Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, dis nie dat ek U probeer verstaan sodat ek in U kan glo nie; ek glo HERE, sodat ek kan verstaan. En ek glo ook dat ek nooit sal verstaan as ek nie glo nie.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (24)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Vindingrykheid in die veld
Mev. C.J. Prinsloo
Mev. Prinsloo se man was in Januarie 1901 krygsgevangene en sy, haar sewe kinders en suster, mej. Kitly Wessels, het op die plaas Morgenzon naby Bultfontein gewoon. Op 'n oggend het 'n Britse kolonne oor die plaas getrek en het vier soldate hulle in kennis gestel dat hulle die volgende dag na die konsentrasiekamp geneem sou word. Hoewel daar Engelse wagte op die plaas was, het hulle 'n plan gemaak om weg te kom.
Laat die middag besluit my suster en ek om na my skoonvader, Michal Prinsloo, vier myl van Morgenzon te gaan. Ons stuur toe die kinders vooruit met die kinderoppasser. Hulle moes maak asof hulle speel en altyd aanloop. My suster en ek sit voor die deur en maak of ons lees en naaldwerk doen. Die Engelse wagte is tussen ons en my skoonvader. Later gaan ons toe loop sommer sonder kappies - dit was toe nog nie die mode om kaalkop te loop nie. Ons plan was om die aand daar te slaap en die anderdagmôre vroeg terug te kom.
Toe ons my skoonvader alles vertel het, besluit hy en my swaer dat ons liewer moet vlug na Vetrivier se kant toe.
EENMAAL 'N BARBAAR...
...ALTYD 'N BARBAAR
Kriewelkop
Die Godgegewe volksplanting waaruit die Afrikanerdom gebore is, het reg van sy begin af te kampe gehad met die felle weerstand van donker Afrika se primitiewe wrede barbare. Hulle is beslis vandag die agtergeblewenes wat nie in staat is om die westerse beskawing hul eie te maak nie, en die tekens daarvan dan maar liewers tot in die grond af te breek en alles te vernietig wat die Blankes opgebou het. So was dit maar van die begin af en so sal dit ook bly. Ons sien dit daagliks in FW se Nuwe Suid-Afrika. En ja wat, soos ons mag praat van die agtergeblewenes, so kan ons dit gerus die Nuwe Suid-Afrika noem sodat ons dit kan onderskei van die Ou Suid-Afrika met Blanke beheer toe dorpe nog water en rioolwerke gehad het, die land nog genoeg elektrisiteit – ons gaan mos binnekort weer met beurtkrag begin – en ons nog heel paaie en motors gehad het. Ons moet net nie Jan van Riebeeck se fout voortsit om die swart klomp te probeer kersten nie; dit is in alle geval nie wat hulle wil hê nie. Uit die mond van 'n swart rubriekskrywer was dit duidelik hoe hulle ons haat omdat ons hulle van hulle voorvadergeeste wou bekeer.
OU PRETORIA... (6)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
"SIELROERENDE EN VERHEFFENDE WILD-PANORAMA."
Teen die helfte van 1836 is Mzilagazi in eGabeni verstoord deur gerugte van ’n inval in sy gebied uit die Suide. Duisende witmense, so is aan hom vertel, trek deur die Vrystaat op, in hulle wit tentwaens, en jaag enorme kuddes beeste en skape aan.
Mzilagazi stuur toe sy veggeneraal, Mkalipi met ’n impi van duisend man, om die geval te ondersoek. Teen die einde van Augustus verras hulle die voorste waens van Potgieter se trek, op die noordelike wal van Vaalrivier, byna teenoor die teenswoordige Parys. Onverwags aangeval, is daar ’n aansienlike aantal manne, vroue en kinders om die lewe gebring, en die Bronkhorstfamilie wat ’n twaalftal jare later hul gevestig het op die wal van die Apiesrivier, se kinders word ontvoer en nooit weer van gehoor nie.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (23)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Op 'n eiland in die Vaalrivier
Mev. Sannie Pretorius (gebore Smit), opgeteken deur B.S. Roberts
Die eerste deel van die oorlog het ons op Bothaskraal, sewe myl van Villiers, aan die Transvaalse kant op die walle van die Vaalrivier gewoon. Dit was my ma, my oudste suster met twee jong kinders, ek, toe pas getroud, en twee jonger sustertjies van nege en dertien jaar.
