Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die hoofroeping van 'n burgerlike regering in 'n sogenoemde christenland is om die openbare godsdiens in stand te hou en te beskerm. En vir sover as wat die staat orde handhaaf moet ons onderdanig wees aan so 'n menslike verordening. Maar wanneer die staat van ons verwag om God ongehoorsaam te wees, mag ons dit nie doen nie. As die staat God se koninkryk hier op aarde nie beskerm nie sal God self 'n einde daaraan maak wanneer dit Hom behaag.
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(10)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
"Die oproep van genl. Viljoen aan BKA- manne om ongewapend na Bophuthatswana te gaan, was klaarblyklik om te verhoed dat hulle tot die aanval kon oorgaan en die invallers verdryf, anders maak dit geen sin dat genl. Viljoen ’n militêre operasie sonder wapens geloods het nie. Die futiele en roemlose eskapade het die BKA se strydvaardigheid feitlik uitgedoof. Daardeur het genl. Viljoen verseker dat hy ongehinderd drie dae later sy party kon registreer vir deelname aan die verkiesing en sodoende alle moontlikheid van 'n burgerlike opstand daarna uit die weg gekry."
"’n Totaal van 425 555 persone het glo vir die Vryheidsfront (parlementêr) gestem in die Algemene Verkiesing van April 1994. Maar na wat verneem is, het die Vryheidsfront tydens die Algemene Verkiesing van April 1994 slegs sowat 200 000 stemme op hom verenig. Die addisionele 225 000 stemme is weens politieke bedrog by-gelieg. Dit was die resultaat van ’n 'geheime ooreenkoms' tussen FW de Klerk en Mandela."
Intussen is daar in Oktober 1993 ’n konsepwet rakende die Uitvoerende Oorgangsraad ter tafel gelê, wat voorsiening gemaak het vir swart politieke deelname in die bestuur van die land reeds voor die 27 April 1994-verkiesing. Dr. Ferdi Hartzenberg het as leier van die Konserwatiewe Party (KP) gesê dat die KP die wet as ’n oorlogverklaring teen die regses sien. Die FINP en die AVF het saam in November 1993 ’n Blanke verkiesing geëis. Vir die HNP het dit gelyk asof die Blankes teen De Klerk gekonsolideer het. Dr Hartzenberg het egter ander agendas gehad. Die Patriot van 26 November 1993 wys daarop dat Hartzenberg hierdeur bloot die HNP by die AVF se Volksrepubliek wou intrek.
Op 7 Desember 1993 het kommandant Willem Ratte en sy manskappe Fort Schanskop beleer. Dieselfde dag toe die Uitvoerende Oorgangsraad ingestel is. Die besetting van Fort Schanskop was ’n protesaksie teen die instelling van die Uitvoerende Oorgangsraad. Die regeringsmagte het betrokke geraak en die spanning het hoog geloop. Genl. Viljoen het egter die situasie ontlont. Dit het gelei tot ’n strafsaak teen Ratte.
Die generaals het op 8 Desember 1993 namens die AVF ’n ongetekende ooreenkoms met die ANC bereik. Genl. Viljoen het die skrywer Claus Nordbruch daarop gewys dat die ooreenkoms “voorsiening gemaak het vir die aanspreek in Januarie van die gedagtevan 'n volkstaat.” In Nordbruch se publikasie Reguit, het genl. Viljoen gesê [pp. 118-119]: “Die persoon wat dit gekelder het, was De Klerk, want as deel van die skepping van so ’n volkstaat moes daar ’n volkstemming gehou word onder Afrikaners, en De Klerk het geweier om die volkstemming toe te laat op grond daarvan dat sy departemente besig was met die groter verkiesing se beplanning wat in April 1994 sou plaasvind. So De Klerk het eintlik ons saak verongeluk." Hierdie onderneming het Viljoen ook aan FW de Klerk gegee.
