NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geluk is soos ‘n boemerang – dit keer altyd terug na diegene wat dit gee.  As jy dus regtig in jou hart gelukkig is, moet jy dit met ander deel anders gaan dit verlore. Niks kelder geluk soos selfsug nie.

GOD SE LIEFDE VIR JÓÚ KEN GEEN EINDE NIE... (3) Slot

...MAAR HET JY HÓM LIEF?

Anita Joubert

Ons aardse stryd met sonde      

     In hierdie aardse lewe gaan ons altyd ʼn stryd met sonde hê. Ons het reeds gesê dat Paulus geskryf het dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose magte in die lug, elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld. Met ander woorde, teen die duiwel en sy koninkryk van die duisternis (Ef. 6:12). Jakobus skryf in sy brief vir sy lesers: “Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug” (Jak. 4:7).

     As ons nie besef dat die Here Jesus aan ons as sy volgelinge, sy gesag en outoriteit teen die bose magte gegee het om hulle te oorwin nie, en daardie outoriteit gebruik nie, dan sal hulle ons verseker mislei, bedrieg en vernietig. Jesus het, net voordat Hy opgevaar het hemel toe, vir sy dissipels gesê: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde (Matt. 28:18). In Lukas 10:19 het Hy gesê: “Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy mag te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.”

     Een van die vroegste kerkvaders, Augustinus, het geglo én dit ook vir sy volgelinge geleer, dat daar nie so iets soos ʼn duiwel bestaan nie en wanneer die Bybel van die bose praat, dan is dit eintlik net simbolies van die mens se sondige natuur. Die gevolg van hierdie siening en lering van Augustinus, is vandag nog baie duidelik sigbaar in gereformeerde denominasies wêreldwyd, se prediking. Lidmate word nie geleer dat hulle die duiwel met sy leuens en versoeking kan weerstaan nie, want vir baie van die predikante bestaan hy nie eers nie.

     Augustinus en sy volgelinge het toe seker nooit daaraan gedink dat die Here Jesus, wat verseker nie ʼn sondige natuur gehad het nie, self vir sy dissipels vertel het dat Hy vir veertig dae lank in die woestyn versoek is – deur niemand anders nie as die duiwel homself! (Matt. 4:1-11).

     Die Bybel is baie duidelik oor sekere sondige praktyke waarvan ons moet wegdraai as ons hemel toe wil gaan. Paulus sê in Galasiërs 5:19: “Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al derglike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.”

     Paulus het hierdie woorde aan ʼn gemeente geskryf – met ander woorde, mense wat reeds gered was.

Dobbel

       Die meeste van die dinge wat Paulus hier noem, is voor die handliggend, maar baie moderne Christene vandag, besef glad dat hulle dobbelgewoontes niks anders as afgodsdiens is nie. Toegewyde Christene dink niks daarvan om aanlyn te dobbel of in dobbelplekke hulle swaar verdiende geld vir ʼn klomp skelms te gaan gee nie, in die hoop dat hulle dalk gelukkig sal wees en iets sal wen.

     Die apostel Johannes het ook die vroeë Christene gewaarsku: “En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, en sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe. Liewe kinders, bly dus weg van die afgode af” (1 Joh. 5:20-21). Lees gerus ook Deuteronomium 13:6-11; 1 Korintiërs 10:14; Kolossense 3:5. Dit is belangrik om hierdie Skrifgedeeltes te lees.

       Noudat ons presies weet hoe die Here voel oor afgodsverering, kan ons kyk na wat die Here gesê het deur die profeet Jesaja: “Maar julle wat van die Here afvallig geword het, julle wat my heilige berg verlaat het, julle wat vir die afgod Gad offermaaltye hou, wyn inskink vir die afgod Meni…” (Jes. 65:11 – 1983 Afr. Vert.)

       Hierdie sin in Jesaja 65:11 gaan nog aan in vers 12, maar voordat ons dit verder lees en oordink, moet ons eers baie mooi verstaan wie die afgode Gad en Meni is. Die 1953 Afrikaanse Vertaling sê baie duidelik dat dit die geluksgodin en die godin van die noodlot is. Dit is twee Babiloniese afgode wat met geluk en noodlot geassosieer word. In die Griekse afgodediens bestaan daar ook ʼn Griekse godin, Tyche, wat met geluk, kanse en voorspoed verbind word. Die Romeinse geluksgodin, is Fortuna.