Toe die oes- en skeertyd aanbreek, het ons vroue vir die werk gesorg en dit het nogal goed gegaan. Geld was betreklik volop, want ons het ’n pond vir ’n sak mielies op Frankfort ontvang. Maar ons het ons klaargemaak vir swaarder tye. Toe die mans nog op die plaas was, het hulle in ’n gedeelte van ’n kamer twee bale wol, ’n hoeveelheid mielies en gansvere toegemessel.
Met die begin van die guerrillastryd het die vroue in die omgewing van Bothaskraal die allernodigste dinge op die waens en karre gepak, vasbeslote om saam te gaan met kmdt. Fanie Buys en sy kommando van Lydenburg. Ons kry toe die ontstellende berig dat die mans moes veg en vlug, en dat die vroue vir hul eie veiligheid moes sorg. Vir ons het dit beteken dat ons in die rivierwalle moes skuil omdat die bulte baie kaal is daarlangs.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DEFINISIE VAN 'N PLATTELANDSE DORPIE
Dit is 'n plek waar 'n man met 'n blou-oog nie hoef te verduidelik hoe hy daaraan gekom het nie - almal weet!
KEN JY GOD?
Hannes Ollewagen
1 Kronieke 16:7-36
“Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.” (Vers 16). In hierdie vers ontdek ons ‘n waarheid wat so maklik in die huidige samelewing vergeet word, nl. dat die mensdom talle gode aanbid. Daar is en bly egter net een ware, lewende God en dit is die Skepper van hemel en aarde van wie ons in Génesis tot Openbaring in die Woord van God lees.
Met sinkrintisme (die vermenging van godsdienste) word mense deesdae mislei deur voor te gee dat alle godsdienste (en derhalwe alle gode) gelyk is, maar hierdie leuen bring talle mense tot ‘n val in hul geloofslewe. Hoe gebeur dit dan dat mense dié leuen glo? Hoe kan mense glo dat die Almagtige God wat hemel en aarde gemaak het “gelyk” is aan een of ander afgod? Die antwoord is dat mense God nie waarlik ken nie.
OU PRETORIA... (4)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
"MOOIE HEUWELS, LAGGENDE VALLEIE, STROME EN BOSSE.”
Moffat trek verder, van Wolhuterskop in die rigting van Swartspruit:
"Die volgende dag vervolg ons ons koers oor ’n skilderagtige landstreek, en kruis menige mooie riviertjie. Teen die land bereik ons die Krokodilrivier, 'n taamlike grote stroom, waarin seekoeie en krokodille volop is. Op hierdie punt gaan die rivier deur 'n hoë heuwelreeks, loop N.N.O. en vertak in ander strome, waarna die Limpopo genoem word. Ons is die heuwelreeks by 'n pas oor en het uitgespan op die wal van die Krokodilrivier waar dit die reeks ingaan; die volgende dag is ons deur, en het uitgespan by ’n stat, waar ons moes wag op bevele in verband emt ons toekomstige koers.”
Blykbaar het Moffat die Krokodilrivier bereik net onderkant die teenwoordige Hartebeespoortdam, is vervolgens oor Magaliesberg by Kommandonek, en het toe weer aan die rivier gekom waar die dam nou lê, en waar verskei Matabele-krale was.
JAAG WEG DIE SLAAP...
...OF STAAN OP UIT DIE DODE
Ds Andrè van den Berg
“... Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood” - Openb.3:1
Jy is in ʼn woestyn verlore. Dis ondraaglik warm en jy wil van dors omkom. Dit kan jou laaste dag op aarde wees. Die dood wink. Dan is daar ʼn verweerde teken: Waterput twee kilometer. Met jou laaste kragte bereik jy hierdie put en laat die emmer sak. In plaas van die geluid van water onder in die put te hoor, is daar net ʼn dowwe geluid as die emmer droë grond onder in die put tref.
Dis hoe baie mense al by kerke aangekom het met die hoop om lewende water te vind en dan net stof te kry. ʼn Put sonder water is ʼn put van die dood. En dit was wat met die gemeente in Sardis besig was om te gebeur. Hierdie gemeente het die karakter van die stad waarin sy haar bevind het aangeneem. Sardis het ʼn trotse verlede gehad. Maar dit was ongelukkig al waarop sy haar kon beroem. Vir alle praktiese redes was hierdie stad geestelik dood.
DIE KRUISTOGTE
WAAROM HET DIT PLAASGEVIND?
Dr JP Botha
WAT IS KRUISTOGTE ?