In die 9 Desember 1993-uitgawe van NI se georkestreerde Vrye Weekblad het genl. Tienie Groenewald oorlog [’n gewelddadige afstigting van ’n volkstaat] doodgepraat. Hy het gesê dat ’n oorlog net sal “... gebeur wanneer daar ’n toestand van totale onregeerbaarheid heers en wanneer alle staatsgesag in duie stort. Op die oomblik konsentreer ons al ons energie op onderhandeling. Mense praat baie, maar die totaliteit van ons energie is gerig op onderhandeling. Maar ons wil nooit ’n situasie sien waar besluit word op optrede waar ons die eerste skoot moet skiet nie. Nooit nie. Nooit nie."Volgens Groenewald is die Afrikaner in ’n evusionere fase en sal hulle met verloop van tyd ’n kultuur-etniese groep, ’n volk, word. “Dit sal mense van alle tale en selfs van kleure insluit en absorbeer. Maar dit sal eers kom wanneer die persepsie dat die Afrikaner bedreig word, verdwyn. Dit sal eers kom met ekonomiese groei en voorspoed. Dan eers raak ’n groep meer liberaal [= korrup] in denke en baie meer toegeeflik. ” In werklikheid sê hy dat die Afrikaner in wese sal integreer as die regse bedreiging verdwyn. Ekonomiese groei sal hierdie integrasie aanhelp.
Terwyl genl. Groenewald oorlog doodgepraat het, het die KP- AVF ondersteuners hulself gereed gemaak vir ’n gewelddadige afstigting van die AVF se Volksrepubliek. Drie hoogs geheime maneuvers (Plan A, Plan B en die Jakkalsplan) is oor ’n tydperk van maande tot ’n die fynste besonderheid uitgewerk en sou op D-Dag deur die BKA se bes opgeleide “soldate” uitgevoer word. “Plan A is soos volg aan my deur ’n gewese-BKA-lid uiteengesit: Dit het daarop neergekom dat hierdie uitgesoekte manne opdrag sou ontvang om op kort kennisgewing een nag die land se lokasies en Blanke woonbuurtes binne te vaaren elke ANC-leier (blank en nie- blank) te elimineer. Dit sou so ’n verlammende uitwerking op die swart massas hê dat die land weer in Blanke hande sou wees teen die tyd dat hulle tot verhaal kom.
Om die een of ander duistere rede het die leierskomitee besluit om hierdie Plan te laat vaar en na Plan B oor te skakel. Hierdie Plan het o. m. ingesluit infiltrering en mobilisering van elke polisiestasie in Suid-Afrika. Op D-Dag sou daar dan toegeslaan word en binne enkele ure sou dorpe dwarsoor die land onder beheer van die BKA wees en Viljoen sou ’n staat van beleg afkondig.
Die uitdruklike doel met die Jakkalsplan was “om te verhoed dat die verkiesing van 27April 1994 plaasvind” deurdat spesifieke militêre optredes vanaf 18 April geloods sou word, wat o.m. die volgende sou insluit:
• Skietaanvalle op buitelandse waarnemers.
• Die vernietiging van elektriese transformators.
• Besetting van stemlokale en buite-aksie-stel van die telefone
aldaar.
• Verskaffing van disinformasie aan die publiek.
• Posbusse beteiken en plakkate in die strate opsit.
• Taxi-verenigings teen mekaar opstook.
• Beskading van elektriese kabels.
• Op 21 April spykers op paaie strooi, en
• Bomme laat ontplof
Met die Jakkalsplan wou hulle nie net die verkiesing in die wiele ry nie, maar glo ook die ANC tot geweld aanhits, sodat die Weermag en Polisie dan saam met die BKA en Zoeloes teen die ANC kon optree om militêre beheer oor die land te kry. Hoewel geeneen van sy ondersteuners presies geweet het wanneer D-Dag sou aanbreek nie, was die manne van die BKA slaggereed en ongeduldig om toe te slaan. [Opmerking: Genl. Viljoen ontken natuurlik dat hy enige kennis van die bestaan van die drie bogenoemde planne gehad het.]
