Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy kan die Here kwalik genoeg dank vir wat Hy gedoen het deur jou van die oordeel van God te verlos deur God se toorn op die sonde te dra en dood en hel te oorwin. Daarom behoort jy elke Christelike feesdag daaraan herinner te word wanneer jy sy opdrag nakom: "Ses dae lank kan werk gedoen word maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie – dit is die sabbat van die HERE in julle woonplekke." Lev 23:2
1890: ORDE VAN NEDERLANDSE LEEU AAN PRES KRUGER TOEGEKEN
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie datum is aan Paul Kruger by Nederlandse koninklike besluit, nr. 11, die onderskeiding toegeken van Ridder Grootkruis in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die toekenning is op 29 September 1851 deur koning Willem I van Nederland ingestel.
Dit is aan Kruger met die oog op die Nederlandse koning, Willem III, se verjaardag op 19 Februarie 1890 toegeken.
1877: VREDES- TRAKTAAT MET SEKOEKOENIE I
KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorlogsverklaring van die Boere in Mei 1876 teen Sekoekoenie I, opperhoof van die Pedi-stam in Noord-Transvaal, is deur Sekoekoenie en die Britse regering tot hul voordeel uitgebuit. Sekoekoenie het hom hierdeur aan die wêreld voorgedoen as die onskuldige slagoffer van 'n aggressor wat daarop uit is om sy gebied met geweld of te neem.
Die Britse regering het aan die ander kant in die oorlogsverklaring 'n voorwendsel gevind om die anneksasie van Transvaal deur te dryf en as rede aangevoer die kwansuise onvermoë van die Republikeinse regering om die swartes in Transvaal te hanteer.
1854: J.D. CILLIERS DIE DIGTER
KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Daniel Cilliers is op hierdie dag op 'n plaas naby Wellington gebore en het vroeg kennis gemaak met Die Patriot en sy strewe om Afrikaans erken te kry. In Die Patriot het die meeste van sy gedigte onder die skuilname Kleinjan Wat Versies Maak, Neef Jan (Wat Versies Maak), Jan die Versiemaker Junior verskyn.
In 1886 is by na die goudveld. Hy vestig hom en sy gesin mettertyd op Potchefstroom waar hy op 28 Mei 1922 oorlede is.
SOEK GOD NOU!
https://www.youtube.com/watch?v=1XlWc82Pr7g
By die skakel hierbo sal u die passievolle boodskap hoor oor waarom dit nou noodsaaklik is om God te soek, met u hele hart - die tyd raak min!
DIE MISLEIDENDE GODSDIENS
Ds A.E. van den Berg
“Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie” (Mat.23:13).
Die mens het van meet af aan 'n behoefte om iets/iemand groter as hyself te aanbid. Dis hoe godsdiens ontstaan het. Die Christen-godsdiens het die Westerse beskawing vir baie eeue lank positief beïnvloed. Ongelukkig het dinge teen die laaste helfte van die vorige eeu begin verander. Kerkbesoek het begin kwyn, mense het hul lidmaatskap opgesê en talle gemeentes het tot niet gegaan.
1743: POLITIEKE RAAD RIG KERKE OP IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Baron van Imhoff, besoekende goewerneur-generaal van Oos-Indië, het as voorsitter opgetree by die vergadering van die Politieke Raad op hierdie dag. Hy het sy kommer uitgespreek oor die onkunde op godsdienstige gebied wat hy op sy kort reis in die binneland teengekom het.
Talle mense het reeds meer as drie dagreise van die kerke van Stellenbosch en Drakenstein gewoon, sodat meer kerke en beter onderwys op die platteland 'n dringende vereiste geword het.
1976: 1e STUDENTE REGISTREER VIR NAGRAADSE DIPLOMA IN MUSEUMKUNDE BY UP
KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Raad van die Universiteit van Pretoria en die Departement Nasionale Opvoeding het die instelling van 'n nagraads diplomakursus in Museumkunde aan die Universiteit goedgekeur met ingang van 1976. Dit was die verwesenliking van 'n ideaal wat lank reeds deur kultuurleiers gekoester is.
1839: PIETERMARITZ- BURG UITGELÊ
KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die regulasies vir die uitleg van die derde Voortrekkerdorp Pietermaritzburg — die eerste in Natal— is op hierdie dag in 1839 gedateer. Dit was digby die laer van kmdt. Greyling, en hy het in Oktober 1838 reeds besluit dat 'n dorp op daardie plek aangelê moet word. Dit is ter herinnering van Pieter Retief en Gerrit Maritz as Natalse Trekleiers so genoem. Vroeër was dit as Stinkhoutrand bekend.
