Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles...
DIE NOOD AAN GODVRESENDE LEIERS
‘N BOODSKAP AAN ALLE BLANKE AFRIKANERS
Ds A.E. van den Berg
“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle...” (Ex.18:21)
Het die kerk 'n sê oor politiek of moet dit daar uitbly? Baie mense dink dat die kerk uit die politiek moet bly. Dis die verkeerdste ding om te doen – die kerk is dan God se spreekbuis. Is daar ooit iewers 'n lewensterrein waar God niks te sê het nie? Swyg die Bybel miskien oor politieke sake? Allermins! Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee duidelike aanwysings oor hoe dit bedryf moet word. God se Woord slaan geen lewensterrein oor nie; ook nie die politiek nie.
Politiek is nie 'n vuil ding soos wat baie mense beweer nie. Dis eerder 'n heilige saak omdat dit die sinvolle ordening van menslike gemeenskappe is sodat mense in vrede en geregtigheid kan woon en werk. Paulus skryf: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40). Dit geld ook vir die politiek.
1891: ONZE TAAL GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie Rederykerskamer is gestig met die doel om "die welsprekendheid van die Hollandsche taal" te beoefen en "de bevordering van gezellige verkeer in kleine kring".
Op 18 Maart 1891 is die eerste uitvoering van hierdie vereniging se ideale met voordrag van gedigte en musiek gelewer. Veral die invloed van D Balfoort en sy eggenote het 'n groot rol in die lewering van pragtige musiek en sang gespeel. Dit was net so 'n geslote vereniging soos die gewone Rederykerskamer van later jare. Die vergaderplek is deurgaans aangegee as die Good Templars Hall.
EK HET GESTERF ! (13)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Jesus het in my oë gekyk en gesê: “My volgelinge dink die verassing van die liggame van die mense vir wie julle lief is, is sommer net ʼn keuse van die tyd en kultuur waarin julle leef.”
Ek het nooit kon dink dat Jesus Christus op ʼn dag self vir my hierdie vraag sou vra nie. Hy het gesê: “ Kom ek wys vir jou wat in die geesteswêreld gebeur.”
Sy woorde het my geruk, want in al die jare wat ek getrou kerkdienste bygewoon het, het ek nog nooit enige prediker hoor sê dat verassing iets met die siel, die liggaamlike opstanding of ʼn mens se ewige bestemming te make het nie.
My naam is Daniël, en ek het grootgeword in ʼn fatsoenlike Christenfamilie in die Amerikaanse platteland. My vader was ʼn skrynwerker, my moeder ʼn verpleegster en ek is grootgemaak in die gebruik om Sondae kerktoe te gaan, te bid voor ek gaan slaap en ons het die bekendste Bybeltekste in die Sondagskool gememoriseer. Ek het in God geglo, ja, maar as ek eerlik moet wees, was my geloof oppervlakkig.
1938: NEDERLAND EN SUID-AFRIKA
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In hierdie Eeufeesjaar van die Afrikaner toe hy die Groot Trek herdenk het, is kroonprinses Beatrix van die Nederlande gebore. Die Afrikanervolk het in sy eie jubeling saam met die Nederlandse vorstehuis gejuig, want oor en weer is besef dat daar altyd bindinge tussen ons as Dietse eenhede sal bestaan. Dit was immers koningin Wilhelmina, ouma van Beatrix, wat in Oktober 1900 aan Paul Kruger die Gelderland beskikbaar gestel het om hom na Europa uit Britse vyandshande te vervoer. Dit was Nederlanders wat in die Engelse Oorlog aan Boerekant geveg, ons saak in Europa bepleit en noodhulp aan ons Konsentrasiekampvolk verleen het.
1922: AVBOB GESTIG
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Afrikaanse Verbond Begrafnisondememing Beperk, die bekende begrafnisonderneming en versekeringsaak, word gestig uit 'n vereniging bekend as die Afrikaanse Verbond, wat reeds in 1918 in Bloemfontein 'n voorsorgfonds vir sy lede daargestel het, en word so nie net een van die Afrikaanse pioniersake-ondernemings in die Oranje-Vrystaat nie, maar geniet spoedig erkenning dwarsdeur die land, waar AVBOB gehelp het aan die bou van Afrikaner sake-individualisme.