Verskeie KP beheerde munisipale en stadsraadsgebiede het hulle eens gevoel met die volkstaatkonsep. Sommige gebiede het reeds in Desember 1993 aangetoon dat hulle deel is van die AVF se Volksrepubliek. Kosvoorrade is opgegaar en wapens, ammunisie en kragopwekkers is aangekoop. Verskeie geslote vergaderings is in die land gehou om die aksieplanne vir optrede te bespreek. Versamelpunte is georganiseer. Bepaalde skole en munisipaliteite is met doringdraad omhein. Intussen is die AVF se weermag saamgestel. Die plan van die AVF om ’n Volkstaat geweldadig af te stig, het ’n gevorderde stadium bereik. Die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, genl. Kat Liebenberg, waarsku in Januarie 1994 die leier van die Afrikaner Volksfront dat die regering bewus is van die Afrikaner Volksfront se afstigtingsplanne. Hy het die Afrikaner Volksfront aangeraai om daarvan af te sien.
Genl. Viljoen het op 29 Januarie 1994 by ’n massa-volksvergadering by die Pretoriase Skouterrein voorgestel dat die Afrikaner Volksfront aan die verkiesing in April 1994 moet deelneem. Genl. Viljoen is toe as ’n verraaier uitgekryt .Die algemene houding in die AVF was teen die NP se politieke oorgawe. Hulle wou gewelddadig afstig. Die AVF het in Januarie 1994 ’n Oorgangsvolksraad bekend gemaak.
Die leierskorps van die BKA word [in Februarie 1994] toe na Winburg opgekommandeer vir ’n vergadering. Meer as 600 senior- lede daag op. Onder diegene wat leiding sou gee, was genl. Viljoen, dr. Hartzenherg en Herman Vercuil. Maar om die een of ander rede was Viljoen nie op sy gemak nie en het hy hulle gewaarsku dat NI kennis dra van die BKA se bedrywighede en sake vir hulle kan bemoeilik. Hy was duidelik nie meer lus om deur te druk en tot aksie oor te gaan nie. Dit het van die manne kriewelrig gemaak. Op versoek van Viljoen het elke streeksleier toe noukeurig verslag gedoen oor die vordering en paraatheid van die manne in sy gebied. Maar terwyl die besprekinge aan die gang was, het ’n jong boer van Thabazimbi-omgewing skielik opgestaan en aan Viljoen gevra of hy aan De Klerk en Mandela se verkiesing gaan deelneem. Die vraag het Viljoen duidelik onverhoeds betrap, hy het hom egter gou reggeruk en dit met groot beslistheid ontken. Tog was daar van die lede wat hom nie wou glo nie en openlik gesê het hy lieg. Van die manne het ook nie meer in die verrigtinge belanggestel nie en die vergadering verlaat. Dit was toe reeds duidelik dat die meerderheid van hulle Viljoen glad nie meer vertrou nie.
Genl. Viljoen het in Oktober 1998 tydens ’n vergadering by Baltimore as rede waarom hy nie in ’n gewelddadige afstigtingsopsie geglo het nie, aangevoer dat daar nie ’n behoorlike volkstaat bestaan het om te verdedig nie. Hy voer verder aan dat dr. Hartzenberg nie die volkstaat omgrens het nie. Daar was dus nie ’n omgrensde volkstaat om te verdedig nie en daarom kon hy nie voortgaan met enige gewelddadige afstigtingsopsies nie. In Reguit het genl. Viljoen daarop gewys dat [pp. 120-121]: “As gevolg van De Klerk se weiering om ’n referendum onder die Afrikaners uit te skryf het ons met ’n probleem gesit. Die Konserwatiewe Party het sterk die standpunt gehandhaaf ’n volkstaat moet voor 27 April ingestel word, maar as gevolg van De Klerk se optrede was dit nie moontlik nie. Toe het ons gesê, goed; as dit nie moontlik is nie, kom ons gaan deur ’n ander proses. Ons stig die Volkstaatraad en ons gaan deur onderhandelings verder, ons gaan die hele proses legitimeer deur bv. aan die proses deel te neem. Vir die Konserwatiewe Party was dit totaal onaanvaarbaar. Ons het gesê: as jy nie deelneem nie aan die verkiesing nie, wie gaan dan vir die Afrikaner in die parlement en die grondwetsbywende vergadering optree? Weer die Nasionale Party, dan kry ons dieselfde gemors.
