidsgroepe en die moontlikheid van vreedsame, veilige en voorspoedige voortbestaan en naasbestaan in sodanige oop samelewing.

STILSTAND . .. TERUGKYK ... VOORUITKYK

Die eise en aandrang om die “onregverdige sosiale struktuur” te verander, het die Blankes tot stellingname verplig. VeraI die verdeelde Afrikanervolk is tot stilstand geruk. Hulle het teruggekyk na die verlede en rekenskap gevra van die toegange van die verlede na die hede; maar hulle het ook vorentoe gekyk en rekenskap gegee van die uitgange van die hede na die toekoms. Want die hede kan slegs ontleed en begryp word as ’n gewordene uit die verlede, en deur die stellingname in die hedesituasie word die grondslae vir toekomstige gebeure gelê. ’n Historiese benadering, ’n duidelike geskiedbeeld en geskiedvisie was nog altyd sinoniem met ’n sterk ontwikkelde nasionale bewussyn, want (volgens J. Huizinga) die geskiedenis is die wyse waarop ’n kultuur van sy verlede rekenskap gee en tot ’n verantwoorde toekomsbeeld kom (vgl. G.D.J. Duvenage: Imperialisme en Nasionalisme, pp. 162- 173).

EKSPERIMENT TE GEVAARLIK

Die Afrikanemasionaliste het tot die slotsom gekom dat die na-oorlogse denkbeelde nie rekening gehou het met die etnologiese en kulturele werklikhede en die ingeboude sosiale wetmatighede in Suid-Afrika nie en dat die toepassing daarvan in die Suid-Afrikaanse samelewing tot rampspoedige gevolge sou lei. Dit sou onbeheerbare kragte en magte in die heterogene samelewing losmaak wat nie slegs die Westerse beskawing, die demokratiese lewenswyse, bestendigheid, vrede, veiligheid en voorspoed in die gedrang sou bring nie, maar tot sodanige politieke magstryd tussen die verskillende Swart volke - en die Blankes - sou lei dat ’n toestand van ongekende verwarring, anargie, bloedvergieting, staatsprepe en tirannie noodwendig daarop sou moes volg. Die eksperiment kon nie gewaag word nie, want as ’n sosiale proefneming misluk, kan daar nooit weer na die oorspronklike vertrekpunt teruggekeer en die foute uitgeskakel word nie, want deur die mislukkingsgeskiedenis word die samelewing voortdurend by nuwe vertrekpunte gebring. En die gebeure in die Afro-Asiatiese samelewings die afgelope twee dekades het bewys dat hierdie prognose korrek was.

Daarom het die keuse geval op die voortsetting van die tradisionele segregasiebeleid (nieteenstaande hewige verset en aanvalle van Swart en Bruin, liberaliste hier te lande en oorsee, die V. V.O. en later die O. A.E. onder die naam apartheid (aanvaar in die 1948-verkiesing) en later afsonderlike ontwikkeling as volkeverhoudingsbeleid. Later is hierdie formule gaandeweg afgewater en afgetakel sodat beweer is “apartheid is dood”, “vaarwel aan apartheid” en vervang is met ’n kompromis tussen konsosiasie-demokrasie - magsdeling vir Blankes, Kleurlinge en Indiërs in een vaderland (en later die stadswartes) - en partisie (vir die Swart nasionale state) as formule vir die verandering van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die uitheemse formule soos ontwerp deur die Presidentsraad se Grondwetkomitee beteken by implikasie dat die keuse van 1948 (afsonderlike nasionale vryheid en selfbeskikking) die toekoms in ’n verkeerde rigting gestuur het, maar die vraag of hulle formule die toekoms in ’n regte rigting gaan stuur, is nog gevra nog beantwoord. Dit is oorgelaat aan ’n verwarde en in ’n groot mate onsekere, oningeligte Blanke kieserskorps om te beslis of dit ’n formule vir vreedsame naasbestaan in die plurale samelewing, die bloudruk vir bestendigheid, ordentlike verandering en ontwikkeling is en of dit ’n resep vir rewolusie, ’n konsep vir chaos sou wees. (vgl. G.D. J. Duvenage: Die Eerste Verslag van die Presidentsraad se Grondwetkomitee, hfst. 3-5).

BEPROEFDE RAAMWERK VIR NASIONALISME EN VRYHEID

-Ons antwoord? Die geskiedenis bewys dat die ruimtelike vestiging van etnisiteit groepsverbondenheid en kultuurgebondenheid die beproefde raamwerk is waarin die individu sy nasionalisme en vryheid kan uitleef en ’n fisiese, geestelike tuiste en sekerheid vind. Om dit weg te redeneer en te verrasnasionaliseer en te verintelektualiseer, of selfs ’n lae profiel te gee is om met ’n tragedie te flankeer.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2203 gaste aanlyn