       Al hierdie volke het geglo dat deur hierdie gode te vereer, dit vir hulle geluk en rykdom sou bring. Dit is presies wat vandag nog gedoen word wanneer daar aan enige dobbelpraktyk, trekking van lootjies met gelukkige nommers of die speel van die Lotto, deelgeneem word. Hierdie geluksgode word vereer, en deur dit te doen, gee ons aan die koninkryk van die duisternis ʼn vastrapplek in ons lewens. Dobbelgeleenthede in ons land is legio, en ʼn klomp geldwolwe lag al die pad, op pad bank toe.

     Luister net wat sê die Here deur die profeet Jesaja, wat Hy met diegene van sy volk gaan doen wat hierdie tafel dek vir die geluksgode: “Ek gaan julle straf met die dood, julle sal almal inmekaarsak en doodgesteek word, omdat julle nie geantwoord het toe Ek geroep het nie, nie geluister toe Ek gepraat het nie” (Jes. 65:12).                                                                                                                                                                                                                                                                                                               

Dan wonder ons waarom daar soveel plaasmoorde in ons land plaasvind!

Geld

     ʼn Ander afgod van ons tyd, is ook geld. Jesus het gesê: “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër . . . Julle kan nie God en Mammon dien nie” (Matt. 6:24).

Onvergewensgesindheid.

       Jesus het Homself ook baie duidelik uitgespreek oor onvergewensgesindheid: “Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader ook nie julle oortredings vergewe nie” (Matt. 6:15b). Hy het selfs die gelykenis vertel van die koning wat een van sy amptenare se skuld afgeskryf het, maar die amptenaar wou nie ʼn medeamptenaar se skuld afskryf nie. Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word.  

     Jesus eindig die gelykenis so: “So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie” (Matt. 18:23-35).

Wat is die grootste gebod?

     ʼn Wetsgeleerde het vir Jesus met ʼn vraag probeer vastrek: “Meneer,” vra Hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” Jesus het hom geantwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matt. 22:35-39).

     As jy toelaat dat jou sonde jou só verhard dat jy geen liefde meer vir God het nie, as jy jou sonde liewer het as vir die Here Jesus wat sy lewe vir jou gegee het en jou sonde op Hom geneem het, sodat Hy jou kan vergewe en reinig deur sy bloed, as jy sy Heilige Gees bedroef deur sy sagte, waarskuwende stem jou lewe lank te onderdruk, hoe kan jy verwag dat God jou in sy hemel sal toelaat. Paulus waarsku die gemeente in Tessalonika om nie die werking van die Heilige Gees teë te staan nie (1 Tess. 5:19).

Stuur ʼn liefdevolle God mense hel toe? Nee, beslis nie!

     Dit is nie God wat mense daarheen stuur nie. Hulle kies self om te gaan. Hy het alles gedoen wat Hy kon om ons daarvan te red, maar ons het ʼn vrye wil en ʼn keuse.

     So ongeveer twee jaar gelede het ek een oggend gou na ʼn nabygeleë hardeware winkel toe gery om insekdoder te gaan koop vir ʼn klomp wurms wat in my tuin ingetrek het. Toe ek, naby die winkel, om ʼn draai gaan, het ek gesien dat daar ʼn vrou op die sypaadjie sit. Met die verbyry het sy opgekyk en ek het in haar oë soveel hartseer gesien. In die winkel, terwyl ek staan en wonder watter soort gif om te koop, het die Here vir my gesê dat ek met haar moet gaan praat. My verskoning was: “Ag, Here, ek het tog nie lus vir ʼn klomp moeilikheid nie.” Die Here het egter weer gesê: “Gaan praat net met haar.”

     Ek het gedink dat ek dit darem seker maar kan doen en het besluit dat ek by haar sal stop wanneer ek teruggaan.