Toe die AVF volhou dat hulle nie aan die algemene verkiesing gaan deelneem nie, het genl. Viljoen op 4 Maart 1994 sy nuutgestigte Vryheidsfrontparty voorlopig geregistreer vir deelname aan die verkiesing. Gerdus Kruger onthul in sy boek Denksprong vir die regse beweging in Suid-Afrika dat Johan Heyns van die FAK genl. Viljoen op 16 November 1993 genader het om ’n slenterparty totstand te bring. Dit moet weereens gemeet word teen die agtergrond van die AB se geheime opdrag aan die FAK en ander [soos NI] in September 1991.
Genl. Viljoen het die bestuur van die AVF op 5 Maart 1994 ingelig dat hy twee weke lank met ’n tjek in sy sak rondgeloop het voordat hy die Vryheidsfront gestig het. Die bestuurslede het hom toe onomwonde laat verstaan dat hulle alreeds besluit het om nie te gaan stem nie. Fred Rundle het opgestaan en die volgende gesê: “Generaal, u sê dat u al vir twee weke met ’n tjek in u sak rondloop om te stem. U het versuim om die bedrag te noem, maar ek noem vir almal teenwoordig hier dat die bedrag waarmee u rondgeloop het, R70 000 is. Generaal sê nou vir ons, wie is so behep om te gaan stem dat hulle vir u R70 000 gegee het? ” Die generaal antwoord toe: "Ek weet nie wie vir my die geld gegee het nie." Hierdie feite is ook so genotuleer in die vergadering. Die generaal het toe onderneem om nie sy kandidatelys die volgende Woensdag in te dien nie, wat sodoende sy registrasie sou laat verval. Al hierdie feite is so genotuleer in die vergadering en is dus kontroleerbaar.
Die Vryheidsalliansie het vroeg in Maart 1994 aangetoon dat die lede nie aan die verkiesing van 27 April 1994 gaan deelneem nie. In Maart 1994 word Operation Sunrise uitgevoer. Ná die uitvoering van hierdie operasie is die TB VC-state weer onder die republiek se heerskappy gebring, wat ook ooreenstem met die woorde “undivided South Africa ” soos vervat in die Deklarasie van Voorneme wat in Desember 1991 tydens die opening van Kodesa goedgekeur is. ’n ANC-inval het gedurende vroeg Maart 1994 in Bothuthatswana plaasgevind en wet en orde het ineengestort.
Op Woensdag 9 Maart 1994 het president Lucas Mangope van Bophuthatswana ’n beroep op die Volksfront se weermag gedoen om hom teen die koverte ANC inval in sy staat te kom help.
Mangope het nie die SAW vertrou nie en hy het ook versoek dat geen AWB ’s sy staat moes binnekom nie omrede dit probleme met sy eie weermag sou beteken. Viljoen is toe na die kantoor van Georg Meiring, die hoof van die SA Weermag. Na ’n gesprek tussen Viljoen en Meiring, het Viljoen vir die hoof van die Volksfront se Verdedigingskomitee, Douw Steyn [’n gewese Militêre Inligtings-offisier], vanuit Meiring se kantoor gebel “....and asked him to mobilize a force of his Boerekrisis-Aksie men to move into Mmabatho that night and establish itself at the town’s airport.They were to go without arms.” Wapens sou glo deur die weermag van Bophuthatswana aan die BKA-lede verskaf word. Dit sluit nie die moontlikheid uit nie dat die Weermag self aan Viljoen voorgestel het om die BKA-lede ongewapen in Bophuthatswana in te stuur. Viljoen sê hy het dit voorgestel omrede die BKA nie met SAW wapens in ’n vreemde staat kon gaan nie. Die BKA is as die volksweermag ingetrek by die AVF se strukture. Steyn het derhalwe met hierdie opdrag die Volksweermag se bevelvoerder geword en het die BKA-netwerk genader.