Pous Urbanus II het op 27 November 1095 nC by Clermont in Frankryk ‘n vergadering gehou wat deur al die baronne, biskoppe en priesters van Europa bygewoon is. Hulle is gevra om die Christene van die Heilige land van Palestina te gaan help omdat die Mohammedane die Christene vermoor en hul kerke verwoes. Daar was uiteindelik agt sulke uittogte oor 'n tydperk van tweehonderd jaar en is genoem die Kruistogte. Ryk ridders, prinse en arm arbeiders van oor die hele Europa het byeengekom. Hulle is die kruisvaarders genoem.
DIE 1e KRUISTOG
Die eerstes het in Mei 1097 in Konstantinopel begin aankom maar keiser Alexius was bang dat hierdie kruisvaarders alles sou verniel en laat eers hul leiers ‘n eed van getrouheid aflê. Daarna het hy hulle gehelp om verder te gaan.
Aan die begin het dit gelyk of die kruisvaarders die Mohammedane maklik sou verslaan maar moes gou hulp vra.
OU PRETORIA... (3)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
'N GRIEKWA-STROOPTOG EN DIE STRAF
Enige tyd voor die Zulu-aanval het 'n bende Koranna-plunderaars daarin geslaag om 'n groot aantal van Mzilagazi se vee te buit; en gedurende die plunderseisoen volgende op Nhlela se aanval, verskyn daar in die buurte van emHlahlandlela ’n duisend berede Griekwas van Barend Barends uit die suide. Hulle het gebruik gemaak van die afwesigheid van die Matabele-leërs op plundertogte van hul eie in die Noorde, om Vaalrivier deur te trek, hulle waens agter Rhenosterkop te laat, en op Mzilagazi se veekrale in die Moot af te stuur, vanwaar hulle reuse kuddes beeste weggedryf het, sonder enige teenstand. Versigtig sluip hulle in die nag oor die Skurweberge, trek deur Daspoort, en slaag daarin om 10,000 stuks van Mzilagazi se beeste weg te dryf. Toe die Matabele-wagters die tyding aan die koning bring, was die Griekwas goed weg oor die hoogte, wat tans Pretoria se westelike dorpsgrens uitmaak, by Elandsfontein, waar in 1880 ’n geveg met die Engelse plaasgevind het. Hulle is oor daardie bult en af in die vallei aan die anderkant, waar hulle suid gedraai het, met die sware buit, om deur 'n natuurlike pas in die Witwatersberg te kom by Rhenosterkop.
Dit is nie maklik om 10,000 beeste aan te jaag nie, en toe die Basters oor die nek by Rhenosterkop was, en weer hul waens bereik, was hulle al twee dae en nagte in die saal, sodat ’n rus en ’n bietjie inwendige versterking voor die hand liggend was.
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (8)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Twee botsende gedagtes het nou alles in die wiele gery : die van die Stadsraad wat die standbeeld op die suidelike ingang van Kerkplein wou plaas, en dié van die Krugergenootskap, gesteun deur die kunstenaar Anton Van Wouw, wat die standbeeld nêrens anders wou hê nie as in die sentrum van Kerkplein. Die maker van die beeld, Anton van Wouw, toe reeds 'n ou man, het besonder sterk oor die saak gevoel en in twee briewe van protes teen die plan om die beeld elders as in die sentrum van die Plein te plaas, het hy dit ook baie duidelik beklemtoon.
"Dit is my ernstige wens ", aldus Van Wouw in die een brief, "dat die voetstuk met die Boerefigure en die beeld van die President as een geheel, ooreenkomstig die planne wat deur 'n argitek in oorleg met my ontwerp is, op Kerkplein gebou moet word op die plek waar die waterfonteintjie en visdammetjie tans is. Ek weier as beeldhouer om die kunswerk waaraan ek met soveel liefde en sorg gewerk het op enige ander plek te laat oprig waar die grootsheid van die werk verlore sal gaan. Kerkplein se sentrum is die aangewese plek en daar moet dit opgerig word."
IN DIESELFDE JUK?
Kriewelkop
Mense bring deesdae soveel tyd voor die televisie deur dat dit onmoontlik is om in die breinspoelingsproses daarvan ongeskonde te bly, ook wanneer dit by rasse-integrasie kom. Die Bybel leer ons dat segregasie, of te wel afsondering, die pad is wat God vir alle volke beplan het. Die liberale media het egter ook in Suid-Afrika reeds baie jare gelede as ons volksvyande begin werk om rassevermenging binne elke advertensie en storie as die regte uitweg voor te hou. Daarom is veral ons kinders wat met hierdie 'voorskrifte' grootword, in die grootste war.