1841: GROOTE KERK, KAAPSTAD
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe daar in 1835 ernstig aan die vervanging van die dak van die Kaapse kerkgebou uit 1704 gedink moet word, blyk dit dat die ou fondamente die beplande hoër mure en nuwe dak nie sal kan dra nie. Gevolglik word die historiese ou gebou, buiten die toring, tot groot ontevredenheid van 'n deel van die gemeente gesloop en word die latere Groote Kerk, grotendeels onder die leiding van die bekende boumeester-argitek Herman Schütte, op die plek van die oue opgerig.
1888: Dr. D.B. BOSMAN, GRONDLEGGER VAN WETENSKAPLIKE BESTUDERING VAN AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 30 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daniel Brink Bosman is op hierdie dag in die distrik Boshof gebore. Sy skoolloopbaan op Boshof is deur die Tweede Vryheidsoorlog onderbreek. Gedurende die oorlog het hy 'n tyd lank saam met sy vader, wat weens doofheid nie op kommando kon gaan nie, gevlug. Ná die oorlog het hy op Franschhoek en Boshof skoolgegaan en in 1908 op Boshof gematrikuleer. Hy het sy studie aan die Grey-Universiteitskollege (die latere Universiteit van die OVS) voortgesit, waar hy in 1911 die graad MA behaal het.
Op aanbeveling van pres. M.T. Steyn, is 'n Herman Coster-studiebeurs aan hom toegeken, en in 1912 is hy na Nederland om am die Rijksuniversiteit in Groningen verder te gaan studeer.
1824:HOLLANDSE TAAL IN HOWE BELET
KULTUURDAGBOEK 30 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lord Charles Somerset, die Kaapse goewerneur, se taalproklamasie het op 5 Julie 1822 verskyn. Hiervolgens sou Engels vanaf 1 Januarie 1827 die enigste voertaal in alle geregshowe wees. Dit was deel van die Britse bewindhebbers se beleid om die Afrikaner deur middel van die Engelse taal te verengels. Somerset het op 30 Januarie 1824 'n verdere proldamasie uitgevaardig, waarin verklaar word dat Engels reeds vanaf 1 Maart van daardie jaar die enigste voertaal in die regspleging van die distrik Albanië sou wees.
GOD SE TEENWOORDIGHEID IN ONS LEWE
Hannes Ollewagen
Gén. 39:20-23
“...en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis. Maar die Here was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen. Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die Here met hom was; en wat hy doen, het die Here voorspoedig laat wees.” (:20-23).
1940 HERENIGDE NASIONALE PARTY GESTIG
KULTUURDAGBOEK 29 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat genl. Hertzog se neutraliteitsmosie op 4 September 1939 verwerp is en hy as Eerste Minister moes bedank, was die eenheidsdrang by die Nasionale Afrikaners baie sterk. Die Hertzog-groep en die Nasionaliste onder dr. D.F. Malan was aanvanklik haaks oor die republikeinse strewe en die naam van die nuwe party. Uiteindelik is besluit tot die naam die Herenigde Nasionale Party of Volksparty.
1936: VOORTREKKER- PERS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 29 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die politieke woelingsjare van die Afrikaner, die jare dertig, is die behoefte aan 'n eie Nasionale dagblad in Transvaal baie sterk besef. Op 30 September 1935 het Nasionale leiers onder voorsitterskap van mnr. W.A. Hofmeyr op Stellenbosch besluit om 'n Transvaalse Nasionale dagblad te begin. Mnr. Pieter Neethling, bekend as die vader van die Voortrekkerpers, het die eerste £5 000 geskenk en daar is besluit om 'n maatskappy — Voortrekkerpers Bpk. — met 'n kapitaal van £150 000 op te rig.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Ek wonder wat ons vriend, Darius, uitgerig gaan kry. Is hy op soek na inligting, of soek hy moeilikheid?”