Slegs 10 persent van die BKA-manskappe het hulle R4-outomatiese gewere na Mmabatho saamgeneem. Intussen het Terre'Blanche van die AWB sowat 500 AWB’s opgekommandeer en het die AWB Mmabatho ook binnegeval.
Kol. Jan Breytenbach moes die bevel by Steyn oorneem. “As things turned out, the operation had collapsed by the time Breytenbach arrived, so the burly Steyn remained the hapless commander throughout”. Breytenbach het met die AWB, en meer spesifiek Nic Fourie, gebots. Die AWB-leier, Eugene Terre’Blance, vertel: “Later sou ek uitvind dat kol. Breytenbach my generaals gekonfronteer het, hulle opdrag gegee het om Bophuthatswana te verlaat en gesê het dat hulle ons nie nodig het nie. Dit sou juis genl. Nic Fourie wees wat kol. Breytenbach se toorn laat ontstook het, sodat genl. Fourie vir hom gesê het, ‘Kyk kolonel, ek gee nie om wie jy is nie, maar as jy weer aan my stamp is daar moeilikheid, ek laat niemand aan my stamp nie” Kort na die botsing het Breyenbach in Bophuthatswana anders vertoon as wat hy voorgehou het. Om sy geloofwaardigheid verder aan te tas, het die generaal aan die wêreld oor die media later te verkondig dat hy eers besluit het om te gaan stem terwyl hy in die vliegtuig gesit het met sy terugkeer uit Bop! Hy sê dit nadat hy al klaar amptelik vir die verkiesing geregistreer het. Dit het Fred Rundle genoodsaak om die volgende in die media kwyt te raak. “Gen. Viljoen should tell us who sent him to us. Was it the ANC or the Broederbond? I think that Gen. Viljoen should rather go back to his cattle on the farm. They need him more than we do. The COSAG rebellion had collapsed completely.’’ Dit pas in by die AB komplot wat in September 1991 geloods is om die Afrikaner uit te verkoop. Die NI-IDASA komplot wat Jaap Marais onthul het, dien bloot die vermelde AB-komplot. ’n Onverdeelde Nuwe Suid- Afrika het gerealiseer net soos die SAKP beplan het. ’n Regse verset is geëlimineer.
Genl. Groenewald het in ’n toespraak in die senaat gedurende November 1994 erken dat die generaals verhoed het dat die geweldsopsie gebruik word. Hy het ook erken dat dit vermag is deur die ooreenkoms wat genl. Constant Viljoen drie dae voor die verkiesing met Thabo Mbeki gesluit het. Die Afrikaner-koerant van 2-8 Desember 1994 meld [p.5]: “Die oproep van genl. Viljoen aan BKA- manne om ongewapend na Bophuthatswana te gaan, was klaarblyklik om te verhoed dat hulle tot die aanval kon oorgaan en die invallers verdryf, anders maak dit geen sin dat genl. Viljoen ’n militêre operasie sonder wapens geloods het nie. Die futiele en roemlose eskapade het die BKA se strydvaardigheid feitlik uitgedoof. Daardeur het genl. Viljoen verseker dat hy ongehinderd drie dae later sy party kon registreer vir deelname aan die verkiesing en sodoende alle moontlikheid van 'n burgerlike opstand daarna uit die weg gekry. Genl. Viljoen het nooit die bedoeling gehad om hetsy geweld, hetsy sonder geweld, ’n volkstaat uit te roep nie. Sy rol was eenvoudig: verkondig die volkstaat-idee as ’n politiek fopspeen waaraan Afrikaners kon suig terwyl hy die De Klerk-regering help om soveel moontlike mense te kry om aan die verkiesing deel te neem en sodoende geldigheid te gee aan die magsoordrag aan die ANC-SAKP. Die agt dae van 6 tot 14 Maart was die kritieke tyd om weerstand teen deelname aan die verkiesing uit te skakel en tegelyk die BKA te demoraliseer deur die vernederende ervaring in Bophuthatswana."