     Ek het met die terugry gestop en by haar op die sypaadjie gaan sit. Op my vraag: “Is daar iets wat ek vir jou kan doen?” het haar oë vol trane geskiet en sy het vir my gesê dat sy net daardie oggend vir die Here gesê het dat sy nie meer in die straat wil bly nie en dat Hy haar asseblief moet help. Sy is al vier maande lank op straat en haar grootste probleem is dat sy by SARS moet uitkom om haar belastingnommer te kry. Sy het ʼn polissie wat sy kan laat uitbetaal, nie baie groot nie, maar dit kan haar weer op haar voete help. Sy het vir my die vorms gewys wat na die versekeringsmaatskappy toe gestuur moes word, waarop die belastingnommer ingevul moes word, en ek het besef dat sy die waarheid praat.

     Ek het haar saamgeneem huis toe, gesorg dat sy skoon kom en haar gehelp om weer mooi en netjies versorg te lyk, soos wat ʼn vrou graag wil wees. Ek en my man het haar gehelp met alles wat gedoen moes word en sy het twee weke in ons huis gebly.

     Ek het later selfs regtig van haar begin hou, sy het saam met ons in die aand Bybel gelees en gebid en sy het vir my vertel dat sy ʼn drankprobleem gehad het, maar dat sy gerehabiliteer is nadat sy in ʼn inrigting was. In ons huis is daar geen drank wat vir haar ʼn versoeking kon wees nie, en sy was so opgewonde en dankbaar dat die Here haar gebed verhoor het.

     Sy het ʼn pragtige getroude dogter wat niks meer met haar te doen wou hê nie as gevolg van haar ma se drankgewoontes. Toe sy hoor dat haar ma haarself wou regruk, het sy ook versigtig-opgewonde begin kontak maak.

     Die Here was so goed vir ons en ons kon vir haar, in ʼn nabye woonbuurt, ʼn klein gemeubileerde tuinwoonstelletjie kry, die deposito en die eerste maand se huur kon ons betaal en haar polissie is uitbetaal. Ons het nie van haar verwag om die uitgawes terug te betaal nie, want dan sou daar nie veel oorbly nie.

     Ek het vir haar die nodige eetgerei en beddegoed gekoop en na twee weke het ek haar help intrek. Vriende van ons het vir haar ʼn selfoon gegee en ons was in vervoering oor die Here se goedheid.

     Die woonstelletjie was binne loopafstand van ʼn groot besigheidsentrum en ek was oortuig daarvan dat sy daar ʼn werk sou kon kry.

     Dieselfde middag, nadat ek haar die oggend gehelp intrek het, het ek gegaan om vir haar nog beddegoed te neem wat gewas is, en ʼn yslike skok het op my gewag.

     Ek het onmiddellik geweet dat daar iets verkeerd is, want sy was skielik astrant in haar optrede teenoor my. Sy kon my dogter gewees het in ouderdom en het my deurentyd met respek behandel, maar nou was sy uitdagend en tartend. Ek het besef dat dit drank is wat praat en het vir haar gesê: “Kyk vir my! Verstaan my baie mooi. Ek is nie van plan om hierdie soort speletjie met jou te speel nie. As jy weer aan die drink gaan, is ons klaar met jou. Is dit baie duidelik?”

     Sy het gelag en gesê: “Ag, jy sal tog nie so wreed wees nie.”

     “Dit het niks met wreedheid te doen nie. Ons het onsself vir jou gebreek, en as jy nie gehelp wil wees nie, is ons klaar met jou. Neem kennis: Ek is iemand wat doen wat ek sê ek gaan doen. Ek het gedink dit is hoe jy my leer ken het.”

     Die volgende oggend het die agent, deur wie ons die woonstelletjie gehuur het, my gebel en gesê dat sy smoordronk is en ʼn steurnis vir die ander huurders op die perseel. Sy is jammer, maar sy kan dit nie toelaat nie. Ek het vir haar gesê dat sy nie bekommerd hoef te wees nie. Ek gaan haar terugneem, presies net mooi na die plek toe waar ek haar gekry het.

     Ek en my man het al haar persoonlike besittings vir haar gaan inpak, in die kar gelaai en haar, met haar dronk lyf en al, weer in die straat gaan aflaai.