En nou sit u kitsregop want die rassesaak is mos 'n sensitiewe onderwerp, iets wat óók deur ons volksvyande bewerkstellig is want as ons te bang is om daaroor te praat, so redeneer hulle, sal ons waarskynlik die pad gedweë stap.
OU PRETORIA... (2)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
'N VOORTREKKERNOOIENTJIE BETRAG PRETORIA
IN 1844.
Nee, reggenoeg,—daar was geen Pretoria om negentig jaar gelede te betrag nie; maar, wat daarmee gesê wil wees is slegs hoe Maria Bronkhorst die ongerepte, maagdelike veld aanskou het waarop die Vesting van die Noorde hier tien jaar later verrys het, nadat die mense van die Trekwaens daar aangekom het, om dit hulle tuiste te maak.
Maria Minnaar vertel verder :
"Ds. Lindley, ’n Amerikaanse sendeling wat ons predikant geword het toe ons eie kerk ons nie wou of nie kon help aan 'n predikant nie, het my aangeneem in Pietermaritzburg, in die Voortrekkerkerkie; en ou Landdrost Hans Grobler van Potchefstroom, het my met Philip Karel Minnaar, ("Swart Flip”) in die huwelik bevestig. Hy was 'n gesiene man wat ’n vername aandeel geneem het in die gebeurtenisse te Ohrigstad, en later ook van Pretoria, waar hy lid geword het van die Volksraad. Van sy nasate woon vandag nog in die distrik.
OU PRETORIA... (1)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
WAAR DIE TREKWAENS HUISTOE GEKOM HET.
1848, September.
Boomplaats se slag was verby en verlore. Byna al die waens van die Voortrekkers had Natal weer verlaat, terug oor Drakensberg, en oor die Vaalrivier, want Natal was van die Voortrekkers afgeneem.
En as daar toe iemand was, aan die bo-end van Groenkloof, naby waar Pretoria later uitgelê is, om dit waar te neem, dan sou hy, op ’n winderige Septemberagtermiddag ’n digte stofdamp aan die bo-end van Elandspoort kon gesien het, wat die aankoms aangedui het van ’n aantal tentwaens deur osse voortgetrek, met troepe beeste, bokke en skape daarby, wat langsaam die Elandspoort en Groenkloof afsukkel, na die "Fonteine” toe, soos Pretorianers dit vandag noem. En as ons waarnemer die waens getel het, sou hy tien gekry het, van dieselfde waentjies wat tien jaar tevore oor Drakensberg Natal ingetrek het.
VAN TUGROEDE TOT...
...VOORWERP VAN VERNIETIGING?
Hannes Ollewagen
Die Bybel ontbreek nie aan voorbeelde waar God se volk van Hom afvallig geword het en dan as ‘n direkte gevolg van hul ongehoorsaamheid, baie lyding en verdrukking verduur onder ‘n vreemde en goddelose regering nie.
Gesien in die lig daarvan dat die Afrikanervolk aan die suidpunt van Afrika geplant is om te leef tot eer van God (1 Petrus 2:9&10: “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.”) en ook verder by Bloedrivier met ‘n Gelofte aan Hom verbind is – kan ons ook sy tugroede te wagte wees wanneer ons dwaal.
God gebruik menigmaal ‘n goddelose regering om sy volk te straf vir hul afvalligheid. Die Bybel en die geskiedenis leer ons ook dat hierdie goddelose regerings en hul volgelinge kort-voor-lank begin verstik in eiewaan en om met hul woorde en optrede die Almagtige God van hemel en aarde te tart en uit te daag.
MAAK NÓU REG!
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe….”
Openb.2:16
Voordat die werklike openbaring begin het, het Christus aan elkeen van die sewe gemeentes in Klein-Asië (Turkye) ’n brief geskryf wat die geloofslewe van elkeen beskryf het – pluspunte en gevaartekens. Die derde brief word aan Pergamus, die hoofstad van Klein-Asië gerig; ’n stad wat vir sy politieke mag, verstandelike vermoëns en Satansdiens bekend was. Die stadsbiblioteek het 200,000 boeke gehuisves, elkeen met die hand geskryf!
Pergamus het baie heidentempels gehad waarvan drie aan keiserverering gewy was. Inwoners moes minstens een maal per jaar in een van die drie wierook op die altaar plaas en uitroep: “Die keiser is God!” Wie geweier het is vervolg.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (22)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
'n Heldedaad op die werf
Mev. P.G.P. Pienaar (gebore Du Preez)
Ek is in 1887 op die plaas Renosterspruit agtien myl van Pietersburg af gebore. Toe die oorlog begin, het my vader en broer gaan veg. Wanneer die kommando naby genoeg aan ons plaas gekom het, het my broer, Jan du Preez, vir hulle kom kos haal. Een nag laat het hy en Hendrik Nel huis toe gekom en is die volgende oggend met ligdag daar weg. Die son het net lekker begin skyn, toe sien ons die Engelse kom, en ons kinders het uitgeroep: “Moeder, Moeder, hier is die Kakies!” Moeder het ons getroos.