Met die registrasie van die Vryheidsfront het sowat 200 000 ondersteuners saam met die party beweeg. Op 20 April 1994 het Viljoen van die Vryheidsfront ’n ooreenkoms met die ANC in IDASA se kantoor gesluit. [Let op dat die AB-NP-NI inisiatiewe om regses by F.W. de Klerk se politieke oorgawe betrokke te kry ten einde ’n regse bedreiging te ontlont, begin by IDASA se Conservative Dialogue Programme en die proses eindig met die ondertekening van ’n akkoord in IDASA se kantoor.] Met die ondertekening van die ooreenkoms het die regering die Vryheidsfront ingebind met die skrywe van die Volkstaatsraad van 20 lede in die grondwet. In hierdie ooreenkoms met die ANC is geen versekering gegee van ’n volkstaat nie. Daar was slegs vae beloftes van ’n volkstaatraad wat sou kon besin oor so ’n ideaal. Die verkiesing sou ook ’n toets wees vir die steun vir ’n volkstaat, maar daar is nooit aangedui hoeveel stemme as voldoende steun vertolk sou word nie.
Tydfens die April 1994-verkiesing was daar verskeie bomontploffings in die land om regse verset teen die politieke oorgang na ’n swart meerderheid te illustreer. Africa Confidential [die overte mondstuk van die Britse intelligensiediens] van 3 Junie 1994 rapporteer: “DMI [Militêre Inligting] has thrown its weight behind the new government and has become the most important source of intelligence on subversion plans by the far right and on the military capacity of Inkatha, which is regarded still as a serious threat. Significantly, the Freedom Front’s Gen. Constant Viljoen and Gen. Tienie Groenewald, aformer intelligence chief, have become allies of the new government and feeding intelligence on the far right to the reconstructed DMI. Africa Confidential has learned it was Genl. Viljoen who passed key intelligence to DMI which led to the arrest of the first two of 33 far right wingers, including key officials of the Afrikaner Weerstands-beweging (AWB) in connection with the series of bomb blasts before the election.”
’n Totaal van 425 555 persone het glo vir die Vryheidsfront (parlementêr) gestem in die Algemene Verkiesing van April 1994. Maar na wat verneem is, het die Vryheidsfront tydens die Algemene Verkiesing van April 1994 slegs sowat 200 000 stemme op hom verenig. Die addisionele 225 000 stemme is weens politieke bedrog by- gelieg. Dit was die resultaat van ’n “geheime ooreenkoms” tussen FW de Klerk en Mandela. Die ANC moes ongeveer 225 000 stemme oordra na die Vryheidsfront anders sou die NP nie die uitslag van die Verkiesing as “vry en regverdig” aanvaar nie. Die ooreenkoms het verhinder dat die ANC/SAKP die verkiesing met ’n twee-derde meerderheid stemme wen.
Nadat Viljoen sy uittrede uit die politiek op 15 Maart 2001 aangekondig het, het Kobus Bester van Radio sonder grense Viljoen se politieke bydrae tot die Nuwe Suid-Afrika op 16 Maart 2001 soos volg opgesom: "Die voormalige hoof van die Weermag het sy lyf vir sewe jaar lankpolitikus gehou en het veral in die oorgangstydperk rondom 1994 'n belangrike rol gespeel om regse Afrikaners te oorreed om hulle aan die demokrasie te verbind." Bester se woorde is vir ons 'n aanduiding hoe die meelopers Viljoen sien. Vir die meelopers is Viljoen 'n held en 'n beskermer van die orde van die Establishment.
Met respek gesê, hierdie opsommende woorde vertel die hele verhaal van Viljoen se intervensie binne die regse politiek. Is die politieke geskiedenis van Viljoen nie wat dr. F van Zyl Slabbert van IDAS A reeds in April 1991 geantisipeer het nie, toe hy tydens die Aspen Institute se Geheime Beraad gesê het dat die regering besig was om die magsbasis van die regses te ondergrawe en regse politiek in die breër Suid-Afrikaanse politieke lewe te herintegreer ten einde 'n regse bedreiging te fnuik?