     By die huis aangekom was ek ontsettend ontsteld en hartseer en het by die Here gaan sit en vir Hom gesê: “Here, praat asseblief met my! U het tog geweet wat gaan gebeur. Waarom het U vir my gevra om met haar te gaan praat? Het ons iets verkeerd gedoen?”

     Daardie dag het die Here, vir die eerste keer in my lewe so duidelik met my gepraat, dat ek ʼn pen kon neem en alles neerskryf.

     Dit is wat Hy vir my gesê het: “Julle het niks verkeerd gedoen nie. Die keuse wat julle gemaak het om haar te help, met groot opoffering, word nie uitgekanselleer omdat sy gekies het om my genade in my gesig terug te gooi nie. Sy het My gevra om haar te help en Ek het. Sy wou jou nie glo toe jy haar gewaarsku het nie. Net so glo mense dit ook nie wanneer Ek hulle in die Bybel waarsku nie. Hulle dink hulle sonde is ʼn grap en ʼn lekker speletjie. Ek het hierdie hele gebeure toegelaat sodat jy goed kon verstaan dat elke mens ʼn keuse het, en sodat jy ander mense kan waarsku.”

     En dit is presies wat ek nou doen. Ek waarsku elkeen wat hierdie boekie lees. Maak die regte keuse. God speel nie speletjies met ons nie. Hy gee ons ʼn keuse en die Bybel is die waarheid.

     Lees asseblief ook 1 Korintiërs 6:9-11. Paulus spel daar duidelik uit wie almal nie deel sal kry aan die koninkryk van God nie – dronkaards is een daarvan.

         As jy nie jou sonde wil bely, vergifnis ontvang daarvoor en dit wil laat staan nie, wat wil jy dan in God se volmaakte hemel gaan doen? Dit gaan vir jou niks lekker wees in die hemel nie, want daar gaan beslis geen sonde gedoen word nie.

Word daar van ons verwag om heilig te lewe?

     Ja, verseker! Daar is talle Skrifgedeeltes waarin ons opgeroep word om heilig te lewe. Ek het reeds die skrywer van die Hebreërbrief se woorde aangehaal: “Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ʼn heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Heb. 12:14). Petrus skryf: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, so moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig” (1 Pet. 1:15-16).

     Paulus het aan die Efesiërs geskryf: “So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees” (Efes. 1:4). Lees ook Romeine 6:22 en 1 Petrus 2:9.

Wat beteken dit om heilig te lewe?

     Die Griekse woord wat met heilig vertaal is, is hagios. Dit beteken afgesonder, anders, toegewy aan God. Ons lewens behoort die Here Jesus te verheerlik in alles wat ons doen en sê. Hy is ons voorbeeld en ons is geroep om Hom te volg en soos Hy te wees met die hulp en die krag van die Heilige Gees.

Is dit moontlik om ʼn heilige lewe te lei? Verseker!

     Paulus het vir die gemeente in Filippi geskryf dat ons tot alles in staat is deur Christus wat ons die krag daartoe gee (Fil. 4:13). Lees gerus Romeine 6:6-18; Efesiërs 5 (hele hoofstuk). Die Heilige Gees help ons.

Moenie wag tot dit te laat is nie! Draai nou na Hom toe.

     Dié God wat die heelal geskep het, skeiding tussen lig en duisternis gebring het, droë bene in ʼn vallei weer lewe gegee het, sy geliefde Seun laat kruisig het sodat Hy ons kan vryspreek, en Hom ook weer laat opstaan het uit die dood, sodat Hy die Heilige Gees op aarde kon uitstort, wag met oop arms vir elkeen wat na Hom toe wil gaan en graag vergifnis wil ontvang.

Hy wag ook vir jou!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    NASIONALE VROUEMONUMENT GEDENKBOEK                 

     Verlede - Hede - Toekoms

    Die Gedenkboek oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die enigste Vrouemonument ter wêreld, is redaksioneel saamgestel deur skrywer-uitgewer Marthinus van Bart, bekend vir sy waarheidsgetroue gedenkboeke oor belangrike Suid-Afrikaanse kultuursake. Tien vakkundiges – elkeen 'n spesialis in sy / haar vakgebied – het aan die boek meegewerk.

    Lees verder...  
  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Natal, die Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3325 gaste aanlyn