EK HET GESTERF ! (15 - SLOT)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Jesus het baie ernstig vir my gesê: “Nick, jou lewenswyse en jou gedobbel, lei tot jou ewige vernietiging. Jy moet nóú kies watter pad jy wil volg. Wil jy voortgaan om afgode te aanbid, of kies jy My – die weg, die waarheid en die lewe?”
My naam is Nick Carter. Ek is 35 jaar oud en ek bly in Las Vegas, Nevada. Op die oog af , het ek ʼn lewe gelei wat ander mense dalk sou beny. Ek het die voorkoms en sjarme gehad wat nodig was, en ook die vermoë om myself uit enige situasie uit te praat.
Ek was ʼn professionele dobbelaar en het die lewe geniet. Ek was altyd die middelpunt van belangstelling op elke partytjie; mooi vrouens het van my gehou en ek het ʼn weelderige lewenstyl gehad.
1840: NATAL WORD VOORTREKKER- REPUBLIEK
KULTUURDAGBOEK 14 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Pas nadat Dingaan verslaan en Mpande tot koning van die Zoeloes verklaar was, is Natal op 14 Februarie 1840 tot Voortrekkerrepubliek geproklameer. Dit het naby die berg Ntabankulu plaasgevind nadat Andries Pretorius en sy kommando die vorige dag van die Swart Mfolozi af op die eerste skof van die terugtog na Pietermaritzburg vertrek het.
DIE FEES VAN ONS LEWE
Hannes Ollewagen
1 Kor. 5:1-13
“Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.” (:6-8).
Ons word in hierdie kosbare woorde uit Paulus se brief aan die Korinthiërs daarop gewys dat die lewe van ’n gelowige nie een van onophoudlike sorge, ellende, swaarkry en marteling is nie. Die lewe van ’n gelowige is natuurlik een van veel opoffering, maar dit beteken nie dat daar vir ons geen vreugde in mag wees nie. Ons word immers in hierdie hoofstuk daartoe opgeroep om fees te vier! Maar hierdie wekroep word opgevolg met ’n duidelike vermaning oor die wyse waarop hierdie feestelikheid gevier behoort te word.
1858: AANNAME VAN GRONDWET, VLAG EN WAPEN VAN ZAR
KULTUURDAGBOEK 13 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dit was die laaste dag van die sitting van die Kommissieraad wat op 2 Februarie begin het en waar besluit is om besonderhede aangaande 'n grondwet, vlag en wapen vir die ZAR aan die Volksraad voor te lê. Die aanvaarding daarvan deur die Volksraad het op 16 Februarie geskied.
Hierdie grondwet van 1858 is voorafgegaan deur die goedkeuring, by verskeie geleenthede, van die konsepgrondwette wat, met enkele uitsonderinge, dieselfde bepalings gehad het, en dit vertoon groot ooreenkoms met die Bataafse grondwet van 1798. Die laaste goedgekeurde grondwet, op 16 Desember 1856, is egter nie deur al die inwoners van die ZAR aanvaar nie, o.m. Stefanus Schoeman en sy Soutpansbergse volgelinge.
1869: 2e VERDRAG VAN ALIWAL-NOORD
KULTUURDAGBOEK 12 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die Tweede Basoeto-oorlog (1865 tot 1866) het die Kaapse goewerneur, sir Philip Wodehouse, as bemiddelaartussen die Vrystaat en die Basoeto's opgetree, terwyl die grondgebied wat die Vrystaat in die oorlog verower het, aan hom toegestaan is. Plundering en diefstal deur die Basoeto's het 'n hernieude oorlog in 1867 ontketen en, strydig met die Bloemfontein-konvensie (1854), het Wodehouse in Maart 1868 Basoetoland geannekseer.
1880: ERMELO GESTIG
KULTUURDAGBOEK 12 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Voortrekkergesinne het hulle in die jaar sestig van die 19e eeu op plase op die oostelike Hoëveld gevestig. Ds. Frans Lion Cachet van die NG gemeente Utrecht in Natal het vir die Trekkergesinne 'n gemeente op 5 en 6 November 1870 gestig, en hieruit het die kerkdorp ontstaan wat deur ds. Cachet Ermelo genoem is ter ere van sy sendingleermeester ds. Witteveen van Ermelo, Nederland.
'n Noue verbintenis bestaan steeds tussen die Ermelo's in Suid-Afrika en Nederland. In die Engelse Oorlog is Ermelo met die uitsondering van een woning geheel en al deur die Engelse afgebrand, maar die dorp het uit die as verrys en die hoofdorp van Suidoos-Transvaal geword.