As ons die AB-komplotdokument van September 1991 beoordeel waarin NI en die FAK in September 1991 deur die Afrikaner Broederbond getaak is om die regses by die onderhandelings betrokke te kry, sien ons dat NI en die FAK 'n prominente rol in terme van Viljoen se intervensie binne die regse politiek speel. Hier dink ons aan die FAK se gesprek met Viljoen waarin hy getaak word om 'n slenterparty tot stand te bring. Vervolgens die vermelding van die IDASA-komplot soos deur Jaap Marais van die HNP gepubliseer is. Hier kan ons duidelik sien hoedat 'n Nl-front, IDASA met behulp van Conservative Dialogue Programme en IDASA-werkers met gerespekteerse regses saamgewerk het om Viljoen se intervensie binne die regse politiek te ondersteun en om die regses by die oorgangsproses in te trek. Selfs by die Conservative Dialogue Programme was NI aktief betrokke deur die persoon van dr. Nel Marais.
Ons moet verder in berekening bring dat die AB aanbeveel het: "OM DIT MOONTLIK TE MAAK, MOET DIE BEELD GESKEP WORD DAT DIE MEERDERHEID ONDERHANDELAARS TEN GUNSTE VAN 'N VOLKSTAAT IS." Hier dink ons aan die naam van die AVF opsigself: die "Afrikaner Volksfront", wat genl. Groenewald in samewerking met dr. Dries Bruwer totstand gebring het. Dan moet ons ook ag slaan op die agente van NI binne die AWB en hulle rol om amok te maak in Mmabatho ten einde te dien as 'n verskoning vir Viljoen om 'n streep deur die geweldsopsie van die AVF te trek en om aan die politieke oorgangsproses deel te neem.
Dat daar 'n geheime operasie van NI en MI in die regse geledere aan die gang was, is 'n feit wat manifesteer in 'n ANC-dokument. Volgens die dokument het NI en MI saamgespan om die KP[AVF] by die onderhandelingspolitiek betrokke te kry en indien dit sou misluk het, was NI en MI se inisiatiewe daarop gemik 'om die Konserwatiewe Party ... te diskrediteer en selfs te vernietig'. Toe die KP-AVF volstrek weier om aan die oorgangsproses deel te neem, was dit inderdaad die selfontbinding van die KP-AVF. Dan kry ons die gewigtige onthulling van die kant van die Britse intelligensiediens dat Viljoen en Groenewald agente van MI is. In geheel beoordeel, kan ons nie anders nie as om te sê dat die waarheidsgradering van "waarskynlik waar" toegeken kan word aan die stelling dat Viljoen en Groenewald regeringsagente is. Met die stigting van Viljoen se Vryheidsfront is die regse politiek in lyn met Van Zyl Slabbert van IDASA se voorstel gebring om dit in die Suid-Afrikaanse politieke lewe te herintegreer ten einde 'n regse bedreiging te fnuik.
Die regse Afrikaner is sonder geweld van sy land ontneem. Hy is leierloos gelaat. Hy word in elke dimensie van die Suid-Afrikaanse samelewing gemarginaliseer. Die Vryheidsfront het egter slegs daarin geslaag om sommige regses in die SA politiek te herintegreer. Tot nou toe is daar geen sprake van 'n volkstaat nie. Selfs die volkstaters is, net soos die ander regses, ontnugterd in die woestyn agtergelaat met weinig vooruitsigte. Die regses is geoffer om in te val by 'n groot plan van die AB om eendag weer met 'n Blanke meerderheid te kan heers nadat vigs sy tol onder die Swart bevolking geëis het. Intussen moet hy 'n proses van byna selfvernietiging [soos geen werk, die ineenstorting van die ekonomie, plaasmoorde, wetteloosheid, en so meer] deurstaan om die wil van 'n paar Super Afrikaners te dien. Hierdie Super Afrikaners het die regses lankal vergeet. Hully vry self na die monster wat hulle geskep het ter wille van hulle eie voortbestaan.
Vervolg...