Die Engelse het aangekom huis toe en drie offisiere het ingekom. Ek het net ’n klompie tamaties in my voorskoot gehad en het van angs dit vir hulle oopgehou. Die offisiere het gelag en daarvan geneem. Ek kon so ’n paar woorde Engels praat en kon dus op ’n manier verstaan wat hulle wou hê. Hulle het ons huis kom deursoek na ammunisie, maar kon niks kry nie. Op die stoep het biltong gehang en hulle het hulle daaraan gehelp. Onderwyl hulle nog eet, kom ’n Tommie ingehardloop en skreeu: “Hurry, hurry! Here are the Boers!”
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (7)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Smuts wat na die oorlye van genl. Botha in 1919 Eerste Minister van die Unie geword het, het veel populariteit in Engeland vir hom verwerf. Met die goeie gesindheid wat daar vir hom bestaan het, het hy die geleentheid benut om die Krugerstandbeeld vir Suid-Afrika terug te wen. Op 18 Januarie 1921 toe almal gemeen het dat daar van die terugverkryging van die standbeeld geen sprake meer was nie, het hy die saak deurgevoer. Die Unieregering moes natuurlik self alle koste in verband met die afbreek en vervoer van die stukke betaal maar Smuts het dit onderneem en op 23 Augustus 1921 het die beelde en bybehore uiteindelik in Kaapstad aangekom. Op 12 September was dit in Pretoria en al wat ontbreek het, was 'n monogram "K" wat indertyd deur Van Wouw gegiet maar nooit weer teruggekry is nie.
VIR die Boerevolk was die aankoms van Oom Paul se brandwagte 'n geleentheid om te jubel en hulle het verwag dat die monument nou sommer spoedig op sy historiese plek op Kerkplein opgerig sou word.
TATOEËRING...
...SATAN SE SKILDERYE
Ds Andrè van den Berg
Lev.19:28-29; 1 Kor.3:16-17; 6:19-20
Niks vernietig ʼn volk se gees soos bose, volksvreemde gebruike nie. Baie van ons volksgenote, veral sportlui en verhoogkunstenaars, laat hulle deesdae tatoeër. En dis die mense wat deur jongmense as rolmodelle beskou en aangehang word. Die ergste van alles is dat baie van hierdie mense se lewens so verrot is, dat dit geen voorbeeld is nie, maar eerder ʼn waarskuwing hoe daar nie geleef moet word nie!
Tatoeëring is ʼn bewustelike ontering van die mens se liggaam as tempel van God. Dis egter geen nuwe gier nie, maar ʼn baie ou heidengebruik. Daar is selfs mummies met tatoeërmerke gevind. In Assirië, Egipte en Babilon het slawe-eienaars bv. ink onder die vel van hul slawe laat inwerk om eienaarskap aan te dui. Veeboere doen dieselfde met brandmerke. Nie net slawe nie, maar ook misdadigers is destyds permanent met ʼn merk getatoeër.
OORLOG TEEN GELOWIGES
OORLOGSKREET TEEN GELOWIGES IN CHRISTUS?
Hannes Ollewagen
Is dit toevallig (iets waaraan ek nie glo nie) dat die opspraakwekkende “lied” van die sogenaamde musiekgroep, Dookoom, juis getoonset is op die wysie van die liedjie “vader Abraham” wat menige van ons as kindertjies op skool gesing het?
Ek wil u verseker dat hierdie wysie nie toevallig nie maar juis só gekies is om vir ons as Christelike gelowiges hier aan die suidpunt van Afrika ‘n verskuilde boodskap uit te stuur. Wanneer ons kyk na die wekroep wat gemaak word in hierdie lied om te verwoes en te verniel, kan ons dit as ‘n aanvalskreet bestempel. Is die aanvalskreet teen boere (landbouers ) alleen gerig? Dit is verseker nie die geval nie. Die enigste rede waarom boere uitgesonder word en die aanvalle op veral hul grond toegespits word, is omdat die meerderheid Afrikaners hoofsaaklik ‘n lewe gemaak het uit die landbou , die lewensaar van ons volk.