1972: AD KEET - DIGTER
KULTUURDAGBOEK 12 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Albertus Daniël Keet is op 14 Oktober 1888 op Alice gebore. Hy behaal sy BA-graad aan die Universiteit van Kaapstad in 1908; die jaar daarop vertrek by na Amsterdam om medisyne te studeer. Sedert 1920 tot aan sy dood praktiseer hy op Senekal.
In 1932 is sy eerste vrou, dr. Nell N.C. Keet, 'n Amsterdamse dame, oorlede. Hy sluit 'n tweede huwelik met Rina van der Merwe.
EK HET GESTERF ! (14)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Toe Jesus voor my staan, het Hy gesê: “Kom, Ek wil vir jou die geestelike oorlog gaan wys wat julle mense nie kan sien nie, maar wat voortdurend rondom julle plaasvind.”
My naam is Sam Carter. Op die ouderdom van 38 jaar het ek op 12 April 2024 vir 6 minute lank ʼn hartstilstand gehad na ʼn motorongeluk. Ek was op pad huis toe na ʼn Bybelstudie by ons kerk.
Wat ek daardie aand gesien het, het my hele lewe, alles wat ek voorheen geglo het, my familie en my siening van die geesteswêreld, vir altyd verander.
In daardie oomblikke tussen lewe en dood, het Jesus vir my gewys wat in ʼn geestelike geveg gebeur en dat die meeste Christene die geveg verloor omdat hulle nie eers besef dat hulle in ʼn oorlog betrokke is nie.
1859: STIGTING VAN GEREFORMEERDE KERK OP RUSTENBURG
KULTUURDAGBOEK 11 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Oral in die Westerse Wêreld het die liberalisme en modernisme na die Franse Revolusie kerklik-godsdienstige spanninge meegebring. Vanuit die Rennaissance en Griekse filosofie het die idee van die outonome mens wat met sy rede of belewing die hoogste gesag uitoefen, die absolute gesag van die Bybel, die Gereformeerde Belydenis en kerkinrigting verwerp.
Aan die Kaap plaas De Mist (1804) en die eerste Sinode (1824) die kerkgesag in die hande van die kerkvergadering. Die nuwe lewensgevoel wat op die mens toegespits is, het naas die Psalms 'n Gesangbundel met vrye liedere in 1806 in Nederland ingevoer. Na die Engelse oorname verplig die filantrope met Ordonnansie 50 van 1828 sosiale integrasie.
BEK-EN-KLOUSEER UITBRAAK KON VERHOED WORD
Dr Danie Odendaal, hoogs gerespekteerde SA veearts en lid van die ministeriële BKS-taakspan, direkteur van Veeartsnetwerk, het gister skokkende onthullings gemaak op sy Facebook-blad.
Die SA landbouminister se bekendstelling van die sogenaamde "nuwe" plaaslik vervaardigde entstof van die staatsondernemings ARC-OVR op Vrydag (6 Februarie) is nie 'n deurbraak nie.
Dit is 'n nasionale skande!
Hierdie entstof is nie nuut nie. Dit is sedert 2010 deur 'n span navorsers, onder wie twee Nederlandse spesialiste, teen hoë koste (gefinansier deur die belastingbetaler) ontwikkel by die Landbounavorsingsraad (Onderstepoort). Dit is reeds vier jaar gelede in 2022 volledig geregistreer as 'n entstof in SA, en ook soos Vrydag, in 2023 as 'n deurbraak bekend gestel.
Die doelwit was om 'n doeltreffende entstof beskikbaar te hê vir wanneer die bek-en-klouseer siekte (BKS) weer uit die Kruger Nasionale Park versprei.
1901: GENL DE WET TREK KAAP BINNE
KULTUURDAGBOEK 10 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Teen die einde van Januarie 1901 het genl. De Wet besluit om die Kaapkolonie vir die tweede keer binne te val, om sodoende alle gerugte dat die oorlog verby is, die nek in te slaan. De Wet, vergesel van pres. Steyn, begin sy tog by Doornberg, by Winburg, op 26 Januarie 1901. Kitchener was vasbeslote om De Wet hierdie keer gevange te neem en organiseer die grootste van alle De Wet-jagtogte.
Knox, Plumer en talle ander Britse bevelvoerders word gebruik om die Oranjerivier of Norvalspont ooswaarts te beset.
1959: WITWATER- RANDSE MUSIEK- GENOOTSKAP GESTIG
KULTUURDAGBOEK 9 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op aandrang van die Afrikaanse Skakelkomitee van Johannesburg en in oorleg met die Johannesburgse Musiekkomitee wat 'n onderkomitee van die Skakelkomitee was, is besluit om die Johannesburgse Afrikaanse Musiekkomitee om te skep in 'n koördinerende liggaam van alle verenigings en organisasies wat by die musiekkultuur van die Afrikaner in Johannesburg belang het.