Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Net jy kan besluit of jy 'n gelukkige mens of 'n slagoffer van die lewe wil wees. Vertrou op God vir alles en word 'n gelukkige mens.
ONDERSKEID EN HIËRARGIE
Dr Danie Theron
As alle dinge outomaties tot stand gekom het, in plaas van deur beplanning en denke, dan sou alles eenvorming en sonder onderskeid gewees het.
Ons beleef vandag dat onderskeid uitgeskakel moet word. Dat almal kwansuis “gelyk” is. Die massamens kan nie ongelykheid verdra nie.
Indien jy ‘n samelewing wil verstaan, dan sal jy sien dat daar ‘n sekere struktuur is. En omdat daar ‘n struktuur is, is daar ‘n sekere hiërargie. Wie hierteen skop, doen dit vergeefs. Die wêreld is een van ongelykheid.
Selfs in die redelose dierewêreld is daar ‘n hiërargie ten spyte van wat op die oog af na gelykheid lyk. Alhoewel deur instinkte, eerder as deur rede gedryf, vind mens tog ‘n hiërargie daar. Hoeveel te meer nie in die mensewêreld wat immers deur rasionale denke beheer word nie.
Hiërargie ontstaan deur die mens se arbeid en die aanwending van sy vermoëom ‘n sekere standaard te bereik - daar sy denke aan te wend.
Maar wanneer gevoel die plek van denke inneem dan maak verdienste plek vir behoefte. Dit is natuurlik wat sosialisme beoog; om ‘n gelykheid daar te stel.
Volgens die filosoof, Richard Weaver, in sy werk Ideas have Consequenses, is sosialisme eerder ‘n beweging van die middelklas as die laer klas. Die middelklas word aan beide kante beskerm; deur die hoër klas en die laer klas. Die laer klas moet die slae van die lewe verduur en die hoër klas is deurentyd besig om hulle posisie te verbeter.
Weaver stel die middelklas se posisie soos volg:
“In between lies the besotted middle class ... loving comfort, risking little, terrified by the thought of change, it’s aims is to established a materialistic civilization which will vanish threats to it’s complacency. It has no ideals; it is washed rather than clear.”
Shakespeare het ‘onderskeid’ die “ladder to all high designs” genoem.
Die sosiale demokrasie wil hierdie onderskeid afskaf. U sien, om na beter te streef, beteken om jou moue op te rol (arduous effort), inspanning en dikwels slapelos nagte. Dit is van hierdie “werk” wat die sosialis nie hou nie.
Die Tocqueville stel dit soos volg:
Comfort becames a goal when destinction of rank are abolished and privileges destroyed.
Mense is nie “free and equal” geskape nie. Gelykheid van geleenthede bewys baie gou hoe ongelyk die uitslag is juis omdat mense verskil. ‘n Gemeenskap word ondergrawe deur diegene wat verskille wil wegpraat en gelykheid as uitkoms beoog. Die ironie is dat die gelykheidskrywers hulle uitgee as vegters vir geregtigheid.
Hierdie gelykheid is orde sonder ontwerp. Gelykheid veroorsaak verwarring en dus vervreemding en dan vyandigheid weens afguns, juis omdat dit onmoontlik is om te bereik. Die resultaat is dat leiers nie meer wil lei nie, en dienaars nie meer wil dien nie. Shakespeare het hierdie resultaat van die onmoontlikheid van gelykheidskrywers en dit wat hulle by hulle volgelinge veroorsaak goed verwoord. Hulle eindig met ‘n “envious fever”.
Dit word aanvaar dat die verwydering van alle onderskeid ware demokrasie daar sal stel.
But the inability of pure democracy to stand for something intelligible leaves it merely a verbal deception.
Maar demokrasie het geen beter wêreld daargestel nie. En as dit gelykheid in toestand belowe, dan is dit in elk geval ‘n ongeregtigheid omdat dieselfde wet vir die bok en die leeu tirannie is.
Toe gesien is dat gelykheid in die politieke sfeer niks beter daar stel nie, is die strewe na gelykheid verskuif na die ekonomiese sfeer. Maar dis nog meer onrealisties en daarom word regerings wat dit belowe, despoties.
As almal dus “gelyk” is, waarom moet ons nog ‘n keuse maak tussen persone. Ons kan dan mos maar sommer die lot werp. ‘n Verkiesing impiseer tog ‘n baie ondemokratiese proses waar gediskrimineer word deur tussen persone te onderskei!
As mense in oorlogsnood of ander krisisse verkeer, is hulle instinktiewe neiging om die beste leier of militaris te kies om hulle uit daardie verknorsing te red. Waarom? Omdat daardie persoon hom onderskei het op daardie gebied! Waarom dan nie ook op ander terreine die “beste “ persoon “kies” nie?
‘n Grondwet is veronderstel om vir politieke waarheid te staan. Dit is veronderstel om die burgers teen hulleself te beskerm. Vir die gelykheidskrywers raak ‘n grondwet ‘n probleem want dit wat regtig beskerm moet word naamlik gelyke geleenthede, veroorsaak juis ongelyke uitkomste. Daarom moet hulle of bepalings inbou wat ongelyke uitkomste verhoed, soos “regstellende aksie”, of die bepaling sonder meer verwyder!
Regstellende aksie is ‘n opstand teen die Goddelike gegewe dat mense verskil wat betref talente en vermoëns. Dit is ook ‘n opstand teen die realiteit dat sommige mense harder werk as ander en daarom ‘n beter resultaat behaal.
Onderskeiding en hiërargie is die noodwendige resultaat van ‘n ongelyke wêreld en die insette wat sommige deur moeite doen om hulle talente te ontgin, terwyl ander nie bereid is om dit te doen nie
Vooruitgang in die wêreld het nie plaasgevind omdat almal gelyk is nie, maar juis omdat sommige bereid was om deur harde werk geleenthede te benut om vooruitgang moontik te maak, terwyl ander toegekyk het en die vrugte daarvan geniet het.