Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Halfhartigheid is een van ons grootste sondes. In halfhartige bekering sterf die ou mens maar staan weer op. In ware bekering met die krag van die Heilige Gees sterf die ou mens en die nuwe mens staan in Christus op. Satan probeer hard om ons in eie krag te laat opstaan sodat ons na hom kan terugkeer in sonde. Gee aan die duiwel geen plek en bely en laat staan voor die Here elke dag opnuut in sy krag.
DIE BOEKHOUER EN DIE VERKLEUR- MANNETJIE
Johan Hack
Suid Afrika word tans warm toegedraai in ‘n kombers van multikulturele samelewing wat deur die media uitgebeeld word as ‘n utopie van vryheid, voorspoed in integrasie, gevestig in menswaardigheid en naasteliefde waarin sy mense vrywillig met verdraagsaamheid woon.
Daar moet egter gevra word: Wat broei regtig onder hierdie kombers? Wel, dit raak deesdae vir almal duidelik om te sien: korrupsie, verkragting, moord, diefstal, bedrog, rassehaat en nog vele meer is besig om die verrotte stank daarvan aan die kombers af te smeer en dit uit te rafel.
Maar as ons met meer insig na hierdie omstandighede kyk, sal ons besef dat daar nóg ‘n kriminele daad is wat net so groot en selfs erger is, en dit is die daad van verraad.
As Christen Afrikaner-nasionaliste moet ons besef dat die blanke Afrikaner-liberalis wat homself voordoen as iemand wat omgee vir sy geloof, volk, taal en kultuur, net so ‘n groot vyand soos die moordenaar, rower en verkragter is.
So doen hy homself in geselskap voor, maar net so vinnig is hy om saam met sy mede-liberalis te skree: “Black lives matter” of “ Siestog, ons voorouers het die swart volk te na gekom” of “Ons moet die swart man en vrou ‘n gelyke kans gee om hoë poste te bestuur” (maar sy kans moet meer ‘gelyk’ wees omdat hy swart is.) Hierdie selfde man swyg as sy eie volk vertrap word, plaasboere vermoor en ons vrouens en kinders verkrag word en verarming van blankes siender oë plaasvind. Hierdie mense doen soos ‘n verkleurmannetjie. Die verkleurmannetjie verander egter sy kleure vir oorlewing maar die Afrikaner-liberalis verander sy kleur om by sy omstandighede aan te pas om homself te bevoordeel. ‘n Mens wonder wat dr Verwoerd van hierdie vervalle toestand sou sê, juis dit waarvoor hy so hard gewerk het om te voorkom.
Hierdie liberaliste word selfs in hoofstroomkerke aangetref waar hy getuig van die Evangelie van Jesus Christus en onderhouding van Die Tien Gebooie, maar sy kleur verander wanneer hy hoor hoe daar teen homoseksualiteit, aborsies en rasgemengde huwelike gepraat word.
Die media is dié groot sondebok van verraad. Liberaliste word maklik uitgenooi om as gassprekers op een van ons gewilde Afrikaanse radiostasies hul kommentaar te lewer ten gunste van hul ideologie maar terselfdertyd die ware christenskap, taal en kultuur afkraak. Het u al opgelet dat wanneer daar egter wel iemand inskakel met ‘n meer nasionalistiese sienswyse, hoe die omroeper steeds die laaste sê het en met ‘n liberale siening afsluit?
Nog ‘n voorbeeld is ons vermaak. Afrikaanse sangers wat een oomblik sing asof hy n passie vir volk en taal het, maar die volgende oomblik van Siyakolisi sing asof hy goddelike status verkry het – sangers wat glo ‘trots Afrikaans’ is maar enige iets sal sing solank dit ‘n inkomste bring.
Nou kom ons by die boekhouer.
Vandag word daar van ons vereis om ‘n ander tipe boekhouer te wees. Ons moet ekstra oplettend wees. Ons moet inneem en onthou wie hierdie verraaiers is, die wat lyk soos ons en ons taal praat maar ons uitverkoop om vertrap te word. Hulle is op die oog af steeds medewerkers van ons wat gebrei het aan hierdie kombers en dit probeer skoonhou.
Ons moet onthou wat ons voorouers ons geleer het met betrekking tot ons taal, geskiedenis, kultuur en ons Godsdiens. En soos wat hierdie kombers besig is om uit te rafel, laat ons dan deeglik boekhou van die verkleurmannetjies, daardie dominee, daardie politieke leier, daardie radio-omroeper, sanger, skrywer, werkskollega, familielid, ens, vir wanneer daardie dag aanbreek, en sodat ons nie geflous word wanneer hul weer van kleur verander nie.
En daardie dag sal kom!