“Ja, ek weet nie wat hy gaan doen nie. Ek het ‘n bietjie gedink oor die hele ding.”
“Watter ding, Arno?”
“Oor die vraag waarom die buiteland ons nie in vrede kan laat nie. Persoonlik dink ek dit het nie veel met ons grondstowwe te doen nie. Ja, lank in die verlede in, sou dit waar wees. Engeland het inderdaad ons goud nodig gehad om hulle militêre basisse te onderhou en om hulle ekspansionisme te finansier, maar ek dink nie dis meer die geval nie.”
Skeermes kyk voor hom en laer af, asof hy inspirasie by sy skoene se tone soek.
“Wat ook al, ek wens hulle wil net hulle tassies vat en loop. Ons kan heel gemaklik ons eie krisisse verwerk.”
1881: SLAG BY LAINGSNEK
KULTUURDAGBOEK 28 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die eerste skote van die Transvaalse Vryheidstryd het op 16 Desember 1880 geval. Die Boerekrygers was vasbeslote en doelgerig en het onmiddellike welslae behaal. Die Britse garnisoene is op verskeie plekke in Transvaal vasgekeer.
Sir George Colley, Britse bevelvoerder, het besluit om Transvaal sonder versterkings binne te val. Genl Piet Joubert het die inval verwag en 'n gunstige posisie by Laingsnek gekies om die inval af te wag. Tevergeefs het sir George Colley met 1 100 manskappe en ses veldkanonne probeer om die burgers uit hulle skuilings te verdryf. Uiteindelik moet die Britse mag die aftog blaas met 'n lewensverlies van 83 en 11 gewondes.
EK HET GESTERF ! (12)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Ek was ʼn toegewyde Jehova Getuie. Toe ek egter voor Jesus Christus staan, het ek probeer om weg te kyk, maar ek kon nie. Hy is dan God! Majestieus, koninklik, heilig! Só vol liefde en outoriteit dat my bors daarvan gepyn het.
Ek het nooit gedink dat ek ooit in my lewe oor my geloof so geskud sou word nie. Vanaf my vroegste kinderjare, vandat ek my verstand gekry het, was ons huisgesin, Jehova Getuies. My ouers was baie toegewyd daaraan en ek het hulle gevolg, sonder om vir ʼn oomblik te twyfel. Ons het byeenkomste bygewoon en van deur tot deur met boeke en traktaatjies geloop en vir mense gepreek, waar ons kon.
1903: LANDSOEKERS KOM AAN IN DAR-ES-SALAAM
KULTUURDAGBOEK 27 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die stigting van Duits-Oos-Afrika (Tanganjika) en Brits-Oos-Afrika (Kenia), is blanke emigrante uit Suid-Afrika ter wille van die ontwikkeling van die gebiede in Oos-Afrika verwelkom. Talle georganiseerde groepe het ná die Tweede Vryheidsoorlog na Oos-Afrika getrek.
In 1903 het die sogenaamde landsoekers-ekspedisie onder PC Joubert en sy broer. genl D Joubert, van Machadodorp vertrek op 'n verkenningstog, veral na Duits-Oos-Afrika. Hulle kom op 27 Januarie 1903 in Dar-es-Salaam, Tanganjika aan.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (14) SLOT
Die slegste ding wat in ‘n land kan gebeur is die uitbreek van ‘n burgeroorlog. Vriend word vyand en dikwels word vyande vriende. Eertydse broers, vriende en bure verskyn in jou visiere.
Almal, sonder uitsondering, word geraak, selfs hulle wat betyds padgee na veiliger plekke. Orde verval in wanorde. Daar is bloed en dood, kruitrook en die stank van verrottende wonde en lyke. Daar is ellende, hongersnood en wanhoop.
Elke dag bring nuwe gevare, nuwe vyande, nuwe probleme wat aangepak moet word. Daar is nie ‘n oorhoofse entiteit waar ‘n mens hulp kan gaan kry nie. Die bestes en sterkstes oorleef.
Mense se ware kleure kom onvermydelik te voorskyn. Die vorige leiers, veral politieke en selfaangestelde gemeenskapsleiers, staan wanhopig en besluiteloos in die situasie waar ander manne en vroue, wat vantevore maar deel van die burgery was, skielik ontpop as ware leiers. Baie mense gryp na leierskapgeleenthede, maar min is opgewasse vir die taak. Mense leer dat die grootmonde in ‘n krisis maar net dit is – grootmonde.
1896: WELLINGTON SE OPLEIDING- SKOOL BEGIN
KULTUURDAGBOEK 26 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Onderwyskollege op Wellington is nie alleen die oudste onderwyserskollege in Suid-Afrika nie maar ook die grootste in die Kaapprovinsie. Die Hugenote-seminarie waaruit die WOK gebore is, en waartoe dr Andrew Murray (1828 – 1917) ‘n besondere bydrae gelewer het, is op Maandag 19 Januarie 1874 geopen.
Hierdie inrigting het van die begin af ook onderwyseresse, en sedert 1887 ook kindertuinonderwyseresse, opgelei.
SIN VAN DIE LEWE
Ds A.E. van den Berg
“Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense” (Prediker12:13).
Baie mense glo dat die wêreld op selfvernietiging afstuur. Let op die toenemende natuurrampe, pessiektes, hongersnode, ens. So ook die geskiedenis – beskawings het gekom en gegaan. Dit maak van die moderne mens 'n onsekere mens. Hy leef in 'n wêreld wat lengte, maar nie diepte het nie. Ten spyte van die verligting wat kennis en tegnologie bring, bly die duisternis en onsekerheid toeneem.
Enkele jare gelede is 'n inboorlingstam in die hart van die Amasone ontdek wat nooit met die beskawing in kontak was nie. Benewens 'n filmspan wat hulle vanuit 'n helikopter gaan afneem het, het die Brasiliaanse owerheid verdere kontak met hulle verbied om hul eiesoortigheid te bewaar. 'n Kameraman het vertel dat van die inboorlinge selfs spiese na die helikopter gegooi het.
1901: LAASTE BEËDIGING VAN PRES MT STEYN
KULTUURDAGBOEK 25 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Volgens die Vrystaatse grondwet het pres Steyn se ampstermyn aan die begin van 1901 verstryk, en omdat die Volksraad vanweë die oorlog nie ‘n kandidaat kon aanwys nie, het die algemene krygsraad dit by Doornberg digby Allemanskraal, op hom geneem en is pres Steyn op hierdie dag vir ‘n verdere termyn deur die aanwesige burgers verkies en plegtig voor die huis van genl APJ Cronjé beëdig.
EK HET GESTERF ! (11)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Ek was ʼn lesbiër, en toe ek voor Jesus staan, het ek besef dat Hy alles van my weet – al my verkeerde keuses, diepste vrese en weggesteekte pyn. Hy het geweet van my hartseer, my woede – en tog het Hy my liefgehad.
Ek het nooit geglo dat die stories oor nabydood-ervarings die waarheid is nie. Ek het altyd gedink dit is waandenkbeelde van mense wat probeer aandag soek. Wat egter met my gebeur het, is die waarheid en het my lewe vir ewig verander.
My naam is Stephanie en ek het grootgeword in Guatemala. Totdat ek 34 jaar oud was, was ek absoluut seker wie ek was en wou wees. Ek was altyd prakties, onafhanklik en sterk. Van ʼn baie jong ouderdom af het ek geleer, dat om op ander mense staat te maak, ʼn fout is. Ek het my moeder gesien swaarkry toe ek ʼn kind was, omdat my vader haar verlaat het. Sy het altyd gesê dat mans sleg en niks werd is nie, en daardie woorde is in my ingeprent as die absolute waarheid.